herwin potlode so

2 Kommentaar

As die potlood korter as jou langste vinger raak, kan jy dit herwin!  Maak juweliersware, fotorame, kandelare of lampskerms.  So maklik soos dit!

potloodgreep

2 Kommentaar

Sukkel jou kind om ‘n potlood reg vas te hou?  Knoop ‘n sagte, handdoekstofrekkie in die vorm van ‘n 8.  Trek die  groter deel losserige oor die gewrig en steek die potlood deur die kleiner ring.  Dít help om die potlood te lig sodat dit meer korrek in die webspasie tussen die wysvinger en duim lê.

Staan die vingers in die lug?  Knoop ‘n oulike kraletjie aan die groter ring – wat die outjie dan onder die pinkie en ringvinger moet vasknyp.  Andersins werk ‘n los kraletjie, muntstuk, klei of wondergom ook goed.

As al die fynspier (handspier) oefeninge nie help nie, sal dit voordelig wees om ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut te reël om raakvat idees te kry.

potloodreëls

CAPS – nuwe kurrikulum

4 Kommentaar

Die CAPS-kurrikulum is aanlyn beskikbaar.  Jy kan ook die departementele werkboeke vir gesyferdheid en geletterdheid aflaai.  Vir ekstra vaslegging of vir huiswerk idees, kan jy gerus na die riglyne vir Graad R, Graad 1, Graad 2 en Graad 3 kyk.  Dit word gereeld aangevul.

Skrifdag

2 Kommentaar

Amerika vier op 23 Januarie Nasionale Skrifdag en doen dit nes die Amerikaners kan.  Die groot vraag wat geopper word is of skrif (met die hand) nog relevant is in die moderne en tegnologiese gemeenskap.  Is dit dalk ‘n kunsvorm wat op sy geskuif sal word?  Volgens sommige studies stimuleer skrifoefening juis breinwerking en verbeter dit denkprosesse (kognitiewe werking).  Loer gerus hier na ‘n navorsingstuk oor die vroeë ontwikkeling van skrif.

www.ameshistoricalsociety.org

Nou ja, wat kan ons doen om die konsep – SKRIF – te vier?

  1. Maak voorblaaie vir die skrifboeke:  As jy ‘n gelinieerde bladsy met donker lyne onder ‘n blanko vel inskuif, skyn dit deur.  Laat die kleingoed dan hul name oor en oor skryf, patrone trek of ‘n skrifles afskryf.  Dit werk goed as hulle eers in potlood skryf en bo-oor skryf met ‘n skerp uitdraaikryt (dubbele oefening!).  Verf ‘n lagie voedselkleursel bo-oor (effens verdun as jy verkies) en daar het jy sommer ‘n voorblad en ‘n skrifles in een!
  2. Kennisgewings:  Ouer kinders kan voorbeelde van goeie en netjiese skrif gebruik om plakate vir die Grondslagfasegang te maak.  Slagspreuke en sinne sal ‘n oulike uitstalling van die spesifieke benodigdhede en toelaatbare skryfbehoeftes afrond.
  3. Ligte:  Laat die ouer kinders groot letters op blokke dik karton (gesny uit verpakkingsdose) trek.  Druk dan gate eweredig al op die lyn langs (soos dot-to-dot).  Hang dié skerms oor of onder gloeilampe vir ‘n spesiale effek.
  4. Skrifpaaie:  Verander los letters in unieke paaie en ry daarop met kryte of klein motortjies.  (Sien “drukbares” vir voorbeelde van sulke los letters.)
  5. Kuns:  Gebruik skrif in kunswerke.
  6. Verf die alfabet (in Graad 1-skrif) op die speelgrond se teerblad.  Dui die beginpunte met ‘n groen kol en die eindpunte met ‘n rooi kol aan.  Nou kan die Graad 1′s en 2′s lekker daaroor loop en oefen.  (Sien “robotkaarte” onder die “drukbares” hierbo.)
  7. Skryfhoekie:  Rig ‘n spesiale skryfhoekie in waar verskillende potlode, kryte en papier reg lê vir oefening.  Voeg ook potloodgrepies of kort opdragte by sodat die outjies self hul fynspiere kan stimuleer.
  8. Op ‘n stasie:  Maak verskillende oefeningstasies waar die outjies op verskillende soorte papier en met verskillende kryte kan oefen.  As jy spesifieke verwarrings soos b en d in jou klas kry, kan jy vir elke klank ‘n unieke stasie skep.  Selfs syfers , patrone en vorms kan betrek word.  Stel ‘n egg timer of ‘n ander wekkertjie om na elke 10 of 15 minute te wek – sodat die groepe kan wissel.

Vir nog idees kan jy gerus soekterme soos skryf, skrif, patroon, potloodgreep, fynmotoriek…by die soekblokkie in tik.  Lekker skryf!

2012

7 Kommentaar

2012 (drukbare kalender)

kersversierings

1 Kommentaar

Dis alweer Desember en boonop het die skoolvakansie vandag begin!  Hiermee sommer ‘n eenvoudige idee of twee om die kleingoed op ‘n bekostigbare manier besig te hou.

Ons het hierdie week Kersversierings gemaak:

Trek ‘n groot sirkel op ‘n stuk ou manilla/karton af en laat die kleinding dit uitknip.  Trek dan ‘n voorskoot aan of maak ‘n vinnige een uit ou boekplastiek of ‘n swart sak.  Ons het handafdrukke op A4-velle gemaak – sommer met seep, water en groen voedselkleursel (gebruik ook water- of poeierverf in ‘n pastadikte).  As dit droog is, kan die outjie self die hand uit knip – verkieslik só dat die afsonderlike vingers wys.  Plak die hande dan kloksgewys om die rand van die sirkel.  Jy kan die lae herhaal totdat die hande in al die windrigtings wys en ‘n groot strik bo-aan die kerskrans aanbring.  Siedaar!  ‘n Kinder-kerskrans vir die deur.

Rol klei in langerige wurmpies uit.  Ons het dit so ongeveer 12 – 15cm lank gemaak.  Druk drie wurmpies se bo-punte teen mekaar en vleg soos ‘n koeksuster.  Druk die onderste punte vas en buig die boonste stuk soos ‘n kierie om.  Ons het ‘n dik naald gebruik om ‘n gat vir die toutjie te maak en dit geknoop voordat die kierie kon droog word.  Na regte sou die kierie mooi gelyk het met wit en rooi strepe.

Ons het ook klei plat gerol, vorms met koekiedrukkers uit gedruk, gate in gedruk en ‘n blinkers oor gesprinkel. (‘n Soutpot werk goed vir hierdie taak.)  Die klei word sommer oornag droog.

Gebruik roomysstokkies om twee driehoeke te vorm.  Smeer gom, besprinkel met blinkers en vorm ‘n ster vir die kersboom.  As die een sy droog is kan jy die gom en blinkers aan die agterkant herhaal.

Vir die kleintjies kan jy skoon papier dwars draai (landscape) en in vier vou.  Jy het dus nou sommer vinnige skryflyne gevorm.  Laat die outjie oefen om sy naam te skryf, patrone te teken, syfers te vorm of om vorms te trek.  Gebruik uitdraai- of waskryte en laat hom effens harder druk.  Verdun dan voedselkleursel (rooi, groen of eiergeel) met ‘n bietjie water om bo-oor die skryfwerk te verf.  Dit behoort ‘n geskenk aan ‘n ouma of ‘n oupa net nog meer spesiaal te maak :wink:

tuis idees in beeld

6 Kommentaar

Ek moes die afgelope tyd my gedagtes weer reg aanskroef om ‘n jong leerder met fyn motoriese vaardighede en oog-hand koördinasie te help.  Hier is sommer so ‘n paar foto’s en oefeninge uit ons leersessies…

Die outjie sukkel met skrif en daarom het ek byvoorbeeld sy naam en syfers met kolletjieskrif getik en uitgedruk.  Die naam is met breë kleeflint oorgetrek en kan hergebruik word.  Hy skryf met ‘n witbordpen en dit kan herhaaldelik skoon gevee en weer gebruik word.

Dan het ons ‘n plastiese sakkie met loperige seep gevul en deeglik geseël.  (Die seperigheid loop en gee mee terwyl hy skryf).  Hy het eers met sy vinger op die sakkie geskryf, maar nou plaas ons dit bo-op sy naam en trek hy sy naam daarop.  Sommige dae word die witbordpen ook ingespan.

Ek het ‘n oulike idee by Renee Lighton gesien – waar die outjies in room skryf.  Daar is mos maar altyd ‘n bietjie ou handeroom iewers in die huis en ons het lekker daarin geoefen.  Dan het ons sommer ook in sand geskryf.  Al hierdie sintuiglike ervaring het tot dusver gehelp dat die outjie met meer gemak skryf.  Ons hou die skrif egter groot.

Ons het ‘n gaatjiedrukker ingespan om gate om die rand van manilla / karton te druk en beoog om sommer ou polistereenbakkies vol gate te maak.  ‘n Mens kan die gate soos ‘n dot-to-dot takie inspan – eers met ‘n kryt verbind en dan knip om die knip aksie te verbeter.  As jy lus het kan ‘n mens wol, tou of lint deur die gate ryg.

Ons het lang wurms uit stywe klei gerol en sommer blinkertjies op die tafel gestrooi – vir die mooi.  Hierdie blink wurms is in spirale opgerol en kan as ‘n plekmatjie gebruik word.  ‘n Mens kan natuurlik die wurm met ‘n skêr knip – vir ‘n bietjie weerstand.

Rol klei in ‘n balletjie en druk dit plat.  Skryf en teken daarin.  Ons het ook die klei in ‘n slangetjie gerol en dan bo-op groot gedrukte syfers laat lê.  Daarna was dit makliker om die syfers oor te skryf.  As jy vas haak en vergeet, kan ‘n mens gou vinnig bo-oor die klei voel en weer probeer.

Los vorms is gesorteer volgens grootte, vorm en kleur.  Daarna het ons patrone na gebou en toe probeer teken.  Later het ons die vorms op ‘n pennetjiebord probeer bou en die fyn knypwerk was nogal rede vir groot inspanning.  Dan het ons sommer die los vorms met behulp van ‘n wasgoedpennetjie op getel en in die bakkie gebêre – omtrent ‘n storie!

Vir nog oog-hand koördinasie oefening het ons eenvoudige doolhoftake voltooi.  Die lynspasies was redelik reguit, eenvoudig en breed.  Die outjie het ‘n klein magneetjie bo-op die bladsy met behulp van ‘n metaalstukkie onderkant geskuif.  Na ‘n paar probeerslae is kryte in gespan.

Skryf syfers en klanke of teken vorms op polistereenbordjies en gee vir die outjie iets soos ‘n stomp borduurnaald om gate al op die lyn langs te druk.  As ‘n mens gate reg deur die bordjie kan kry, kan julle selfs later borduurgare daar deur ryg en eenvoudige prente maak.

Die stempels is gebruik om visuele oefeninge te voltooi.  Ons het die prentjie wat anders as die eerste een lyk met ‘n stempel gemerk.  ‘n Mens kan stempels vir patroonwerk ook gebruik en hoef nie gekooptes te hê nie.  Kurkproppe en knope werk net so goed.

Die vingerpoppie kom uit ‘n ou boek genaamd Doen dit vandag en is basies ‘n mannetjie sonder bene.  Jy kan enige mannetjie teken en gate vir vingers daarin knip.  Ons het sommer ons reeds voltooide doolhowe met dié mannetjie gevolg. Dit gee die vingertjies lekker oefening en een van die dae gaan ons die lengte van die klas plat draf.

Ten laaste is daar verskeie ander idees en oefeninge op hierdie blog.  Loer gerus na die “Drukbares” hofie of tik soekterme soos abc, skryf, skrif, syfers, patrone, vorms, fynspier, handspier…by die soekblokkie in.  Lekker oefen!

vervoer

2 Kommentaar


Adri het gevra oor ‘n paar idees i.v.m. vervoer…As ek aan ‘n les of ‘n tema rakende vervoer dink, wil ek hoofsaaklik op die drie “gebiede” van vervoer dink, naamlik:  Lug-, see- en padvervoer.

Koppel spesifieke kriteria aan elkeen soos spoed, grootte van voertuig, ensovoorts.  Reis jy vir die lekkerte, vir werk, vir plig, vir nood… vir beskerming?  Hoekom is daar iets soos ‘n wiel ontwerp?  Is die vorm van die wiel doeltreffend?  Hoe het voertuie of vervoermiddels ‘n honderd jaar gelede gelyk?  Hoeveel het die voertuie ontwikkel sedertdien?

Lugvervoer:

‘n Mens kan met groot, kommersiële vliegtuie van een stad na ‘n volgende én tussen lande vlieg.  As die Springbokke Wêreldbeker toe gaan, sien jy altyd die span op die lughawe.  Kies hier ‘n spesifieke vliegtuig wat julle dikwels op die naaste lughawe sien.  Afhangende van die ouerderdomsgroep kan ‘n mens woordprobleme opstel oor die hoeveelheid sitplekke wat benodig word vir ‘n netbal-, rugby-, krieketspan, gesin of ‘n skool om oorsee te vlieg vir ‘n toer.  Bv. Daar is * dogters in die netbalgroep, * seuns in die rugbygroep en * onderwysers in die toergroep.  Hoeveel sitplekke moet tannie Susan bespreek vir die toergroep?

‘n Mens kan lekker speel-speel vlieg deur kaartjies te bespreek, uit te ryk, tasse volgens gewig te pak…Dink aan werkvelle waar jy woordprobleme dek soos Die tas mag nie meer as 30kg weeg nie.  Ma se tas weeg 54kg.  Hoeveel kilogram weeg Ma se tas te veel? …  Dit is nou 15:00.  Ons moet om 16:10 op die lughawe wees.  Hoeveel minute het ons oor om daar te kom?  (Hierdie tipe somme sal moontlik met ‘n sterk Graad 2-klas of Graad 3-klas gedoen kan word.)

Buiten groot vliegtuie kry jy ook ligte vliegtuie waarmee ‘n mens kan vlieg. Hulle is baie kleiner, weeg minder, kos minder geld om te onderhou…Hoeveel weeg die een vliegtuig minder as die ander? Hoeveel kos die een minder/meer as die ander? Die Cessna 182 kan * mense vervoer en die Boeing 747 kan * mense vervoer. Hoeveel mense kan die Boeing meer vervoer as die Cessna?  Moenie van die helikopter vergeet nie.  Hoe verskil die helikopter van ‘n vliegtuig?  Hoe vlieg ‘n helikopter sonder vlerke?

Dan kry jy ook vinnige vliegtuie. Hoekom is sekere vliegtuie vinniger as ander? Vegvliegtuie is vinnig om die teenstander te verras. Wat beteken dit om die klankgrens te oorskry?

Buiten baie vinnige lugvervoer, is daar ook vreeslike stadige vlieënde tuie.  Dink maar net aan die lugballon.  Dit bestaan uit ‘n reuse ballon wat deur warm lug in die lug gehou word…en jy hang onder die ballon in ‘n mandjie!  In die ou dae was dit ‘n baie gewilde manier van vervoer, maar deesdae is dit ongelukkig ‘n romantiese luuksheid…

Padvervoer:

Hierdie tipe vervoer is meer bekend aan ons.  Dit behels voertuie wat op paaie beweeg soos vragmotors, taxi’s, busse, motors, motorfietse, fietse, ensovoorts.  Kyk na die outjies in die klas en kies dan vervoermiddels wat wydverwyderd tot na aan hul milieu is.  Bv. ‘n groot lang-afstand vragmotor, ‘n gesinsmotor / taxi en ‘n trapfiets.  Hoeveel wiele het elkeen van hierdie vragmotors? Hoeveel verskil die gewigte?  Hoeveel keer tel jy in tweë om die aantal wiele te tel?  Hoeveel wiele het 3 motors?  4 driewiele? 2 fietse?  Hoe beweeg elkeen?  (trap, enjin…met diesel, met petrol, met spierkrag…)Het jy al ooit gehoor hoe klink ‘n Ferrari, ‘n Bugatti, ‘n Rolls Royce of ‘n Porche? Skakel sommer self hierdie motors aan…

Spoorvervoer:

Treine loop nie juis op die pad nie, maar val seker ook onder die afdeling van landvervoer.  Hier kan ‘n mens trokke tel en aspekte soos die spoed van ‘n trem, ‘n gewone trein en die Gautrein meet en bespreek.  As iemand ‘n treinstel het, kan hulle dit skool toe bring vir die uitstalling. In Gauteng kan julle ‘n rit mee maak en in plekke soos Kaappunt of Kimberley kan ‘n mens op die trem ry. Maak sommer ‘n ellelange trein vir die gang – met foto’s van die kinders se gesigte in die ruite.

Seevervoer:

Dink aan luukse skepe, olieskepe, vinnige skibote, seiljagte, kano’s…Sommige bote is so groot dat jy daarin kan slaap!  Ander is so groot dat jy ‘n kamer kan bespreek soos in ‘n hotel.  Sommige is net so groot soos die skepe waarin jy kan vakansie hou, maar word gebruik om goedere van een land na aan ander of tussen stede te verskeep.  Seiljagte gebruik seile om mee te beweeg as die wind waai, maar jy moet jou slag met ‘n spaan ken om ‘n kleiner bootjie – veral ‘n kano – aan die gang te hou. Beweeg bote of skepe net bo-op water?  Nee, duikbote duik en beweeg onder die water…

-

As jy na die verskillende afdelings kyk, kan jy beslis aan die afsonderlike woordeskat werk soos “verskeep, spaan, vlerk”.  Wend ‘n besliste poging aan om voorbeelde van die onderskeie vervoermiddels in jou omgewing te soek.  Soek ‘n vliegveld of ‘n lughawe, ‘n hawe of voorbeelde van bote, ‘n vragmotor, fietse, ensovoorts.  Julle kan plekke besoek of mense nooi om te kom gesels.  As jy ver van water is, is daar sekerlik ‘n inwoner van die dorp wat al op ‘n skeepsreis was of iemand wat by ‘n toerismeburo gewerk het.  Hou die koerante dop en loer na al die advertensies vir vliegkaartjies en skeepsreise.  Dit kan deel word van jou werskvelle.  Maak jou klas op soos ‘n toerismeburo…

onnies

4 Kommentaar

Uit “Hugs for Teachers”

You’re a banker and an artist,
You’re a sprinter and a florist.
You’re an actor. You’re a juggler.
You’re a queen.

You’re a lawyer. You’re a manager.
You’re a nurse, and you’re a counselor.
You do more by noon
Than most have ever seen.

You’re a driver and a poet.
A politician (don’t you know it!)
You’re a botanist, a strategist,
And a judge.

You’re a mother and a father.
You’re a runner and a tightrope walker.
You’re a soldier fighting
In the war on drugs.
You’re a diplomat and an acrobat.
You’re a farmer. You’re a friend.
You tell stories. You mend fences.
You build dreams.

You’re an instructor and a trainer,
A communicator and demonstrator.
You’re a teacher! You’re incredible!
You’re supreme!

plaasdiere

Lewer kommentaar

Op die plaas is daar baie diere, maar vir die kleinspan moet ‘n mens die getal verminder.  Ek fokus eers net op hoenders, perde, beeste / koeie, varke…

‘n Idee om die tema bekend te stel is om van die diere se geluide te speel sodat die leerders dit moet identifiseer (Wat maak so?).  Die kleintjies kan raai, maar vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n geheime koevert gee.  In Graad 1 is die koevert gevul met prentekaartjies (met die dier se naam daarby), maar in Graad 2 is die koevert gevul met prentekaarte en los klanke.  Die outjies moet in Graad 1 die prent wys en die naam lees, maar in Graad 2 bou hulle self die name en pas dit by die prente.  Die outjies kan in groepies of pare werk vir ‘n bietjie spangees.  Soos hulle die diere reg raai, kan jy die vergrootte prente teen die bord aanbring.  Smile het ‘n oulike legkaartstel (met ‘n kasset of CD vol dieregeluide) gehad.  Ek is seker dat hulle dit steeds verkoop.

As jy die diere gaan bespreek, kan jy die onderskeie produkte op die plakkate aanbring of uit stal.

  • Koeie verskaf leer, vleis en melk…
  • Hoenders gee vleis en eiers…
  • Perde is ‘n vervoermiddel en is soms trekdiere weens hul brute krag…
  • Varke gee vleis…

Wat eet die onderskeie diere? Waar woon elkeen? Wat noem ‘n mens die mannetjie, die wyfie en die kleintjie?  Watter aksies voer hulle uit (wei, skrop, kekkel, snork, rol, gallop…)?

Vir dialoog- of fantasiespel kan die outjies in groepe verdeel word en maskers gebruik om plaassake te bespreek.  Maak dalk julle eie maskers tydens die kunsles.  Vir varkmaskers kan ‘n mens mediese maskers pienk kleur (flou, rooi voedselkleursel) en ‘n snoet bo-op plak of met drukwerk aanbring.  Jy kan ook ‘n papiermasker maak vir die dialoog gedeelte. Koeie kan met swart kolle versier word en perde kan in bruin vingerverf getooi word. ‘n Skaap kan ‘n lagie wol uit wit watte kry. ‘n Hoender kan ‘n parmantige haan of ‘n sagte hen wees. As jy regte vere kan kry, plak dit bo-op die kop en verf die bel en kam bloedrooi.

As jy reeds die maskers gemaak het, kan julle ‘n luisterspeletjie speel deur die onderskeie diere geluide te speel. As die outjie sy dier hoor, moet hy opstaan. Dit kan ‘n lekker uitvangspeletjie word.  Afhangende van die ouderdomsgroep kan die outjies wat opstaan die dieregeluide benoem, bv. runnik, loei, blêr, kekkel…

Vir oulike Engelse gedigte kan jy hier gaan loer. Hulle dek ‘n verskeidenheid diere en gedigte. Tel die diere of leer om die dierename in Engels te skryf.

As julle ‘n muur collage wil maak met plaasdiere, skep eers die agtergrond. Verf ‘n groot vel papier in twee dele – blou lug en groen gras of selfs koringlande. Bring ‘n skuur aan en rig ‘n windpomp op. As julle tyd het kan die kinders die agtergrond met sponswerk bedruk voordat julle die skuur en die windpom plak.

Maak die diere van papierborde, die hoenders van uitgeknipte handafdrukke of uit papierdosies. Knyp ingekleurde of geverfde diere in wasgoedpennetjies vas sodat dit sommer as bene dien of maak handpoppe van papiersakke. Maak ‘n varkie deur papier maché bo-oor ‘n ballon te doen. Dit neem lank om droog te word, maar sodra dit hard en droog is, kan jy die varkie verf en versier.

Lekker speel en leer!

Taal en spraakontwikkeling

17 Kommentaar

Daar verskyn al hoe meer artikels in tydskrifte en koerante oor die dalende vlakke / standaarde van lees en skryf in skole. Sommiges meen dat Uitkomsgebaseerde Onderwys die sondebok is en ander meen dis te wyte aan die meer tegnologies gevorderde samelewing van vandag. Hoe dit ook al sy, taal en spraakontwikkeling (en ook lees) is iets waaraan elke ouer, onderwyser en kind moet aandag gee. Dit is elkeen van ons se verantwoordelikheid.

Interessanthede:

1. Die mens se brein weeg by geboorte byna ‘n kwart van dít wat dit by volwassenheid sal wees en dit ontwikkel binne die eerste jaar tot 70 % van die finale grootte. Deur dus met die jong kind of baba te praat, stimuleer ‘n mens hierdie brein om inligting in te neem en te verwerk. Voortdurende kontak en gesprek help dus om die verstand te ontwikkel.

2. Die basis van alles wat ‘n mens eendag moet en sal leer, word in die eerste vyf tot ses jaar gelê. Sosiale, emosionele en intellektuele ontwikkeling word tydens hierdie jare geweldig sterk beïnvloed en die aspek wat al hierdie dinge aanraak, is taal.

3. Taalvermoë beïnvloed die kind se

    1. selfbeeld,
    2. sosiale en emosionele ontwikkeling,
    3. leergierigheid,
    4. vlak waartoe hy sy intellektuele potensiaal sal ontwikkel,
    5. begrip van norme en morele waardes en vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei.

4. Om te leer praat, is net so belangrik vir die jong kind as om asem te haal.

5. In die ouderdomsgroepe van vier en vyf jaar, gebruik ‘n kind tussen 1 000 en 1 500 woorde. Die meeste woorde word reg uit gespreek en rympies of rymwoorde fasineer die kind. Ten minste vier tot ses kleure en die basiese vorms (kruise, sirkels, driehoeke, reghoeke, vierkante) kan benoem word. Begrippe soos tyd word aangeraak (“Ons gaan volgende week see toe.”) en die kind kan meerledige / lang opdragte onthou (“Gaan was gou asseblief die waslap in die badkamer en droog dit uit.”). Gebruik woorde soos “wie, waar, wanneer, wonder, wat, hoekom” en gebruik die meeste klanke korrek (behalwe die moeiliker klanke soos “tr”, “kr”, “gr” en “pl”).

6. Die vyf- tot sesjarige kind kan ongeveer 2 200 woorde gebruik en praat mooi duidelik. Sinne bestaan uit min of meer ses woorde en die teenwoordige, toekomstige en verlede tyd word gebruik. Verstaan woorde soos “vandat, totdat, nadat, voordat”. Verstaan en gebruik woorde soos “bo-op, voor, agter, ver, naby” en “maar, en, omdat”. Teenoorgesteldes soos groot en klein, is deel van algemene gesprekke en speletjies. Die kind kan ook nou voorwerpe uittel (borde, lepels, messe, vurke) en telefoonnommers onthou. Tot 24 000 woorde kan nou verstaan word.

7. Die sesjarige kind gebruik tot ongeveer 3 000 woorde en weet wanneer sy verjaarsdag is. Dae van die week en maande van die jaar word nou begryp en geleer. Tel tot tien voorwerpe uit en kan bv. ‘n selfoonnommer memoriseer.

Watter probleme kan voorkom in gesproke taal?

· Gesinswoorde soos “stappies” vir skoene. Die gesin weet wat die woord beteken, maar ander mense verstaan dit nie.

· As ‘n kind sukkel om ‘n woord uit te spreek, vervang hy die woord met “goeters, dinges, watsenaam”.

· Die kind kan nie woorde en klanke herhaal wat voorgesê is nie.

· Die kind praat te hard, te sag, te skril of onduidelik.

· ‘n Woord kan reg uit gespreek word, maar nie in ‘n sin gebruik word nie.

· ‘n Taal- of woordarmoede kan veroorsaak dat ‘n kind kort sinnetjies gebruik of glad nie wil praat nie.

· Ritmeversteurings of uitspraakproleme soos stotter, hakkel, lispel en onduidelike spraak.

· Sommige kinders laat klanke weg in woorde (peel vir speel, tein vir trein).

· Sommige kinders vervang klanke met ander klanke (vam vir vang).

· Die jong kind sukkel dikwels met tydsbegrip. Gelukkig het ons tyd om dit vas te lê, omdat dit eers op negejarige ouderdom voltrek word.

Hoe kan ek my kind se taal en spraakvaardighede ontwikkel?

· PRAAT, PRAAT, PRAAT!

· Praat soveel as moontlik oor dinge wat vir jou kind belangrik is en luister na wat jou kind sê.

· Praat stadig en duidelik.

· Moenie babataal praat nie.

· Praat in ‘n eenvoudige taal en verduidelik moeiliker begrippe.

· Leer jou kind om te luister na wat ander mense sê.

· Verkeerde taalgebruik behoort reg gestel te word. (Herhaal net die regte sin. Die kind kan maar net luister.)

· Werk daaraan om spraakprobleme reg te stel. As ‘n kind klanke of woorde verkeerd uitspreek, kan dit dalk later probleme veroorsaak wanneer hy leer lees.

Hoe kan ek my kind help om ‘n liefde vir lees te ontwikkel?

· Lees soveel boeke as moontlik (in al die tale wat die kind verstaan ) voor.

· Moedig jou kind aan om die stories oor te vertel aan ‘n boetie, sussie of maatjie.

· Bespreek prentjies in storieboeke.

· Gaan GEREELD biblioteek toe.

· Wees ‘n voorbeeld en lees voor jou kind.

· Luister na storiekassette.

· Help jou kind om sy naam te herken deur dit op al sy besittings te skryf (in skoolskrif).

· Leer kinderrympies en –liedjies.

· Sorg dat daar altyd storieboeke in die huis is. As die biblioteek te ver en boeke te duur is, maak stories uit vrouetydskrifte (soos Liewe Heksie, Balkie, ens.) bymekaar en plak dit in ‘n ou skoolboek.

· Lees die name van winkels voor (Checkers, Edgars, Shoprite, ens.) as julle daar verbystap.

· Lees gunstelingstories voor en neem dit op ‘n kasset op. Dan kan jou kind oor en oor daarna luister.

· Bou ‘n prentewoordeboek op of koop een. Dit sal van groot waarde in Graad 1 tot 3 wees.

Opvoedkundige aspekte om te ontwikkel vir skoolgereedheid

8 Kommentaar

Bilaterale integrasie

Die vermoë om albei kante van die liggaam saam te koördineer, bv. Wanneer ‘n mens loop of hardloop

Deel / geheel konsep

Die dele van ‘n voorwerp wat, as hulle saam gebruik word, ‘n geheel vorm, bv. ‘n vliegtuig en sy vlerk wat weg is

Emosionele bewustheid

Die vermoë om jou gevoelens uit te spreek en te herken

Fynmotoriese vaardighede

Die ontwikkeling van die klein spiere van die liggaam, veral die hande, vingers, tone en tong om take soos skryf, teken, knip, lek en praat uit te voer

Grootmotoriese vaardighede

Die ontwikkeling van die groot spiere van die liggaam, veral die arms en bene om take soos die gooi en vang van ‘n bal akkuraat uit te voer

Kategorisering

Die vermoë om dinge in ‘n groep of klas te plaas

Kognitiewe vaardighede

Denkvaardighede wat ‘n mens help om doeltreffend te leer

Kritiese denkvaardighede

Die vermoë om versigtig te oordeel en vir jouself te dink

Lae spiertonus

‘n Subnormale tonus in die spiere wat byvoorbeeld ‘n swak postuur, swak balans sowel as ontoereikende ooghandkoördinasie veroorsaak

Middellyn

Dit is die denkbeeldige vertikale lyn wat die linker- en regterkant van die liggaam verdeel, asook die horisontale lyn wat die boonste en onderste deel van die liggaam verdeel

Middellynkruising

Die vermoë om die vertikale lyn van die liggaam met die oë, die hande of die voete te kruis, bv. om die linkerhand te gebruik om aan iets aan die regterkant van die liggaam te raak

Oog-handkoördinasie

Die geïntegreerde werking van die oog en die hand om take met gemak uit te voer (soos om ‘n pen vas te hou terwyl jy teken of skryf)

Oorsaak en gevolg

Die vermoë om die redes te verstaan waarom iets gebeur en wat die uitslag daarvan gaan wees

Pas lettervorms

Die vermoë om die ooreenstemmende vorms van letters by mekaar te pas as voorbereiding vir lees

Persepsievaardighede

Waarnemingsvaardighede; die vermoë van die brein om via die sintuie – sien, hoor, proe, ruik, voel – die buitewêreld te ervaar

Postuur

Die vermoë om die liggaam regop te hou terwyl jy sit, staan of stap

Potloodbeheer

Die vermoë om ‘n potlood of ander skryfimplement korrek vas te hou en te gebruik

Probleemoplossingsvaardig-hede

Die vermoë om oplossing vir porbleme en vrae te vind

Rigting

‘n Begrip vir waarheen ‘n voorwerp beweeg en waarvandaan dit kom

Ruimtelike verhoudings

Die vermoë om die posisie van twee of meer voorwerpe in verhouding tot mekaar waar te neem, bv. voor, agter, langs

Sekwensie

Om dinge of prente in ‘n logiese volgorde te rangskik, bv. 1, 2, 3, eerste tot laaste, van die grootste tot die kleinste

Selfbeeld

Die algemene idee wat ‘n mens van jouself het, wat positief of negatief kan wees

Sortering

Weet hoe om dinge volgens hul eienskappe te orden, bv. hoe om die ronde lekkers in een houer en die vierkantiges in ‘n ander te sit

Visuele diskriminasie

Die vermoë om ooreenkomste en verskille raak te sien

Visuele motoriese koördinasie

Die manier waarop die oë gedurende beweging met die ander dele van die liggaam koördineer en saamwerk; bv. die proses waartydens dinge soos vorms gesien word en dit met die hand nageteken en die brein ingespan word

Voorbereidende leesvaardighede

Vaardighede wat die jong kind vir lees voorberei voordat hy of sy werklik kan lees

Voorgrond-agtergrond-diskriminasie

Die vermoë om op ‘n spesifieke item te fokus en dit op die voorgrond te plaas en waar te neem terwyl ander items op die agtergrond verdwyn

Handspiere en Perseptuele Ontwikkeling…

4 Kommentaar

oefeninge vir klein handjies en nuwe lesertjies

Skryf woorde met waterverf en jou vinger. Gebruik houtlym en strooi sand oor jou klanke, syfers, somme of woorde.

Write words with water paint and your finger. Use wood glue and sprinkle sand on your sounds, words, numbers or sums.

Pak los klanke (letters) of syfers in ‘n sak. Voel ‘n blokkie. Raai wat dit is. Kyk of jy reg is!

Add loose sounds (letters) or numbers to a bag. Feel one. Guess what it might be. See if you were right!

Bou woorde met magneetklanke op ‘n ou koffieblik. (Bêre die klanke na die tyd binne-in die blik.)

Build words with magnetic sounds on an old tin. (Store your magnets in the tin afterwards.)

Mix dishwashing liquid with food colouring and put it in a sealable bag. Now you can “write” on the bag with your finger. Try writing in Dad’s shaving cream (ask first) or soap foam.

Meng voedselkleursel met opwasmiddel en seël dit in ‘n digte sakkie. Nou kan jy daarop “skryf” met jou vinger. Probeer ook Pappa se skeerroom (vra net eers) of seepskuim.

Rol klei of deeg in wurmpies en bou jou naam. Roll some clay or dough into little worms and build your name.

Mix water paint and dishwashing liquid and put it in an old roll-on container. Bingo! A new roller pen! Meng waterverf en opwasmiddel en gooi dit in ‘n ou “roll-on” botteltjie. Siedaar! ‘n Nuwe rolpen!

Knyp wasgoedpennetjies aan ‘n syferkaartjie vas om te wys wat die syfer beteken.

Fasten pegs to a number card to show the numbers value.

Ryg krale in. Kopieer ‘n patroon.

Thread a string of beads. Copy a pattern.

Sny ou papbokse op en bou die legkaart.

Cut old cereal boxes into pieces and build the puzzle.

