oefeninge vir klein handjies en nuwe lesertjies
Skryf woorde met waterverf en jou vinger. Gebruik houtlym en strooi sand oor jou klanke, syfers, somme of woorde.
Write words with water paint and your finger. Use wood glue and sprinkle sand on your sounds, words, numbers or sums.
Pak los klanke (letters) of syfers in ‘n sak. Voel ‘n blokkie. Raai wat dit is. Kyk of jy reg is!
Add loose sounds (letters) or numbers to a bag. Feel one. Guess what it might be. See if you were right!
Bou woorde met magneetklanke op ‘n ou koffieblik. (Bêre die klanke na die tyd binne-in die blik.)
Build words with magnetic sounds on an old tin. (Store your magnets in the tin afterwards.)
Mix dishwashing liquid with food colouring and put it in a sealable bag. Now you can “write” on the bag with your finger. Try writing in Dad’s shaving cream (ask first) or soap foam.
Meng voedselkleursel met opwasmiddel en seël dit in ‘n digte sakkie. Nou kan jy daarop “skryf” met jou vinger. Probeer ook Pappa se skeerroom (vra net eers) of seepskuim.
Rol klei of deeg in wurmpies en bou jou naam. Roll some clay or dough into little worms and build your name.
Mix water paint and dishwashing liquid and put it in an old roll-on container. Bingo! A new roller pen! Meng waterverf en opwasmiddel en gooi dit in ‘n ou “roll-on” botteltjie. Siedaar! ‘n Nuwe rolpen!
Knyp wasgoedpennetjies aan ‘n syferkaartjie vas om te wys wat die syfer beteken.
Fasten pegs to a number card to show the numbers value.
Ryg krale in. Kopieer ‘n patroon.
Thread a string of beads. Copy a pattern.
Sny ou papbokse op en bou die legkaart.
Cut old cereal boxes into pieces and build the puzzle.
Soek na driehoekige potlode en kryte. Dis help die vingers om ‘n goeie potloodgreep te ontwikkel.
Try to find triangular pencils and crayons. It helps in the development of a good pencil grip.
Druk klei plat in die een hand. Wat van ‘n “stres”balletjie? Squeeze a ball of clay in one hand – or try a stress ball.
Draw a picture or cut one from an old cereal box. Punch holes around the edges and thread some string or wool through them.
Teken ‘n prent of knip een uit ‘n ou papboks. Pons gate al om die rand en ryg ‘n veter, tou of wol deur hulle.
Skroef moere om ‘n groot skroef. Screw a big nut onto a bolt.
[ Idees beïnvloed deur: Loubina Buxamusa, arbeidsterapeut]
Sonia
Sep 15, 2008 @ 11:59:25
Ek onthou al hierdie dinge van my eie kinders se kleintyd – weet nie wie het lekkerder gespeel nie, Ma of die kinders!
Uitstekende plasings, hoop baie mense kom boer nog hier.
LikeLike
juffer
Sep 15, 2008 @ 12:44:29
Baie dankie. Ek hoop net almal kan baatvind hierby. 😉
LikeLike
ABC’s - skryf « My klaskamer
Okt 24, 2008 @ 19:33:11
lopende skrif « My klaskamer
Feb 19, 2009 @ 22:58:36
Anneline
Mei 04, 2012 @ 16:39:07
Hierdie is nog die beste webblad wat ek op afgekom het!!!! Ek geniet elke woord op elke bladsy!!! Jy is n onderwyser DUISEND en n inspirasie vir ons. Baie dankie
LikeLike
juffer
Mei 06, 2012 @ 09:07:43
Baie dankie, Anneline! 😆 Kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Annerise
Mei 14, 2012 @ 16:45:50
Ek het ‘n klassie met 5 kindertjies. Ouderdomme wissel tussen 3-5 j.
Het jy dalk ‘n lekker evalueringsvormpie wat ek vir hul aan einde van kwartaal kan invul.
LikeLike
juffer
Mei 14, 2012 @ 17:37:30
Middag, Annerise 😉
Ek is onkundig as dit by voorskoolse outjies kom. Ek kan dalk voorstel dat jy ‘n basiese raamwerk vir ‘n verslaggie opstel waarin jy aandag gee aan aspekte soos fynspierontwikkeling (Jannie se potloodgreep ontwikkel volgens die verwagting en hy kan al sy naam skryf.), grofmotoriese ontwikkeling (Jannie kan oor ‘n balanseerbalkie loop, met gemak huppel en ‘n bal na ‘n teiken gooi), tel (Jannie kan reeds vyf items uit tel en kan tot by 15 tel.), getalherkenning, kleure (Jannie ken rooi, blou en geel. Hy leer tans om groen, pers en oranje uit te ken.), vorms (Jannie kan ‘n sirkel, driehoek, vierkant én ‘n reghoek benoem.), emosionele ontwikkeling (Jannie kan met gemak van sy ouers skei en neem met selfvertroue aan die besprekingskringe deel), visuele persepsie (Jannie kan ‘n 24-stuk legkaart sonder ondersteuning bou.), ouditiewe persepsie…
Kies jou verskillende hofies en gee ‘n kort verduidelik – verklaring van wat verwag word van daardie ouderdom. Skryf dan ‘n kort sinnetjie oor wat die outjie kan doen en waaraan hy nog moet werk. As ‘n buitestaander lees ‘n geskrewe verslaggie baie makliker as al die kodes en simbole.