Soek na driehoekige potlode en kryte. Dis help die vingers om ‘n goeie potloodgreep te ontwikkel.

Try to find triangular pencils and crayons. It helps in the development of a good pencil grip.
Druk klei plat in die een hand. Wat van ‘n “stres”balletjie? Squeeze a ball of clay in one hand – or try a stress ball.

Draw a picture or cut one from an old cereal box. Punch holes around the edges and thread some string or wool through them.

Teken ‘n prent of knip een uit ‘n ou papboks. Pons gate al om die rand en ryg ‘n veter, tou of wol deur hulle.

Skroef moere om ‘n groot skroef. Screw a big nut onto a bolt.

[ Idees beïnvloed deur: Loubina Buxamusa, arbeidsterapeut]

Gedig vir opvoeders en ouers

8 Kommentaar



Your children are not your children.
They are the sons and daughters of Life’s longing for itself.
They come through you but not from you,
And though they are with you yet they belong not to you.
You may give them your love but not your thoughts,
For they have their own thoughts.
You may house their bodies but not their souls,
For their souls dwell in the house of tomorrow,
which you cannot visit, not even in your dreams.
You may strive to be like them,
but seek not to make them like you.
For life goes not backward nor tarries with yesterday.
You are the bows from which your children
as living arrows are sent forth.

The archer sees the mark upon the path of the infinite,
and He bends you with His might
that His arrows may go swift and far.
Let our bending in the archer’s hand be for gladness;
For even as He loves the arrow that flies,
so He loves also the bow that is stable.

                                                                              - Kahlil Gibran

Woordeskat ontwikkeling

25 Kommentaar

Woordeskat ontwikkeling

‘n Goeie algemene woordeskat is belangrik.  Dit vergemaklik die leesproses en verbreed die leerder se algemene kennis (verwysings raamwerk).

Hoe kan ek tuis help?

  • Verkeerde taalgebruik behoort reg gestel te word. Help jou kind subtiel reg indien hy byvoorbeeld ‘n item verkeerd benoem. “Ek wil sweets koop.” - “Watter soort lekkers gaan jy koop?”
  • PRAAT, PRAAT, PRAAT! Kinders leer baie deur die voorbeeld na te volg.
  • Praat soveel as moontlik oor dinge wat vir jou kind belangrik is en luister na wat jou kind sê.
  • Praat stadig en duidelik.
  • Leer jou kind om te luister na wat ander mense sê.
  • Werk daaraan om spraakprobleme reg te stel. As ‘n kind klanke of woorde verkeerd uitspreek, kan dit dalk later probleme veroorsaak wanneer hy / sy lees en skryf. (Dink aan die outjie wat “l” in plaas van “r” sê…Die lok is looi.)
  • Lees gunstelingstories voor en neem dit op ‘n kasset op. Dan kan jou kind oor en oor daarna luister.
  • Bou ‘n prentewoordeboek op of koop een. Dit sal van groot waarde wees. Skryf moeilike of nuwe woorde daarin en plak of teken ‘n prent daarby.
  • Skryf nuwe woorde
  • met kolletjies, sodat jou kind daaroor kan skryf. Bv. Soos… dot-to-dot
  • in verskillende kleure
  • met ‘n stokkie in nat sand
  • Soek klanke in tydskrif-opskrifte en bou die nuwe woorde met die los klanke.
  • Maak ‘n verspotte sin met die nuwe woorde.
  • Skryf ‘n sin met die nuwe woord. Kan die sin dalk uitgebrei word?

Bv. “Die man sing.”

“Die vriendelike man sing ‘n mooi liedjie.”

Belangrik:  Hou hierdie tipe aktiwiteite prettig en informeel…en kyk hoeveel sintuie jy kan betrek by hierdie tipe aktiwiteite…

Gaan lees gerus ook ‘n bietjie hier vir verdere oefeninge.

‘n stukkie navorsing oor onderrigtaal

8 Kommentaar

Na aanleiding van Boendoe se navrae, gaan ek so ‘n stukkie plaas oor die taalkwessie.  Verskoon asseblief indien dit hoogdrawend is.  Dit was ‘n navorsingstuk en is dalk meer gemik om die etniese tale.  Praat gerus as dit Grieks klink.  Ek “vertaal” graag.

Wanneer ‘n leerder in ‘n tweede taal leer is hy / sy nie noodwendig leergestremd nie, maar eerder leergeremd ten opsigte van woordeskat, taalkennis en die belangrikste aspek seker – begrip.  ‘n Persoon wat nog nie die basiese strukture en vaardighede van ‘n taal teen die ouderdom van sewe jaar (die primêre vormingsjare) baas geraak het nie, sal in werklikheid altyd ‘n agterstand hê.  Taal vorm tog die belangrikste basis en medium van kommunikasie en is nodig om inligting oor te dra en ook om inligting in te neem en te verwerk.

Om die volle omvang van die akademiese vordering van ‘n kind te begryp, moet ‘n mens eers terug gaan na die leerder se agtergrond (en ook taal agtergrond) om die oorsake en invloede op die leerder se leerprosesse te bepaal.  In Suid-Afrika (soos in baie ander wêreldmoondhede) bepaal die Grondwet dat daar elf amptelike landstale moet wees, maar word baie leerders steeds in hul tweede taal (meestal Engels) geskool.  Hierdie besluit word aan die ouers oorgelaat en daar bestaan geen duidelike wetgewing wat ouers verplig om hul kinders in hul moedertaal te laat onderrig nie. Alle Suid-Afrikaners het egter ‘n grondwetlike reg om in ‘n moedertaal onderrig te word.

In baie gevalle waar leerders swak presteer, is die oorsaak dikwels dat hulle in ‘n tweede taal skool gaan.  Hierdie feit is seker nie genoeg rede om bekommerd te wees nie aangesien daar baie gevalle is waar leerders goed tweetalig is en dus goed in ‘n tweede taal presteer.  Die probleem ontstaan egter wanneer ‘n leerder in ‘n huis groot word waar daar meer as een taal gebruik word en waar die tale ook dikwels gemeng word.  As die kwaliteit van die woordeskat en grammatika veel te wense oorlaat, sal die leerder ‘n swak taalbasis hê en hom- / haarself nie goed kan handhaaf in enige van die tale nie.  Só ‘n kind ontwikkel dus ‘n leergeremdheid weens ‘n onderontwikkelde taal.

Volgens Rodriguez, benodig ‘n kind ‘n goeie selfbeeld om sukses te behaal en om sy / haar volle potensiaal te verwesenlik op skool.  ‘n Kind wat besef dat sy taalgebruik nie op dieselfde standaard as sy klasmaats s’n is nie, kan maklik selfbewus en minderwaardig voel en dus ook swakker presteer as sy maats.

As ‘n kind in beide sy moedertaal én tweede taal kan leer, verhoog dit die kind se selfbeeld en voel só ‘n kind trots daarop dat hy twee tale kan praat en in twee verskillende kulture kan funksioneer (i.e. die kultuur eie aan sy moedertaal en ook die kultuur eie aan die tweede taal).

Rodriguez sê ook dat ‘n persoon wat tweetalig is beter kognitiewe vermoëns het, respek by ander kulture afdwing, trots is op die spesiale talent en ook beter toegerus is vir die lewe buite die klaskamer.

Dis sou dus wenslik wees indien ‘n kind aan ‘n tweede taal bloot gestel kon word in ‘n klaskamer waar beide sy / haar moedertaal en tweede taal gebruik word.  Só word die kind stelselmatig aan die vreemde taal blootgestel en kry hy / sy die geleentheid om mettertyd genoeg selfvertroue op te doen om die tweede taal te gebruik.

Volgens die NAEYC (National Association for the Education of Young Children) in die VSA, behoort die ouers die kind se moedertaal te ontwikkel tesame met die tweede taal.  Die moedertaal word gekoppel aan die kind se kultuur, sosiale agtergrond en identiteit en daarom moet die fasiliteerder ook die kind se moedertaal en kulturele agtergrond in ag neem tydens onderrigtye

Net soos wat leerders teen verskillende tempo’s ontwikkel, beklemtoon die NAEYC dat tweede taal leerders hul tweede taal op dieselfde wyse bemeester volgens die individuele potensiale.  Sommige leerders sal vir ‘n ruk lank swyg, ander sal sinsnedes en woorde oefen, ander sal hul moedertaal en die tweede taal meng en ‘n vierde groep kan selfs die taal op ‘n geradbraakte wyse met vertroue gebruik.  Al hierdie voorbeelde vorm deel van die individuele ontwikkelingsfases van die onderskeie leerders se tweede taal.  Die fasiliteerder moet dit in gedagte hou dat dit normaal is om deur hierdie fases te gaan en die kind met begrip begelei tot die ontwikkeling van goeie taalgebruik.

Watter nadele is daaraan verbonde om ‘n leerder in ‘n tweede taal te onderrig?

Na aanleiding van navorsing het NAEYC bepaal dat jonger kinders groter probleme ondervind om die oorgang vanaf die huis na die skoolomgewing te maak as die taal vreemd is.  Die nuwe omstandighede en vreemde taal kan baie intimiderend wees en die kind emosioneel labiel (deurmekaar :wink: ) laat.

‘n Kind wat uit ‘n vreemde kulturele agtergrond kom, kan soms deur sy klasmaats bespot word en dít kan daartoe lei dat die leerder selfs sy moedertaal kan prysgee om sodoende sosiaal aanvaarbaar te wees.  Dít sal weer daartoe lei dat die kind se band met sy / haar kultuur verbrokkel en dat gesinsverhoudinge ook kan skade lei.

Kids who are different

2 Kommentaar

iewers raak gelees

Nuttige skakels vir huiswerkhulp

2 Kommentaar

Ekstra werk en idees:

1. Kinderwerf

2. Rotsreeks

3. Childlit

4. Homestead

5. The Reading Clinic / Leeskliniek

6. Pret met Afrikaans

7. Wiskunde hulp

8. Nog wiskunde werkvelle

9. Speltake:  Maak jou eie “word search” of “skommeltakie”

Kyk asseblief ook onder “BLOGROLL“…

My kind skryf stadig

8 Kommentaar

Sommige kinders sukkel om netjies, vloeiend en vinnig te skryf.  Dikwels worstel dié outjies daarmee om ‘n potlood reg vas te hou.  Hulle klou as’t ware die potlood en het min beheer oor die skryfaksie.  Wanneer die vingers korrek geplaas word, is daar meer beheer oor die handspiere en dus ook oor skrif.  Só ‘n outjie sy fynspiere is nog onderontwikkeld.  (Kyk gerus na die idees om die fynspiere te ontwikkel onder ‘n vorige inskrywing.)

Soms veroorsaak ‘n stywe, gespanne greep ‘n toestand waar die handspiere nie meer so beweeglik of beheerbaar is nie – carpal tunnel syndrome.

Ek vertel gewoonlik ‘n storie waar die duim en wysvinger die kake van ‘n krokodil is.  Hy het net een kaak bo en een onder – daarom mag net hierdie twee vingers op die potlood rus.  Die res van die hand is soos ‘n skilpad se dop.  ‘n Skilpad kan nie sien waar hy loop as die dop oor sy oë hang nie – daarom lig ons die dop (hand) so ‘n bietjie op.  Die potlood word net bokant die verflagie vas gehou – sodat die skilpad se “nek” met gemak kan beweeg.  Die ringvinger en pinkie word ingekrul en die middelvinger dien as ‘n kussinkie vir die skilpad se moeë nek.  Elke juffrou het ‘n ander storie.  Vind gerus uit watter een jou kind se juffrou verkies.  Indien jou kind sukkel om die vingers op die korrekte plekke te hou, kan ‘n grepie aangeskaf word.  Dis gewoonlik rubberstukkies wat bo-oor die potlood geskuif word met merkies daarop.

Net ‘n laaste gedagte:  Onthou dat die skryfstyl verskil van boek-tot-boek en van skool-tot-skool.  Vra asseblief jou kind se juffrou om die korrekte letterformasies aan jou te verduidelik (die wyse waarop die letters gemaak word), sodat die kind nie verwar word nie…en as jou kleinding steeds met skrif sukkel, sal ‘n besoek aan ‘n arbeidsterapeut van groot waarde wees.  Hulle kyk uit ‘n mediese en kliniese oogpunt na spierbeheer en is regtig waardevol.

‘n paar oepse

skoolreëls uit die oude doos

4 Kommentaar

1883 se skoolreëls:

studentteacherrules1883

Kinderstories op die internet

4 Kommentaar

 

ggdesigns

Ek is tans besig om na Afrikaanse kinderstories op die internet te soek. Dit is nogal moeilik om te kry. Martie Preller het ‘n paar stories beskikbaar gestel. Daar is nog so ‘n paartjies hier en daar. Het jy al ‘n paar teë gekom?

Kyk gerus ook op my tuisblad.  Aan die regterkant is die “blogroll” vol skakels na opvoedkundige webblaaie.  Ek lys ‘n paar:

Anna Emm
Bester
Loebi en Kinderwerf
Nieltjie
Jou wêreld – Die tandmuis

inspirasie

Lewer kommentaar

Sigwoorde of Hoë Frekwensie woorde

10 Kommentaar

Sigwoorde vorm ‘n brug tussen die aanvanklike “klanklees” tot by vlotlees.  Hoe vinniger die kind dus daardie “tussen-in” woorde kan herken, hoe vlotter sal hy lees en dus sal die leesbegrip ook sterker wees.

Sigwoorde is al die kleiner en meer algemene woorde wat in die meeste graadtoepaslike leesboeke voorkom.  Dit is woorde soos dae van die Week, maande van die jaar, tussenvoegsels, lidwoorde en voornaamwoorde.  (Vra gerus jou kind se juffrou vir voorbeelde van hierdie woorde of kyk na die lys uit Hauptfleish en Grové se gidse hieronder.)

‘n Tuisprogrammetjie om sigwoorde vas te lê:

1.         Slangetjies en leertjies:  Plak kaartjies met sigwoorde op die speletjie vas.  Lees sigwoorde by die leer se punt en slang se bek.

2.        Hou ‘n Skattejag met raaisels rakende sigwoorde – veral getalname, dae en maande.

3.        Bordspel:  Elke blok het ‘n sigwoord.  Lees woord waarop dobbelsteen land.  Plak sommer die woorde bo-oor ‘n bordspel soos Monopoly sy straatname…of trek julle eie blokke.

4.        Speel “snap” met flitskaarte van sigwoorde.

5.        Vang vis met Sigwoorde:  Skryf die woorde op kartonvisse en skuif ‘n skuifspeld oor die visse se lywe.  Tel die visse dan met magnete op.  Lees die sigwoord.

6.       Leer klim:  Sigwoorde is op die sporte en die leerder lees terwyl sy “klim”.

7.       Bou ‘n muur:  Lees flitskaarte een-vir-een en plaas ‘n flitskaart op elke steen op die prent – om ‘n muur te bou.

aan

af

agt

ag

al

alleen

alles

almal

altyd

amper

ander

as

baadjie

bad

baie

bedank

begin

beste

beter

bietjie

blou

bly

bring

brood

daar

daardie

daarvan

dag

dan

die

dikwels

dink

dis

dit

doen

drie

drink

dra

dus

en

eers

eet

eie

ek

en

enige

familie

gaan

gee

geel

geen

gebruik

gedoen

geëet

gegaan

gegee

gehad

gehardloop

gekom

gemaak

gereed

gesê

gesien

gevind

gister

goed

goeie

gou

groot

groei

groen

haar

hand

hardloop

hele

help

het

hier

hierdie

hoe

hom

hoor

hou

huis

hul

hulle

hy

iets

in

is

ja

jaar

jou

julle

jy

kan

kies

klein

klim

kon

kom

koop

kos

koud

kry

kyk

lag

land

leer

lees

lekker

lig

loop

lyk

maar

mag

man

meer

melk

meneer

mense

met

moenie

moet

mooi

môre

motor

my

na

nader

neem

nege

net

nie

nog

nooit

nou

nuut

of

om

omdat

omtrent

onder

ons

ook

oor

op

ore

ou

oud

paar

polisie

probeer

proe

reg

rivier

rooi

ry

saak

saam

sal

seker

self

ses

sewe

sien

sing

sit

skop

skryf

slaap

snaaks

sny

so

sodat

sonder

soos

sou

speel

spring

stadig

staan

stoel

stop

stuur

swart

swem

sy

tafel

tand

te

tel

teen

teken

telefoon

terwyl

tien

toe

tog

tot

trek

twee

tussen

tyd

uit

van

vandag

vang

vanaand

vanself

val

vat

ver

verder

verniet

verstaan

vertel

vind

vir

vlieg

vol

voor

vra

vroeg

vrou

vyf

waar

waarom

wanneer

want

warm

was

wat

water

watter

weer

wees

weet

weg

werk

wie

wil

wit

word

wys

Maandag

Dinsdag

Woensdag

Donderdag

Vrydag

Saterdag

Sondag

Januarie

Februarie

Maart

April

Mei

Junie

Julie

Augustus

September

Oktober

November

Desember

Jong lesers en nuwe boekies

2 Kommentaar

geleen

Ek het gevind dat daar heelwat leerders is wat sukkel om woorde te klank en dan weer as ‘n woord te lees. Hulle kan die woord klank, maar haak vas by k-a-t. ‘n Idee wat nogal vrugte afwerp, is om die woord uit te rek – soos ‘n stadige “replay” aksie op televisie. Byvoorbeeld: k…a…t. Die woord word dan weer en weer gesê – elke keer ‘n bietjie vinniger. As die woord op hierdie manier herhaal word, kry die kind die geleentheid om die woord te hoor en om dit in sy / haar gedagtes saam te voeg. SCRABBLE (Junior Scrabble) teëls of los klank kaartjieskan gebruik word om die woorde te pak. Pak die klanke apart en skuif hulle nader terwyl die woord op die “uit rek manier” gelees word. Dit klink vreemd, maar die kinders sal dit geniet.

As u kind ‘n nuwe boek huis toe bring:

  • Blaai saam met u kind deur die boek. Wat sien julle alles?
  • Vra hom / haar oor die storie. Wat kan jy onthou van die storie wat jy in die klas gehoor het?
  • Lees die storie saam met u kind en praat oor interessante of nuwe woorde. Bv. klein het ‘n “ei” in. Watter ander woorde het so ‘n klankie in?
  • Speel “soek die woord”. Noem ‘n woord uit die boek en vra u kind om die woord te soek. Hoeveel keer verskyn die woord in die boek?
  • Skryf julle eie stories deur woorde uit die boek en ander bekende boeke te gebruik.
  • Maak woordmure deur nuwe woorde teen die muur aan te bring – voeg prentjies by indien moontlik. Hou die woorde sigbaar en oefen dit sommer terloops.

 

terug skool toe

Lewer kommentaar

Dis amper tyd vir die nuwe en laaste kwartaal in die Kaap. Hiermee dan ‘n gedagte vir die onderwysers. Onthou ook dat môre Onderwysersdag is.  Maak solank die skoene skoon, pak die tas en maak die potlode skerp.

lees, leer en die ogies

11 Kommentaar

Visuele oefeninge speel ‘n groot rol tydens die leerproses. Daarom maak arbeidsterapeute en opvoedkundige sielkundiges spesifieke melding van die VMI – ‘n telling wat bepaal of die kind se visueel perseptuele ontwikkeling op die korrekte vlak is. Dit is ‘n goeie indikasie of die outjie sukkel of sal sukkel met sy werk.

Dikwels word ‘n spesifieke leesprobleem ook aan ‘n lae VMI gekoppel.
Indien die VMI onder die kind se kronologiese ouderdom is, word daar gewoonlik aanbeveel dat die kind terapie ontvang.
Kla jou kleintjie as hy moet lees? Is lees vermoeiend? Dan is daar ‘n moontlikheid dat die probleem by die ogies lê. Die oogspiertjies beweeg dalk nie egalig nie en veroorsaak spanning. Die ogies raak dus gou moeg en die leesproses bly ‘n pyn. Dit sal wenslik wees om die ogies te laat toets vir visie én vir onegalige oogbewegings.

Om die oogbewegings tuis te ontwikkel, kan jou kind Eye Can Learn se oefeninge volg. Die kop moet stil gehou word en slegs die ogies moet beweeg. ‘n Paar minute per week help reeds.

Skouer aan die wiel

2 Kommentaar

Sterkte aan al die mamma’s, pappa’s en onnies met die laaste paar weke van die skooljaar!  Dis nou die laaste stukkie van die jaar en die ergste is verby.  Daar is ongeveer drie volle weke voor die meeste skole se eksamens begin en die skoolvakansie begin al die 5de Desember in die “kus-provinsies”.  Goeie nuus:  as juffrou of meneer nie teen hierdie tyd genoem het dat daar groot rooi ligte flikker in die tonnel nie – behoort die jaar suksesvol af te sluit.  Dit beteken nie dat ons al kan vakansie hou nie.  Sit steeds skouer aan die wiel en werk elke dag om die eindstreep te haal.

Juffrou se kiekies

6 Kommentaar

Die beskrywings is sigbaar as daar op die foto’s gedruk word.

Oogprobleempies en leerprobleme

13 Kommentaar

Nikita het vroeër oor ‘n sindroom gepraat wat die leer- en leesproses beïnvloed. Ek help tans ‘n paar outjies met lees- en leerprobleme om eksamen te skryf. Dis alles deel van alternatiewe assessering – wat beteken dat hulle volgens die voorskrifte van ‘n sielkundige gehelp word om vraestelle te voltooi. Die vraestelle word weer en weer gelees en dan word die antwoorde gelees om te sien of dit verstaanbaar is (in terme van spelling). So baie keer wonder ‘n mens of die probleem nie dalk elders lê nie…Hier is nog ‘n paar dinge om te probeer om outjies te help wat sukkel met lees. Dalk het een van hulle Irlen-sindroom…

Symptoms of Irlen’s Syndrome

* Trouble reading words
* Headache while reading
* Weaker academic performance
* Weak concentration
* Complains of eye strain while reading
* Tires while reading
* Depth perception is much weaker
* Will also affect math performance
* Often exhibits sensitivity to lights especially fluorescent types
* Trouble focusing
* Weak/poor comprehension
* Difficulty tracking words on a line and will often skip words
* Reads in a strained word by word fashion and with great hesitancy
* Avoids reading
* Weaker written work
* Trouble copying
* Random spacing
* Ramdomletter sizes
* Writing up or downhill
* Inconsistent spelling

The reason for all of these symptoms is largely due to the fact that print looks different to individuals with Irlen’s Syndrome.

How can you help?

* Dimmer lights
* Natural lighting appears to help – sit naby ‘n venster
* Irlen lenses (coloured lenses, coloured overlays)
* Coloured paper for reading materials and worksheets – veral geel help blykbaar goed
* Additional time for reading assignments
* If lights can’t be dimmed, individuals should be allowed to wear a visor.
* Shorten time spent on reading – korter leesstukke, groter skrif en duideliker letterformasies
* Provide more frequent breaks
* Allow the child to use a ruler to ease the tracking of words while reading. – Gebruik ook ‘n kaartjie of een met ‘n venstertjie daarin om bo-oor die teks te gly.

Aandagafleibaarheid

123 Kommentaar

Onthou asseblief dat die volgende inligting nie ‘n mediese kundige se skrywe is nie en slegs as ‘n inligtingstuk dien.  Raadpleeg asseblief ‘n pediater indien aandagafleibaarheid vermoed word.

ADHD is die term wat onderwysers die meeste gebruik om ‘n aandagafleibaarheid te beskryf.  (Dit staan eintlik vir Attention Deficit and Hyperactivity Disorder.)  Dit dui gewoonlik daarop dat die kind nie op ‘n gegewe taak kan fokus nie.  Aandagafleibaarheid kan met Hiperaktiwiteit (geweldig woelig) of Hipo-aktiwiteit (dagdromerigheid) gepaard gaan en word eintlik deur ‘n pediater gepeil en behandel.

Bekendes met ADHD sluit Bill Cosby, Cher, Dustin Hoffman, Jim Carey,Kirk Douglas, Robin Williams, Steve McQueen, Sylvester Stallone, Will Smith, Leonardo da Vinci, Galileo, Albert Einstein en Benjamin Franklin in.

Die simptome van aandagafleibaarheid word gewoonlik deur middel van ‘n Connors vraelys beskryf en gepeil.  Die vorm lyk soos ‘n table en word gewoonlik in vyf dae opgedeel – met ‘n skaal van geensins, in ‘n mate, redelik baie en baie.  Van die aspekte uit so ‘n vraelys sluit die volgende in:

  • Vroetel gedurig
  • Neurie en maak ander geluide
  • Eise moet dadelik bevredig word, maklik gefrustreerd
  • Swak koördinasie
  • Rusteloos of ooraktief
  • Prikkelbaar, impulsief
  • Onoplettend, aandag maklik afleibaar
  • Onvermoë om take te voltooi, kort aandagspan
  • Oormatig sensitief
  • Oormatig ernstig of treurig (“sad“)
  • Dagdroom
  • Somber of nors
  • Huil maklik en dikwels
  • Steur ander leerders
  • Twissiek (stry graag)
  • Gemoedstemming verander vinnig en drasties
  • Tree gevat op (acts “smart”)
  • Vernielsugtig
  • Steel
  • Vertel leuens
  • Woedebuie, opvlieënd en onvoorspelbare gedrag
  • Sonder himself af van ander kinders
  • Kom voor asof hy nie deur die groep aanvaar word nie
  • Skyn maklik voorgegaan te word (easily led)
  • Geen sin vir regverdigheid
  • Toon geen leierskap
  • Kom nie oor die weg met die teenoorgestelde geslag nie
  • Kom nie oor die weg met eie geslag nie
  • Terg ander of meng in
  • Houding teenoor gesag:
  • Onderdanig
  • Uitdagend
  • Parmantig
  • Skaam
  • Beangs
  • Oordrewe eise vir onderwyser se aandag
  • Koppig
  • Oormatig gretig om tevrede te stel

As die antwoord op die meeste vrae in die redelik baie en baie afdeling val, dui dit gewoonlik op ‘n probleem.  Die pediater of opvoedkundige sielkundige sal kan sê of die kind se optrede en gedrag werklik ‘n probleem is wanneer die skale bestudeer word.

Indien jy vermoed dat ‘n kind aandagafleibaar is:

  • Verminder die suikerinname en moenie soetgoed inpak skooltoe nie (sugar rush!)
  • Verseker dat die outjie ‘n goeie roetine én slaaproetine volg
  • Struktuur en reëls is belangrik
  • Omega 3 olies word gewoonlik aanbeveel en kan in sommige supermarkte en apteke gekoop word.
  • Praat voortdurend met die opvoeder en vra dat ‘n Connors vraelys voltooi word.  Neem die vorm saam na die pediater toe.
  • As medikasie (skedule tablette) aanbeveel word – doen navorsing daaroor en vra soveel vrae as wat jy kan.  (Kinders kla soms gedurende die eerste week of wat van maag- of hoofpyn terwyl die liggaam aanpas.)  Sodra die aanpassingstydperk verby is kan ‘n opvolg Connors deur die opvoeder voltooi word.  Gewoonlik kan die verskil dadelik opgemerk word.  Indien nie – raadpleeg dadelik weer die pediater.
  • Soek gerus Dr. Christopher Green se boek UNDERSTANDING ADHD op.  Dit het oulike leesstukke in.

…in die klas…

Na aanleiding van vele navrae het ek die volgende vir die klas saam geflans…Wat werk in jou klas?

Probeer gerus die skakels oor spiertonus…In die klas is die spasie beperk en al sê dokters en sielkundiges dat hiperaktiewe outjies voor en in die middel van die klas moet sit, werk dit nie altyd nie.  Daarom kan ‘n mens probeer om die outjies teen die kant en langs ‘n stiller maatjie te laat sit, sodat die versoeking vir klets en die ontwrigting minder is.  Jy kan ook vir die outjie “vroetel-speelgoed” gee om hom besig te hou.  Gee byvoorbeeld stresballetjies of rubber pypies sodat die outjie nie met ‘n liniaal of potlood sal sit en tik nie.  Sommige juffrouens gee vir hierdie outjies ‘n groot plastiek bal (“gym” bal) of ‘n rubber kussinkie om op te sit.  Dit veroorsaak dat die outjie moet fokus op die balansering en dus nie tyd kry vir kriewel nie.  Hierdie gedeelte vloei nogal redelik sterk saam met die behandeling vir ‘n lae spiertonus
Soms stuur die juffrouens die outjies met boodskappe, om vir Juffrou water te gaan haal en om voorwerpe te dra.  Arbeidsterapeute kan gerus gekontak word oor die proprioseptoriese sisteme.  Dit het te make met die sensoriese stimulasie en oor die uitwerking van drukking en stimulasies.  Soms is dit goed om vir ‘n woelige outjie te vra om die meubels reg te skuif of om die stofsuier nader te bring.  Die bietjie weerstand of drukking het ‘n positiewe uitwerking om die lyfie.
‘n Mens kan die hele klas laat opstaan en ‘n beweging laat doen. Jy kan selfs ‘n klokkie lui of ‘n geluid maak waarna die hele klas ‘n ritme klap of ‘n dans-aksie uitvoer – net om die kop weer gefokus en wakker te kry.  Braingym het oulike oefeninge om net weer die lyfies gereed te kry vir leer…
Dan kan jy ook versoek dat die hele klas suikervry bly deur die week en ‘n lekkertjie vir Vrydae toe laat.
Juffrouens en ouers:
Loer gerus ook by die webwerf, ADDstudent, in.  Die leuse is ADD + school = success…’n webwerf met ‘n positiewe ingesteldheid.

Dan is daar ook een vir mammas – ADDmoms - met idees oor alternatiewe hulp.

ABC’s – skryf

26 Kommentaar

Die voorlopers vir formele skrif is gewoonlik in verskeie dele verdeel.  (Dit sluit skribbel in.)  Om ‘n kind gereed te maak vir skrif, word verskeie handspieroefeninge gedoen.  Ure en ure word spandeer aan patrone en die kind maak later patrone in elke prentjie wat geteken word.  Dit is alles belangrik om te “oefen” vir die “groot” skryfproses.

Dinge om te onthou:

  1. begin gewoonlik met ‘n groot, dik kryt of verfkwas en ‘n groot vel papier (koerantpapier werk goed)
  2. dik vetkryte en dik veselpenne (koki’s) kan volg
  3. driehoekige potlode en vetkryte volg – daarom gebruik baie Graad 1-klasse uitdraaikryte (MonAmi)
  4. potlode volg eers baie later
  5. gebruik aanvanklik net klein letters
  6. hoofletters kan vir name gebruik word

Vorming van letters en patrone:

<!–[if gte mso 9]> Normal 0 MicrosoftInternetExplorer4 <![endif]–> <!–[endif]–>

a, d, g, c, o, q, s begin by ‘n denkbeeldige “twee uur” op die horlosie en die hand beweeg anti-kloksgewys om die letter te vorm.  Moenie die hand lig voordat die hele letter voltooi is nie.  Maak ‘n groen kolletjie waar die letter begin en ‘n rooie waar die skryfaksie (karretjie se roete) moet stop.  Die brandertjie patroon (soos ‘n “c” in lopende skrif) word gewoonlik hier gebruik.

v, w en k se patroon is die wolftand patroon (zig-zag).

h, p, b, m, n, r se patroon is die hasie hop (lyk soos ‘n klomp n’e teen mekaar).

u, y, g se patroon is die Tarzan patroon (lyk soos ‘n klomp u-klanke teen mekaar).

a = om die piering, op en af(ek gebruik ‘n ou CD teen die bord)

b begin bo, b – vir bal:  Los die bal…die bal bons, rol en lê.

d begin in die draai, d – vir draai:  om die piering, op en óp en af

e = Die motor ry reguit en stop by die stopstraat.  Moenie jou hand lig nie, want ‘n motor kan nie vlieg nie.  Draai dan links om die piering en stop.

f = Staan op ‘n duikplank en duik met ‘n boog tot onder in die swembad.  ‘n Voëltjie vlieg van links na regs verby.

g = Om die piering, op en af…en swaai die stert.

h = Los die bal. Die bal hop en gaan lê.

i = Die man staan regop soos ‘n reguit liniaal en sit ‘n hoed op sy kop – ‘n dotjie – nie ‘n donga nie!

j = Lyk soos i, maar glip verby en krul sy stert.

k = In die Kaap:  Twee droë stokkies word opgetel.  Die een lê ons reguit neer en die ander een knak ons met ‘n “k”-geluid sodat dit soos ‘n “v” lyk.  Sit nou die hoekie teen die langbeen.  Reguit af… lig die hand…skuins af, skuins af en op.

l = reguit en lank soos ‘n liniaal

m en n = Die haas hop met ‘n boog (af, hop, hop en af, hop)

o = om en om die piering

p = aaaaf, ôôôp en om

r = af, hop en hang

s = begin by twee uur – sê “ssss” terwyl dit gemaak word – soos ‘n slang

t = ‘n sambreel se steel kan geteken word – af, krul en ‘n voëltjie vlieg verby

u = af, om, op en af

v + w = skuins af, skuins op en stop / skuins af, skuins op, skuins af, skuins op en stop

y (Die Kaap gebruik die geronde een – ‘n kruising tussen “u” en “g”.) = af, om, op en af en krul die stert

f,v

Onthou om na die “Drukbare” bladsy te gaan vir drukbare bladsye.

ABC – uitspraak van klanke

3 Kommentaar

 

Die uitspraak van klanke gaan gewoonlik gepaard met ‘n assosiasie – a vir appel – en verskil van skool tot skool en van juffrou tot juffrou.  Party skole gebruik Klanke Kalante – ‘n reeks wat prentjies op of om die klanke teken.  Ander juffrouens gebruik geen spesifieke assosiasie nie.  Hoe dit ookal sy – klanke en hul uitspraak is baie belangrik.  Elke letter van die alfabet het ‘n naam en ‘n klank.  Die naam vir “a” is A (“aa”).  Die klank is die eerste klank en is die eerste geluid wat die stem maak wanneer die woord “appel” geuiter word (“a”).  (Dink byvoorbeeld aan k-a-t = kat teenoor K-A-T.  Ook: k-a-t = kat in plaas van kih-aah-tih.)

Wanneer jy die klanke sê moet jy dit baie saggies doen om die “uh” of “i” aan die einde te vermy.  Die klank vir “k” is baie kort – net soos dit klink aan die einde van “rok”.  Probeer om te vermy dat die klank na “ki” of “kuh” klink.  Om die “i” of “uh” te vermy:

1.  Sê die klank baie sag.

2.  Stop byna onmiddellik nadat jy die klank begin uiter het.

Dit is baie belangrik dat jy die klanke reg sê – min of meer só:

a soos die begin van appel

b soos in rob

c word in Engels uitgespreek C

d soos in dak

e soos in ek

f soos in fiets

g soos in gom

h soos in hoed

i soos in is

j soos in jas

k soos in kat

l soos in lepel

m soos in muis

 

n soos in hen

o soos in ot

 

p soos in pot

q soos die naam Q

r soos in roos

s soos in son

t soos in tand

u soos in rug

v soos in vis

w soos in water

x soos die naam X

y soos in ys

z soos in zet

Onniegoed

Lewer kommentaar

Druk op die sêgoed om te vergroot.

You Know You’re a Teacher When…

Lewer kommentaar



You Know You’re a Teacher When…
You repeat everything you say to your friends at least
five times.
You tell your husband to spit out his gum.
Your favourite place to shop is the teacher’s bookstore.
You can eat an entire meal in 20 minutes or less.
The neighbour’s trash looks like something you can recycle for your classroom.
You count all your Valentine Day cards and smile.
You pick up a handful of napkins in a restaurant.
Your wardrobe is covered in paint.
You wake up in the middle of the night and say, “Who’s talking?”
Other people joke that it must be nice to have four
months of vacation.
You are afraid to take a sick day because the sub doesn’t know your kids like you do.
Johnny swears and you smile, because it was a grammatically correct sentence.

Idees om spelwoorde vas te lê

Lewer kommentaar

Ek het vroeër vanjaar op hierdie juweeltjie afgekom.  Hopelik kan dit ‘n juffrou of ouers help.  Dit behoort goed te werk met die aandagafleibare outjies.

WORD WALL CHANTS

  1. Caribbean Spelling – hands on hips, and swivel on each letter. On the word, say, “Woo!”
  2. Sing opera style
  3. Box It / Kickbox It - Correspond right/left arm/leg with vowels or consonants
  4. Frisbee _ throw each letter as you would a frisbee
  5. Yo-yo – bend your arms at the elbow and alternate your hands up and down as you say each letter.
  6. Voices _ change your voice for each repetition: loud, soft, whisper, squeak, growl, baby-talk, etc.
  7. Groups _ different groups cheer after each other (boys, then girls, then whole class)
  8. Blast Off – start crouched at floor as you say each letter get a little higher, when jump into the air as you say the whole word I also use frog-jumps. They are similar to Blast-off. We start standing up. As we say each letter, we crouch down a little farther. Then, as we say the word, we “jump”.
  9. Hand Jive – just like on the playground, pair up and clap hands for consonants and lap clap for vowels
  10. Back Tracer - sit in circle and trace the letters as you spell on a partners back
  11. Mouse -squeaky voice with hands curled up by face
  12. Robot -in robotic voice with arms moving back and forth (“Danger! Danger! Will Robinson” style)
  13. Fly it like a bird -arms flapping up and down
  14. Chicken - arms folded up to make wings and head moving forward
  15. Nose - hold your nose and spell it
  16. Cheer It (Give me an “h” , etc.) Like a cheerleader.
  17. Pat – pat our heads for tall letters, tummies for short letters and knees for ones that go below the line
  18. Beat it on our Desks
  19. Snap and Clap — We snap for the vowels and clap for the consonants.
  20. Raise the Roof – We just push up toward the ceiling, one push for each letter.
  21. Ketchup – Shake our hand like we’re trying to get ketchup out of a bottle.
  22. Disco (Hand up for consonants, hand down for vowels) Pretend to be John Travolta.
  23. Throw the Stars – Throw one hand at a time toward the ceiling for each letter.
  24. Be the Letter (Body Language) — For “s” we slither down to the floor while saying “e-e-e-s-s-”.
  25. Mexican Hat Dance (alternate feet in front)
  26. Flapping and Nodding – Pretend you’re a bird and flap your wings and nod your head for each letter.
  27. Stomping – Just stomp your feet for each letter.
  28. Army _ march letters and salute on the word
  29. Clapping Syllables — Just clap for each syllable
  30. Explosion (Volcano) (whisper, normal, loud) They love to do this. Pretty self-explanatory.
  31. Marshmallow Clap – Almost clap but stop before your hand touch. Say each letter.
  32. Hula – hands on hips, swivel, hands in air to say word
  33. Jumping Jacks — One letter for each movement.  (sterspronge)
  34. Toe Touches – touch your toes for each letter.
  35. BATTER UP – We get into the batting position and swing on each letter as we say it
  36. SLOW We hold the sound of the letter or a few seconds like sit…s……………i…………………t……………
  37. Motorcycle - We just hang on to “handle bars” and pretend that we are doing wheelies..!
  38. Dribble and Shoot — Dribble the letters and shoot the word.
  39. Cowboy – straddle chair and lasso
  40. Push-ups – or stomach crunches, bicep curls, etc.
  41. Blowing Kisses – kiss for each letter and 2 hands kiss (extend both arms out and up) for the word
  42. Pass the Ball – sit in circle and pass the ball. Last person says word and chooses the next word.”

Beginner-juffer idees (Graad R en 1)

5 Kommentaar

num-1-teacher

Onderwysers is amper soos die “hunter gatherers” van ouds. Ons is altyd opsoek na nuwe dinge en inligting en gooi min goed weg. Dis eintlik noodsaaklik om idees en hope papier te hou. Daarom is dit wenslik om dik ringlêers byderhand te hê waarin jy jou “oulike takies” en planne kan liaseer – volgens temas of kronologies vir die jaar. Op die ou einde kan jy twee tot drie lêers per kwartaal opbou. Indien die lêers (weens ‘n tekort aan spasie) nie werk nie, kan ‘n tweedehandse liaseerkabinet ingespan word. Soms verkoop winkels soos Game helderkleurige, plastiese trommels met liaseervakkies én ‘n deksel vir die stof. Wat jy ookal doen, sorg dat jy vir jou so ‘n mini-argief van idees opbou. Dis altyd handig – selfs al verander die kurrikulum.

Moet nooit ophou soek na nuwe inligting nie! Klop by kollega’s aan en loer in hul “argiewe”, deel jou eie idees met ander, gaan kuier by ander skole en fynkam die internet. Stoor die skakels van webwerwe wat jou interesseer en gaan weer terug.

Hou die klas georganiseerd en netjies. Sorg dat daar kapteine aangestel word om elke “stasie” of hoekie reg te pak en beloon hulle vir die werk. Dis egter onmoontlik om skoon en netjies te maak as daar nie pakplek of dinge soos lappe en besems is nie. Knip ‘n ou handdoek op in kleiner vierkante en stik dit om. Dan is daar genoeg stoflappe. Verdun skoonmaakmiddels en maak maar weekliks so ‘n Sunlight Liquid sousie in ‘n kleinerige botteltjie aan. Iets soos ‘n keelsproeibotteltjie het ‘n fyn spuitbuisie (nozzle) en mors dus nie te veel nie. Graad R en 1 dames is geneig om vreeslik aan die kant te maak en verbruik dus al juffrou se seep en dinge baie vinniger as wat jou beursie kan hanteer. Terloops, vra sommer of die ouers nie ‘n bottel Windowlene of Sunlight Liquid kan borg vir die jaar nie – al is dit ‘n kleintjie. Dan kan ‘n mens ordentlik skoon maak! (Die groot maat middels wat skole soms aanskaf is maar flou.)

Gee ‘n inligtingsbrief vir die ouers. Spesifiseer die skool se beleid en reëls rodom alles waaraan jy kan dink. Dit mag dalk oorbodig klink, maar is nie. Dinge wat jy in gedagte kan hou is goed soos

  • Skooltye
  • Waar en hoe kinders ontvang word (by die deur, in die klas, buite…)
  • Reëlings indien iemand anders die kind oplaai.
  • Verversings / Kosblik – Wat is vir jou aanvaarbaar? Mag die kosblik elke dag lekkers bevat?
  • Snoepgeld – elke dag of net een maal per week
  • Verduidelik hoe die dagprogram of rooster werk.
  • Kleredrag – verduidelik spesifikasies en dring aan op ‘n ekstra stelletjie “noodklere”. Veral aan die begin van die jaar is daar nog redelik angs oor al die nuwe dinge en gebeur glipsies gereeld.
  • Spesifiseer alle skryfbehoeftes en benodigdhede soos snesies (‘n doos per kind vir die klas se gebruik) of verskaf die bedrag wat dit sal kos as jy dit self wil bestel.
  • Vereis dat klere en persoonlike items gemerk word.
  • Speelgoed moet maar eerder tuis bly. Uit ondervinding werk dit beter as almal met die skool se speelgoed speel.
  • Verjaarsdae en partytjies. Wanneer, hoe…Koek? Geskenke? Gaste?
  • Verslaggewing: Hoe jy dit doen sodat daar nie verwarring ontstaan nie. Vra ook dat ouers (asseblief ) die skool op hoogte sal hou van eksterne ondersoeke, toetsings en terapie. Kopieë word in die kind se persoonlike lêer in die kluis bewaar.
  • Kunsuitstalling of uitstallings van die werk: Reël ‘n skemerkelkie later in die jaar en hou ‘n propperse geselligheid om die kleingoed se werke ten toon te stel. Maak kreatiewe rame (die kinders kan) en monteer die prente self.

Reël ‘n inligtingsaand en verduidelik al hierdie dinge aan die ouers (in Januarie nog!), sodat daar nie later onsmaaklikhede opduik nie. Moet egter nie militaristies wees nie en hou die trant van jou skrywe lig en vrolik.

Dis nou sommer so ‘n paar idees vir eers. Ek sal nog ‘n paar probeer onthou sodra die vakansieluim afval…

Loer sommer ook by hierdie skakels in vir ‘n paar oulike idees:

http://www.mandygregory.com/Settinguptheroom.htm

http://cabotcialak4.googlepages.com/classroomresources

http://www.busyteacherscafe.com/classmanage/classsetup.htm

http://www.busyteacherscafe.com/

http://www.nycolescott.com/Teachers.htm

Kosblik gedagtes

3 Kommentaar

Voor ons aan die kosblik raak, net eers ‘n paar belangrike gedagtes… Veral jonger kinders raak gou moeg en verloor konsentrasie as hulle nie gereeld ‘n versterkinkie neem nie.Baie outjies eet ontbyt voor 7-uur en eet dan eers weer om ongeveer 10:20 (pouse) en 13:00.Dis ‘n vreeslike lank tyd om honger te wees.Sommige juffrouens gee egter kleintjies in Graad 1 en 2 die geleentheid om ‘n “power bite” te neem om weer woema te kry.  Sorg dus dat daar altyd ietsie is om te hap wanneer die nood druk.  ‘n Klein koelsakkie is dalk ‘n goeie idee vir nasorg-kinders of in areas waar die sonnetjie warm kan bak.

Sorg dat die eetgoed maklik hanteerbaar is en nie vol fieterjasies is nie.Dikwels kan die outjie nie self ‘n sapbotteltjie, skyfiepakkie of selfs ‘n energiestafie oopmaak nie en is daar nie iemand naby om te help nie.Sny dus die pakkie oop en knyp dit met ‘n klampie toe.Verf en versier die klampie met kraletjies om dit ekstra spesiaal te maak (wasgoedpennetjies werk ook goed).Hoe minder moeite dit is om die kospakkie oop te maak, hoe vinniger word daar geëet en dan gespeel.

In plaas daarvan om ‘n toebroodjie (twee snye) of ‘n groot vrug in te pak, meet neute en rosyntjies in klein porsies af en verpak dik in klein bakkies of sakkies.Droë vrugte is ‘n gunsteling happie by baie kinders.Sny ‘n Snackertipe stafie in hapgroottes op of bak sommer jou eie Oatspap koekies.

Indien jy wel toebroodjies wil maak, gebruik oulike koekiedrukkers om prentjies uit die toebroodjie te druk.Dan is die porsies reeds afgemeet en vrolik.Die orige stukkies brood kan vir viskoekies of frikkadelle gevries word.Jy kan ook prentjies uit velle koue vleis of kaas druk en in lae pak.Kan ‘n mens nie sommer frikkadelle met die vormpies afmeet en dan gaar maak nie?

Hou die kosblik gesond en pak eerder water as gaskoeldrank in.  Te veel suiker kan die aandagspan heeltemal omver gooi…

…en om die skooldag ekstra spesiaal te maak, kan ma ‘n briefie bo-op die broodjie pak.

PS:  Jessica Seinfeld (Jerry se vrou) het ‘n resepteboek uit gegee vir mamma’s van kieskeurige eters.

‘n Dankie aan ouers…

Lewer kommentaar

‘n Dankie aan ouers…

In the rush of daily life,
it’s easy to forget the very words that need saying most:
Thank you, parents and grandparents,
for your good words and deeds
that make such a difference for children and schools.
We want you to know how much you are appreciated
and how important you are to your children’s education
and school success.
This list is a start, a way to say
thanks for all that you do!

* You come to school open houses and parent-teacher conferences even when you’re bone-tired and wish you could stay at home.

* You expect your children to work hard to be responsible at school when they complain about it.

* You organize your house for learning with books and notebooks and a quiet place for study all within a tight budget of money and time.

* You don’t buy your children everything they ask for even when they whine. You teach them to make better judgments and use common sense.

* You set limits with your children for TV, the telephone, the computer so there is time for schoolwork and the things they need to learn.

* You know what your children are doing and with whom, and how they spend their time away from school, away from home. You care enough to make and enforce important rules.

* You spend time with your child reading and talking and listening even when it means less time for yourself. You show your children by example that learning never ends.

* You ask teachers about how to help your child and the school and you share your concerns about education.

* You praise your children, celebrate their successes and encourage them to dream and to work hard to realize those dreams. As never before, parents, teachers and other school staff are working together. Thanks for all you do.

©Dr. Dorothy Rich

cowql1a

Terug

Lewer kommentaar

Sterkte aan al die opvoeders wat terug is by die skool!

Voorspoed aan die ouers van kleintjies wat die slapies tot Woensdag aftel.

Sterkte aan al die opvoeders en ouers wat reeds volstoom aan die gang is.

Hipotonie of erge lae spiertonus

9 Kommentaar

Baie kinders met ‘n lae spiertonus kompenseer baie goed daarvoor en steek

dit goed weg.

*Kenmerke:

· Eet slordig

· Loop op tone

· Laat mylpale – sit, kruip of loop later as ouderdomsgroep

· Die kind kom ooglopend lomp voor en sukkel met aksies soos sit, kruip, loop en hardloop. As baba skuif hierdie outjies eerder op die sitvlak rond.

· Probleme met nekbeheer.

· Kan nie maklik sywaarts of vorentoe rol nie.

· Indraai-tone, knik-knieë, stamp tone gereeld, val oor eie voete, loop op binnerande van voete.

· Tekeninge, letters en syfers word nie voldoende gevorm nie.

· Soms woelig en reaksies is relatief stadig by kinders wat oorkompenseer vir “slapper” spiere.

· Beweeg eerder aanhoudend as om spiere in te span. Die kind konsentreer dus om aanhoudend te beweeg en dit kan sy werkstempo benadeel. As die outjie ophou beweeg, is die spiere geneig om te verslap en sak hy inmekaar. Sy rug vertoon skeef en die ruggraat toon ‘n sywaartse kromming. Die inspanning om regop te bly, verg baie energie en dié outjies raak gou moeg en gefrustreerd.

· Sit kierts regop of heeltemal slap.

· Bang vir vreemde en onbekende aktiwiteite (bv. fietsry).

· Hiperaktiwiteit, konsentrasieprobleme, swak geheue en ‘n stadige werkstempo is kenmerke. Hulle word ook dikwels verkeerdelik as hiperaktief of kriewelrig bestempel.

· Hansford noem dat kinders met ‘n lae spiertonus ook dikwels gespanne is in die skool, speletjies en tydens sportdeelname.

Oefeninge:

  1. Sit op voorste punt van ‘n kussing of lae bankie vir ‘n beter ewewig.
  2. Staan op knieë by ‘n lae tafel wanneer speel of inkleur. Dit help met balans en die arms en hande is vry om te beweeg (inkleur, blokkies bou, pop speel).
  3. Wanneer die outjie lees, moet die gesig parallel met die boek wees en die neus is ongeveer in die middel van die bladsy. Die kop en boek is ± 20 – 30 cm uitmekaar.
  4. Sit-sit-so: heupe, knieë en enkels is almal in hoeke van 90° geknak en die voete is gemaklik op die vloer. Die lyfie lyk dus soos blokkies of trappies.
  5. Hierdie outjie moet kort-kort ‘n afleiding hê (soos kleispel) om te ontspan.
  6. Balanseer ‘n opgerolde sokkie (paar) op die kop en probeer daarmee loop.
  7. Neem ‘n tennisbal (of opgefrommelde stuk koerant), tel dit met die knieë op en spring soos ‘n kangaroo. Spring stadig, lang spronge of sywaarts.
  8. Loop op stelte. Gebruik klein, leë koffieblikke en ‘n ou tou.
  9. Skop ‘n bal na ‘n teiken (in ‘n ou doos in) na aanleiding van opdragte (soos Simon Says).
  10. Trek ‘n tou en die kind moet dit probeer raak trap. Eers met een voet en dan die ander.
  11. Balanseer ‘n boontjiesakkie of ‘n sakkie vol sand bo-oor die enkel en kyk hoe hoog die been/voet gelig kan word.
  12. Pak hoepels, buitebande of springtoue (in ringe) in ‘n kring, vierkant, ry, perdeskoen, ens. Spring dan met beide voete in aangeduide rigtings of volgens opdrag (blou hoepel, groen hoepel of nommer 1, nommer 3, nommer 2…)
  13. Wipplankry

* Hierdie inligting is slegs idees.  Die raad van en evaluasie deur ‘n Arbeidsterapeut is steeds nommer een as dit by spiertonus kom.


Maaltafels

4 Kommentaar

xtables

Die internet is vol webwerwe (Engelses) waar kinders hul maaltafels kan oefen.  Van die maniere waarvolgens dit oorgedra word, is ‘n storie assosiasie, ”n Grafiek, outomatiese flitskaarte, die drukbare vorm en prentjies.

‘n Vroeë stadium van maaltafels is om in veelvoude te tel.  Dít word ingelei deur normaalweg in ene te tel en om die spesifieke veelvoude harder te sê terwyl die tellers aangeskuif word:

1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8

Skuif die krale een-een, maar as jy die getal hardop sê vat jy die laaste twee krale saam om te wys dat jy begin om in groepe te tel.  Hoe meer dit gebeur, hoe makliker begin die kind die voorbeeld volg.

Gebruik ‘n honderdblok – dit lyk soos ‘n slangetjies en leertjiesbord sonder al die prente en kleure.  Vra dan die kind om elke tweede blokke in te kleur binne ‘n bepaalde getalgebied (bv. 1 tot 20).  Is daar ‘n patroon.  Ja, al die getalle eindig op ‘n 2, 4, 6, 8 of 0.  As ek hierdie getalle tussen my en ‘n maat uit deel, kry ons ewe veel lekkers! Tel (lees) die getalle ritmies terwyl julle aksies doen soos hande klap, knieë tik, ens.  Belewing help baie…

Tel weer soos bo (op dieselfde ritme) terwyl jy tellers twee-twee van een posisie of houer na ‘n ander skuif.  Dis goed as ouer en kind elkeen sy eie honderdblok en tellers het, sodat julle albei aktief besig is.

‘n Getallyn is ‘n ander manier om die skuif of aantellery aan te dui.  Gebruik ‘n knoop of Monopoly-skuifstuk en hop na die getalle soos julle tel (Ma se maatband werk baie goed hier).

Nou ‘n stappie verder:

2 x 3 = …

2 maal 3 beteken 2 keer 3…of 2 groepies van drie

Pak nou krale in 2 groepe van 3.  Tel: 1, 2, 3 en 4, 5, 6

Herhaal die proses en vat dan saam.  “3 en 3 maak 6″

2 keer 3 gee vir ons (maak ‘n gebaar van samevatting of groepering bo-oor die krale)…6 krale.

2 x 3 is dus 6

Op die honderdkaart wat reeds die veelvoude wys, druk ons op die eerste “3″ en dan op die volgende “3″.  Waarop druk jy? 6!

Ek het gevind dat ‘n verskeidenheid honderblokke – elk ingekleur volgens ‘n afsonderlike veelvoud (2, 3, 5, 10…selfs 4, 6, 7) ‘n goeie visuele hulpmiddel is en ‘n goeie verwysingsbron is – teen die muur.

Oefen ook eers die patroon van:

2×1=2

2×2=4

2×3=6

en wys die kind daarop die antwoorde telkens “2 meer” is.  Hou maar eers by ‘n spesifieke veelvoud per lessie en moenie die tafels sommer net meng nie.  ‘n Mens moet darem die bult eers in ‘n laer rat op kruie voordat jy die langpad teen ‘n hoër rat aandurf!

Het iemand nog idees?

Dot-to-dot in veelvoude van 2.
Veelvoude aktiwiteite (kyk na skip counting).
Verskeie oulike wiskunde werkvelle – vir tel en allerlei syferkonsepte…

Maaltafels
Flink dink

Die ontwikkeling van wiskundige aspekte in Graad 3

6 Kommentaar

TEL MET BEGRIP
• Tel tot 1004 (NB om te skat!)
• Tel in spronge (veelvoude)
• Tel in groot eenhede (10, 15, 20, 25, 30, 50, 100 – vanaf enige gegewe getal)…tel aan en terug

WERK MET GETALPATRONE
• Verwantskap tussen getalgebiede
10, 20, 30
210, 220, 230
• Oorbrugging van 10e, 100e, 1000e…
• Getalpatrone om + te bevorder:
• 12 + 3, 112 + 3, 212 + 3
• Getalpatrone om gemaklike aftrekking aan te moedig
• Patrone om x uit te bou

LEER KEN DIE GETAL
• Kenmerke van getalle en simbole
• Ontbinding van getalle: Tiendelig en ander
• Brei uit binne 100e (oorbrug 10e en 100e)

POSISIE VAN DIE GETAL
• Volgorde en vergelyking
• Ordening van getalle

DIE VIER HOOFBEWERKINGS

+

• Soos vir Graad 2 met oordrag
• Ronde getalle
• Driesyfer met eensyfer
• Driesyfer met tweesyfer
• Driesyfer met driesyfer
• Verdubbeling
-
• Soos vir Graad 2 met ontbinding
• Ronde getalle
• Eensyfer van driesyfer
• Tweesyfers van driesyfers
• Driesfyers van driesyfers
• Halvering
x


• Soos Graad 2 met oordrag
• Tweesyfer met tweesyfer
• Driesyfer met tweesyfer
÷
• Strategieë

GETALFEITE
• + en – tot 19
• Voorbereidende werk
• Vaslegging van tafelfeite (2x, 10x, 5x, 3x, 4x)
• Patroonwerk

INVRAGING is BELANGRIK…HOEKOM?  HOE?

Die ontwikkeling van wiskundige aspekte in Graad 1

16 Kommentaar

Hier is ‘n paar konsepte waaraan die Graad 1-sillabus aandag gee.  Veral in die eerste ses maande doen die kleintjies somme met tellers (koeldrankdoppies, knope, krale…).  Hulle moet die apparaat fisies vashou en die som so uitwerk…

Mamma’s kan gerus met hierdie lysie na die juffrou gaan en vir ‘n paar gedagtes vra om dit aan te spreek tuis.  Juffrou sal baie beïndruk wees.

TEL MET BEGRIP

· Aftel in ene tot 5 (…10…20) Tel fisiese goed soos knope, klippe, ens.

· Skat, neerskryf / teken, tel en bespreek (Ek skat dis 5, tel…ja, ek was reg…of nie…)

· Aantel (5, tel drie aan….5…6,7,8 )

· Terugtel

· Tel in spronge (2e, 3e, 5e, 10e)


WERK MET GETALPATRONE

· Bv. 5 10

15 20

25 30

· 2, 4, 6, 8

12, 14, 16, 18 (sien die ooreenkoms in die eindgetal)


LEER KEN DIE GETAL

· Hoeveel?

· Getalnaam (Hoe skryf ek dit?)

· Getalsimbool (1 – 5, 6 – 10) (Hoe lyk dit?

· Ewe / onewe (Kan ek dit uitdeel sodat Ma en ek ewe veel lekkers het?)

· Behoud van die getal (Maak nie saak hoe die patroon lyk nie, 7 kolle bymekaar beteken 7)

· Subitering (tot 6) (Kyk na ‘n items bymekaar en “raai” of “weet instinktief” dat dit 3, 4, 5 ensovoorts is.)


POSISIE VAN DIE GETAL

· Ongelykheid en gelykheid (afparing)

· (= teken)

· Ordening van getalle (1 – 5, 6 – 10)

· Stygend én dalend (leer ken ‘0’ as getal)

· Rangorde

· Posisiewoorde (voor, na, tussen)

· Rigtingwoorde (links, regs, ens.)

· Rangtelwoorde (eerste, tweede…)

· Kwantiteitswoorde (is groter as…)

· Vergelyking van getalle

· Begrippe: hoeveel, meer as, minder as, net soveel as, is gelyk aan.


DIE VIER HOOFBEWERKINGS

· +

· Saamvoeg ( + teken)

· Verdubbel

· Oop getalsinne 1 + 2 = c

· Multistap probleme 2 + 3 + 1 = c

· -

· Skei ( – teken)

· Halveer

· Oop getalsinne

· Multistap probleme

· Vermenigvuldiging (slegs prakties / mondeling)

· Deling (slegs prakties / mondeling)


GETALFEITE

· + en – tot 10

· Voorbereidende werk vir tafels :(2x, 10x)

· Versnelde tel            (2, 4 ,6 ,8, 10)

· Herhaalde optelling (2+2+2+2+2+2…)

Hand- of vingeroefeninge as deel van ‘n skrifles

5 Kommentaar

new-index_12

Ek het hier onder vir jou skakels geplaas waar daar “skrifferige” dinge bespreek word. Afhangend van die ouderdomsgroep kan jy ook die volgende doen as alternatiewe of as deel van die skrifles:

Oefen skrif op groot ongedrukte koerantpapier – in gekleurde styselpap. Die kinders smeer die papier met ‘n dun lagie stysel en doen die patrone en skryfwerk met ‘n wysvinger. As dit droog is, kan dit teen die muur op geplak word. …of jy kan na aanleiding van jou tema (bv. Die see) groot vorms (bv. visse, seesterre…) op x-straalplate afteken en uitknip.  Die kinders kan dan op dag 2 die vorms op hul droë stysel-oefening aftrek en uitknip! Maak een groot muur collage teen die einde van die week van almal se skrif!

Verf met ‘n skoon kwas en water op die bord of plaveisel om die letterformasies te oefen (Gr. 1).

Skeur blaaie uit ‘n ou telefoongids en plaas twee voor elke kind. Hy moet dan eers die een hand in die middel sit, terwyl die voorarm plat op die tafel lê. Dan word net die handspiere en vingers gebruik om die papier nader te trek en te frommel in ‘n balletjie. As die balletjie gereed is, mag die outjie vanaf ‘n gegewe punt “doel skiet” na die drom. Doen met beide hande as opwarmingsoefening.

Speel kamma klavier in die lug, op die maat langsaan se rug, op die tafel, ens. Gebruik spesifieke opgeruimde musiek om almal gefokus te hou op ‘n ritme – anders is dit nag

Druk ‘n groot letter alleen op die bladsy. Sit ‘n magneet onder die papier en ‘n metaalskyfie bo-op. Die kind moet dat die letter “oefen” deur die skyfie rond te skuif met die magneet. Dit help ook met die aandagspan en hand-oog koördinasie.

Knip die letters uit gekleurde karton en druk gaatjies reg rondom (mooi gespasieerd). Laat die kind ‘n veter daardeur ryg om die klankie te versier.

http://juffer.wordpress.com/2008/09/13/perseptuele-ontwikkeling/

http://juffer.wordpress.com/2008/10/24/abcs-skryf/

http://juffer.wordpress.com/2008/09/21/my-kind-skryf-stadig/

ouditiewe tuisprogram

4 Kommentaar

Hiermee ‘n paar gehoor-oefeninge vir ekstra oefening…

puzzleboy

Oë toe. Ma maak geluide en kinders identifiseer dit. (nies, hoes, lag, maak ‘n ritssluiter oop)

Oë toe.  Luister na geluide in die huis en identifiseer of dit ver of naby is.

Speelgoeddiere: Leerders maak telkens die geluide van die diere hardop na. (Ma of Pa wys)

Kyk na prente van bv. voertuie, diere, ens.  Maak telkens die geluide na.

Nonsens-opdragte: Voer realistiese opdragte uit.  Sit stil indien opdrag onrealisities is. (Soos Simple Simon)

Voer een opdrag uit. (Maak seker dat boeta luister:  “Maak die deur toe”)

Voer meertallige opdragte uit (Gee tot drie opdragte op een slag:  “Maak die deur toe, skink ‘n glas water en neem dit vir Pappa”).

Klap ‘n eenvoudige ritme en die kinders volg dit na. (** –, *-*–***)

Leer ‘n twee-reël liedjie met die eggo-metode aan.  Bv. ‘n Groetliedjie. (Goeie môre, Jana. Dit is ‘n lekker dag. Goeie môre, Mamma. Dit is ‘n lekker dag…)

Noem een woord.  Kinders herhaal die woord.

Noem twee of drie woorde.  Kinders herhaal die woorde. (pap, appel, tafel, tone)

Absurditeite:  As opdrag uitvoerbaar is, klap die kinders hande.  Indien nie, sit hulle stil.

Vrae:  Wat is dieselfde aan ‘n storie- en ‘n inkleurboek?

Vrae:  Wat verskil tussen ‘n storie- en ‘n inkleurboek?

Konsepvorming:  Wat het ek alles nodig om my tande te borsel / koffie te maak?

Konsepvorming:  Waarom kan mense nie vlieg nie? (Lei deur vraagstelling.)

Wys ‘n prent van ‘n hond.  Sê “hon” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “hond”.

Wys ‘n prent van ‘n kat.  Sê “at” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “kat”.

Sê die eerste reël van ‘n kinderversie bv. “Hompie kedompie” en laat die laaste woord uit.  Die kind voltooi.

Sing die eerste reël van ‘n bekende kinderliedjie bv. “Hansie slim” en laat die laaste woord uit.  Die kind voltooi.

Samestellings:  Wys prent van ‘n roomys.  Sê “roomy” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “roomys”.

Patrone

13 Kommentaar

Patrone is ‘n belangrike opwarmingsproses vir skrif en kan gerus daagliks gedoen of geoefen word.

 

Patrone kan van die kantlyn tot aan die einde van ‘n bladsy gemaak word of in korter stukkies (bv. raak drie keer bo, drie hoppe, ens.). Onthou dat dit ‘n ritmiese aksies is en dat die hoppies daarom ewe wyd en ewe groot moet wees.

 

Die perdjiespring- of wolfpatroon is een van die eerste patrone wat kleintjies kan maak. Dit is die voorloper vir drukskrifletters soos “w” en “v”. Begin bo en beweeg skuins af na regs, skuins op na regs, ensovoorts. Dit is belangrik om bo en onder aan die lyne te raak en om die tande of spronge ewe wyd te spasieer. Eindig weer bo.

 

Die hasie hoppatroon is die voorloper vir drukskrifklanke soos “m”, “n” en “r”. Begin bo, beweeg reguit af en op dieselfde lyn op. ‘n Derde of ‘n kwart van die boonste lyn af weg, begin die draai na regs, af en op en oor, af en op en oor. Die hasie “spring” oor die klippies en eindig weer onder (“want ‘n haas kan nie in die lug hang nie”).

 

Die swaai- of “Tarzan”patroon is die voorloper vir klanke soos “u” en “y”. Begin bo en beweeg of tot so ongeveer ¾ van die spasie en swaai na regs en beweeg reguit op. Beweeg op dieselfde lyn af en draai op dieselfde plek na regs. Herhaal die swaai-aksie en eindig deur die lyn af te beweeg tot teen die lyn (soos ‘n “u”).

 

Die brander- of seepatroon is al ‘n groot stap in die rigting van lopende skrif. Dit word gebruik tydens die aanleer van klanke soos “c”, “o”, “a”, “e”, “s” en “d”. Begin onder en trek die lyn skuins op (teen ‘n hoek van ongeveer 45°) tot net voor die boonste lyn en begin draai. Stop die ronding daar waar die twee-uur op ‘n horlosie se gesig sal wees en keer op dieselfde lyn terug om die “c”-ronding teen die onderste lyn te vorm. Herhaal en stop deur die skuins-op lyn tot teen die boonste lyn te verleng.

 

Oefen die patrone:

  • In gekleurde styselpap op ‘n skinkbord.
  • In gekleurde styselpap op ongedrukte koerantpapier (trek later bv. visstensils daarop af en maak visse).
  • Teken ‘n groot wolf met ‘n oop bek en vra die kind om die wolf se tand in te teken (patron).
  • Teken groot seepatrone op ‘n A3-papier. Teken en knip ‘n seilbootjie uit en heg ‘n skuifspeld aan die mas. Die kind hou dan ‘n magneet onder die papier en skuif die boot in die “skryfaksie” van die patroon van links na regs.
  • Maak verskeie kolletjiepatrone (dot-to-dot) wat die kind kan natrek (rol ‘n klomp af vir later).

 

Handwriting in the Junior Primary Classes, MC Grové en HMAM Hauptfleisch, is ‘n stok-ou boek wat ook die volgende assosiasies gee:

  • Die sig-sag patroon (wolf-) is ‘n groot horlosie wat tik-tok klop.
  • Die hasie kan met ‘n padda vervang word.
  • Die Tarzanpatroon kan die frilletjies onder-aan ‘n dogtertjie se rok wees.
  • As die lopende skrif se “e” en “l” geoefen word, kan dit rook wees wat bo by ‘n trein se skoorsteen uit borrel.

 

Lekker oefen!

(patrone)

lopende skrif

17 Kommentaar

Hiermee ‘n voorbeeld van lopende skrif se letterformasies.  Lekker oefen!

Sien ook die ABC’s van skryf, patrone, Hand- of vingeroefeninge as deel van ‘n skrifles, stadige skrif en die aspekte van perseptuele ontwikkeling.

Begin gewoonlik eers in Graad 3…

Oog- en fokus oefeninge

Lewer kommentaar

Jammer vir die Engels.  Ek het dit vir ‘n kollega vertaal.  Kyk gerus ook na die Brain Gym oefeninge op YouTube en lees oor die impak van die “lui 8“-simbool.

cutecolorsschool1a

NB:Keep the head still.Writing movements should be done from the shoulder (arm relatively straight).

Integrated or coordinated eye movements

One eye or both.Arm movements (rotations) should be done “from the shoulder”.Head is kept still and upright.

1.Stand in front of writing board* and keep the eye focused on the tip of the chalk whilst making 5 crosses with the right and left hand.

2.Repeat the above-mentioned exercise – drawing shapes such as triangles, squares, rectangles and “lazy eights” ().