Ek het ongelukkig nie verslaggies van voorskoolse kinders nie, maar beveel aan dat jy na PEUTERS (op FACEBOOK) of kleuters.co.za loer vir hul oulike idees. Baie sterkte!
LikeLike
Elmarie van Wyk
Jun 25, 2012 @ 10:06:44
Goeie dag,
Ek is in Namibie en is kilometers weg van skole af, so ek gee tuisonderrig.
My oudste is in graad 8, hy sukkel om sy vraestelle betyds klaar te kry, net omrede hy geweldig stadig werk, ek kan nog nie agterkom of die fout lê by die lees van die vraestelle nie en of hy te stadig skryf nie. Ek weet hy is bietjie aandag-afleibaar. As daar enige oefeninge is wat ek met hom kan volg sal dit baie help. Ek moet by sê hy vorm baie van sy letters verkeerd, kan nie glo hy is so verkeerd geleer op skool nie.
My ander seun is in graad 7, hy gaan redelik goed aan en dan volgende jaar begin ek met my jongste met graad R, so ek wil net dankie sê vir al die hulpmiddels wat ek nou al kon aflaai van die website.
Ek dink dis ‘n goeie website, dankie vir al die hulp.
Groete
Elmarie
LikeLike
juffer
Jun 28, 2012 @ 20:05:04
Middag, Elmarie 😉 Ongelukkig is my kennis van die ouer kinders baie beperk. Ek is seker fynspier- en skrif-oefeninge kan miskien nog help. Dit is veral meer effektief hoe jonger die outjies is. Vir die ouer kinders wat met skrif sukkel, probeer ek riglyne gee – soos: skryf vetter (as die outjies sulke maer en moeilik-herkenbare letters vorm), raak aan die lyne, behou spasies tussen jou woorde en kies ‘n skrif (besluit of drukskrif of lopende skrif beter lyk). As die kinders weet waarmee hulle sukkel, kan ek gou na afloop van ‘n takie vra dat hulle seker maak dat al die bv. b-klanke reg is. Ek vermoed die outjie is dalk al ‘n bietjie oud vir arbeidsterapie, maar as ons hom so ‘n paar idees kan gee om sy werk meer leesbaar te maak, sal dit al klaar ‘n verbetering wees :wink:(Tik soekterme soos fynspier, handspier, skrif, skryf…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.)
Probeer iets soos ‘n wekker vir sekere take. Stel bv. jou selfoonwekker (countdown timer) vir ‘n spesifieke taak, sodat jou seun kan probeer om die werk vinniger te voltooi. Ons gebruik dikwels “egg timers” in die grondslagfase – waar die outjies kan sien hoe die tyd terugtel. Kyk ook na die stukkie oor aandagafleibaarheid en moontlike dieet-aanpassings.
Vir die Graad R-outjie kan jy solank na soekterme soos “Graad R, skoolgereed, handspier, fynspier, ogies, VMI, spiertonus, visuele persepsie, middellyn, patrone, syfers, vorms, abc, klanke…” begin loer 😉 Sterkte met al die skoolwerk!
LikeLike
Analia Lombard
Aug 21, 2013 @ 16:52:56
Goeiedag Elmarie
Ek kom nou op jou e-pos af! Het eers onlangs hierdie baie oulike blog begin gebruik.
Ek is ‘n gekwalifiseerde optometris en my spesialiteitsveld is kinders en hulle visual vermoëns. Ek vermoed jou oudste seun het ‘n mate van disleksie en dit is hoekom hy sukkel. Daar is verskeie tipes disleksie wat wissel van baie erg na ‘n matige disleksie. Ek weet daar is opgeleide mense in Windhoek wat dit kan diagnoseer. Laat weet asseblief of jy sou belangstel, dan kan ek hulle details vir jou deurgee.
Ek is ook ‘n oud-Suidwester, het op Mariental gematrikuleer so 25 jaar gelede.
Groete,
Analia Lombard
Haasbroek Optometriste
Kempton Park
011-972 7182
LikeLike
Driekie Schutte
Mei 15, 2013 @ 11:55:37
Hi Juffer
Dankie vir uitvoerbare idees jou blog is skitterend.
As mens Graad1’s leer syfers vorm na al die praktiese inoefeninge moet hul in blokkies oefen of nie ?
Groetnis
Juf 3kie
LikeLike
Juffer
Mei 15, 2013 @ 18:54:54
Middag, Juffrou 3kie 😉
‘n Mens kan 😉 Ek gebruik dikwels breë lyne (vou bladsy sodat die vier “lyne” vorm) sodat die outjies groot letters vorm en besef hoe die letters langs mekaar staan. ‘n Mens kan dieselfde met syfers en patrone doen.
LikeLike
Judy Kruger
Jan 20, 2017 @ 21:10:58
Asb raad nodig my seuntjie is in Graad 1 sukkel met sy pen greep is daar asb extra oefing wat ek kan doen om sy fingertjie sterk te maak groot asb
LikeLike
Juffer
Jan 20, 2017 @ 22:30:34
Hallo, Judy 😉
Volg gerus die oefeninge in die bogenoemde skrywe, maar tik ook soekterme soos “knip, handspier, skrif, skryf stadig, potloodgreep, links, linkshandig…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees. Soekterme soos “skrifdag”, gaan ook help met heelwat oefeninge. 😉
LikeLike