Left or right eye separately

Cover one eye with a pirate eye patch or with an old envelope.

1.Cover the left eye whilst drawing 5 big circles with the right hand on the board.Keep the eye focused on the tip of the chalk.Repeat with the right eye.

2.Repeat the exercise – drawing different shapes.

3.Draw two lines parallel to each other – to use as writing guides.Cover the left eye – drawing waves (rounded zigzag pattern) between the lines and touching the lines at the top and bottom.Repeat with the right eye.Try other patterns as well.

Crossing the middle

1.Cover the right eye.Draw 5 big circles with the right hand on the left side (approximately opposite the left shoulder).The head should be facing the board and the eye should be kept on the tip of the chalk.

2.Do the same exercise as above.Cross the one leg in front of the other.E.g. if the right hand is writing, the right foot is doing the crossing.The body should be kept upright.

-JAP Nel, 1999 [Visuele geskiktheid en doeltreffendheid, Tygerberg Kollege]

* gebruik ‘n stuk plastiek wat teen die muur opgeplak word en skryf met ‘n skoon (nat) kwas of

met ‘n witbord koki

* use a plastic square to write on – using a clean (wet) paint brush or a whiteboard koki

Idees vir die “tuis” klaskamer

2 Kommentaar

Runel het vir my foto’s van haar kinders se huiswerkkamer gestuur. Dit is waar hulle elke dag ‘n spesifieke tydjie inruim om aandag aan die dag se huiswerk te skenk en om saam te leer.  Dit is baie belangrik om ‘n spesifieke hoekie in die huis te kry waar kinders hul huiswerk kan doen.  Maak seker dat die tafel genoeg (verkieslik natuurlike) lig kry en dat daar nie steurnisse soos ‘n televisie is nie.  Ek en Runel het so ‘n bietjie gesels oor al die idees wat ‘n mens vir die klaskamer tuis (huiswerk hoekie) kan gebruik.  Die gedagte is om sakpas apparaat te maak wat jou nie bankrot sal maak nie.

Ek het gewonder of Runel nie gaan moeilikheid kry met al die wondergom teen die mure nie. ‘n Mens kan ‘n  slootjiekaart probeer. Ons gebruik gewoonlik ‘n een kleurige karton, waarop plastiek gevou word om rakkies / slootjies te maak. Ek rol die hele rolletjie (boek oortrek plastiek) oop en kram die een breedte vas. Dan vou jy ‘n lus en kram dit op die kante vas. Die proses word herhaal totdat die plastiek óf die karton se lengte op is. Jy kan dalk ‘n ou papboks op sy las oopmaak en oopvou hiervoor. Knip net die flappies af. As jy die kaart klaar het, kan jy ‘n ou hanger aan die bopunt vas maak en die hanger aan ‘n hak, vensterknip of agter die deur ophang. Nou kan jy die flitskaarte in die slootjies sit en skoon hou agter die plastiek. Sodra die Graad eentjie begin sinne bou, kan die sinne binne-in die slootjies gebou en uitgestal word. (Dan kan daar later by pappa gespog word.)

‘n Ander “bewaringsgedagte” is om ‘n rol breë, deursigtige kleeflint (amper soos dié waarmee kartondose geseël word) by die supermark te koop (kos so R5 – R8). Nou hoef jy net die regte lengtes te knip om jou flitskaarte oor te trek. Weereens hou die flitskaarte langer en maak dit makliker skoon.

Al die flitskaarte of woorde kan ‘n ‘n lêer of in ou venstertjiekoeverte gestoor word vir jonger boeties en sussies of om later hersien te word.  (Dan kom daar darem iets positiefs uit die orige koeverte!) ‘n Mens kan altyd later terug gaan na die argief vir ‘n lekker vasvra speletjie.

Runel vertel dat hulle klanke op die muur skryf en dan later mag aflek (gekleurde versiersuiker, suiker of sout werk goed). ‘n Groot stuk plastiek teen die muur kan die lekker lek oefeninge minder moeite te maak. ‘n Mens kan die plastiek net skoonvee met ‘n lappie. Gewone oortrekplastiek of ‘n plastiek tafeldoek (die dunnetjies is in verskillende kleure by die piekniek afdeling van supermarkte verkrygbaar) behoort lig genoeg te wees om op te plak.  Die plastiek kan ook as ‘n skryfbord gebruik word as jy met ‘n witbord veselpen daarop skryf. Vee ekstra lekker skoon met ‘n dettollappie.

Saterdag-oggend was daar ‘n insetsel op Nigella se kookprogram oor koekies bak. Dalk kan ‘n mens klanke uit koekiedeeg rol of sny. Die kinders kan dit dan met gekleurde versiersel versier en later eet. Sny byvoorbeeld ‘n “p” en verf dit pienk of pers, ‘n “r” kan rooi geverf word en “g” geel of groen. Hierdie aktiwiteit integreer sommer die proe-, voel- en sien-aspekte! (…en natuurlik die heerlike reuk van vars gebak…)

Stuur asseblief julle idees.  Dis lekker om te sien hoe kreatief ‘n mens kan wees…


star polisher

2 Kommentaar

The Star Polisher (Leah Becks)

I have a great job in the universe of occupations.

What do I do?

I’m a “star polisher”.

I have a very important job.

If you want to know how important

Just go out at night and look at the stars.

Twinkling and sparkling.

You see, I’m a teacher.

The stars are the children in my class.

My job is to take them in-

In whatever shape they’re in-

And shine and buff them and send them out to take

Their places as bright little twinkling beacons in the sky.

They come in my room in all shapes and sizes.

Sometimes they’re bent, tarnished, dirty, crinkly, and broken.

Some stars are cuddly, soft, and sweet.

Some stars are prickly and thorny.

I tell them that the world cannot do without them.

I tell them they can do anything they set their minds to do.

I tell them they can be the brightest, shiniest stars in the sky

and the world will be a better place because of them.

Each night as I look at the sky,

I’m reminded of my very important job and awesome responsibility.

I go and get my soft buffing cloth and my bottle of polish

in preparation for tomorrow and for my class of little stars.

vorms

10 Kommentaar

Ek het gemerk dat ouers soms inligting oor vorms soek. Ek het ‘n paar oulike webwerwe ontdek wat oor vorms praat. Ongelukkig is die taakkaarte in Engels en sal ‘n mens maar moet knip, spoeg en plak om jou eie werkvel daaruit te bou.

Die eerste vorms wat ‘n kind gewoonlik leer ken is die driehoek, vierkant en sirkel. Reghoeke, diamante, vlieërs en harte volg gewoonlik – tesame met die ovaal. Behandel die vorms een-een. Dit is belangrik om die eienskappe van elkeen te noem. Byvoorbeeld:

Twee dimensioneel

Sirkel Dit is rond soos ‘n ring. Dit is plat. Dit het geen hoeke nie.

Vierkant Dit het vier sye of kante. Die sye is ewe lank. Dit het vier hoeke.

Driehoek Dit het drie hoeke en drie sye.

Reghoek Dit het vier hoeke. Twee sye is lank en twee is kort.

Ovaal Dit lyk amper soos ‘n sirkel wat ‘n bietjie teen die kante gedruk is. Dit lyk soos ‘n eier.

Diamant Dit het vier sye en vier hoeke, MAAR staan op ‘n hoek…of dit is ‘n vierkant wat skeef staan.

Drie dimensioneel (“vet vorms”)

Sfeer Dit is ‘n ronde vorm en lyk soos ‘n bal.

Prisma Dit lyk soos ‘n piramide.

Kubus Dit lyk soos ‘n vierkantige blokkie.

Keël Dit lyk soos ‘n roomyshorinkie.

Hoe kan ek by die huis help om die vorms vas te lê?

Gebruik weer die sintuie:

eers twee dimensioneel en later drie dimensioneel (Graad 2 af op)

  • Voel om die rand van die vorm.
  • Gooi verskillende karton vorms in ‘n sak of kussingsloop.  Die kind steek dan sy hand in en haal die regte een uit.  Vra byvoorbeeld:  “Haal asseblief ‘n driehoek uit.”
  • Teken die vorm in sand (met ‘n vinger).
  • Teken die spesifieke vorm met gom en strooi sand, meel, kraletjies… daaroor.  Voel nou bo-oor die droë vorm.  NB:  Dit help nie om die vorms nou weg te steek nie.  Skryf die vorm se naam onder aan en plak dit teen die muur of teen die yskasdeur vas.
  • Knip vorms uit en bou ‘n prentjie soos ‘n huis, stokkielekker, ens.
  • Opdrag:  soek ‘n spesifieke vorm in ‘n tydskrif (bv. sirkel), knip uit en plak op ‘n mini-plakaat (A4).
  • Kyk of jy die vorm met jou lyf kan vorm.
  • Soek items in die huis wat ‘n sirkel, vierkant, driehoek…in het (horlosie, oond, stoofplate…).  Teken die items op ‘n bladsy:  Al die sirkels op ‘n bladsy, al die reghoeke op ‘n bladsy…
  • Tel hoeveel van elke vorm daar is.  Watter vorm kry ons die meeste in die kombuis, badkamer, slaapkamer?  Watter vorm kry ons die minste in die vertrekke?
  • Maak dominoes waar die kind net eenderse vorms bymekaar moet pas.
  • Maak dominoes waar die kaartjie ‘n vorm aan die een kant en ‘n item aan die ander kant het.  Hy moet dus die vorm in ‘n alledaagse voorwerp (‘n driehoekige, halwe toebroodjie, die son, ‘n bal) kan raaksien en die assosiasie maak.
  • Gee ‘n patroonkaart en los vorms.  Die kind moet nou die patroon naboots en pak (rooi driehoek, geel driehoek, blou sirkel, groen sirkel).

vorms

  • Strooi versiersuiker op ‘n skoon skinkbord.  Die kind doop nou sy vinger in ‘n bietjie water en teken die vorm in die suiker (en lek dan die vinger af).
  • Speletjies soos Brainy Blocks en Pattern Play maak gebruik van vorms.
  • Sodra drie dimensionele vorms in die klas behandel word, kan jy items soos tandepastabokkies, roomyshorinkies, rubik cubes en balle begin nader trek en bekyk.
  • As julle in die winkel of in die straat stap – vra sommer so terloops watter vorms die kleinding raak sien.  “Watter vorm is die wiel?  Watter vorm is die padteken?”

Só maak jy…
‘n reghoekige prisma
‘n kubus
‘n piramide

Wiskundige aspekte vir Graad 2

10 Kommentaar

teachrule

 

Die ontwikkeling van wiskundige aspekte in Graad 2

Graad 2

TEL MET BEGRIP

· Aftel in 10e tot 100 (begin met knopies, dan prentjies…)

· Tel in ene tot 104

· Aantel vanaf enige getal (oor dekades)

· Terugtel (ook oor dekades…oor 10, 20, 30…bv. 33, 32, 31, 30, 29)

· Tel in spronge (2e, 3e, 4e, 5e, 10e)

·

WERK MET GETALPATRONE

· Ontdek getalpatrone

1, 2, 3, 4, 5

10, 20, 30, 40, 50

· + en – van 10 (konkreet)

· Ontdek getalpatrone

1 + 2 = 3 10 + 20 = 30

· Verdubbeling van tientalle

1 + 1 = 2 10 + 10 = 20

· Halvering van tientalle

· Tel onewe getal by ‘n onewe getal

· Tel ‘n ewe getal by ‘n onewe getal

· Patrone t.o.v. veelvoude as voorloper vir x en ÷ (herhaalde + en -)

LEER KEN DIE GETAL

· Soos Graad 1

· Kenmerke van die getal

· Tiendelige ontbinding: 13 = 10 + 3

· Ander ontbindings: 13 = 9 + 4

· Getal 10

· Getalle 11 – 20

· Tientalle 10 – 100

· Getalname tot 20, getalsimbole tot minstens 104)

POSISIE VAN DIE GETAL

· Ordening en vergelyking

· Herrangskik ongeordende getalle (van klein na groot, groot na klein)

· Brei getallelyn uit

DIE VIER HOOFBEWERKINGS

· +

· Sonder oordrag (sonder om ‘n tweesyfer of driesyfer antwoord te kry…2 + 7 + 9)

· Ronde getalle (10 + 20)

· Tweesyfer met eensyfer (28 + 1)

· Tweesyfer met tweesyfer (24 + 23)

· Verdubbelings / naby-verdubbelings

14 + 15 = (12 + 12) + 3 = 24 + 3

· -

· Sonder ontbinding

· Eensyfer van tweesyfer

· Tweesyfer van tweesyfer

· Halvering / naby-halverings

28 – 17 = (28- 14) – 3 = 14 – 3

· X

· Sonder oordrag

· Eensyfer met eensyfer (tafels)

· Tweesyfer met eensyfer

· ÷

GETALFEITE

· + en – tot 19

· x en ÷

· Voorbereidende werk (5x, 4x, 3x)

· Versnelde aantelling (het 6…8, 10, 12, 14…)

· Herhaalde optelling (4 + 4 + 4 = 12)

· Invoer van x en ÷ simbole (begin gebruik)

· Verdubbeling en halvering

· Mondelinge tafelfeite (2x, 10x) (÷2, ÷10)

Tel in veelvoude Interaktiewe telwerk (tel in veelvoude en vorm ‘n prentjie)

wiskunde

15 Kommentaar

 

 

Woensdag is Internasionale Wiskunde Dag. Tel ekstra lekker en doen ekstra interessante wiskunde werkies. Wat van ‘n paar wiskunde of hoofreken uitdagings by die skool of om die koffietafel?

By Superkids kan jy jou eie werkvelle opstel om spesifieke velde te dek (vir jonk en oud).

Dan is daar ook die Math Worksheet Generator waar jy selfs werksvelle oor tyd, meting en honderdblokke kan maak.

Nog werkvelmakers:

posisie in die ruimte

4 Kommentaar

Dit is die verhouding van die voorwerp tot die waarnemer (eie liggaam).  Die kind neem voorwerpe waar as agter, voor, bo, onder en aan sy kante. Wanneer ‘n kind probleme ondervind met posisie in die ruimte is sy wêreld verwronge, hy is lomp en huiwering om bewegings uit te voer. Hy vind dit moeilik om die woorde in, uit, op, af, voor, agter, links en regs te verstaan.

teacherkids

So kan ons dié persepsie ontwikkel…Onthou dat ons eers in die laer rat wegtrek (Konkreet) en dan die outjies ontwikkel om die  semi-konkrete en abstrakte “ratte” te probeer.  Dis ‘n geleidelike proses.


  

Konkreet:

Opdragte: staan in die sirkel, op die sirkel, langs die sirkel…gebruik ‘n hoepel of teken ‘n sirkel met bordkryt op sement.

Boontjiesakkies: Sit die boontjiesakkie bo-op jou kop/onder jou voet, ens. (Gooi sommer boontjies in ‘n plastieksakkieen knoop toe.)

Simon sê: Staan in die blok, langs die kas, ens. Beweeg slegs as “Simon sê”.

Opdragte: Sit die voorwerp langs/ op/ in die sirkel.

“Simon sê” m.b.v. ‘n voorwerp. Simon sê: Sit die boontjiesakkie links van jou tas neer.

“Simon sê” m.b.v. ‘n voorwerp én liggaamsdele. Simon sê: Sit die boontjiesakkie links van jou tas neer – met jou tone!

Uitwys: Waar is jou ken / regterhak, ens?

Bou ‘n toring: Plaas die blokkie regs voor jou. Sit die uitveër bo-op die blokkie.

Opdragte: Sit die bal bo-op, langs die tafel met jou regter-/linkerhand.

Sorteer voorwerpe: Blou blokkies* voor, rooi regs en geel links van kind. (*Spuitverf sommer wynproppe of gebruik sapbottelproppe.)

Volg rigtings wat fasiliteerder wys met ledemate. (Swaai die arms en bene in rigtings. Kind volg.)


Semi-konkreet:

Volg rigting met ledemate wat die pyltjiekaart aandui. (wys groot pyltjiekaart)

Skattejag: Gee kaarte met leidrade tot by die “skat”. (Teken byvoorbeeld ‘n stoel met die woord “onder” daarby.  Die volgende raaisel lê dan onder die stoel…op die ou einde wen ons ‘n storietyd of ander lekkertes.)

Bou ‘n legkaart van mense, diere, ens. Vra vrae oor posisies van figure, ens. (Waar is die hond?)

Bo- en sy-aansig. Sit los voorwerp langs/bo-op, ens. van voorwerp neer. Gebruik ‘n skoendoos en bou ‘n vertrek daarin. Waar gaan ons die pop sit? Sit die tafel langs die stoel. Pak die kussings regs van die bank.

Kind geteken op papier. Plaas skyfie/plakker voor/onder/bo-op,ens. v/d kind.

Bou ‘n legkaart van ‘n toneel. Vra vrae oor die posisies van figure tot mekaar.

Skaakbord. Skuif skuiwer telkens een blokkie in gegewe rigting. Een blokkie links, een blokkie op…

Brainyblocks: Bou prentkaart na.

Penbord: Pak die geel pennetjie regs van die bloue en die rooi pen bo die gele. Plekke soos die Crazy Store het soms baie goedkoop penborde.
Abstrak:
Papier met ± 3 letters. Identifiseer (ID) die posisie van gekleurde letter (bo/voor,ens.). Vra waar die letter staan en die kind antwoord “in die middel, eerste, laaste”…
Opdragte: Skryf jou naam regs onder op die bordjie/in die middel, ens.
Skryf die alfabetletters volgens opdragte op papier (a – in die middel en onder-aan jou bladsy, ens.).
ID posisie van die figure tot mekaar (2D) in ‘n prent. (Kyk sommer in ‘n inkleur- of storieboek vir idees.)
Teken voorwerpe in ‘n 9-blok rooster na aanleiding van opdragte. Teken ‘n sirkel in die middelste blok. Teken ‘n ster links van die sirkel. Teken ‘n driehoek bo die ster. Skryf jou naam onder die sirkel.
Teken voorwerpe in verhouding tot bv. ‘n boom op ‘n papier.
Omkring die item links van die stoel, bo-op die tafel, ens.
Soek ‘n item op die besige prent en omkring. Benoem posisie. (beskryf waar). Gebruik “Where is Waldo?”-tipe boeke.

 

arbeidsterapie

41 Kommentaar

Indien u kind baie van die volgende uitvalle openbaar en indien die klasopvoeder dit as ‘n probleem ervaar, kan ‘n evaluasie deur ‘n arbeidsterapeut waardevol wees. Hierdie diens is aftrekbaar van die meeste mediese fondse.


Tasdefensief:

Die kind hou nie van fisieke kontak nie en vermy aanraking.

Vermy spel met liggaamskontak (bv. rugby, aan-aan).

Wil nie vuil word nie.

Wil nie kaalvoet loop nie.

Wil nie haarkapper of tandarts toe gaan nie.

Hou nie van hare of gesig was nie.

Hou nie daarvan as sy naels gesny word nie.

Lae spiertonus / spier uithouvermoë:

Die kind kom lomp voor of val baie.

Sukkel om regop te sit (gly af in die stoel of lê vooroor).

Kan nie lank stil sit nie en kriewel.

Ondersteun kop met die arm.

Die kind het ‘n swak postuur.

Raak gou moeg.

Aandagspan:

Kan nie op die werk fokus nie.

Voltooi werk baie stadig.

Vroetel en kriewel

Voltooi nie take nie.

Dagdroom

Fyn motoriese probleme (handspierbeheer en –koördinasie):

Sukkel om te knip.

Sukkel om veters en knope vas te maak.

Kleur nie netjies in nie en skryf slordig.

Skryf stadig.

Skryf met verkeerde potloodgreep.

Grof (groot) motoriese probleme:

Die kind sukkel om bewegings met die groter spiere uit te voer.

Huiwerig om groot speelapparate in ‘n speelpark te gebruik (glyplank, swaaie, klimrame).

Kom lomp voor en val gereeld.

Kan nie op een been balanseer nie.

Vind balspele moeilik (gooi en vang).

Swak postuur as hy op die mat of by die tafel moet sit.

Het nie gekruip nie.

Het laat begin rol, sit, kruip of loop.

Visuele persepsie:

Die kind sukkel om sin te maak uit dit wat hy sien.

Vermy aktiwiteite soos inkleur, teken of legkaart bou.

Sukkel om ‘n mannetjie volledig te teken.

Sukkel om vorms en kleure te identifiseer.

Sukkel met begrippe soos voor, agter, bo, onder, links, regs…

Sukkel om ‘n patroon te pak en te voltooi.

Wissel die kryt tussen hande terwyl hy of sy teken.

Ruil letters en syfers om.

Skryf letters en syfers in die spieëlbeeld.

Verloor plek wanneer hy of sy lees.

Ruil die orde van letters in ‘n woord om.

skryf verkeerd van die bord af.

Vorm letterformasies lomp of skryf verkeerd.

Sukkel om teen die kantlyn te begin en om korrek tussen lyne te werk.

[Bron: plaaslike arbeidsterapeut]

dankie

Lewer kommentaar

Dankie aan die Brandweermanne wat die Kaap se bergbrande help bestry het.

fffirehouse2

Goeie eetgewoontes vir ADD of ADHD

13 Kommentaar

Ek is nie ‘n dieetkundige of ‘n dokter nie, maar het die volgende inligting uit nota’s saamgestel.  Die inligting is deur dieetkundiges verskaf.

Snaaks genoeg is ons terug op die goeie ou LOW GI:

Volgens die dieetkundige, is Uncle Salie se volgraanbrood, saadbroodjies en provitas LOW GI broodprodukte.  Ander kosse sluit die volgende in:

  • All Bran, Oats-so-Easy (natuurlik) en High Fibre bran.
  • Wit rys (Tastic), Old Mill Stream (bruin), Spekko Basmati rys, patat, sweetcorn.
  • Boontjies, lensies, rou wortels, peppers , groen boontjies, tamaties.
  • Appels (liefs iets soos Golden Delicious – die geler appels), pere, lemoene, naartjies, perskes, aarbeie, druiwe.
  • Suikervrye lekkers en koeldranke, sjokolade, springmielies, grondboontjies, LOW GI vrugtesappe, Simba skyfies.

Medium GI produkte is ook goed, maar moet liefs met ‘n proteïen gebruik word:

  • Volkoring brood, rogbrood, Rye Vita Pita, Crackermates lites.
  • Bokomo, Jungle oates (gekook), Strawberry pops, Tasty Wheat, Pronutro vlokkies.
  • Tastic Basmati, Jasmine, Sushirys, Cous-cous, jong aartappels, sweetcorn (roomsoort).
  • Spinasie, beet, gekookte wortels.
  • Tropiese vrugte
  • Droë vrugte
  • Suiker, konfyt

Hoë GI:

  • Wit en bruin brood
  • Koek en koekies (beskuitjies)
  • Pronutro, Special K, Rice Crispies, Cornflakes, Fruit Loops, Tiger Oats
  • Wit rys, polenta, kits noodles (2 minute, ensovoorts)
  • Pampoen, skorsies
  • Waatlemoen, spanspek, droë vrugterolle
  • Koeldranke met suiker, harde lekkers en jelly lekkers, energie drankies, mielie skyfies.

Oor die algemeen skakel ‘n mens soveel kunsmatige geurmiddels (MSG en kleurmiddels) uit.  ‘n Kombinasie-aanvulling met Omega 3, Kalsium en Magnesium is voordelig en Sink kan ook bygewerk word.  Praat net eers met die apteker om te verseker dat jy die regte dosis gebruik.

Hou sover as moontlik by die LOW GI produkte wat nie ‘n vinnige suikerskop of woema gee en na ‘n rukkie die outjie pap en uitgeput laat nie.  Probeer ook die volgende proeflopie:

Doug Cowan van Body and Mind beveel aan dat ‘n mens die volgende uitsny vir ongeveer twee weke.  Dit is ‘n eetplan wat vir 20% van die ADHD-kinders werk. Die basiese beginsel is om terug te gaan na die kosse en resepte van ons ouma’s en oumagrootjies.  Na twee weke werk ‘n mens die onderskeie produkte een per dag in om te kyk of die kleintjie se liggaam anders reageer.  Eet genoeg van daardie voedselsoort en let op na dinge soos ‘n verskil in die gemoedstoestand of uitbarstings.  As ‘n merkbare reaksie voorkom, kan ‘n mens dit aan die pediater noem.

  1. Geen suiwel – veral koeimelk.  Drink eerder baie water.
  2. Geen geel kosse – veral mielie en skorsies.  Piesangs tel as wit.
  3. Geen kitskosse. (Wegneem etes én die vinnige kits).
  4. Geen vrugtesappe.  Dit het baie suiker.
  5. Sny die suiker inname met 90%.  Verkieslik geen suiker nie.
  6. Sjokolade – slegs ‘n blokkie per week.
  7. Geen versoeters.
  8. Geen geprosesseerde vleise (verpulp en geset soos polonie, worsies…) en geen MSG.
  9. Sny die inname van gedroogde kosse met 90%.
  10. Vermy gekleurde kosse.  Veral die rooi en geel kleursel het blykbaar ‘n ongewensde uitwerking.

Die dieet of eetgewoontes is slegs ‘n speek in die groter wiel van ‘n gesonde lewenstyl.  Dit is iets wat ‘n mens kan gebruik om die lewenskwaliteit en algemene gesondheid te verbeter, maar is nie noodwendig die oplossing nie.  ‘n Pediater en ‘n neuroloog kan ‘n beter mening uitspreek.

padtekens en padveiligheid

6 Kommentaar

Iemand het prente van padtekens gesoek:

busstop4

Prente 1

Prente 2

Prente 3

Prente 4

Prente 5

Veiligheidwebwerf

Werkvelle en tema inligting

Stal ook die boeke uit wat leerlingbestuurders gebruik.

Dan het ‘n student idees gevra om tydens buitespel te gebruik – as fantasiespel nie gebruik mag word nie:

As die skool ‘n rybaan en skopfietsies het, kan jy verkeersligte en padtekens maak sodat hulle die paaie veilig kan gebruik. Tydens sandspel kan jy kleiner padtekens en voertuie uit houtblokkies en bottelproppe neersit. Die outjies moet dan hulle eie veilige paaie bou en die verkeerstekens gebruik. Dosente hou van selfgemaakte speelgoed en apparaat. Maak dus items uit “herwonne” materiaal.

Jy kan aandag skenke aan rigting, posisie in die ruimte en lateraliteit, byvoorbeeld: Draai na links of draai na regs. Ons ry aan die linkerkant en gaan regs verby. Gee “geboue” en “huise” sodat die outjies die strate tussendeur kan uitlê. As jy dit in verskillende kleure verf, kan jy kleur-vaslegging doen.

As jy padtekens maak of selfs jou opdragte in padtekenformaat wil aanbied, kan jy sommer die kleure op die borde en die vorms daarvan bespreek.

Vir ‘n hindernisbaan kan ‘n mens seker ‘n roete uitlê en ‘n “padkaart” (soos ‘n skattejagkaart) teken. Meng dit met stasie-opdragte (soos in die Amazing Race). Pak byvoorbeeld 4 – 6 motorbande plat neer (bymekaar of in ‘n ry). As hulle by die band kom, is daar ‘n “padteken” met ‘n illustrasie van iemand wat spring. Dan moet hulle van band tot band spring. By ‘n ander punt moet hulle ‘n veiligheidsgordel vasmaak (dalk het ‘n motorhawe vir jou ou gordels – of jy kan ‘n babastoeltjie en pop inspan). Laat bande regop staan en die outjies daardeur kruip. Op ‘n ander punt moet hulle balanseer en oor die regopstaande bande loop. Gee vir die outjies glimbande of frokkies om te dra as jy hulle in spanne wil verdeel. Dalk kan ‘n mens ‘n uitdagingspunt hê waar die outjies ‘n groot padtekenbord uit los stukke moet bou (legkaartformaat) of waar hulle ‘n glimstrook op ‘n skopfiets moet plak. Jy sal net die lengte korrek moet afsny, die punt van die strokie moet los maak en om vou sodat dit makliker kan los trek.  Trek ‘n pop of mannekyn met “veilige” klere aan om in swak lig te stap.  Gee dan ‘n hoop donker en ligte klere – met ‘n glimband of twee.  Wat van ‘n uitrusting van ‘n fietsryertjie?

Dink voortdurend aan perseptuele ontwikkelingsaspekte, terminologie en leermateriaal wat jy kan inspan. As jy die les vooraf aanbied of die onderwerp bespreek, kan jy aandag gee aan al die veiligheidsmaatreëls wat jy vir die buitespelles in gedagte het. Dit maak die les soveel makliker.

hie hie hie

1 Kommentaar

muis

Belangrike dinge: Graad R en 1

4 Kommentaar

fundamental

Wanneer die fondamente vir lees en leer gelê is en die kind die aspekte bemeester het, begin hy ryp word vir formele onderrig.

As die leesproses begin voor die gereed is om die inligting in te neem, kan dit lei tot lees- en leerprobleme.  Sonder ‘n sterk grondslag, kan die gebou ineen stort.

Die kind

Gereedheid

Nie alle kinders bereik ‘n gereedheidspunt op dieselfde kronologiese ouderdom nie.

As ‘n kind nie emosioneel ryp is nie, kan die leerproses spanning en gedragsprobleme veroorsaak.

‘n Tekort aan selfvertroue kan die kind verhoed om te waag om te lees.

§ Die kind behoort geïnteresseerd te lyk in boeke – inkleur, teken, “skryf”, blaai en “lees”.

§ Die kind behoort ag te slaan op gesag.

§ Die kind behoort met ander te kan saamwerk.

§ ‘n Verantwoordelikheidsbesef behoort gevestig te wees.

§ Onafhanklikheid in terme van

· Toilet roetine / gebruik

· Veters knoop

· Eet en drink (voeding)

· Aantrek

‘n Kind wat emosioneel nie gereed is nie, kan uiting gee aan sy frustrasies op die volgende wyses:

§ hardloop weg

§ kruip weg

§ aggressiewe optrede teenoor maats

§ weier om te werk

§ enurese (benatting) en enkoprese (bevuiling)

Intellektuele / kognitiewe ontwikkeling

Die brein se vermoë om nuwe begrippe en konsepte te verstaan (soos veral wiskunde).

Fisieke aspekte

Gesondheid

§ Voortdurende en kroniese siektetoestande kan die leerproses belemmer.

Sensoriese aspekte

§ Die volle gebruik van die ore (gehoor) en oë (visie en oogbewegings) is nodig om suksesvol te kan lees.

§ n Gebrekkige gehoor en ouditiewe vaardighede verhoed die kind om opdragte korrek te hoor en om klanke met simbole te assosieer.

§ ‘n Gebrekkige visie en visuele vaardighede belemmer die kind se vermoë om simbole te lees en te verstaan.

Spraak en uitspraak

§ Verstaanbare uitspraak is belangrik, sodat die kleinding kan skryf wat hy hoor.  Veral outjies wat lispel sal die “s” vervang.

§ Korrekte taalgebruik en sinskonstruksies is belangrik om sinne verstaanbaar te skryf.

§ Die korrekte gebruik van die “skool-“ of “leertaal”, help die kind om te begryp wat onderrig word.

Oriëntering

Kennis van rigting keer dat letterformasies (vorming) en syfers in die verkeerde rigting gedraai word.  (e.g. u / n, b / d / p, t / f…)

Belangrik:

§ ‘n begrip vir die verhouding van vorms tot mekaar (naby / ver, bo / onder…),

§ kennis van bo, onder, links, regs…

§ kruising van die middellyn

· behoort die denkbeeldige middellyn te kan kruis

Visuele waarnemingsvaardighede

§ As die kind nie die verskil tussen prente, items of simbole kan sien nie, mag hy moontlik probleme ontwikkel om die verskil tussen syfers, letters en woorde te sien (b / d / p, 2 / 5, 9 / 6, t / f).

§ Woorde kan verkeerd gespel word (bad / dab, net / uet)

§ Woorde kan verkeerd gelees word.

§ Die volgorde van klanke in ‘n woord kan verkeerd gelees word (kat / tak / akt).

Ouditiewe persepsie

§ As die kind nie die verskil tussen klanke kan hoor en begryp nie, gaan dit lei tot spel- en leesfoute.

· Die kind sal moontlik iets anders skryf as wat die juffrou sê. bv. woot in plaas van boot, bat in plaas van bak

§ As die kind daarmee worstel om tussen klanke te onderskei, sal hy moontlik nie ‘n spesifieke klank kan hoor nie.  “Bv.: Watter klank hoor jy eerste as ek kat sê?” (k).  Dit sal ‘n direkte impak hê op die kind se vermoë om woorde te skryf.

Fynspier bewegings

Die hand se vermoë om fyn aksies uit te voer, beïnvloed die kind se vermoë om netjies en vloeiend te skryf.  Dit word vooraf gegaan deur die ontwikkeling van die grof of groot spiere (maag-, arm-, beenspiere…).

Dominansie

Links- of regshandigheid behoort gevestig te wees  (moenie die kryt tussen die hande ruil nie).

Voorskoolse aktiwiteite:

lees vir die kind

praat gereeld en voortdurend met die kind om woordeskat uit te brei en goeie taalstrukture te vestig

gebruik die taal waarin die kind sal skoolgaan

sing liedjies, sê gediggies op, vertel stories oor

tel

bespreek prentjies (Wat gebeur? Wat kan gebeur? Wat dink jy sal volgende gebeur?)

voorspel wat in die storie sal gebeur deur na die voorblad te kyk

bepaal wat links en regs is (ons draai nou links)

ontwikkel terme soos eerste, aan die begin, in die middel, laaste

benoem kleure en vorms

vestig goeie ouditiewe en visuele vaardighede

vertel ‘n storie terug (geheue)

omring deur stories, boeke, rympies, gedrukte materiaal

ritme (dit beïnvloed ‘n begrip taalgebruik en wiskundige patrone)

oog-hand koördinasie

WOORDESKAT ONTWIKKELING

(dankie aan Grové en Hauptfleisch se slimgeit)

Kobus Weyers het ‘n vraelys om te voltooi op sy webwerf.  Dit gee ‘n goeie aanduiding of jou kind skoolgereed is al dan nie.


(‘n Graad R-leerplan.)

syfers

15 Kommentaar

Janeen het onlangs gevra hoe ‘n mens kleintjies kan help om syfers korrek te skryf (veral syfers soos 2 en 3)…

syfers1

Dis belangrik dat ‘n mens van die begin af die regte voorbeeld voorhou.  Doen dieselfde aktiwiteite as wanneer jy letters aanleer – baie visuele diskriminasie, visuele geheue, posisie in die ruimte en lateraliteits oefeninge.

Maak ook assosiasies op…’n kollega gebruik ‘n swaan vir 2, ‘n beertjie wat sit vir 3 (die boonste krul is die kop en die onderste vorm die lyf en voete wat alles van die kant af gesien word)…Druk die syfers in die regte font en teken dan die prente om die swart syfer sodat dit nie toegeteken word nie.

Maak ook groot robotkaarte van die syfers:  Druk die syfer groot in swart.  Plak ‘n groen kol waar ons begin skryf en ‘n rooie waar ons stop.  Trek dit oor met plastiek of lamineer die bladsy.  Die kind kan nou na hartelus met die karretjie (vinger) hieroor “ry”.

Skryf die syfer met die vinger in los sand, in meel, in suiker (en lek sommer die soetigheid af), met ‘n nat kwas op sement, teer, ‘n skryfbord…

Skryf die syfer met gom en strooi poeier, sand, blinkertjies, poeierverf…daaroor.

Skryf die syfer liggies (of druk in grys of ‘n ligte kleur).  Die kind kan nou die lyn met

  • stempeltjies druk of vol plakkertjies plak.
  • waterverf en ‘n dun kwassie / vinger volg (verf).
  • ‘n dik vetkryt, pastel volg en met verdunde voedselkleursel verf.

Dis belangrik dat die kind nie net die syfer kan skryf nie, maar ook kan verstaan.  As hy byvoorbeeld 2 skryf, moet hy 2 prentjies by teken.  As hy 5 skryf, moet hy 5 prentjies byteken.

Doen slegs een syfer of getal per keer en moenie syfers wat byna eenders is direk na mekaar aanleer nie.  6 / 9, 4 / 7, 5 / 2 en 3 / 8 kan verwarring skep.

Die internet is vol taakkaarte, maar ‘n mens moet ook versigtig wees dat die syfers nie “verkeerd” is nie.  Teachers Pet se skrif is die naaste aan korrek.

Hier is nog ‘n paar oulike taakkaarte…knip en plak gerus die korrekte dele uit…

http://www.kidzone.ws/math/ocean/k-2eel.htm

http://www.kidzone.ws/math/ocean/k-3whales.htm

http://www.kidzone.ws/math/kindergarten.htm

http://akidsheart.com/threer/numcolor.htm

http://www.tlsbooks.com/preschoolnumberandpremathworksheets.htm

http://www.toolsforeducators.com/numbers.php

Middellynkruising

14 Kommentaar

Die outjie sukkel om verby die denkbeeldige middellyn van die liggaam te beweeg of om die denkbeeldige lyn te kruis.


Die werk:

Die skryf- of tekenwerk op die een helfte van die bladsy is gewoonlik meer in mekaar gedruk as aan die ander kant. Byvoorbeeld by patrone begin die kind egalig en teen die helfte van die bladsy raak die patroon rukkerig en half “onbeheersd”. Dit hang natuurlik af van die kind se handdominansie. Linkshandige kinders begin egalig en regshandige kinders eindig hul werk meer egalig aan die regterkant van die bladsy. Soms word die bladsy heen en weer geskuif, sodat die skryfarm konstant op een plek bly. Ander outjies kan weer nie teen die kantlyn begin nie en begin so ‘n ent weg skryf.

Dit is ‘n vaardigheid wat ‘n mens eintlik onderskat en is nogal belangrik by lees. Dit help die kind met die lees van ‘n reël van die een na die anderkant van ‘n bladsy.

Wat ‘n mens kan doen om te help:

· Speel follow the leader:

o Wys aksies en die kind doen na:

o Raak aan jou tone.

o Raak aan jou tone en kruis jou hande (linkerhand op regtervoet…).

o Raak aan jou knieë .

o Raak oorkruis aan jou knieë.

o Raak aan jou skouers.

o Raak oorkruis aan jou skouers.

Sing liedjies soos “Head, shoulders, knees and toes” terwyl julle dit doen.

Kan julle die liedjies se aksies toe-oë uitvoer?

· Gee opdragte

o Gee die bogenoemde opdragte mondelings en vra die kind om dit uit te voer.

o Ook opdragte soos:

· Raak met jou neus aan jou voet.

· Raak met jou oor aan jou knie.

NB: Moenie van dom of slim hand praat nie. Gebruik net die terme “links en “regs”.

o Popspeel:

· Wys vir my Teddie se arm, been…

· Wys vir my Spiderman se knie, elmboog…

o Aksies:

· Spring op jou regtervoet.

· Gee ‘n tree na links.

· Raak aan jou regterknie.

· Doen die “lui 8” bewegings…

· Sit of staan stil. Tel items aan die linkerkant van die liggaam op met die regterhand en plaas dit aan die regterkant.  (Tel speelgoed, klippe, proppe, ens op…)

Sporte soos swem en tennis help ook baie…maar weereens is ek nie ‘n arbeidsterapeut nie.  Julle kan die oefeninge tuis doen, maar ‘n evaluasie deur ‘n arbeidsterapeut is steeds wenslik indien die klasjuffrou probleempies noem.

Lekker oefen!


Gelukkige Paasfees!

Lewer kommentaar

easter-1

skitter

1 Kommentaar

We make a living by what we get, but we make a life by what we give.

Winston Churchill

 Star Teacher

I always love your class;
Your teaching helps me see,
That to have a happy life,
Learning is the key.

You understand your students;
You’re sensitive and smart.
You’re a skilful teacher;
I knew it from the start.

I’m grateful for your wisdom
For the teacher that you are;
You’re a very good person,
And as a teacher, you’re a star!

By Joanna Fuchs

hoe laat is dit?

1 Kommentaar

 

horlosie
Ek het gemerk dat daar na idees oor tyd en horlosies gesoek word.  Hier is so ‘n paar webwerwe met oulike idees.  Onthou dat sommige werwe ‘n proeseltjie gee en dan vra dat jy aansluit of betaal vir meer inligting.  Gebruik egter die proesel as inspirasie en maak jou eie werkvelle.

inter-aktief

the teacher corner

time for time

teaching time

education

home school (tik tye in en “submit”)

teachnology

Woordprobleme

4 Kommentaar

Begin deur die probleem te lees.

Watter getalle / hoeveelhede kry ons in die som?  Bv. ‘n drie, ‘n tien, ens.

Wat dink jy moet ons doen?

Bymekaar tel / plus / optel…wegneem / aftrek / minus…meer maak…minder maak?

Bespreek die woordeskat in die probleem. 

Bv. Jan spaar R2 elke dag.  Hoeveel geld spaar hy in 5 dae?  Wat beteken spaar?  “Teken” die som:

sien prent 1

Pak dan boontjies, knope of ander tellers bo-op elke blokkie:

sien prent 2

Tel die tellers een vir een, m.a.w. 1, 2, 3, 4…9, 10!  Hoeveel rand het Jan gespaar? R10!

Is daar nie ‘n makliker manier om die geld te tel nie?  Kom ons tel weer (sê nou die ewe getalle harder as die onewe getalle): 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10 en ‘n laaste keer:  2, 4, 6, 8, 10! 

Aanvanklik moet ‘n mens maar oor en oor werk en stelselmatig vir die outjies wys hoe om dinge makliker te maak.

Gebruik dan ook ‘n volgende / verdere voorbeeld soos hierdie:

 Mia bêre elke dag twee lekkers vir die naweek.  Hoeveel lekkers sal sy na vyf dae oorhê?

sien prent 3

Twee en twee en twee en twee en twee.  Daar is vyf dae – dus het Mia vyf twee’s bymekaar gemaak.  As ons in tweë tel (druk op elke prentjie of blokkie soos jy tel) kry ons twee, vier, ses, ag, tien! Tien lekkers! 

 

Belangrik:

Hou die getalgebied klein.  Graad 1’s werk meestal in die gebied van 1 tot 10 en later tot by 20.  Graad 2’s werk aanvanklik in die gebied van 1 tot 20 en later tot by 34.  Die Graad 3’s werk dan verder – in dekades (tiene) en honderde (tot by 1004).  Maak by die juffrou seker in watter getalgebied jou kleinding moet werk en moet nooit vooruit hardloop nie.  ‘n Motor sukkel as jy van eerste na vyfde rat spring – so sal die kinders ook vas val as die ratte nie deur die regte prosesse gaan nie.

 

Werk met tellers as wiskunde en woordprobleme ‘n groot probleem is en hou dit altyd byderhand.  Daar moet ook altyd rofwerkpapier wees om prentjies te teken en om rofwerk op te doen.

 

Probleemtipes:

Hierdie is voorbeelde van woordsomtipes.  Gebruik die basiese strukture om jou eie probleme te skep.

 

1. Groepering:

Tom verkoop balle in sakkies van 2 elk.  Hy het 7 balle.  Hoeveel sakkies met 2 balle elk kan hy verpak?

Bly daar balle oor?  Hoeveel balle bly oor?

 

Jana se ma koop ‘n pakkie lekkers.  Daar is 18 lekkers in die pakkie.  Jana kry elke dag 3 lekkers.  Hoeveel dae sal die pakkie lekkers hou?

 

2. Verdeel / Uitdeel:

Verdeel 15 lekkers tussen 5 maats sodat al die maats ewe veel lekkers kry.

 

3. Deling wat tot ‘n breuk lei:

Verdeel 12 worsies tussen vier honde sodat elkeen ewe veel kry en sodat daar niks oorbly nie.

 

4. Nog deling (proporsioneel):

Tim en Jan werk saam.  Tim werk drie ure lank en Jan werk slegs vir ‘n uur.  Hulle kry saam R90.  Hoe gaan hulle nou die geld verdeel?

 

5. Herhaalde optelling:

Hoeveel wiele het 3 motors?

Hoeveel pote het 5 honde?

Hoeveel wiele het 2 driewiele?

 

6. Koers:

Mila eet elke dag twee koekies.  Hoeveel koekies eet sy in ‘n week?

Hoeveel dae is daar in ‘n week?

 

7. Roosters:

Dink hier aan ‘n “grid” of rooster.

Oom Daan plant beet.  Daar is drie rye beet en ses plante in elke ry.  Hoeveel beetplantjies is daar altesaam?

 

8. Kombinasies:

Ousus pak ‘n tas vir die naweek.  Sy het 4 verskillende toppies en 3 broeke.  Hoeveel verskillende uitrustings kan sy aantrek?

 

9.  Optelling en Aftrekking:

Saamvoeg

  • Tim het 3 penne. Tom gee vir hom nog 4 penne.  Hoeveel penne het Tim altesaam?
  • Tim het 3 penne.  Hoeveel meer penne het hy nodig om altesaam 7 penne te hê?

 

Skei

  • Tim het 7 penne.  Hy gee 4 penne vir Tom.  Hoeveel penne het Tim oor?
  • Tim het 7 penne gehad.  Hy gee van die penne vir Tom.  Nou het hy 3 oor.  Hoeveel penne het Tim vir Tom gegee?

 

slaag

3 Kommentaar

duckrowa

Die slaagvereistes het verander in die Wes-Kaap.  Wees asseblief bedag daarop dat die rapport van nou af ‘n bietjie anders gaan wees.  Volgens omsendskrywe 18/2009 gaan die kleingoed nou ‘n bietjie meer skouer aan die wiel moet sit. 

Vind gerus by julle skool uit of dit jou kinders ook sal raak.

wyse uile

Lewer kommentaar

teacher_poem

pienk en blou

Lewer kommentaar

sticker
Op 12 Augustus is dit die Tygerbeer se Pienk en Blou Kinderbewustheidsdag.  Gaan loer gerus in om te sien waaroor die dag gaan.

taaldinge

9 Kommentaar

Dit is vandag Taaldag…

Lbgbookshelf3

Studentejuffrou het my laat wonder oor watter organisasies vir ons kan help om oulike boeke te kies en te koop.  IBBY SA is een van hulle. Hierdie groep skryf kort resensies van kinderboeke en kan dalk waardevol wees vir ouers én opvoeders.

Vir die outjies wat met Engels sukkel, is daar oulike blogs soos HLTA STAFFROOM. Dit is regtig oulik en propvol interessante idees. Het jy dalk ‘n oulike webwerf teë gekom? Laat weet ons gerus.

inklusiewe onderwys

Lewer kommentaar

cutecolorsspkid1

“Inclusion is the value system which holds that all students are entitled to equitable access to learning, achievement and the pursuit of excellence in all aspects of their education. The practice of inclusion transcends the idea of physical location, and incorporates basic values that promote participation, friendship and interaction.”
Source: B.C. Ministry of Education. Manual of Policies, Procedures, and
Guidelines for Special Education Services

Die Witskrif 6 bevat riglyne vir ‘n inklusiewe onderwyssisteem. In kort beteken dit dat alle leerders toegang tot hoofstroom onderwys moet hê. Die skool behoort toeganklik gemaak te word vir kleingoed met rolstoele, krukke, visuele beperkings, gehoorprobleme, ens.   Hiermee ‘n paar plekke waar jy meer daaroor kan lees.

Inklusiewe Onderwys 1

Enkele praktiese riglyne vir die klaskamer

UNESCO se siening

Leesstukke van oorsese onderwysdepartemente

kurrikulum

5 Kommentaar

Ek het opgelet dat daar die afgelope tyd verskeie navrae oor die kurrikulum en vereistes vir elke graad was.  Hiermee dan ‘n paar skakels na die regering se webwerwe en dokumente:

Skrif:

Skrif: Graad 1 Lees gerus ook die inskrywings oor fynspier oefeninge.
Skrif: Graad 2
Skrif: Graad 3

Riglyne vir die benodigdhede in Grondslagfase klasse

Geletterdheid in die Grondslagfase:
Kurrikulum 1 TALE_AFRIKAANS_HUISTAAL_LEERUITKOMSTE_&_ASSESSERINGSTANDAARDE_GRADE_R-3
Engelse klasse en Afrikaanse klasse se vereistes per kwartaal.  (Lees-onderrig)

Bemeesteringsvlakke (bv. Graad 1) vir verskillende grade en leerareas in die Gronslagfase – soos deur die Oos-Kaapse onderwysdepartement verskaf.

Syferkundigheid of wiskunde in die Grondslagfase:

Kurrikulum WISKUNDE_LEERUITKOMSTE_&_ASSESSEERINGSTANDAARDE_GRADE_R-3

‘n Informele Graad R program…

Snuffel gerus op die bogenoemde werwe rond vir die senior klasse se inligting en vir werkskedules.

groot skool

6 Kommentaar

Het jy al jou kleinding ingeskryf by die groot skool?  Doen dit nou…

teacherblackboardtext

oefen self

19 Kommentaar

Ek het onlangs hierdie “stilspeletjie” herontdek.  Dit is eenvoudig om op te stel en is ‘n handige huiswerk hulpmiddel – veral as Ma en Pa gou iets anders moet doen.

Ek maak my raamwerk gewoonlik op MS Powerpoint – bloot omdat ek die prentjies makliker kan manipuleer.  Jy kan natuurlik Word of enige ander program gebruik.  Trek ‘n reghoek en gebruik die “lines“-skakels (onder die AutoShapes-gids) om die lyne te manipuleer.  Jy kan jou skeidslyne verander om elke reghoek uniek te maak.  Sodra jy die bladsy vol uniek rame getrek het, kan jy met die text box funksie somme, klanke, woorde en selfs sinne op die kaartjies tik.  Die doel van die unieke skeidslyne is dat jou kind die twee dele bymekaar kan pas en hom- of haarself kan korregeer.  As die rande nie pas nie, staan die foutjie duidelik uit en moet die kleingoed self die regte antwoord soek.

Druk gerus so ‘n paar stelle, knip die reghoekige kaartjies uit, plak breë deursigtige kleeflint bo-oor en knip die skeidslyn deur.  Siedaar! Jou eie stel opvoedkundige speelkaarte.  Die kleeflint kan voor en agter geplak word om die kaartjies te beskerm en behoort vir ‘n kind of twee te hou.  Jy kan die kaartjies byvoorbeeld in klanke op deel:  ‘n bladsy vir a-woorde, ‘n bladsy vir b-woorde, ens.  As jou kleinding die oe-klankie geleer het, kan jy sommer dieselfde aand ‘n stelletjie maak en vir die res van die week die woorde oefen.  Na ‘n dag of twee kan jou kleinding die speletjie onafhanklik aanpak terwyl jy kos maak of jou aandag moet verdeel.

bazoo

Lewer kommentaar

Juffer het onlangs ‘n oulike tydskrif raak gelees – vir die jongspan.  Gaan kyk gerus wat die boekies behels en as jy graag wil inteken, kan jy na die volgende skakel gaan:

http://www.bazoomagazine.com/index.php?option=com_wrapper&view=wrapper&Itemid=63

Juffer bazoo

inkleurprente en aktiwiteite

12 Kommentaar

paintgirl

Ek merk op dat daar verskeie soeke na inkleur- en aktiwiteitsboeke is. Hiermee dan so ‘n paar skakels vir die vakansie:

Inkleur 1

Inkleur 2

Inkleur 3

Aktiwiteite

Nog aktiwiteite

Idees

Besig bly

Besiger

Activity Village

werksbewyse

onderwysersdag

1 Kommentaar

teacher day
Maandag, 5 Oktober, is Onderwysersdag. Bederf so ‘n bietjie :wink:

medemens

Lewer kommentaar

engelkind

20 Oktober is Suid-Afrika se eie dag vir ons engelkinders.  Dit is die Nasionale Dag vir die Bewustheid van Down-Sindroom en die tema is “It’s all in the Genes”. Dra ‘n denim en betaal jou “boete” aan die naaste tak van DDSA.

disleksie

7 Kommentaar

rdboek

Disleksie dui op ‘n spesifieke lees- en spelprobleem.  Dit word nie meer so genoem nie en kundiges beskryf dit eerder as ‘n “spesifieke lees- en spelprobleem”.  Disleksie word deur baie mense as ‘n gawe beskou omdat dit mense forseer om probleme op unieke wyses op te los. Dink maar aan uiters kreatiewe mense soos Picasso en Walt Disney…wetenskaplikes soos Einstein en Edison…akteurs soos Whoopi Goldberg, Tom Cruise, Robin Williams en Keanu Reeves…sakemense soos Richard Branson…noem maar op!

Wanda (sien die Verwysingsbladsy) het haar nagraadse studies bepaal op disleksie en Ron Davis se studies in hierdie verband.  Kontak haar gerus om spesifieke riglyne te bekom of loer in jou plaaslike biblioteek vir Ron se boeke.

Indien jy vermoed dat jou eie kleinding of ‘n kleinding in jou klas ‘n vorm van disleksie het, kan jy gerus na die volgende skakels gaan kyk.  Moet egter nie self ‘n diagnose maak nie.  Spreek ‘n kundige soos ‘n opvoedkundige sielkundige.  ‘n Diagnose verg gestandaardiseerde toetse en spesifieke kennis.

 

Waardevolle skakels:

amper in die groot skool

8 Kommentaar

drawing house

Dit is amper tyd vir die groot skool.  Dit is nou tyd vir ekstra werk en speletjies om die vaardighede op te skerp.   Hiermee ‘n paar aktiwiteite om op ‘n lekker speel-speel wyse te doen.  Hou alle “skool” aktiwiteite  of speletjies lekker en informeel.  Indien die kleinding sukkel, stop die speletjie en gaan oor na iets anders.  Skool moenie met ‘n spanningsvolle ervaring verbind word nie…

Ouditiewe Persepsie

(praat agter ‘n skerm soos ‘n koevert of stuk papier – sodat die lippe nie sigbaar is nie)

  •  Watter klankie hoor jy aan die begin?  Wat hoor jy eerste? (Spreek die “vet” klankie met mening uit.  “Oordoen” dit.)

bal

lap

hap

toon

sit

man

nek

rok

  • Watter klankie hoor jy in die middel?

(KVK – Konsonant, Vokaal, Konsonant)

mot

kat

sit

rek

bus

Later…(Graad 1, 2 en 3)

(Dubbelklanke)

toon, room, foon…

naam, gaap, laat…

vuur, suur, muur, nuut…

meel, veer, neem…

Nog later…(Graad 1, 2 en 3)

(Tweeklanke)

vuil (met ‘n diep stem)

seil (met “plat” lippe)

boek

koud

deur

  •  Watter klankie hoor jy laaste?  Watter klank hoor jy aan die einde?

(KVK – Konsonant, Vokaal, Konsonant)

kat

man

bos

bal

stof

  • Noem vier woorde – waarvan drie identies is.  Watter een pas nie?

Bv. nek, man, nek, nek.

Skuif die “ander” woord rond.  Bv. buk, buk, buk, dak.  hak, hak, tak, hak.

  • Sê twee woorde wat óf dieselfde is óf eenders is.  Bv. seep/seep, doek/boek.  Die kind moet sê of die woord dieselfde of anders is.  (‘n Kop-knik of –skud is ook in orde.)

Geheue

  1. Noem 2 KVK-woorde.  Die kind herhaal.  Bv. mat, pen.
  2. Noem 3 KVK-woorde.  Die kind herhaal.  Bv. tas, bed, rok…Vermeerder tot 5 woorde.
  3. Gee ‘n opdrag met een aksie.  Bv. skakel die lig aan…Vermeerder die aksies tot 4 (mettertyd).  Bv. Skakel die lig aan, maak die deur toe, bring die boek en klim op die bed.

VISUELE PERSEPSIE

Gebruik ‘n besige prent of foto.

  1. Soek sekere items.  Bv. Druk met die vinger op al die geel blomme.  Omkring al die driehoeke.  Omkring al die groot bome.
  2. Kyk na twee eenderse prente en soek die verskille (gewoonlik in aktiwiteitsboeke).
  3. Skryf ‘n klomp syfers rond en bont op ‘n bladsy neer.  Omkring al die 2’s / 3’s / 4’s, ens.
  4. Soek takies soos:
  • Watter prentjie lyk dieselfde as die eerste een?
  • Watter prentjie pas nie?
  • Soek die maats.
  • Omkring al die prente wat met ‘n s begin (oorvleuel met ouditiewe takies).

Geheue

  1. Pak drie speelgoed langs mekaar.  Wys aan die kind.  Bedek na 5 tellings.  Die kind moet opnoem wat hy gesien het.  Later moet hy die volgorde herroep of die items self na pak.
  2. Kyk na 3 tot 5 prente.  Bedek.  Wat het jy gesien?  Was jy reg?
  3. Kyk na ‘n besige prent.  Bedek.  Wat het jy alles gesien?  Wys nou vir my waar is die …?  (Wys die genoemde items uit.)
  4. Wys ‘n eenvoudige lynskets.  Neem weg.  Die kind moet dit teken. (Begin by vorms en dan eenvoudige “simbole”.)
  5. Skryf 2 tot 5 syfers in ‘n ry.  Bedek.  Die kind met dit skryf.

Aksies met rigting-woorde, woordeskat en waardevolle konsepte

  • Druk op die blom langs die huis, voor die boom, links van die motor, regs van die hond…
  • Raak aan jou… (liggaamsdele – ook knie, skouer, elmboog, ken, hak…)
  • Raak met jou linker- / regterhand aan jou …
  • Raak met jou linker- / regterhand aan jou linker- / regter-…
  • Gee aksies om te onthou (soos by die ouditiewe afdeling), maar las rigting by.  Bv. Skuif die gordyn na links en maak die venster oop.  Bêre die glas regs van die wasbak en die bord links van die wasbak.
  • Pak speelgoed in ‘n ry en wys uit.  Watter speelding staan eerste?  Laaste? In die middel?
  • Drie tot vyf prente in ‘n ry:  Watter prent is eerste? Tweede? Laaste? In die middel?  Watter prent kom na die …?  …voor die …?
  • Sorteer prente volgens dinge wat in die oggend (borsel tande, trek aan, eet pap…), gedurende die dag (skool toe, speel) of nag gebeur (slaap, bad…).
  • Deel items uit.  Bv. Verdeel die lekkers tussen twee kinders.  Hoeveel kry elkeen?  Hoeveel bly oor?
  • Kyk na versamelings (3 to 4 groepies).  Watter groupie het die meeste / minste items?
  • Tel voorwerpe.  Skryf die syfer (tot 10).  [Gebruik die regte skrif.]
  • Volg die stippellyn.  (bv. van die kat tot by die muis)
  • Volg die doolhoof.
  • Knip op die lyn (reguit lyne, effense kurwes…)
  • “Lees” logo’s soos die name van bekende winkels, eetgoed, koeldrank, padtekens…
  • Bou legkaarte.
  • Lees BAIE stories, sing liedjies, sê rympies op…maak stories op, maak gediggies op…

Rig ‘n hoekie vir “lekker werk” iewers in die huis in.  ‘n Hoekie in die slaapkamer sal fantasties wees. ‘n Spesiale houer vir kryte, potlode en veselpenne (koki’s) kan op die “lessenaar” staan – met baie afvalpapier (ou blaaie met skoon agterkante is ideaal). Knip verskillende vorms uit x-straalplate of skaf stensils (selfs ou deksels, plekmatjies…) aan. Hou ‘n verskeidenheid “teken-” of “verfgoed” aan. ‘n Mens hoef nie net met ‘n kwas te verf nie. ‘n Ou skeerkwas, sponsie, oorstokkies en vingers is fantasties. Hou maar altyd ‘n ou lappie (die dun, blou kombuislappies is baie handig) naby om die vingers skoon te hou. Indien daar nie ‘n voorskoot naby is nie, kan gate uit ‘n inkopiesak geknip word vir die kop en arms. Siedaar! ‘n Weggooibare voorskoot. ‘n Tafeldoek kan uit ‘n swartsak geprakseer word. Pep het egter rolle plastiek (in oulike ontwerpe) om spesiale en goedkoop tafeldoeke te maak.
Stempels hoef nie duur en gekoopte items te wees nie. ‘n Een-sessie stempel kan uit aartappels gemaak word. Sny die aartappel in die helfte, “teken” jou ontwerp met die mespunt en kerf rondom. Dit gee dieselfde effek as ‘n stempel en is sommer “personalised” vir die kleinding. Groter kinders kan natuurlik woorde stempel – indien iemand 26 klanke wil kerf :wink: Vra ook vir vriende of daar nie ongebruikte, ou stempel by die kantoor lê nie – vir ‘n skenking. Kantore en fabrieke het dikwels ou afvalmateriaal, plakkers en diesmeer wat kleingoed op kreatiewe wyses kan gebruik.
Gebruik gemorspos, ou koerante en tydskrifte:
Maak klein winkeltjies in die kamer (woordeskat ontwikkeling)…
Gebruik gemorspos om die logo’s uit te knip en plak dit teen die muur vas. Hoeveel selfone is daar in jou winkel? Watter selfoon is die grootste? Kleinste? Wat verkoop jy in hierdie winkel? Waar gebruik ek hierdie items? Sorteer prente van meubels en elektriese apparaat volgens vertrekke. Waarvan hou jy?
Gebruik die prente in gemorspos om ‘n huis te versier. Gebruik ‘n ou doos (of verskeie) om “pophuise” te maak – met meubels, matte, mense, ens. Wees lekker kreatief, maar doen hierdie aktiwiteite SAAM MET die kleinding. Die doel van hierdie kreatiewe werk is om baie te gesels, om woordeskat aan te leer en te ontwikkel, om die handjies besig te hou en om die verhouding tussen ouer en kind te versterk.
Lekker speel!

voorspoed

2 Kommentaar

oulike gedagte - onlangs ontvang
onlangs ontvang – oulike gedagte

Voorspoed aan al die opvoeders wat besig is met die laaste stuiptrekkings van nog ‘n besige jaar.  Die departement het reeds begin met besoeke aan skole – om te verseker dat die kleingoed mooi vorder.  Sommige skole het al met die finale eksamen begin.   Baie voorspoed aan elke ouer, opvoeder en kleinding – veral met die groot opgewondenheid en angste wat met die assesserings gepaard gaan.  Juffer hou duim vas :wink:

kersfees as tema

Lewer kommentaar

 

geleen

Iemand (dankie T!) het vandag vir my gevra oor idees vir ‘n Kersfees-tema.  Ek plaas solank ‘n paar idees hier en sal uitbrei so tussen die punte en rapporte deur :wink:

1.  Allkidsnetwork

2.  Somme

3.  ‘n Ander juffrou se gedagtes

4.  Inkleurprente

5.  Inkleurwerk

6.  Kunsvlyt

7.  Kinderhelper - verskeie temas

8.  Animal Junior

9. DLTK verskeie werkvelle en aktiwiteite

10. abcteach verskeie aktiwiteite

11. Oulike idees vir geskenksakkies en kaartjies

12. verskeie

13. Skryf vir Kersvader…en ander

14. kunsvlyt

15. doolhof

16. naamkaartjies vir geskenke

17.  sneeuvlokkies

18.  nog sneeuvlokkies

19.  kersboomversierings uit herwinde kaartjies

20. Kabouterprent

21. Kwaaitjie Kabouter (ou omie)

22. Blomruiker kabouter

23. Dawie die Kabouter en nog Dawie prente

24. Kabouterkoekies

25. Verskeie kabouters

26. Kous doolhof

27. Kersboom

28. GROOT verskeidenheid prente

29. Oulike idee vir afvallap

30. Oulike idee vir afvallap of -papier

31. Oulike idee vir eenvoudige kaartjies van afvallap of -papier

Lekker snuffel!

einde van die jaar

3 Kommentaar

Wat maak ‘n mens aan die einde van die jaar? Eindig ‘n mens die jaar met ‘n vinnige wuif by die deur of maak jy iets spesiaals daarvan?

Ek het ‘n paar oulike idees teë gekom om veral by die jonger grade in te span. Weereens is die meeste gediggies en idees in Engels. Wie kan aan iets ouliks (in Afrikaans) dink?

Maak ‘n hele tema om die jaar mee af te sluit en hou ‘n uitstalling van die jaar se lekkerste gebeure. ‘n Goeie manier om die klas te versier is om foto’s en prente aan ‘n tou vas te knyp en om dit van hoek tot kant bo-oor die leerders te span. Plaas die gebeure in kronologiese volgorde en vra die kinders om kortliks die gebeure te beskryf. Bv. Jana het in Januarie verjaar. Ons het ‘n swembad-partytjie gehou en het lekker gespeel… Ons klas het die meeste geld ingesamel vir die skool se nuwe vlagpaal. Dít was nou ‘n goeie spanpoging!…Maak ‘n punt daarvan om iets oor elke leerder te plaas.

Indien daar muurruimte is, kan ‘n mens ‘n spesiale kleurvolle uitstalling aanbring. Wat van ‘n tema soos “Mooi dinge om te onthou uit my Graad 2-jaar”? Indien ‘n mens die kans het (of ‘n helpende mamma of twee), kan die oulike stories en prente op CD’s geskandeer word en as ‘n afskeidsgeskenk uitgegee word. Indien die CD’s ‘n bietjie duur is, kan ‘n afgerolde boekie gebind word vol herinneringe…met ‘n prettige klasfoto op ‘n kleurvolle voorblad :wink: Wees gerus kreatief en maak die herinneringe ekstra spesiaal.

die laaste rapport

10 Kommentaar

Dis die einde van die jaar en ‘n mens wil die laaste rapport ekstra spesiaal maak.  Indien jy baie tyd op hande het, kan jy self ‘n oulike koevert vir elke kind maak…indien jy ‘n onderwyseres is…kan die kinders dit maak :lol:

Jessica Jones het oulike idees oor koeverte.  Ek gaan nog so ‘n paar idees noem…Gebruik A5 bruin of wit koeverte vir die volgende:

Teken die buitelyn van ‘n prent af op ‘n ou x-straalplaat – met ‘n permanente koki.  Gebruik byvoorbeeld ‘n kenteken van jou klaskamer (‘n ster, dier of selfs die Graad – bv. 2, 1 of 3) of kersfeesprente (kersboom…) en sny dit uit.  Indien jy ‘n lamineermasjien naby het, kan jy eenvoudige die prent lamineer en versigtig uitsny vir gebruik.  Plaas dit bo op die koevert en plak liggies met wondergom vas .  Nou kan jy kies wat jy met die sjabloon wil maak…

  • doop ‘n sponsie (sommer ‘n sponsie uit ‘n ou pilbotteltjie) in tandepasta-dik verf en drup die meeste verf uit…droogspons nou liggies bo-oor die sjabloon en laat droog word…skryf die kind of ouers se naam in die oop spasies
  • vul ‘n ou spuitbotteltjie met voedselkleursel – verdun effens – en spuitverf die koevert…hou egter die botteltjie hoog en ver weg sodat die koevert nie onnodige blertse kry nie…’n keelspuitjie het nogal baie woema
  • as jy netjies kan sny, kan jy die karaktertjie uitsny en een kant bêre – sodat jy die groter raam kan gebruik.  Spuitverf of spons dan die binnekant van die stensil op jou koeverte…

Neem ‘n foto van elke kind en druk dit op die koevert tesame met sy / haar naam. (Gebruik ‘n tema – bv. dra ‘n kersmus, poseer by die skoolwapen…)

Koop spesiale papier, druk die koevertraam daarop en sny uit. 

Sny geskenkpapier (gewone, bruin of kerstema) in A4-velle.  Druk die koevertraam daarop – met die kind se naam in die middel.  Daarna kan jy die koevert self uitknip of vir die betrokke kind vra om dit te doen.  Seël dit met ‘n bypassende satyn of organza lint.  Jy kan die lint strik of met ‘n wasseël afrond.

Indien jy die buitekant van die koevert professioneel wil hou, kan jy die woord “Vertroulik” en die ouerpaar se name daarop druk. Versier die binnekant van die koevert met ‘n verrassingsmotief. Sny die randjie ietwat kleiner as die buiterand van die koevert se flap en plak die koevert toe met ‘n gepaste plakker – eerder as om dit toe te lek.

oulik

2 Kommentaar

komponente van lees

Lewer kommentaar

Soos wiskunde, het lees ook verskeie aspekte of boublokke om die leser se vaardighede te versterk.  Dit sluit fonemiese bewustheid, leesbegrip, klanke, vlotheid en woordeskat ontwikkeling in.

Fonemiese bewustheid dek die begrip dat ‘n woord uit verskillende dele bestaan.  Ek hoor die begin-, middel- en eindklanke…Ek kan ‘n woord verskaf wat rym met…

Klanke is die dele waaruit woorde gebou word:  klinkers / vokale, medeklinkers, klanksamevloeiings (br-, -ng, sw-…), dubbelklanke (aa, ee, oo, uu), tweeklanke (ui, oe, eu…) en drieklanke (aai, eeu…).  As die leser nie sy klanke ken nie, kan hy nie die woord ontsluit (lees of spel) nie.  Dus is ‘n goeie kennis van klanke belangrik.

Vlotheid het te make met die vloeiendheid van lees.  Dit steun nogal sterk op die leser se vermoë om dele van woorde en hele woorde met die eerste blik of oogopslag te herken.  ‘n Groot hoeveelheid woorde val onder die konsep sigwoorde of hoë frekwensie Sigwoorde.  Hoe vinnige en hoe meer akkuraat hierdie woorde gelees word, hoe meer vloeiend lees die kind.  Vlotheid neem egter hande met sigwoorde én leestekens.  Die kennis van leestekens en hul gebruike, maak die leesproses ‘n outomatiese proses.  Dink maar net aan jou bestuursvernuf.  Jy weet hoe om verkeerstekens en padaanwysings te gebruik sonder om twee maal te dink.

Woordeskat ontwikkeling is ‘n lekker en spesiale oefening wat deurgaans kan plaasvind en sonder veel “stres”. 

Gebruik die vakansie om spelenderwys en op ‘n ontspanne manier aandag aan die konsepte van lees te skenk en lees, lees, lees :lol: Koop ‘n boek of ruil uit met ‘n vriendin.

Time4learning is ‘n Amerikaanse webwerf wat ook hier en daar verklarings oor leesontwikkeling oulik voorstel.  Gaan loer gerus…

Drukbare almanak / kalender

Lewer kommentaar

Ek het vandag ‘n drukbare kalender / almanak gesoek en moes omtrent op die internet gegrawe het.  Hiermee dan so ‘n paar oulike kalenders … en een spesiaal vir die sokker in 2010!

Printable 2010 Calendar – Free Monthly Calendar of 2010.

uiltjies

reënboog

sokkerbal

oulike verskeidenheid - kleur of sonder

Kwartale en Vakansiedae

Drukbare Kalender vir 2010

Skoolkwartale 2011

nog ‘n kans

Lewer kommentaar

Die aspekte wat in ag geneem word om ‘n kind terug te hou in ‘n graad, is baie omvattend.  ‘n Opvoeder sal nie sommer ‘n kind terug hou tensy dit nie in die spesifieke kind se beste belange sal wees nie. 

Wat maak ek as my kind met die rapport tuis kom?

Die skool het jou reeds voorberei vir die moontlikheid van ‘n meer tyd aanbeveling.  Probeer om die goeie aspekte raak te sien.  “Sjoe! Jou skrif is baie goed en jy het ‘n goeie punt vir Lewensvaardighede gekry.  Baie geluk.  Ons sal volgende jaar aan die ander dingetjies werk.”  Oor-en-verby en roomystyd. Bêre die rapport en moet dit nie vir ander mense wys nie. Met die aanvangs van die nuwe jaar kan ‘n mens die hulp van kundiges in roep om aan die probleemareas te werk.  Die vakansie is kort en kwaliteit familietyd is belangrik.  As die outjie oor die rapport wil gesels kan ‘n mens luister.  ‘n Houding van “ek weet dat jy jou beste probeer het, maar volgende jaar gaan die werk meer bekend wees en sal jy nog ‘n kans kry”…is meer geskik as ‘n uittrapsessie.  Vir ‘n jong leerder kan ‘n mens vertel dat sy juffrou hom graag as ‘n leier vir die nuwe maats wil inspan…dink aan ‘n gepaste (positiewe) verklaring…Indien die nuus regtig moeilik is om te verwerk, kan ‘n mens ‘n gesprek met ‘n berader (sielkundige, spelterapeut, ens.) probeer.  ‘n Kind gesels dikwels met meer gemak met ‘n buite mens as met sy eie maats of ouers.

Hiermee verdere inligting oor ‘n Meer Tyd-jaar.

Herhaling van Graad 1-leerders

Herhalingsjaar en adolosente

storieman

6 Kommentaar

Iemand het onlangs na die Storieman-reeks gesoek.  Kontak gerus die Luisterbiblioteek in Pretoria vir die Storieman-, Storiemuis- en Rympieman-reekse.  Klik ook op die dokumente om hul ander produkte te sien en om verdere kontakbesonderhede te kry.

Storieman navrae

Rympieman- persverkaring

 

kersfees

Lewer kommentaar

Geseënde Kersfees aan almal! 

nood

Lewer kommentaar

Iemand het die afgelope paar dae gesoek vir aanwysings en kentekens vir ‘n badkamer. Ek vermoed dit is vir die kleingoed en vir kleuterskole se “troonkamers”. Hiermee dan ‘n paar skakels na oulike webwerwe. Daar is geïllustreerde aanwysings om die proses van goeie higiëne en toiletroetine aan te dui. Dit behoort behulpsaam te wees vir kinders van verskeie ouderdomme en kan tuis of by die skool gebruik word.

1. So maak mens

2. mooza gee inspirasie vir elegante aanwysings…lap, plakpapier,

lamineerder…(of hoe sal ons dit aanpas?)

Wat van tuin kabouters in kissies op die deure?

boekmerkies

2 Kommentaar

‘n Mens is mos altyd op soek na oulike idees – om te maak of om te laat maak. Hoekom dan nie boekmerkies nie?!  Dis mos iets om aan die begin van die jaar te maak – om die jaar met ‘n lekker lees gees te begin.

National Geographic het ‘n oulike webprogrammetjie waar die kind (of juffrou) self ‘n boekmerkie kan maak.  Jy kan die prentjie, agtergrond en raampie kies en jou eie boodskap tik.  Al wat jy dan nodig het is ‘n drukker, ‘n skêr en ‘n lamineermasjien (of ‘n rol breë deursigtige kleeflint).

Ontwerp jou eie oulike boekmerkies deur gesiggies, koppe, lywe en voete te pas. Jy kan sommer lekker laf raak as jy wil.

DLTK is altyd ‘n wenner en daar kan jy regtig kreatief raak. Ek het die Spongebob merkie daar geskep. Dan is daar ‘n paar oulike merkies op die Family Fun webwerf.

Kids Kreate het ‘n paar oulike boekmerkies in kleur.  Wees kreatief en geniet dit.

Boekmerkbasis

plekkaartjies, naamkaartjies en dies meer

13 Kommentaar

Iemand (dankie C!) het navrae gerig oor etikette en bordjies vir ‘n klaskamer.  SENTEACHER het ‘n maklike programmetjie waarmee jy raampies, bewoording, ensovoorts kan kies vir jou spesifieke behoeftes. Dit is maklik om te gebruik en lyk netjies. Sparklebox is ‘n Britse webwerf propvol oulike hulpmiddels. Kelly gee vir jou oulike idees, maar van die dokumente is ‘n bietjie groot om af te laai.

Lindsay het oulike idees en basisse (templates) vir busse en appels – indien jy die plekaanwyserkaartjies daarmee wou versier het.

K-3 het ‘n bladsy met aflaaibare, gratis takies en dinge.

Instant display gee oulike idees en anseo het oulike prentjies en kleure.

Usefulwiki verskaf foto’s van oulike klaskamer-uitstallings en bordversierings – asook the virtual vine.

Hier kan jy ‘n groot verskeidenheid tema’s deur kyk en idees kry vir jou eie klas.

Vir die weerkaart, kan jy hierna kyk. Druk die prentjies, lamineer en knip dit uit.

‘n Mens kan gerus gereeld by Teacher’s Love inloer vir blink idees.

By Valley View Market kan jy ‘n basis vir ‘n kalender kry en dan self die bewoording en detail aanbring vir elke maand.  In die klaskamer kan jy dan elke leerder se verjaarsdag aanbring en prentjies van die seisoen of maand in die opskrif byvoeg.  VVM het nog verskeie ander basisse van houertjies en dies meer.

Juffrou Mandy het ‘n oulike en helder kalender. Die kaartjies word met skuifspelde vas gesteek, maar as jy die syfers met klitsgras (velcro) vas sit behoort dit seker minder skade op te doen. Die basiese maandblok is dit altyd teen die bord vas, maar die dae skuif om by die maand aan te pas.

Siende dat die kalender vir die klaskamer is, kan ‘n mens seker die blokke teen die muur verf en met bordkryt daarop skryf!  Hoekom nie?…of wat van jou eie ontwerpie - wat die kinders help inkleur?

Ek hou van hierdie beloningskaart. Dis helder en kindervriendelik. Druk dit in kleur, plak dit op ‘n helder rooi papier en siedaar!

Teach This is regtig vol oulike idees en ‘n loer werd.

Kaartjies - druk in meervoud en ken ‘n stelletjie aan elke kind toe.  Jannie kry dus ‘n beertjie by sy tas (langs sy naam), sy waslap, bank, ens.

Naampies…en laastens kan jy gerus in die Blogroll loer na Depicta en Tuishulp (gemerk “apparaat”) se produkte :wink:

2010

2 Kommentaar

Kalender

 

herwin

Lewer kommentaar

 

 

Ek het besluit om vanjaar ‘n herwinningsprojek aan te wakker in my klas.  Die besluit is egter makliker as die “oorgaan in aksie”, maar tog behoort dit die moeite werd te wees om te probeer.

Wat kan ek alles herwin?  Basies alles wat weggooibaar is in ‘n gewone klas.  Kontak die volgende plekke om uit te vind waarheen jy die items kan neem of hou jou plaaslike koerant dop vir herwinningsdepots.  Daar is dikwels fondsinsamelingsopsies betrokke.

Cambriarecyles gee oulike idees en lesse. Daar is selfs ‘n reseppie om jou eie papier te maak.

Vir lesidees en werkvelle is Kidzone, abcteach, mieliestronk en planet pals staatmakers. Ek het ‘n paar blogs en webwerwe raak gelees waar oulike en kreatiewe idees gegee word om te gebruik in leerareas soos tegnologie.

Wat van…?

  1. Snippermandjies van snippertjies…Gebruik die skool se snippers en muurpapiergom. Plak en bou die vorm oor ‘n bestaande drommetjie en siedaar!
  2. Plekmatjies en versierings van ou legkaarte…Grawe in die stoorkamer vir ou en halwe legkaarte. Niemand kan dit tog gebruik as die stukke onvolledig is nie. Teken ‘n vorm, knip dit uit en plaas dit onder ‘n deursigtige stuk plastiek of glas. Pak die stukke legkaarte binne die raampie en bou dit op. Muurpapiergom is ‘n lekker dik pasta en gee ‘n “vernisde” gevoel as jy na die tyd ‘n lagie oor die skepping verf.
  3. Versier die klas met ou potlode en penne…Kies ‘n item en versier dit. Maak byvoorbeeld ‘n raam vir die venster of aansteekbord met die opskrif “Kyk hoe hard het ons gewerk” of “Potloodmuseum”. Ek het iets soortgelyks in ‘n klassie gesien – waar die juffrou potlode korter as die kind se middelvinger summier “afgeskryf” het. Kort potlode is immers nie ‘n goeie ding nie, want die belemmer ‘n goeie potloodgreep en postuur.
  4. Penneblikkies…gebruik ou kosblikkies, versier en gebruik dit op die tafels vir skryfbehoeftes…of laat plak ‘n klomp aan mekaar vas en sit dit vas teen ‘n dun plankie. Hang die plankie teen die muur op, merk die blikkies met die leerders se name en siedaar! Briewebussies vir nota’s, huiswerkvelle, omsendskrywes ensovoorts.
  5. Afgeskryfde boeke (veral met die harde omslae) se blaaie kan vas geplak word.  Plak so ‘n paar vas aan mekaar om ‘n stewige eenheid te vorm, plaas ‘n kussinkie bo-op en jy het ‘n oulike stoeltjie vir die leeshoekie.  Jy kan hierdie idee selfs inspan om die deur oop te hou of om jou boeke en lêers teen te rus op ‘n lomp boekrak! …of maak ‘n boekrak
  6. Selfoon of i-pod beskermers? Weef of brei ou wol, repies materiaal, sak of fyn draad om ‘n reghoekie te vorm.  Vou dit om en werk die kante toe.
  7. ‘n Kweekhuis gemaak van ou plastiekbottels…
  8. Herbenutting en so ‘n bietjie “eenvoudige tegnologie

Is daar ‘n paar juffrouens of mamma’s met oulike idees?

skool kruip nader

5 Kommentaar

Die nuwe skooljaar begin volgende week.  Hiermee so ‘n paar inkleurprente en gedagtes vir ouers en die jongspan.

Kry vandag nog al die skryfbehoeftes, kosblik-items en die uniform gereed.  Onthou dat die aanvangs van die nuwe skooljaar dikwels gepaard gaan met ‘n bekendstellingsproses.  Daar sal moontlik van julle verwag word om foto’s van die gesin of familie skool toe te stuur.  Loer solank vir gepaste foto’s…Verseker dat jou kleinding julle telefoonnommers en adres ken (agtergrondbladsy vir ‘n klaswerk- of huiswerkboek). Indien die skool nie skryfbehoeftes (boeke, oortrekpapier en plastiek) verskaf nie, kan jy solank seker maak dat die benodigdhede gereed lê vir die eerste skoolnaweek (alias “oortrek naweek”).  Ek het ‘n paar voorbeelde van basiese voorblaaie onder “drukbares” gestoor.  Gebruik dit gerus indien die skool nie voorblaaie verskaf nie.  Merk vandag nog ALLE skryfbehoeftes en kry die skooltas gereed.  Dit is altyd beter om die roetine so ‘n paar dae voor die tyd te begin as om dit op nommer 99 te probeer toepas (persoonlike ervaring het my geleer :wink: )…

Begin solank met die opgewondenheid…                                                             

Elizabeth Dulemba het ‘n hele paar oulike inkleurprente wat sy gratis aan die publiek bekend stel en Friends Accross America s’n is net so kreatief. Kaboose se prente het oulike lyne en hier kan jy leer hoe om die letters van die alfabet met jou lyf te vorm (Graad 2 en ouer). Dan is daar ook verskeie skoolgaande diere kinders en ‘n eg-Afrikaanse radio-webwerf vir kinders!

broodsakkiekaartjie vir ‘n rolstoel

5 Kommentaar

As deel van die herwinningsprojek vir die jaar kan jy en jou gesin (of klas) julle broodsakkiekaartjies versamel vir rolstoelskenkings. (Lees hier of hier.) Maak die klein kaartjies bymekaar wat die sakkie seël en pos dit aan Mary Honeybun of kontak Adri by 012 259 0554 vir verdere besonderhede.  Dis ‘n oulike gedagte, hou die kombuis skoon, hou die kleingoed aan die tel en as hulle briefies by hul posstukkies las – is dit ‘n oulike skryfwerkie.

270 kg kaartjies / 800 000 tot 1 miljoen = 1 rolstoel

Adres: Mary Honeybun, Posbus 215, Noordhoek, 7979

Telefoon: 021 789 1831

wildtuin

8 Kommentaar

Lily het gevra vir ‘n paar gedagtes vir lesse oor die wildtuin. (Ek was nog self nie daar nie en sal die hulp en gedagtes van oudbesoekers waardeer.) Ek gee so ‘n paar gedagtes en skakels om die gedagtes aan te wakker.

Watter diere is in die wildtuin?
Hoekom is hierdie diere in die wildtuin?
Hoeveel diere is in die wildtuin?
Hoeveel van elke soort?
Watter diere is die grootste? kleinste? meeste? minste?
Wat is ‘n bedreigde dier? Wat beteken dit?
Watter wildtuin diere woon in die water? Op land? Vlieg (hoogtes)?
Watter dieresoorte is daar in die wildtuin (soogdiere, voëls, amfibië…)?
Wat is karnivore? Wat is herbivore? Wat is ‘n omnivoor?
Waar is die wildtuin?
Hoe lyk dit waar die diere woon? Sou ek daar kon woon?

Gebruik ou kinderliedjies / -rympies om lesse af te sluit of in te lei.
Bv. As jy praat oor
- ape en bobbejane: Wielie, Wielie, Walie / Daar’s ‘n apie op ‘n stokkie…
- leeus: The lion sleeps tonight*
- krokodille: Ek is ‘n eensame krokodil (Lucas Maree)
- arende: Sweef soos ‘n arend (dalk in die Godsdiensles)
- olifant: Nellie the elephant*
* Integreer met Engels Tweede Taal

Dit is dalk nie heeltemal “wildtuin”-musiek nie, maar ek dink die liedjie van Madagascar “I like to move it” kan gebruik word. (Dit word tog baie direk met die fliek oor wilde diere verbind.) Werk ‘n eenvoudige aksie uit en leer dit vir die kinders aan. As die liedjie speel moet almal geluidloos die aksie saam doen – om hul aandag te kry. Jy kan dit dalk ook gebruik om die kinders van die mat na die tafels te laat beweeg of om die vingers vir skriflesse op te warm. Dit is ‘n opgewekte en vrolike liedjie – en is tog beter as die alewige klokkies wat so dikwels skril lui.

Gepraat van skrif: Die apie-swaai patroon pas perfek!

Ander (meer skeppende) idees:
(Die kinders…) Maak verkeerstekens (padtekens/-bordjies) vir die onderskeie wildskampe in die wildtuin en gebruik dit om die verskillende groepe (lees, wiskunde of tafels) voor te stel.
Betrek die verskillende diere by “menslike eienskappe” of “emosies”. Dié idee kan dalk gebruik word by ‘n sinsbou les (Hoe kan ek die sin uitbrei?)…Verdere idees vir byvoeglike naamwoorde kan ook hier (aan die linkerkant) gevind word.

Nog skakels na oulike werf-idees is:
Lessonplanspage
Bekendstelling aan die Engelse name van diere (oulik)
St.Aidens
Danielle

Wat van ‘n skattejag op die speelgrond? Die kinders moet ‘n kaart volg deur die “wildtuin”.

Wat van bingospeletjies? Slangetjies en leertjies?

Wat van meting? Watter dier het die langste nek? Die kortste stert?…

temas vir die kwartaal

4 Kommentaar

Die temas vir die kwartaal is as volg:

Graad R

ALLES OOR MYSELF

  • MY LIGGAAM
  • MY FAMILIE
  • WATERWEEK

Graad 1

ALLES OOR MYSELF

  • MY SINTUIE
  • MY FAMILIEBOOM
  • WATER

Graad 2

ALLES OOR MYSELF

  • GESONDE LEEFWYSE
  • VERLENGDE FAMILIE
  • VERSKILLENDE VORME VAN WATER

Graad 3

ALLES OOR MYSELF

  • MY LIGGAAM – BELANGRIKE ORGANE
  • VERSKILLENDE FAMILIE TIPES
  • WATERKRING  LOOP

Moontlike skakels vir oulike takies oor die liggaam en liggaamsbewustheid:

fantasi

graffiti

english baby

speletjies

lesson sense

mes

esl

opi

http://www.songsforteaching.com/folk/dembones.php

Familie:

ebible

teacher’s love

diagramme

flitskaarte

Waterkringloop:

Powerpoint, ens.

Kleurvolle voorstelling

Takies

flickr

bennie se pennie in die armbeurs

2 Kommentaar

my hartjie…my liefie

2 Kommentaar

Dit is Sondag Valentynsdag en alhoewel die kinders nog nie die romantiese sy van Valenstynsdag ken nie, kan ‘n mens die dag op ‘n spesiale manier vier. Vier die liefde en dinge soos vriendskap en dankbaarheid.

‘n Mens hoef nie die hele dag te spandeer aan Valentynsdag nie, maar kan dalk die volgende idees gebruik…

As deel van die Bybelles, kan jy oor aspekte soos liefde (Kor. 13?) praat. Tydens die Skrifles kan ons groot harte (met behulp van ‘n stensil / sjabloon) op ‘n bladsy trek en binne die hart skryf. Juffrou kan dalk ‘n oulike gediggie kies of “liefdessinne” skryf. Na die tyd knip die kinders die harte uit (fynspier oefeninge) en knyp dit met wasgoedpennetjies aan ‘n lang tou vas. Vir ‘n bietjie variasies kan ‘n mens die papier met verdunde rooi kleursel verf…

Kyk gerus na die Wiskunde sommetjies wat all kids network beskikbaar stel…As jy die kinders vra om tydens die geletterdheidsbeen stories te skryf, kan julle dít op ekstra groot harte skryf en met tou aan ‘n boom hang. Elkeen wat verby stap, sal wil loer en dit wakker nogal ‘n nuuskierigheid (en leesgierigheid) aan. Indien jy bang is vir die moontlikheid van reën, kan jy die liefdesharte aan kersboomliggies vasknyp en in die gange laat flonker.

As jy lus het, kan julle harte uit “filt” lappe sny – so twee verskillende groottes. Werk dit dan met growwe rygsteke al om die rand vas…
- om op ‘n kaartjie te plak…
- om aan ‘n doekspeld te heg (borsspeld)…
- om op ‘n magneet te plak (yskas magneet)…
- om op ‘n boekmerk te plak…

Bak eenvoudige koekies en druk harte met ‘n koekiedrukker uit. Elke kind versier dan die klaar gebakte koekies…Verpak dit in ‘n spesiale sakkie.

Dra jou hart op jou mou:  Maak vriendskaps-armbande uit papier, papierrolletjies en ou linte.  Jy hoef nie noodwendig ‘n hartjie te sny nie, maar kan met enige stensilpons werk.  Plak ‘n breë stukkie lint aan die binnekant van die “venstertjie” en herhaal dit as die “gespe”.  Ouer kinders kan gewone kartonstroke gebruik en oortrek met pienk, rooi of blommetjieslap.

Druk ‘n hartjiemotief op kardoessakkies en vul dit met lekkers of ‘n kaartjie.

Maak ‘n skoenlapper - met ‘n stokkielekker as die middelpunt.  Kyk ook na die knooprygwerk op dieselfde bladsy.

Verskeie werkvelle en dinge:

All kids network

animal jr

homeschooling (blaai deur 10)

kunsvlyt

versierings

harte stensil

speletjie

Gelukkige Valentynsdag!

tandmuis / tooth fairy

3 Kommentaar

Iemand wou graag iets oor die tandmuis leer…

Hoeveel tande het ‘n baba? ‘n kleuter? ‘n grootmens?
Watter tipe tande kry jy? Waarvoor gebruik ‘n mens dit?
Tande knersers
Nie-tandeborselaars (eish)

Ek plaas ‘n paar skakels na oulike werwe…

tand 1

tande 2

tande 3

inkleurprente

inkleurprente (met ‘n gids)

Tandkissie

Tandkussing

Tandsakkie

Oulike tande en klas dinge


teachers

Lewer kommentaar

Skrif voorbeelde

2 Kommentaar

Hier is ‘n paar idees vir tuis-oefeninge.  Druk die voorbeeld uit en sit dit langs die kleinding neer of plak dit teen die muur vas.  Gebruik ‘n “lyntjieboek” om in te oefen.  Ek is nie seker of die prente se skaal korrek sal wees indien jy dit direk druk nie.  Indien dit wel werk – kan jy die bladsy in ‘n lêersakkie bêre en ‘n dun koki (witbord veselpen) gebruik om dan daarop te skryf.  ’n Mens kan die sakkie vinnig skoon vee en môre weer oefen.

Die drukskrif oefeninge is nog te moeilik vir Graad 1.  Doen dit eerder met Graad 2- en 3-leerders.  Die lopende skrif-oefenige kan met kinders van Graad 3 af op gedoen word.

(Moenie van CNX vergeet nie…

http://cnx.org/content/m26710/latest/graphics2.png

http://cnx.org/content/m26707/latest/graphics2.png

http://cnx.org/content/m32515/latest/graphics2.png

http://cnx.org/content/m26701/latest/graphics2.png

http://cnx.org/content/m26603/latest/graphics2.png)

Speelgoed

1 Kommentaar

Jessica het gevra of ek kan help met idees i.v.m.  speelgoed (Graad R-vlak as ek reg kyk).  Wat van die volgende?

Kry gemorspos met speelgoed daarop.  Plak dit teen die muur op.

Perseptueel…

Visuele diskriminasie:  Soek al die speelgoed vir dogtertjies en die speelgoed vir seuntjies.  Waarmee sal beide geslagte graag speel.

Ouditiewe persepsie:  Watter speelding begin met ‘n m?  Die motor!  Watter speelding begin met ‘n p?  Die pop!

Ouditiewe diskriminasie:  As jy speelgoed het wat geluide maak – bespreek die speelgoed en maak die geluide.  Die kind maak sy ogies toe en moet dan na ‘n geluid luister…Watter speelding het so gemaak?  Die beertjie!

Visuele geheue:  Pak enige 3 speelgoed op die tafel.  Die kind noem dit op. Bedek of skommel.  Vra die kind om dit reg te pak soos tevore.

Patrone:  Pak speelgoed in ‘n ry (bv. pop, beer, motortjie) en vra die outjie om voort te gaan met die patroon (pop, beer, motortjie, pop, beer, motortjie)…

Buitespel…

Maak ‘n motortjie by die houtwerktafel.  Kap 4 doppies weerskante van ‘n blokkie hout vas en siedaar.  Dit verg oog-hand koördinasie en toesig :wink:

Waterspel – Watter speelgoed dryf en watter speelgoed sink? Vir ‘n sekondêre aktiwiteit, buig en draai die kleingoed self ‘n pap draad in ‘n seepbelblaser (dalk soldeer draad). Dan kan hulle hul blaasvaardighede buite ten toon stel.

Fantasiespel…Versier ‘n klimraam of houthuis soos ‘n speelgoedtrommel of -winkel.  Vertel ‘n storie van ‘n speelgoedtrommel of -winkel.  Plaas klere, pruike en maskers in die houthuis of klimraam en laat die kinders oor aan ‘n paar minute van fantasiespel.

Sandspel – plaas spesifieke speelgoed in die sandput.  Watter speelgoed kan skep? Watter speelgoed kan torings, kastele of huise bou?

Bespreek dalk…

Speelgoed van toeka tot nou…vra die ouers om van hul eie speelgoed te stuur.  Waarvan is die speelgoed gemaak?  Waarvan is jou speelgoed gemaak? Hoe is dit eenders?  Hoe is dit anders?  Besoek ‘n speelgoedmuseum…

Hoe werk die speelgoed op jou besprekingstafel? skarniere, wiele…toutjies…

Sorteer jou speelgoed – volgens grootte, volgens kleur, volgens die materiaal waarvan die gemaak is (hout, rubber, lap…).  Hoe voel jou speelding?  sag, hard, wollerig, glad…Kan jou speelding ‘n geluid maak of is dit stil?  Waarmee speel ‘n baba? Waarmee speel jy?  Hoe verskil die speelgoed?

Skeppend…

Maak ‘n Sponge BOB speelding (soortgelyk aan hierdie outjie)…Laat die kleingoed vooraf (‘n dag vooraf) een bladsy bruin en een bladsy geel verf. Gebruik dalk sponsdrukwerk of maak patrone in die nat verf.  Jy kan natuurlik ‘n gekleurde styselpap mengsel op ‘n skinkbord plaas en die kinders vra om sirkels te teken.  Druk ‘n bladsy liggies bo-op om die patroon af te ets.  Oefen ‘n dag voor die tyd – anders flop jou krit les.

‘n Ou papboks kan nou met skeur en plak werk versier word in ‘n geel deel bo en ‘n bruin deel onder. Verskaf plakbare ogies (materiaalwinkels het verskeie) en rooi gekleurde pypskoonmakers vir die mond. Gebruik toiletrolle vir die arms en bene of dalk kurkproppe.

Biblioteekweek

2 Kommentaar

Dit is Biblioteekweek vanaf 15 tot 19 Maart.  Wat kan jy doen om hierdie week te vier?

Indien jou skool ‘n biblioteek het, kan jy individuele foto’s van die kleingoed (veral Graad R of 1) neem.  Die gedagte is dat jy die foto in of voor die biblioteek neem – met ‘n boek of lidmaatskapkaartjie in die hand.

Druk dit dan op ‘n A4-vel uit (“print” in die middel) en help die outjies om ‘n raam rondom te teken met helder uitdraaikryte of pastelle.  Maak letterpatrone, skryf woorde of ‘n slagspreuk (bv. “Ek kan lees.” “Lesers is oulik.”) in die raam.  Verf ‘n verdunde voedselkleursel lagie bo-oor en siedaar!  Nou kan jy ‘n uitstalling in die gang maak om te wys hoe oulik jou lesertjies is.  Blok dit op ‘n aansteekbord of maak ‘n lang lyn (op die outjies se ooghoogte), sodat die ander maats die slim lesers kan raak sien.

Reël ‘n ouer, ‘n ouma of iemand uit die gemeenskap om oulike kinderboeke vir die kleingoed te kom lees.  Die persoon moet darem so ‘n bietjie met gevoel kan lees en weet hoe om met kleingoed te kommunikeer.  Wat van ‘n Graad R-juffrou?  Die kinders sal dit geniet om hul ou juffrou weer te sien en om met hul uniforms te spog.  Dalk kan een van die groter grade se juffrouens kom inloer of selfs die skoolhoof.

Vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n spreker reël.  Dalk is daar ‘n kinderboekskrywer of –illustreerder in jou omgewing.  Lees van die persoon se boeke en doen ‘n bietjie navorsing.  Stel ‘n paar vrae op wat die kinders tydens ‘n onderhoud of vraag-antwoord sessie moet beantwoord.

Maak julle eie boeke en plaas dit in die klas se leeshoekie / bibliotekie – vir die hele klas se leesgenot.  (Bv. My boekie oor vorms.  My boekie oor sjokolade.  My boekie oor die skoolhoof.  Juffrou se boekie oor dinge waarvan sy hou.) Kry dan ‘n ander opvoeder om die boekies te lees.  Dit behoort ‘n aardigheid te wees vir die kleingoed :wink:

Ouer grade kan vir die kleintjies gaan lees of tydens ‘n leesles vir die kleingoed help met hulle leeswerk…

Wat van ‘n biblioteek “make over”?  Die moontlikhede is legio.

Kom ons hersien die klanke…

14 Kommentaar

Hier is ‘n paar idees om tydens klankvaslegging te gebruik.  Doen dit alles in ‘n werkboek of op los blaaie.  Beloon goeie werk en spog ‘n bietjie by die ander gesinslede.

  • Enkelklanke:
    • Skryf die klank (bv. t) op Grootman se rug of in sy handpalm.  Hy moet dit dan identifiseer.
    • Vra Grootman om ‘n woord te noem wat daarmee begin.  Indien die woord ‘n rymwoord het, kan julle probeer om oulike rymwoorde te vind.  Bv. tas, das, mas, las, pas, kas…
    • Skryf die aanvanklike woord bo-aan die bladsy neer en vra Grootman om die ander woorde onder hierdie woord te lys.  Bespreek die woorde om te verseker dat hy verstaan wat elkeen beteken.  Teken prente langs die woorde of skryf ‘n sin daarby.
    • Grootman moet nou aan ‘n woord dink wat eindig op die gegewe klank (bv. kat).
    • Knip ‘n kolom uit ‘n ou tydskrif-artikel (bv. Huisgenoot).  Vra dat Grootman die klank soek en omkring.  Tel die klanke.  (Dalk kruip daar nog weg.)
    • Grootman moet die klank groot op ‘n bladsy neerskryf.  Maak seker dat hy op die regte plekke begin.  Hy kan nou aan vier of vyf items of diere dink wat daarmee begin en dit rondom die klank teken  (bv. tier, tien, tande, tone, televisie…).  Grootman hoef nie altyd net die klank te skryf nie.  Hy kan bo-oor die letter “skryf” met gom en dan stukkies gekleurde papier daarop plak of sand daaroor strooi.  Hoe meer kreatief hy raak, hoe lekker is die lees- en leerprosesse.
    • Speel “name, vanne, diere, dorpe”.  Kyk of julle aan ‘n naam, ‘n van, ‘n diersoort en ‘n dorp kan dink wat met die klank begin.
  • Dubbel-, twee- en drieklanke:
    • Gebruik dieselfde idees as by die enkelklanke, maar verseker dat Grootman weet dat die klanke nie meer as a-a of o-u geklank mag word nie.  Dit is nou eenhede soos aa, ou, ui en eu.
    • Knip die meegaande klanke kaartjies uit, plak ‘n breë strook kleeflint daaroor vir beskerming en bêre dit in ‘n houer.  Op verveelde oomblikke kan Mamma of Pappa ‘n kaartjie trek en vir Grootman vra om dinge in die huis te soek wat daardie spesifieke klank bevat.  Hy moet dit dan neerskryf en kom wys.
    • Draai die klanke kaartjies om en vra vir Grootman om een te trek.  Mamma of Pappa moet dan aan twee woorde dink wat die klank bevat.  Ruil die rolle om en maak beurte.  Skryf die woorde neer en vra Grootman om ‘n oulike sin met elkeen te skryf.

Wat van ‘n paar foto’s van julle kreatiewe werk?  Stuur gerus na remediering@hotmail.com of “tag” dit op FACEBOOK.  Idees uitruil is altyd ‘n wenner :wink:

waterwys

Lewer kommentaar

Wêrelddag vir water is 22 Maart en volgende week is Waterweek (begin die 15de).  Hier is ‘n paar aktiwiteite en mense met blink idees se gedagtes.

1. ‘n Lêertjie oor Engels klanksamevloeiings – met oulike druppels en sambrele. Jy kan dit selfs aanpas vir die Afrikaanse outjies of die leë raampies vir iets anders gebruik.

2. Die waterkringloop.

3.  Wat weet jy van die waterkringloop?

4.  So kan ek help om water suiwer te hou.

5.  Die VSA het ‘n paar oulike idees om kinders bewus te maak van waterskaarstes, suiwering en -besparing.

6.  Water verbruike tuis.

7.  Besparingsprent van Earth Kids.

8.  ’n “Water” pakket vol prettige werkstukke en lesidees.

9.  Besparing by die skool.

10. Bewarings aksies by die skool.

11. ‘n Australiese skool leer ons ‘n ding of twee.

12.  ’n Plakkaat goeie waterverbruikers.

13. Aanlyn water speletjie.

14. Skole in die Vrystaat het die inisiatief geneem om water na droogte geteisterde areas te stuur. Kan jou skool dalk ook so iets probeer?

Neem gerus foto’s van jou kind(-ers) se blink idees of oulike water kunswerk. Ek sal dit hier plaas om ander te inspireer in ons poging om water te bespaar. Onthou die e-pos adres is remediering@hotmail.com. Jy kan my ook via Twitter of FACEBOOK kontak.

Wat is ‘n “VMI”?

Lewer kommentaar

Dié van julle wat al ‘n verslag van ‘n arbeidsterapeut of ‘n opvoedkundige sielkundige onder oë gehad het, sou ‘n verwysing na die kind se VMI gesien het. Dit staan vir Visual-Motor Integration en het te make met die kind se vermoë om beelde te interpreteer en weer te gee.  As die outjie se VMI telling baie laag is teenoor die kronologiese ouderdom, beteken dit dat hy ‘n bietjie gaan klei trap met dinge soos skrif en afskryf van die bord af.  Daarom beveel die kundiges hulp soos arbeidsterapie aan…en dit wérk

Baie outjies se prestasies styg as die VMI styg.  Hulle is dus nie net eenvoudig oorgelaat aan ‘n “swak uitslag” op ‘n verslag nie.  Daar is ‘n uitweg.

Tesame met die kundige raad en hulp van ‘n arbeidsterapeut, is daar ‘n paar oefeninge om tuis te probeer. Probeer baie oefeninge wat die Visuele Persepsies, Middellynkruising en Fynmotoriek ontwikkel.

Eye can learn gee aanlyn oefeninge en oulike idees.  Kyk ook na Dianne Craft se riglyne…en dié artikel oor ‘n ouer se eie ervarings.

http://www.wired.com/images_blogs/photos/uncategorized/2007/03/26/beery4.jpg

Paasfees

Lewer kommentaar

Die kwartaal staan einde se kant toe en dis amper Paasfees. Hiermee dan ‘n paar oulike webwerwe en idees.

  • Nooi iemand uit die gemeenskap om gepaste verhale uit die Kinderbybel voor te lees, te dramatiseer of net te vertel.
  • Maak eierkranse (soos hier onder), rol boodskappies op en heg met linte aan die krans vas. Besoek instansies in die gemeenskap en oorhandig die kranse – met die mooi wense daaraan vas.
  • Hou ‘n paaseiersoektog of -skattejag.
  • Gee vir elke kind ‘n hout wasgoedpennetjie om met verf, veselpenne en “glitter” te versier.  Hulle kan ‘n ovaal uitknip en versier en aan die een kant van die pennetjie vasplak.  Stal die pennetjies teen die muur uit en knyp ‘n malvalekker-paaseier in elkeen vas – vir ‘n bederfie.  Of help elkeen om ‘n klein sakkie te maak – soos die hasiesakkie hier onder.  Plaas dan ‘n paar “speckled eggs” daarin en oorhandig die geskenkies aan instansies in die gemeenskap.
  • Help die kinders om kruise te maak en te versier.  Elkeen kan ‘n ander versie rakende die Paastyd daarop skryf.  Hang dit aan ‘n tou dwarsoor die klas op.  So kan elkeen die proses volg, die versies lees en die boodskap van Paastyd ervaar.  Julle kan die kruise met paaseiers vervang – indien die outjies nog klein is en die vormpies eenvoudig moet wees.

Ander gedagtes:

  1. DLTK werkvelle
  2. Lesson sense (wiskunde en ander)
  3. Eierdoolhof
  4. Krans
  5. Pragtige “felt” versierings
  6. Ouma se idees
  7. Hasie houertjie
  8. Speletjies
  9. BAIE takies en idees.
  10. Voorskools (Christelik)
  11. Jesus se lewensverhaal (prente)
  12. Inkleurprente en idees (Christelik)
  13. Kuns
  14. Paashaas uit klei
  15. Paasfees bederf
  16. Paasfees lekkergoed en ander lekkertes

herfs

2 Kommentaar

iewers gesien

Dit is eintlik alreeds Herfs en ek het nog niks daaromtrent gesê nie.  Dis seker omdat dit nog onlangs 40° C in my klas was!  Kom ons dink aan ‘n paar gedagtes om die kleurvolle seisoen in te wy.  (Dalk meer op Graad R en 1 gefokus.)

Uitstallings:

As juffrou moeite doen en die uitstalling aanloklik maak, sal die werk sommer ekstra lekker wees om te doen.  Gebruik ‘n herfstafeldoek of gebruik groot velle bruinpapier – met herfskleur drukwerk daarop.  Plaas houers met blare en sade in afsonderlike houers.  Die outjies kan hieraan voel, ruik en skud.  Dink net aan al die geluide wat sade en peule kan maak.  Gebruik dié natuurlike musiekinstrumente sommer tydens sanglessies.

Collage:

‘n Collage word nie in een dag voltooi nie.  Dit bou op.  Elke takie wat jy elke dag doen, kan op die ou einde ‘n stukkie van die finale kunswerke wees.  Jy kan ‘n klassikale werk maak of individuele prente.

  • Berei ‘n groot vel papier voor (las dalk so twee A1-velle ongedrukte koerantpapier vir die klas of ‘n A3-vel vir ‘n individu) deur drie tot vier verskillende mengsels verf dikkerig aan te maak.  Dit moet soos “tandepasta” wees en kan in kleure soos ‘n gelerige oranje, rooierige oranje en ‘n roesbruin gemeng word.  Moet nooit die poeierverf net so uit die potjie gebruik nie – dis vervelig :wink: .  Plaas ‘n paar sponsies (sommer dié in pillehouertjies en ou kombuissponsies) by elke kleur neer en laat die outjies die verf op die groot vel “spons”.  Verduidelik vir hulle dat die sponsies nie moet drup van die verf nie en amper droog moet wees.  Hou maar ‘n ogie oor die takie, want die kleur kan dalk op een kol gekonsentreer wees.  Versprei die kleure in ‘n lekker bont “blare bed”.
  • Maak ‘n krimpvarkie.  Jy sal die sjablone moet verskaf of die buitelyne vooraf moet afrol.  Verf die verskillende dele met vingerverf, plak bewegende ogies (soos die plastieksoort wat jy in materiaalwinkels se knope-afdeling kry.  Onthou dat die buitelyne dik en donker moet wees om die knippery te vergemaklik.  In Graad R kan jy dalk die “pelsies” uit watte laat maak en dit met voedselkleursel kleur.  Groen en rooi kleursel behoort bruine te maak – voeg geel by en maak dit ligter met water.  Die krimpvarkie sal later op die gesponsde agtergrond verskyn.
  • Maak ook ‘n eekhoring.  Koop A4-velle bruinpapier (die soort waarmee boeke oorgetrek word) en rol die sjabloon daarop af.  Die kleingoed knip die eekhoring uit en rol verskillende skakerings bruin verf met ‘n droërige rollertjie daaroor.  Hou stukkies bruin gekleurde pypskoonmakers byderhand vir snorbaarde, ‘n swart knopie of bewegende ogie en selfs regte akkers vir die afronding.  ‘n Mens moet altyd aan iets dink wat diepte sal gee aan ‘n collage.  Indien jy lus het, kan jy ou stukkies lap (monsters) by ‘n mat- of gordynwinkel vra en die lappies in klein blokkies opsny.  Dit sal oulike teksture vir die lyfie gee…of ou snippers hare by ‘n haarsalon (siesa! :lol: ).  Wees kreatief en maak die aktiwiteit prettig..
  • Plak nou die diere bo-op die agtergrond en gee ekstra stukkies akkerdoppe of boombas om om die voetjies te strooi.  Indien jy lus het, kan julle stukkies gom of alkant-kleefkant sponsstrokies onder die diere plak vir ‘n 3D-effek.  Stal die prente in die gang uit – op die kinders se ooghoogte.
  • Maak eenvoudige sjablone van eikeblare uit x-strale of dik karton.  Sny dit uit.  Die kleingoed teken dit af met ‘n vetkryt of ‘n dik potlood.  Onthou dat die vorm nie te vol detail moet wees vir die kleinste outjies nie.  Elkeen kan oor die getekende lyn gaan met ‘n platpunt veselpen (swart koki).  Kleur in met vet, Jumbo pastelle (druk hard…oranjes, rooie, bruine) en gebruik die helder blare in ‘n raam vir jou uitstalborde, vir die klas se deur, die vensterrame, ens.
  • Maak herfsblaarbrille.  Gee ‘n paar bril sjablone, laat dit aftrek op dik karton, knip uit en versier met herfsblare (wat van wingerdblare?).  Julle kan ook die pastelblare hiervoor gebruik of die brilletjies in herfskleure spons.  Knip die skrefies of kykgleuwe vir die kleingoed uit.
  • Maak herfslanterns.  Gebruik ou glasflesse (vra vir Puritybottels by dagmoeders) of goedkoop glase.  Smeer styselpap of (my gunsteling) muurpapiergom aan beidekante van lekker bont herfsblare EN aan die binnekant van die skoon glas.  Plak die blare aan die binnekant van glas en spasieer die blare sodat dit net een lagie maak.  As dit relatief droog is, kan die outjies bo-oor verf met nog gom.  Was maar die glas buite-om skoon met ‘n bietjie opwasmiddel en skryf die outjies se name onder-aan die klas.  Nou kort hulle net ‘n teeligkersie en siedaar! ‘n Oulike geskenk vir Moedersdag :wink:
  • Maak ‘n groot boom.  Teken die boom se buitelyne op koerantpapier of selfs ‘n oop gerolde vel bruinpapier.  Teken duidelike graslyne.  Hierdie is ‘n “ekstra tafel” aktiwiteit…  Die outjies kry skakering van blou en witterige verwe om die lug mee te verf…of sê bv. dat elkeen 5 drukke met ‘n sponsie mag maak (tel word ook by gewerk :wink: ).  Die gras-deel kan weer met bruine en oranjes bedruk word of met gom en strooiwerk versier word.  Gebruik sommer budjiesaad en droë blare vir die grond.  Die boom kan met growwe bas en fyn gedukte (“crushed”) akkerdoppe bestrooi word.  Sodra dit droog is, kan jy dit agter ‘n deur of op ‘n fokusarea in die gang opplak.  Vir ouer leerders kan jy BITTER versigtig wys hoe om herfsblare met was te preserveer.  Smelt kerse, knyp die blaarstingels in ‘n pennetjie was en doop dit in die was – 2 tot drie maal.  Hang die blare op om droog te word (dit gebeur gou) en plak die blare op die boom.  Die blare is veronderstel om die kleur te behou – met ‘n oulike glans.  Dalk kan ‘n mens die draadwerkies vir tuisgemaakte oorbelle koop en sulke blare as oorbelle inspan (vir Moedersdag natuurlik).
  • Doen “afvryf” werk.  Gee vetkryte, houtskool en conté kryte (as julle het).  Die kleingoed gaan soek dan oulike teksture, plaas die papier daarop en “vryf” met die lengte van die kryt daaroor.  Growwe boombas en blare met prominente are sal goed werk.  Laat hulle die bladsy lekker vol maak en gaan bo-oor met ‘n bietjie verdunde voedselkleursel.  Eiergeel kleursel gee ‘n warm effek.  Jy kan egter flou rooi en geel mengsels met ‘n spuitjie oor die “vryfwerk” spuit.  Klad dit met sneesdoekies, handdoekrol of ou lappe.  Wees versigtig, want ‘n nat bladsy kan frommel as jy hard vryf.  Hierdie blaaie kan as voorblaaie, agtergronde, versierings, ens. ingespan word…of gebruik dit vir skeur-en-plak werk op ‘n volgende Collage.
  • Drukwerk…dink aan verskillende kleure…teksture soos bas, sade, blare (dik are!) en selfs halwe appels.  Gebruik dik verf (pastarig), kerswas (ouer kinders…smelt afval stukkies) wat met voedselkleursel gekleur is…kleursel in muurpapiergom gemeng – vir glans…wees kreatief.
  • Vir Graad 1′s (en ander outjies wat dalk intervensie en ekstra oefening benodig) kan jy selfs letters / klankies met blare en sade laat bou…of strooi dit bo-oor gomletters…Laat die outjie spelwoorde met gom skryf en gee dan budjiesaad of krummelbare droë blare om te sprinkel.  Lekker vaslegging en dit ontwikkel sommer die fynspiere ook!

Ander:

Gedigte

Simmetrie

Verskeie

Tel

Takies

Voorskools

Inkleurwerk

Engelse storietjies

opknapwerk vir juffrouens

2 Kommentaar

Ek sal probeer om gepaste kursusse hier te lys…Indien jy van ‘n praatjie of ‘n kursus weet, kan jy die inligting aanstuur (remediering@hotmail.com).

Renee Lighton is Engelssprekend, maar haar sessies kan deur enige een bygewoon word. Sy is nogal ‘n inspirasie vir juffrouens en ouers wat met outjies van so jonk as 3 jaar tot so 8 of 9 jaar werk. Haar praatjies is kort en kragtig, maar vol skop (± 75 minute).

Die praatjies raak aan geletterdheid, wiskunde en skrif. Die idees is prakties, sakpas en wys jou hoe om met min fondse baie te bereik.
Jy moet Renee direk per e-pos kontak: rlighton@mweb.co.za.

Neem ‘n geldjie saam…(boeke te koop).

Bookings by email only on  rlighton@mweb.co.za. Please  include your name, date, venue, time and your mobile number. Payment at the door.

The book Let’s Get Ready! Will be on sale at the special price of R100.

Parents,teachers, au pairs!

Fabulous ideas for 3 to 8 year olds. 75 minutes of fabulous numeracy, literacy and handwriting ideas fun! It is practical, hands on, fun!  It  will change the way you play with your child!

Bookings by email  on  rlighton@mweb.co.za. Please  include your name, date, venue and  your mobile number. Payment at the door. Cost R70. Limited seating!

PLETTVenue: 39 Beau Rivage Saturday  26th JUNE 3pm to 4.15pm”

sokker

Lewer kommentaar

Die Wêreldbeker sokkertoernooi is een van die dae hier en ‘n mens kan verskeie dinge doen om die kleingoed geïnteresseerd te maak.  Ek het so ‘n paar werkvelle en “inspirasies” opgespoor oor sokker en oor verskeie Wêreldlande. “Lande van die wêreld” val seker nog nie heeltemal in hierdie kwartaal se beplanning nie, maar die terloopse inligting behoort voorbrand te maak vir die latere tema’s. Sonder ‘n hoekie, muur of gang af waar die outjies meer oor die deelnemende lande en die sokkertoernooi kan leer. Gebruik die idees om dalk Engels as tweede taal aan te bied of om nuwe woorde aan te leer. Hou ‘n paar velle inkleurprente of aktiwiteite een kant vir die verveelde outjies. Natuurlik kry ‘n mens ekstra spesiale plakkers vir jou ekstra werk :wink: .
Bespreek die vorms van die blokke op die bal. Dit het vyf sye en word ‘n pentagoon genoem. Hoeveel van hierdie blokke sien jy op ‘n sokkerbal. Hoeveel is wit? Hoeveel is swart? Verdubbel die aantal blokke. Hoeveel kry jy? Wat gebeur as ek die wit blokke met die aantal swart blokke vermenigvuldig? Hoeveel sye het 3 blokkies?…en al die blokke altesaam?
Het jy geweet dat daar geboue in hierdie vorm bestaan? Die Pentagon in Amerika en die Kasteel in Kaapstad is twee voorbeelde van so ‘n vorm.

Maak ‘n prentjie met ‘n paar vyfhoeke. Maak sjablone uit x-straalplate, sodat die kinders dit kan aftrek. Laat die outjies dit uitknip en op die rug van ‘n dinosourus plak.Vou vyfhoeke en maak ‘n klas vol sterre daarvan. Dit behoort die kleingoed ure lank besig te hou. Het jy geweet dat as jy die bene of punte van ‘n sterretjie omvou – jy ook ‘n vyfhoek kry?! Doen dit sommer met plakkers.

…Daar is ook blokke met seshoeke!  (Duidelik is Juffer nie ‘n sokker kenner nie.)  Nou het ek weer ‘n ding raak gesien! Wat daarvan as elke kind ‘n seshoek uit ‘n stukkie lap knip en met lapverf verf.  ‘n Knap juffrou of mamma kan dan ‘n klaskombers maak.  (Ek wens ek kon self so ‘n deken maak! Dit lyk altyd so mooi en snoesig :wink: )

Gee vir elke outjie ‘n seshoek om uit te knip en ‘n spelwoord om daarin te skryf.  Bou ‘n heuningkoek teen die muur en siedaar! ‘n Spelles, vormles én fynmotoriese ontwikkeling in een!  Ek sou op eu-woorde gefokus het om by die heuningkoek aan te sluit, maar enige iets sal werk.

Neem ‘n bladsy vol vorms en vra die outjies om slegs die vyfhoeke of seshoeke te omkring vir visuele diskriminasie oefeninge.  Maak patrone op lang strokies en gee los vorms. Vra dat die kleingoed die patrone napak of dat hulle dit nateken.  Jy kan die vorms in verskillende kleure maak – sodat die patroon die volgorde van kleure ook insluit. (Vyf- en Seshoeke)

Verskaf bladsye met verskillende groottes seshoeke, vyfhoeke en sirkels.  Gee die kinders die vryheid om hul eie prentjies met die vorms te pou (knip en plak).

Wat weet ons van ‘n bal? Wat is die vorm se naam? ‘n Sfeer.  Dis ‘n opgeblaasde sirkel…Waar kry ons sfere? Noem maar op: planete, die son, die maan, balle, gloeilampies, krale…

Blaas borrels met seep (buig ‘n draadjie in ‘n sirkel en maak lekker seepwater aan – vir buite spel).  Blaas borrels in ‘n seperige oplossing…gebruik strooitjies en drup ‘n paar druppels voedselkleursel in die seepsous.  As die outjies hard genoeg blaas, borrel die glas oor en kan ‘n mens ‘n papier bo-op druk.  Die borrels gee ‘n oulike tekstuur op die bladsy.

Speel met balle – groot, klein, grof, swaar, lig, wollerig (tennisbal)…ryg sfeervormige krale in om halsnoere te maak…Het iemand dalk ook oulike idees?

(Sokker soektog en Tweeklanke woordsoeke)

(doolhof en sokkerbal inkleur)

Zakumi (Laat maak jou eie Zakumi)

Inkleurprente van die sokker – insluitend Soccer City en Tafelberg (oulik)

moedersdag

6 Kommentaar

Dit is Sondag Moedersdag. Hiermee ‘n paar idees vir ‘n ietsie vir Ouma, Mamma of ‘n spesiale tannie.

http://z.about.com/d/rubberstamping/1/0/k/T/-/-/heart_book_g.jpg

Trek die sjablone of raamwerkies af op stewige karton (soos ‘n papboks) of ‘n ou x-straal plaat.  Help die kinders om dan die vorm na te trek op ‘n kleurvolle papier.

Julle kan byvoorbeeld ‘n gedig soos “Ma” deur Antjie Krog op ‘n A4-vel skryf.  Gebruik skerpgemaakte uitdraaikryte en verf kleursel bo-oor om die papier ekstra spesiaal te maak.  Selfs spatsels van verskillende kleure suiwer voedselkleursel (oorheersend eiergeel met rooi, groen en blou spatsels) kan ‘n interessante effek gee.  Oefen vooraf en gebruik jou eie oordeel.  As die papier droog is, kan jy die patroon natrek, laat uitknip en vou. Vul die houer met lekkertjies (“pienk pilletjies”, smarties, jelly beans, love sweets, malvalekkers) of jul gebak en heg ‘n kaartjie daaraan.

Indien jy die hartjieboekie soos hierbo wil vou, kan jy die sjabloon tussen hakkies probeer.  (Ek het die oorspronklike sjabloon probeer vergroot.)  Skryf dan “byvoeglike naamwoorde” soos “mooi, liefdevol, spesiaal” daarin en rond dit af met ‘n spesiale laplint.

‘n Tipe papier wat goed werk, is die bruin dosie-karton wat net ‘n bietjie dikker as gewone papier, maar dunner as ‘n papboks is.  Dit het sulke spikkels in en is relatief goedkoop.  Indien jy ‘n laplint of verpakkingstou gebruik, gee dit ‘n “rustieke” gevoel.  Uitdraaikryte sal steeds pragtig daarop vertoon.

Engelse werk

Lewer kommentaar

Ek is onlangs gevra om inligting oor Engelse takies te plaas. Hiermee dan ‘n paar skakels na oulike webwerwe:

genki

mes-english

mes-english (grawe veral onder hul funfonix boeke)

tlsbooks

abcteach

superteacher

Kyk gerus ook na die blogroll :wink:

stempels

5 Kommentaar

‘n Tydjie gelede het iemand gevra waar hulle stempels kan koop.  Ek het as student ‘n stelletjie stempels by die klasjuffrou gekry na sowat ‘n maand se proeftyd.  Dit was 4 gesiggies – van een met ‘n oopmond glimlag tot by so ‘n bedroefde wriemelmondjie.  Dit was en is steeds baie geskik en ideaal om vir die kleingoed aan te dui hoe tevrede ek met hulle werk is…en dis goedkoper as plakkers!

Baie jare later gebruik ek steeds die stempels en het ek dit met van die ander in die reeks aangevul.  Onlangs het ek en ‘n kollega vir ons “personalised” stempels laat maak en dit is ideaal vir al die koeverte en administrasiewerk.  Die mense het ‘n verskriklike groot verskeidenheid kindervriendelike stempels met die oulikste boodskappies.  Ek plaas die spesiale aanbod vir Mei-maand hier, sodat julle ‘n ordentlike pryslysie en katalogus kan aanvra.  Die bladsy is in werklikheid ‘n kwart van ‘n A4-papier en die stempels is minstens dubbeld die grootte.

Kontak Alta Scholtz om vir jouself, jou kollegas of vir jou kind se juffrou ‘n oulike verrassing te koop. :wink:   (skimp-skimp :lol: ) Druk op die papiertjie om te vergroot.

Kinder Beskermingsweek

Lewer kommentaar

Daar is  min dinge wat my so grief soos ‘n verwaarloosde kind…en daar vergeet ek toe byna dat dit Kinder Beskermingsweek is.  Ek heg ‘n paar skakels na webtuistes aan waar u kan inligting kry oor kinderregte en -veiligheid.

Dis ‘n onderwerp waaroor ‘n mens moeilik praat, want ons wil veiligheid en versorging van kinders as vanselfsprekend aanvaar.  Ongelukkig is daar kinders in elke klas wat dalk wees gelaat is, mishandel word, honger ly…noem maar op.  Die maatskaplike probleme en uitvalle vorm ‘n belangrike kwelpunt in die versorging van kinders.  Daarom is dit een van die eerste dinge waarna ons as opvoeders moet kyk…Sukkel die kind dalk akademies of op sosiale vlak weens huislike probleme?  Gebeur daar dinge tuis (of elders) wat die kind se psige kan afbreek?  Is daar iemand in die skool wat sal kan help indien ‘n kind mishandeling of verwaarlosing aanmeld? Waar meld ek die kwessies en probleme aan?

In ons skool praat ons weekliks in graad-verband – die sogenoemde leerderbesprekings.  Probleme word dan skriftelik in ‘n boek genoteer en aan die Opvoeder Ondersteuningspan (OOS / EST / ILST / Hulpspan) gerapporteer.  Indien daar aspekte soos maatskaplike probleme genoem word, word dit met die hoof van die Hulpspan (in ons geval die skoolhoof) bespreek en ‘n plan van aksie word bedink.  Ongereelde skoolbywoning tel ook onder hierdie afdeling.  Die situasie word gemonitor en die opvoeder gaan voort om kontak met die ouers te probeer maak om die saak aan te roer.  Teen die einde van die kwartaal sit die Hulpspan met elke opvoeder en word elke leerder op die klaslys bespreek (± ‘n periode per klas / opvoeder).  Ons probeer dan om saam aan oplossings te dink.  Bv. ‘n geleentheid skool toe saam met ‘n buurman of die beskikbaar stelling van ‘n klas vir die voltooiing van huiswerk…Dit maak nie saak hoe eenvoudig of hoe ingewikkeld die probleem is nie – dit word aangeraak. Indien ons nie seker is of die probleem by maatskaplike dienste aangemeld moet / kan word nie, skakel ons die maatskaplike werkers om uit te vind. Weet eerder waar die grense lê as om die kind verwese te laat. Hou altyd die nommers van die plaaslike ACVV of Kindersorg sigbaar in die klas en verduidelik aan kinders dat hulle die reg het om oor hul probleme te praat.

Loer gerus hier indien jy graag betrokke sou wou raak by kindersorg organisasies in jou omgewing…
ACVV
PATCH
Child welfare
Lifeline national counselling line:  0861 322 322
Childline toll free counselling number: 0800 055 555
National AIDS Helpline:  0800 012 322

Laat weet ons asseblief indien jy van ander organisasie weet…

DAAR IS GERUGTE WAT DIE RONDTE DOEN DAT MENSE TANS VERSKEIE SKOOLGRONDE DOP HOU…

Speel ‘n bietjie

Lewer kommentaar

28 Mei is Wêreld Speeldag.  Ander mense noem dit wêreld speelgoeddag.  Wat jy ookal verkies, maak seker dat jy ‘n bietjie pret vir die dag beplan…

  • Pak die speelgoed- of apparaatstoor uit en stel verskeie stasies op waar kinders verskillende aktiwiteite kan probeer. (Balgooi, dribbel, balanseer, kruip, klim, hang, “monkey bars”…)
  • Bou ‘n hindernisbaan.
  • Bou ‘n skattejag (bou ‘n bietjie leeswerk in).
  • Verskaf stasies vir “houtwerk”, waterspel, fantasiespel…’n tipiese Graad R buitespelles.
  • Grawe in die argiewe vir oulike opvoedkundige speletjies.  Skuif die tafels in rye sodat elke speletjie apart gespeel kan word.  (‘n Goeie verskoning vir legkaart-bou is om seker te maak dat al die stukke daar is.)
  • Vra die kinders om self bordspeletjies te beplan vir klanke of wiskunde.
  • Klop aan by ‘n oulike kleuterskool en ruil speletjies met hulle uit.
  • Hou ‘n speletjiesmiddag.
  • Verleng die pouse…:wink:
  • Besoek ‘n speelgoedbiblioteek.
  • Begin ‘n speelgoedbiblioteek.
  • Skenk aan ‘n speelgoedbiblioteek.
  • Reël ‘n spreker (soos ‘n arbeidsterapeut) om die ouers in te lig oor oulike opvoedkundige speletjies en speelgoed.
  • Reël ‘n ouma of oupa om oor speelgoed uit hul jeug te praat.

Vadersdag

2 Kommentaar

Dis alweer binnekort Vadersdag (tyd vlieg!) en ‘n mens behoort darem vroegtydig aan idees te dink…

  • Laat sny hout in reghoekige stukke, verf dit met vrolike kleure, voeg hakies by en siedaar! ‘n Nommerpas hangplek vir sleutels en “flash drive”-toutjies.
  • Sjokolade happies:  Koop kook-sjokolade (donker of wit), smelt dit bietjies-bietjies (pas op vir brand) en meng neute daarby in.  Vorm eetlepelgrootte balletjies of vries die mengsel in vormpies.
  • Fotoraam: Plekke soos Shoprite verkoop fotorame in gewone dennehout.  Verf dit en bring ‘n oulike prentjie soos ‘n rugbybal, krieketkolf of ‘n visstok en vis daarop aan.
  • Peuselpotjie:  Verf ‘n klein glasflessie vol prentjies en vul met lekkers of neute.
  • Slaan die spyker: Koop ‘n hamer en verf vol oulike patrone.  Onthou om verskeie spykers en ‘n stukkie biltong by te voeg.
  • Slaaptyd: Koop ‘n gewone, eenkleur t-hemp en bedek met oulike lapverf woorde…of hand afdrukke…
  • Fotostaander: Maak ‘n balvorm uit klei wat kan verhard (vra by kunsvlyt-winkels). Besluit waarvan pagoed hou en vorm die klei in die bal van keuse – rugby, krieket, sokker of gholf…verf dit dan in daardie kleure en maak seker dat die bal se onderkant plat is – vir die staanslag. Heg krokodilknypers of enige klampie aan die punt van ‘n stewige draad, druk by die klei in en jou staander is klaar!
  • Sakpas sakdoek: In die geval van ‘n baba kan ‘n mens ‘n voet of hand met lapverf op ‘n sakdoek afdruk (en op die verkeerde kant vas stryk as dit droog is)…net reg vir die winterseisoen!…’n kussingsloop werk net so lekker…
  • Magneetrame: Indien jy met kleintjies werk, kan jy vooraf ‘n klomp beertjieraampies druk en uitsny.  Laat die kleintjies dit dan met vingerverf versier of bedek met kleursel. Neem foto’s van die kleingoed en plaas dit in die vensterruimte. Daarna kan jy dit lamineer of sommer net dun magneetstrokies agterop plak.  Dit behoort teen metaalrakke en -kaste vas te sit – net reg vir die motorhuis!

Ek las weer mettertyd nog idees by.

Suid-Afrika

2 Kommentaar

Met die oog op die Wêreldbeker en verwante sake, kan ‘n mens seker ‘n bietjie patrioties raak.  Gebruik die laaste paar dae voor die vakansie om vlae te maak.  Plak dit in die ruite op of stuur dit huis toe vir die motorruite.

Vlytige vingers:  Skeur en plak die korrekte kleure (uit ou tydskrifte) om die vlag te versier…of laat die kleingoed in groepe werk om ander landsvlae ook te versier.  Maak ‘n collage (in ‘n venster) wat sigbaar van die pad af is.  Onthou dat die rooi gedeelte altyd bo is of as die vlag hang, is die rooi deel aan die linkerkant.

Kaarte 1

Kaarte 2

Vlag

Inkleur (vlag)

Diere van Afrika (Engels, maar die prente is steeds oulik en bruikbaar. Knip uit en voeg jou eie Afrikaanse benaminge by.)
nog diere-idees

Nasionale simbole en verklarings.

Werkboek

Geskiedenis

Leer speel-speel

2 Kommentaar

Ek het onlangs ‘n navraag oor die volgende aspekte gekry.  Die antwoorde en idees is gemik op Graad R- en 1-outjies.  Dit kan daagliks in gespan word en is nie noodwendig harde werk nie.  Loer asseblief ook na die lysie aan die regterkant (blogroll) vir skakels na oulike werwe.

Vir spiertonus en balans is daar ‘n paar speletjies wat julle kan probeer.  Is daar ‘n parkie naby?

Probeer gerus die wipplank.  Dit forseer die kleintjie om regop te sit en om die lyfie te balanseer vir die hop-aksies.

Sommige parkies het sulke half-begraafde motorbande wat ‘n heininkie vorm.  Laat Poplap daarop loop.  Die bande gee gewoonlik effens mee en forseer die lyfie om te konsentreer op balans.  Gee ook raad dat die arms parallel met die skouers moet wees en die koppie regop moet bly…

Gaan stap en speel “follow the leader” deur op ‘n randsteen of ‘n lae muurtjie te loop.  Indien die hoogte ‘n bietjie ongemaklik is, kan ‘n mens sommer ‘n springtou in verskillende vorms (driehoek, sirkel, vierkant…) drapeer en daarop loop…

Gebruik ou koffieblikke: dop dit om, trek ‘n tou deur gate aan weerskante en gebruik dit as handvatsels om mee te loop…

Oogbewegings is nogal belangrik en ‘n mens moet verseker dat die ogies egalig oor die bladsy kan beweeg.

Lê langs mekaar op die mat en speel met ‘n flitslig teen die dak.  Lê stil met die kop en hou die liggie dop…hersien vorms, syfers, klanke…(maak die simbool en laat die kleinding raai wat dit was)…

Neem ‘n bal saam parkie toe (sommer die gewone plastiekballe wat in die meeste supermarkte verkrygbaar is).  Vra vir Poplap om loodreg teenoor die swaai te sit (op die bal).  Sy moet so ‘n bietjie fokus op haar postuur deur op die bal te bly, haar kop stil te hou en vir Mamma te volg – wat swaai!  ‘n Mens maak natuurlik beurte om te kyk of die ou op die swaai “dit reg doen”…Indien Ma nie wil swaai nie, kan julle ‘n pop of ‘n kussing op die swaai stoot.

Doolhoftakies (mazes) in aktiwiteitsboeke forseer ook die ogies om egalig en sistematies te beweeg.

Indien daar ‘n stuk deursigtige pyp of halwe geut in die motorhuis is, kan ‘n mens die kante toeplak en ‘n tennisbal of ‘n albaster daarin plaas.  Kyk hoeveel keer Poplap die bal heen en weer kan rol sonder om die kante te raak.  ‘n Kort stukkie pyp (so 40 – 50cm) is oorgenoeg.

Oog-hand koördinasie gaan dikwels gepaard met balspeletjies.

Indien jy iets soos “swing bat” het, kan Poplap vir ure oefen om die bal dop te hou en raak te slaan.

Soek ook vir die klein ping-pong spane wat ‘n balletjie en ‘n rekkie het.  Dit is minder frustrerend as ‘n bal wat meters ver spat en rol.

Nog ‘n gedagte in die “oog-stal”, is speelgoed waar jy ‘n kraletjie of ‘n balletjie moet beheer om in ‘n teiken of ‘n gatjie te val.  Dink maar aan iets soos “pinball”, “bowling” en daardie klein plastiek-outjies wat ons ook kleindag gebruik het.

Teken groot doolhowe, motorbane of paaie op ‘n oop gevoude vel koerant.  Hou ‘n yskasmagneet onder die vel en heg ‘n metaal skyfspeldjie aan ‘n getekende motortjie.  Volg die roete deur die magneet onder die vel papier te skuif.

Grawe in die kombuislaaie vir stewige strooitjies of ou sosatiestokkies.  Heg ‘n stuk wol of tou met ‘n magneetjie daaraan vas.  Teken ‘n paar visse, knip uit en skuif skuifspelde oor die bekkies.  Vir die heel kleintjies bestaan die speletjie bloot uit hengel.  Vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n kleeflintlagie agter-op die visse plak en woorde daarop skryf met witbord veselpenne.  Hulle kan bloot die visse vang en eenvoudige woorde (wat van vakansie lekkertes?) lees na elke vangs of hulle moet ‘n som bereken.  Indien jy lus het, kan jy ‘n sinnetjie of ‘n geheime boodskap beplan en na afloop van die vangste help om die sin te skommel.

Neem ‘n ou eierdoospalet (tray) en plaas ‘n kraletjie in die linker boonste hoek.  Kleinding moet dat probeer om die kraletjie (of albaster) te laat rol van bakkie tot bakkie en van links na regs.  ‘n Vlakkerige, leë ysbakkie behoort ook te werk.

Gebruik ‘n leë ysbakkie of ‘n eierdoospalet.  Skryf klanke op stukkies papier en plaas rond en bont in die holtes of skryf dit met ‘n witbordpen in die plastiekbakkies.  Gebruik ‘n klein lekkertjie of enige tipe skuiwertjie om gegewe klanke raak te gooi.  Kies ‘n klank en kyk of julle die skuiwertjie in daardie bakkie kan gooi.  As julle goed op dreef is, kan julle kort woordjies probeer spel.  ‘n Mens kan natuurlik ook besluit om getalle te skryf en kan dan sommetjies doen.  Ma gooi byvoorbeeld ‘n 4 en ‘n 5…en Kleinding bereken dat 4 en 5 gelyk is aan 9.  Vir Graad 1’s sou ek ‘n bakkie tellers (soos knopies) byderhand wou hou om die somme te bereken.  Op ‘n ander dag kan julle aftrekking aandurf (7 en 3…7 neem weg 3 is gelyk aan 4….7 minus 3 is gelyk aan 4).  Onthou om al die juffrou se bewerkingswoorde te gebruik en om die bewerking op ten minste twee verskillende wyses te verwoord.  Ons moet die breinratte darem geolie hou…:lol:

Bal vang…Begin eers met ander items.

Sit kruisbeen teenoor mekaar en gooi ‘n boontjiesakkie – of ‘n sagte speelding – vir mekaar.  Die idee is om gemaklik te raak met die dophou en vang-aksie.  Baie kinders is bang vir die enorme missiel wat op hulle afstorm.  Dus moet die vang-item nie vrees ontlok nie.  ‘n Mens kry dikwels rubberballe met sulke stekeltjies in baba- of in speelgoedwinkels.  Dit is sag en gryp maklik vas.

Indien Mamma nie ‘n los hand het nie, kan Poplap die bal teen ‘n buitemuur gooi en vang.  Merk die plekke (maskeerband) waar die voete moet wees en waar die bal moet tref.  Aanvanklik staan die kleintjies nogal na-aan die muur (1 tot 1,5 m)…(Maak asseblief net seker dat die bal skoon is en dat daar geen merke teen die muur sal oorbly nie!) Later kan julle opgradeer na ‘n goedkoop plastiekbal – nie tennis-, krieket- of netbalballe nie.

Leen of skaf ‘n verskeidenheid balle aan.  Die gedagte is dat wanneer ‘n verskeidenheid balle beskikbaar is vir eksperimentering, sal die kleinding meer gemaklik daarmee raak.  Rubber hopballetjies, groot Mamma-se-tuis-oefeningballe, Pappa se ou rugbybal, Oupa se vergete gholfbal, Ouma se tennisbal…Stel ‘n ou hoepel of ‘n wasgoedmandjie iewers op as teiken en probeer self eksperimenteer met die gooie en krag wat benodig word om die balle in te skiet.

“Skolerige / Akademiese dinge”

Beginklanke is ‘n tameletjie vir baie kleingoed.  Speletjies soos “ek sien met my klein ogie…” werk goed.  Begin eers deur items op die lyfie te “sien”, dan op die bed of bank en later in die wyer vertrek.  As julle stories lees kan jy eers iets ooglopends in die prent “sien” – soos ‘n boom of ‘n huis.  Om sukses te verseker, kan jy die prent bespreek voordat jy die meegaande teks lees.  Wanneer julle die items benoem kan jy die beginklanke met ekstra mening en woema uitspreek (harder en duideliker).  Baie skole vra dat die outjies die klanke visueel kan identifiseer, skryf dus sommer die klankie wat julle hoor met ‘n vinger in die palm van die hand.  Maak seker dat jy op die regte plekke begin en kleinletters gebruik.  ‘n Plaaslike mamma het ‘n blanko-bladsy boek gebruik om die klankies te ontwikkel.  As ‘n klankie uitgesonder is, het hulle na die storietyd die klank op ‘n bladsy geskryf en die betrokke prent geteken.  Indien die klank later weer na vore gekom het, het hulle ‘n prent bygevoeg en sodoende ‘n prentewoordeboek gebou.  Begin maar eers met die kleinletters en voeg later die hoofletters by.  Die heel kleintjies praat dikwels van die “Grootmensletters”.  Hulle word aanvanklik slegs vir die begin van name gebruik.

Gesyferdheid of ‘n begripvolle omgang met syfers…

Skaf ‘n goedkoop, eenvoudige slangetjies-en-leertjies-bord aan.  Speletjies waar ‘n mens besef dat die kolle getel word en ‘n sekere uitwerking (skuiwe) teweeg bring, demonstreer die “hoeveelgevoel” verbonde aan die nommers of aantal kolle.

Hou inventaris of sensus.  Vou ‘n groot vel koerantpapier in kwarte of selfs agstes.  Besluit op iets wat van toepassing is op julle huishouding…mense.  Teken die hoeveelheid mense in die huis en skryf die syfer daarby.  Drie mensies =  3.  ‘n Ander blok verteenwoordig waslappe – teken dit.  Vier waslappe = 4…Borde…Ses borde = 6.  Plak julle plakaat teen ‘n deur of muur op en vertel vir ‘n ouma of pappa wat daar aangaan en tel elke keer lekker hardop saam.  Hoeveel messe is op die tafel?  Hoeveel blompotte is in die son?  Hoeveel blompotte staan in die skadu? (Raak aan die items terwyl julle tel sodat die afmeting en aftellery akkuraat gedemonstreer word.)…

Die belangrikste aspekte van hierdie ekstra vakansiewerkies is om alles lekker te hou, klein beloninkies in te werk, te wys dat selfs groot mense soms foutjies oorkom (as ons foute maak, kan ons weer probeer) en om met die harde werk te spog (selfs al is dit luidrugtig teenoor die hond).

Lekker speel!

magneet

Lewer kommentaar

Maak oop en bou jou woorde of doen ‘n paar somme…

een gemeenskaplike doel

Lewer kommentaar

“A child born to a mother who can read is 50% more likely to survive past the age of five.”

Het jy al jou stem by die ondersteuningslys gevoeg?  Dit kos niks…en jy sal deel word van sowat 12 miljoen mense wat onderwys wêreldwyd ondersteun en bevorder…

Kom kuier gerus

Lewer kommentaar

Ja…in plaas daarvan om te beplan vir volgende week is ek besig met allerhande ander dinge :wink: .  Laai die prentjie af en stuur vir ‘n vriendin, ‘n skool of ‘n opvoeder…en dan mag ons vir oulaas vuvuzelas blaas en die malligheid gate uit geniet :lol:

Madibadag

2 Kommentaar


Oudpresident Nelson Mandela verjaar Sondag, 18 Julie.  Baie organisasies vra dat mense 67 minute van hul dag aan goeie dade van welwillendheid sal wy om Madiba se 67 jaar van naaste diens te vier.  Wat kan jy doen? Vertel ons wat jy, jou gesin of jou klas gaan doen om Madiba se 91ste verjaarsdag te vier om ook ander lesers te inspireer.

TAAL- én Boekedag, 14 Augustus

6 Kommentaar

Die 14de is Koop-’n-boek-dag.  Doen asseblief iets om ‘n liefde vir lees en vir tale aan te moedig.

  • Hou ‘n leesuur.  Laat almal toe om ‘n kussing of kombers te bring en lees die kleingoed se gunstelingboeke voor…of
  • kry iemand uit die gemeenskap om die boeke te lees.
  • Laat die kleingoed kreatiewe stories skryf en bind dit in groot boeke.  Maak ‘n paar afskrifte, versier met kleurvolle kinderkuns en skenk dit aan gemeenskapsentrums (wagkamers, ouetehuise…).  Tydskrifte is mos tog te vervelig! :wink:
  • Laat die kleingoed ekstra oulike stories skryf, versier die blaaie en plak dit in die gang op sodat ander maats dit in die verbygang kan lees.
  • Vra die opvoeders om stories te skryf en bind dit in ‘n klein boekie (‘n A4-vel voor en agter , wat in ‘n A5-grootte gevou word is voldoende).
  • Vra die Intersen personeel om vir die kleintjies te lees en die Grondslagfasepersoneel om vir die ouer kinders te lees.  Die groottes verlang mos na die juffrouens en die kleintjies sal “groot” en “belangrik” voel as meneer so-en-so vir hulle kom lees.
  • Kies ‘n tema per klas, skryf kreatiewe stories daaroor, versier die klas volgens die tema en trek daarvolgens aan.  Kies een storie per klas om vir die ander klasse voor te lees.  Volg dan die Vrydag, die 13de, ‘n leesprogram waar die klasse vir mekaar lees – binne die graad of fase.  Die “gehoor” luister na ‘n leser terwyl die hele klasse op die verhoog is vir ondersteuning.
  • Hou ‘n muntlegging vir nuwe biblioteekboeke…of
  • verkoop Milo by die leesuur.
  • Besoek ‘n literêre instelling soos die Taalmuseum.
  • Kry ‘n spreker soos ‘n skrywer van kinderboeke om te gesels oor die lekkerte van lees.

Volgens ‘n streekskoerant word “Afrikaans as onderrigmedium” op die 14de bespreek.  Ter ondersteuning van Afrikaans as onderrigtaal kan jy ‘n sms met die woord TAAL” na 34388 stuur (R2).  Kom ons kyk of dit werk :wink:

dubbelklanke

4 Kommentaar

R het vir my gevra om idees vir dubbelklanke te plaas. Ek het so ‘n tydjie gelede iets oor die vaslegging van klanke geskryf en gaan daarom slegs ‘n paar ekstra idees gee.

Maak groepe prente-kaartjies wat jy kan inkleur, oortrek en hou. Gebruik byvoorbeeld beet (ee-woorde), ‘n haas (aa-woorde), vuur (uu-woorde) en bome (oo-woorde). As jy die kaartjies permanent wil gebruik, kan jy die bostaande flitswoorde op die kaartjies plak en dit dan lamineer en uitknip.

Vertel ‘n storie van die ‘n hasie wat graag beet eet voor hy langs ‘n vuurtjie – in die skadu van ‘n boom – aan die slaap raak. Verdeel die klas in vier groepe – een vir elke klankgroep. Elke groepie lees hul kaartjies en moet die woorde in sinne kan gebruik. Hulle skryf die sinne op ‘n groot vel ongedrukte koerantpapier – sodat die ander maats dit kan lees.

Indien die outjies nog nie gereed is vir sinne nie, kan jy ‘n A4-vel papier in 8 groot blokke verdeel.  Plaas die onderskeie woorde op aparte dele van die skryfbord of teen verskillende mure op.  Die outjies moet dan elkeen 8 woorde kies, ‘n woord per blok skryf en probeer om ‘n gepaste prentjie te teken.  Graad 2- en 3-leerders kan egter al sinne skryf en moet probeer om skitter-sinne te skryf.  Graad 2′s kan so 5 of 6 woorde per sin probeer, terwyl Graad 3′s 7 tot 9 woorde kan gebruik.  Die belangrikste deel van sinne is dat hulle daaraan herinner moet word dat ‘n sin met ‘n hoofletter begin en eindig met ‘n punt.  Vra altyd dat die sin eers aan jou gesê moet word, sodat jy die sinsbou en -konstruksie kan korregeer indien nodig.  Indien jy genoeg tyd het vir prentjies teken, kan jy vra dat die outjies 3 – 5 sinne skryf en een prentjie daarby teken.  Maak selfs ‘n groot prent van elke klankkaart (‘n beet, ‘n haas, vuur en ‘n boom), vra dat die outjies die woorde self op elke prent oorskryf, verf met kleursel (rooipienk, geel, oranje en groen), knip uit en plak in die boeke.  Dit is sommer ‘n alles-in-een takie en behoort ‘n lekker leer-hulpmiddel te wees vir die week se speltoets.  (“Dink aan die woorde op die bloedrooi beet…” :wink: )

Indien jy die flitskaartjies apart van die prente gelamineer het (of oorgetrek het met breë kleeflint), kan jy dit skommel en vir die outjies flits.  Jy kan selfs ‘n tweede vel van elke bladsy druk en vra dat die kleingoed die woorde bo-op hul maats pas…of lamineer die groot vel en sny dit in diagonale en krom lyne op sodat die kleingoed die “legkaarte” moet bou.  Grawe gerus ook op kleuters.co.za rond vir lyste met klanke – indien jy nog woorde benodig. Onthou om altyd jou apparaat so te maak dat jy dit kan hou en hergebruik… :wink: Jy sal dit beslis vir dekades lank kan inspan!

Lentedag!

5 Kommentaar

Woensdag is dit Lentedag!  Die tyd vlieg behoorlik hierdie jaar…As jy ‘n paar idees benodig om Lentedag in jou klas of skool te verwelkom, probeer gerus die volgende:

  • Vensterversierings:  Die kleingoed kleur die blomme met vetkryt (verkieslik die ou betroubare uitdraaikryte) in, knip die sirkel uit en verf dit met voedselkleursel.  Eiergeel hoef nie veel verdun te word nie (hou maar die produkte mooi dop – aangesien sommige eiergeel kleursels meer na ‘n neon geel lyk), maar rooi, groen en blou kan ‘n titseltjie water kry.  Sodra die prente droog is, kan jy die helder blomme om die rand van jou venster of klasdeur plak om die Lente en gaste te verwelkom.
  • Maak jou eie “colour by numbers” werkvelle.  Gee vir die outjies ‘n inkleurprent met somme daarop.  Die antwoorde word dan met kodes vergelyk om die prent in te kleur.  Jy kan hierdie aktiwiteit ook in die tale gebruik en byvoorbeeld woorde met spesifieke klanke, sigwoorde en spelwoorde vaslê.
  • Trek ‘n reuse kartondoos oor met helder blomme-papier en sny ‘n posbusgleuf daarin.  Ruil die onderskeie klasse se klaslyste uit en gee vir elke kind ‘n “spookmaatjie” om ‘n kaartjie voor te maak.  Die briefies word dan in die doos gepos en op Lentedag word die briefies deur ‘n “Lente kabouter of feëtjie” afgelewer.
  • Laat die outjies enorme blomme (tulpe werk goed) uit ou kartondose sny, versier dit met patrone of verf dit en “plant” dit al om die skoolheining.  Heg dit aan die heining vas (met skuifspelde) of steek dit in die grond vas met sosatiestokkies.  Dit behoort nogal ‘n vrolike impak te maak op die oggendverkeer.
  • Maak groot bewers as deel van groepwerk.  Elke groepie in die klas werk saam om bewers uit blomme, kabouters, ensovoorts te maak. Gebruik helder pastelle, verf, kleursel en vetkryt en hang die bewers uit die dak – in die gange of in die voorportaal.  Steek ‘n blinkerige of klingel-item daarin werk sodat dit die oor of oog kan vang. (Stukkies foelie, spieëlteeltjies of kristal-agtige krale behoort ideaal te wees.)
  • Buig blommetjies uit soldeerdraad (of enige dun en sagte draad) om ruikers te maak.
  • Engelse gediggies vir leestyd
  • Vra die kinders om boeke oor Lente, bloeisels, baba diere, kabouters, feëtjies, ensovoorts uit te neem vir leestyd.  Hulle kan vir mekaar lees of Juffrou kan ‘n oulike boek kies en vir die klas lees.
  • Inkleurprente
  • Inkleurprente2
  • Skoenlapper-flitskaarte
  • Blom buitelyne
  • Gemorsposkuns:  Sny skoenlappers en blomme uit gemorspos.  Verf dit met muurpapiergom (vir beskerming en glans) en gebruik dit in die bewers of as vensterversierings.  Dit behoort ook oulik te lyk op ‘n eenkleurige kaartjie.
  • Eenders en anders werkvel
  • Maak ‘n muur collage van ‘n Lentetuin propvol goggas. Soek ‘n paar oulike prente as voorbeeld en vra dat die kinders die onderskeie insekte of blomme sal teken (waarvan jy die meeste hou). Weereens kan hulle dit met kleursel verf, uitknip en op ‘n kennisgewingbord of voorbereide agtergrond plak.
  • Maak jou eie papawerblomme.  Smeer ‘n dun lagie muurpapiergom bo-oor om dit af te rond en om glans te verskaf.  Net voor die gom heeltemal droog is, kan jy regte papawersade in die middelste swart deel strooi.  As die blomme jou nie meer aanstaan nie, kan julle dit plant!
  • Doen dit ook met sonneblomme.
  • Nog blomme.
  • Maak ‘n spesiale blom CD-kassie om ‘n CD vol foto’s aan ‘n ouma of oupa te gee.
  • Voer voëltjies deur middel van herwinning. Gebruik ‘n ou houtlepel en ‘n botteltjie vol saadjies.

Laat weet gerus indien jy aan nog idees kan dink.

Boomplantweek: 1 – 7 September

Lewer kommentaar

elders

Dit het my skielik vanmiddag getref – dit is Boomplantweek!  Ek kan nie glo dat die kwartaal so met my weg gehardloop het dat ‘n mens so ‘n belangrike tyd kan vergeet nie…en hoekom is die media so stil oor ‘n tydperk wat in my kinderdae hoë aansien geniet het?

Dalk moet ons hierdie week bome vier en versier soos die mense in Indië met olifante maak. Bome is immers gerespekteerde lugsuiweraars, asemskenkers en tuiste van menigte verbeeldingsvlugte, kabouterdorpies en goedkoop klimrame! Dalk moet ons hierdie week behoorlik bossies raak en koorsbome optooi in vrolike kinderversierings…Hang voëlvoerdertjies uit die bome, bou boomhuise (op die grond) uit ou kartondose, skaf kompos aan vir die wortels, hou ‘n donasieblikkie op die lessenaar vir die aankoop van bome of die versorging van bestaande bome…
Praat oor die gebruike van bome, waar papier vandaan kom, hoekom boeke so kosbaar is en waarom ons bome as lugsuiweraars moet koester.  Hang sigwoorde uit takke of raaisels en rympies.  Terloops…is dit nie dalk tyd vir ‘n nuwe boekhoekie nie?

(boomplantweek)

Boek Buddies Opvoedkundige Teater

Lewer kommentaar

Lizé Crouse van Boek Buddies het vir my die volgende inligting gestuur.  Lees dit gerus en kontak haar direk indien jy of jou skool belangstel. (lizecrous@hotmail.com)

“Johan Meyer skryf op 14 Augustus 2010 in die Beeld se bylae By ‘n kommerwekkende artikel oor kinders wat nie lees nie-hier volg uittreksels daaruit:

” Dit is oor ‘n wye front al hoe duideliker en ontstellender dat die meeste skoolgaande kinders baie min lees of glad nie. Dit wil voorkom asof hier ‘n geslag op pad is wat op geletterde armoede en ‘n gevolglike ramp vir Suid-Afrika afstuur. Hoe so? Dit staan soos ‘n paal bo water dat iemand wat goed en baie lees nie alleen skolasties en akademies beter daaraan toe is nie, maar ook ‘n ryker en voller lewe het.

Dit blyk uit navorsing dat skoliere, studente en volwassenes wat moeilik vorder, dikwels swak en trae lesers is. Hulle sukkel met verbale redenering, asook met die inhoud en die volume van die leermateriaal waarmee hulle moet werk. Vir sielkundiges is dit opvallend hoe vroeg daar reeds leesagterstande opgebou word en watter uitkringende negatiewe uitwerking dit op die hele persoonlikheid kan hê.

Die nie-leser steek byna altyd af teen die leser, want sy taal is arm en sy kennis en sy saampraat-vermoë beperk.

Wanneer dit by studie kom, is lees ’n kritieke faktor. Eenvoudig gestel: Jy leer deur te lees. Hoe meer en hoe beter jy lees, hoe meer en beter sal jy leer.

Die rol wat lees in ’n persoon se verstandelike ontwikkeling speel, moenie onderskat word nie. Die brein kan met ’n masjien vergelyk word. Hoe meer ’n mens lees, hoe meer “olie” jy die “ratte” van jou brein sodat die glad en maklik kan “loop”.

Onthou, taal is nie net die draer van denke nie – dit help ook met die vorming daarvan. Die vermoë om verbaal te redeneer, is ’n kerneienskap van die meeste intellektuele take, wiskunde ingesluit. Lees is vir die brein wat oefening vir die liggaam is!

….op kort termyn, lyk dinge egter nie goed nie. Teen die huidige trant is ons opkomende geslag op pad na kulturele verarming en middelmatige intellektuele ontwikkeling.”

BOEK BUDDIES kan help!

Boek Buddies Produksie is geskep n.a.v die behoefte om lees in Afrikaans te bevorder. Die feit dat kinders minder lees is egter ‘n groot kommer vir talle ouers en onderwysers.

Hoe kan ons dan weer die belangstelling vir lees by kinders kweek? Boek Buddies beeld boeke fisies uit deur middel van drama!

Boek Buddies bestaan uit ‘n groepie professionele akteurs wat kinders d.m.v. drama aanmoedig om meer te lees. Ons neem uittreksels uit verskillende ATKV-kinderboektoekennings boeke en voer dit in ‘n  interessante en energieke manier op wat die leerlinge se belangstelling sal prikkel. Ons voer egter nie die hele boek op nie, want ons wil die leerlinge aanspoor om self die boeke klaar te lees. Boek Buddies laat die karakters in die boeke lewendig word en die leerders kan met die karakters identifiseer wanneer hulle die boeke weer op hul eie lees. Ons wil ook graag die leerlinge en skole aanmoedige om aan die ATKV-Kinderboektoekennings deel te neem. So bemark ons nie net die Afrikaanse taal nie, maar ons wys vir kinders dat lees lekker kan wees!

Hier is van die terugvoer wat ons oor 2010 vertonings ontvang het:

“Dankie vir die vertoning gister. Die reaksie was so positief  en almal was so beïndruk, dat hulle vanoggend in die personeelkamer besluit het  om dit ‘n jaarlikse instelling te maak!Die kinders het die mediasentrum pouse bestorm en wou net die boeke hê om te kan lees!Selfs kinders wat nog nooit gelees het nie was hier! Baie geluk dus met jou wenresep” - Me. A Kapp,

Laerskool Fontainebleau                                                         

” Julle het Gr 7-leerders in die holte van julle hande gehou. Boeke lees is laaste op meeste se
prioriteitslys. Nou gaan hulle LEES!! Dankie.”  - Amanda Hamman, Vakhoof Afrikaans Gr 7,         Laerskool Bakenkop

“Energiek, passievol en baie snaaks. Die kinders het dit vreeslik geniet. Baie dankie. Hou so aan.”
- Carika Ehlers, Laerskool Concordia

“Baie dankie vir julle optrede by ons skool.  Julle sal nie glo hoe die kinders na al die maande nogsteeds praat oor dit nie. As hulle verwys na ‘n boek dan is dit :  ”Tannie daardie boek van die opvoering”.  Veels geluk met die indruk wat julle op ons kinders gemaak het.” –Lien Struwig,
Laerskool Tuinrand

“ Beslis prikkelend! Uitstekend en energiek opgevoer. Leerders gaan definitief die boeke wil lees. Dankie julle.” - Marika van Zyl, Laerskool Malelane

Boek Buddies bied drie vertonings aan:

1. Die Junior vertoning: Hierdie vertoning bestaan uit 5/6 Afrikaanse kinderboeke wat opgevoer word vir die ouderdomsgroep Gr R-Gr 3.

2. Die Senior vertoning: Ons Senior vertoning is vir die ouderdomsgroep Gr 4-Gr 7 en is saamgestel uit uittreksels van 5/6 Afrikaanse leesboeke.

3. Die Kombinasie vertoning: Hierdie vertoning is ‘n kombinasie van die Junior en die Senior vertonings en word slegs aangebied vir skole met minder as 350 leerlinge.

Die vertonings geskied op die verhoog en ons vra dat die skool ons asb met ‘n stewige houttafel sal verskaf en ‘n paar stoele.

Datums: 31 Januarie – 25 Maart 2011 Gauteng en omliggende areas

11 April – 24 Junie 2011  Wes-Kaap en omliggende areas

Bandanadag

Lewer kommentaar


Dit is weer een van die dae BANDANA-dag ter ondersteuning van die Sonneblomfonds se navorsing oor leukemie. Die bandana’s begin nou by die winkels instroom en met elke kopie word geld bewillig vir die stryd teen kanker. Dit is die 10de jaar dat ons bandana’s koop en hierdie jaar het hulle die vriendelike Mickey Mouse daarop aangebring. Dit is nou kindervriendelik en verskyn in pragtige kleure. Koop ‘n Bandana teen R20 elk om jou ondersteuning aan leukemie-navorsing te bied.  DJ FRESH doen dit…jy kan dit doen deur ‘n My School-kaart aan te skaf.  Dit is daardie kaarte wat geld aan ‘n organisasie of skool skenk met elke kopie by ‘n Woolworths-winkel.

Wat kan jy vir dié dag doen? (Buiten die belangrike ondersteuning soos op The Sunflower Foundation se webtuiste uitgestip.)

  • As die dag verby is kan jy haarrekkies maak.  Sny die lap in stroke, vou in die lengte en werk ‘n stuk rek binne in vas.
  • Werk ‘n paar bandanas aan mekaar vas en gebruik dit as ‘n tafeldoek.
  • Maak somerhempies.
  • Maak strooikussings.
  • Maak ‘n potloodsakkie.

…en al wil jy niks juis met die bandanalappie doen nie, sal die skenking beslis help.

nog idees sal volg

onderwysersdag

2 Kommentaar

geleen

Die tema vir hierdie jaar se Onderwysersdag is min of meer “Die pad na herstel begin by onderwysers”.  Dit val so reg in die kraal van remediërende opvoeding en ondersteuning.  Indien jy dalk opgelei is in spraak- en taalterapie, opvoedkundige sielkunde, arbeidsterapie of skoolverwante hulp kan bied sal ‘n bietjie hulp per week BAIE waardeer word.

Ons is pas klaar met ‘n bietjie vakansie, maar ‘n rowwe kwartaal lê voor.  Om jou juffrou (of jou kind se juffrou) ‘n bietjie woema te gee, kan die volgende oorweeg word…

  • ‘n self geplukte blom
  • ‘n kaartjie
  • oulike plakkers (vir oulike boekwerk)
  • ‘n skoon klas…Dit sal ‘n heerlike verrassing wees om by ‘n skoon klas in te stap…’n Alles-in-een skoonmaak-pakkie sal ook werk. (Lappe, sponse, skoonmaak produkte…)
  • ‘n aandjie sonder verantwoordelikhede…
  • ‘n klein rukkie se hulp soggens…al kom lees ‘n ouma ‘n storie vir die klas of ‘n kundige kom bied ‘n handwerk- of kunsles aan.

Elke bietjie help en sal die pad na herstel (veral na die lang vakansie, baie administratiewe werk, staking-steurnisse…) vergemaklik.  Baie voorspoed aan alle mamma’s, pappa’s, juffrouens, oupa’s, ouma’s en oppas-tannies.  Mag die laaste kwartaal ‘n gelukkige een wees.

1 – 6 Oktober: ‘n mooi gebaar

Lewer kommentaar

Bestudeer die alfabet en kyk of jy ‘n paar dinge kan sê.

Skoolgereed

2 Kommentaar

Het jy jou Graad R-kind al by ‘n laerskool in geskryf?  Is jou kind skoolgereed en het hy of sy genoegsaam ontwikkel om Graad 1 met selfvertroue aan te durf?  Kyk gerus na die volgende skakels vir ‘n paar idees om op te volg:

  1. ‘n Algemene skoolgereedheidsvraelys – soos deur ‘n opvoedkundige sielkundige vas gestel.
  2. Kennis en vaardighede
  3. Verskeie skrywes wat Graad R en skoolgereedheids-idees insluit.
  4. Breinlyn se omvattende skoolgereedheids-vraelys en -konsepte.
  5. ‘n Kundige noem ‘n paar belangrike punte.
  6. ‘n Arbeidsterapeut verskaf ‘n paar oefeninge.
  7. ‘n Oulike stuk navorsingswerk.
  8. Dokumente en antwoorde op ouers se vrae.

Vra gerus indien jy spesifieke kwelpunte het en indien jy oor jou eie kind of ‘n kind in jou klas wonder.  Dalk kan ons saam aan idees en oplossings dink.

Boet en Saartjie

8 Kommentaar

Bron: Die Burger advertensie

Ek het al vergeet van die GOUE REEKS totdat iemand my weer daaraan herinner het. Indien jy die boekies wil aanskaf, kan jy MB BOEKE by 021 949 8264 of mbbooks@absamail.co.za probeer.  ’n Ander e-pos adres is rudi.venter@nasou.com.
(pryslys)

Hoekom word inkleurboeke ontmoedig?

2 Kommentaar

geleen
Cecile het ‘n onderwerp geopper wat destyds in my studentejare ook bespreek is. Baie Graad R-juffrouens en -skole hou nie van inkleurprente nie en raai die gebruik daarvan af. Soos daar aan ons vertel is, beperk dit die kreatiwiteit van leerders en maak dit hulle lui om self na te dink oor vorms en figure. Die gebruik van inkleurboeke word as ‘n “besig-hou” aktiwiteit beskou om die tyd te verwyl eerder as ‘n leersame tydverdryf. Ander voel weer dat kinders minderwaardig voel as hulle nie soos die prentjie in die boek kan teken nie. Kyk gerus na die skrywes van John Funk en Victor Lowenfeld. Lowenfeld is ‘n kundige wat in die vroeë tot middeld 1900′s navorsing oor die ontwikkeling van kinderkuns gedoen het.

2011

7 Kommentaar

Die einde van die jaar is hier en binne enkele dae is 2011 met ons.  Druk ‘n paar kalenders uit om vir ‘n juffrou of ‘n ouma te versier.  Daar is heelwat oulike voorbeelde en patrone op die internet beskikbaar.  Hiermee dan so ‘n paar voorbeelde…

  1. ‘n Aanlyn-kalender met vakansiedae ingesluit.
  2. ‘n Sokkerbalvormige kalender – lekker vouwerk.
  3. 2011 (Drukbare dokument – in Afrikaans).
  4. Kalender 2011
  5. Stryk-’n-kalender

Tooi die laasgenoemde kalender op deur…

  • ‘n foto bo-op karton te lamineer en bind die kalender in boekievorm onderaan. Wag vir die nuwe jaar en neem ‘n vrolike klasfoto vir hierdie doel.
  • ‘n oulike kinderprent te lamineer en soos bo bokant die kalender te bind. (Kinderkuns of bekende tekenprente.)
  • die onderskeie maande te lamineer, gaatjies bo-aan te pons en ‘n lang lint of tou deurte ryg…Hang dit onder jou bord op of naby jou besprekingsmat.  Die klas se verjaarsdae of ‘n daaglikse weerkaart kan ingevul word.

Ek sal soek vir nog idees…

mooi wense

4 Kommentaar

Mooi wense aan almal wat hierdie jaar ingeloer het.  Lekker rus en geniet die Feestyd saam met die geliefdes.  Veilig ry…

ANA, F4L en ander vreemde akronieme

Lewer kommentaar

Die ANA is ‘n jaarlikse nasionale evaluering van Graad 3- en 6-leerders se vaardighede om die standaard te bepaal.

Foundations for (4) Learning is ‘n projek om die land se geletterdheids- en syferkundigheidsvlakke te lig sodat die leerders beter i.t.v. die ANA sal vaar.  Dit bestaan uit beplanningsgidse vir geletterdheid en syferkundigheid. (F4L DoE Assessment Framework Foundation phase)

Krieket

Lewer kommentaar

Die Wêreldbeker Kriekettoernooi begin in Februarie (19de) en duur tot die 2de April. Tooi hierdie kwartaal jou klas eg-Suid-Afrikaans op en herleef die opwinding van die 2010 Sokker Wêreldbeker.  Die klas kan meer oor die Proteaspan leer.http://2011-worldcup.blogspot.com

Afhangende van jou klas se ouderdomsgroep, kan jy aspekte soos reëls, kleredrag en die posisies op die veld bespreek.  Met die kleintjies kan ‘n mens mini-krieket speel (indien jou skool dit nie reeds aanbied nie) en ‘n mini-Wêreldbeker reël aan die einde van die kwartaal.  Aangesien al die outjies graag vir die Proteas sal wil speel, kan julle eerder die Grondslagfase in spanne verdeel en die klassies verteenwoordig.  Dit kan groot pret wees en kan die Grondslagfase gees woema gee.

Integreer die vorm van die veld (ovaal), die kolfblad (reghoek) en die bal (rond) met jou wiskunde lesse.  Tel in viere en sesse binne die klas se getal gebied.  Maak “treintjiesomme” met kamma-lopies binne ‘n boulbeurt.  Daar is mos ses moontlike balle.  (Bv. Die kolwer teken 2 sesse en 4 lopies binne die boulbeurt aan. Hoeveel lopies is dit altesaam?…Jan en Wilbur het 50 lopies in ‘n vennootskap aangeteken.  Wilbur het 31 lopies aangeteken.  Hoeveel lopies het Jan aangeteken?…As Wilbur 4 sesse en 3 viere aangeteken het, hoeveel enkellopies het hy gekry?)

Die 2011 gelukbringer is Stumpy, ‘n 10-jarige olifantjie.  Hy is versot op krieket en is besig om die kuns van konsentrasie te bemeester.  Dalk kan ‘n mens die olifantjie as ‘n aansporing vir goeie werk gebruik.  As die outjies (individueel of in ‘n groep) mooi gewerk het, kry hulle ‘n sterretjie (“lopies”) op ‘n grafiek of op die almanak.  Aan die einde van die week kry die kind of groep met die meeste toekennings ‘n sertifikaat – ‘n Stumpy-toekenning.

Ander idees is om die kleingoed na ‘n stadion te neem vir ‘n uitstappie en om professionele spelers te ontmoet.  Kry rolmodelle om vir hulle ‘n werkswinkel te hou (seuns én dogters) of kry ‘n krieket-legende om met hulle te gesels.  Maak krieketkolwe en balle van afvalprodukte of probeer iets soos paper mache.  Sny kolfvorms uit ligbruin viltlap en klein rooi hartjies (laasgenoemde moet ‘n juffrou maar self doen).  Plak die hartjie op die kolf vas en ryg dit met swart gare vas.  ‘n Kruisie kan mos as ‘n soentjie dien. Wys vir die outjies hoe om gare om die greep van die kolf te werk en siedaar! Nou kan ‘n mens dit op ‘n magneet of ‘n kaartjie plak – as ‘n geskenkie vir Valentydsdag…

Inkleurtyd:

Krieketkolf en -bal

Krieketwedstryd

Kolwer en geskiedenis

Kolwer uit

Kolwer slaan ‘n lopie

Kolwer kolf

herverbruik

Lewer kommentaar

Is daar tema’s wat jou soms uitboul? Is daar soms ‘n leemte of ‘n gaping vir ‘n interessante aktiwiteit? Probeer gerus iets kreatiefs soos om bruikbare items uit gebruikte produkte te skep.

1. ‘n Pennetjiesak: Soek ou hand-naaimasjiene in die skool se stoor, stof hulle af en gee ‘n naaldwerkles. Vra dat die outjies ou, gebruikte kleintydrokkies of -hempies bring. Hang die kledingstuk op ‘n klein hangertjie (dalk een wat self van draad gebuig is), werk die onderste soom en moue toe en siedaar!

2. Bekerrokkies of servetringe: Hierdie is iets wat ‘n mens as ‘n geskenk vir ‘n juffrou of mamma kan maak. Gebruik oorskietwol om ‘n breë strook te hekel of te brei (dik materiaal soos denim behoort ook te werk… dalk afgesnyde some). Sny ‘n hartjie, lippe of ‘n blom uit vilt en werk dit op die strook vas (met borduurgare). Dit kan nou as ‘n beskermer dien teen ‘n warm koffiebeker. Indien jy die strokie kleiner maak, kan dit as ‘n servetringetjie dien. ‘n Paar ringetjies in ‘n oulike verpakking sal ‘n oulike geskenk maak.

3. Kaartjies: Teken die buitelyne van ‘n groot varingblaar op die teksgedeelte van ‘n koerantartikel. Indien die vryhandmetode ‘n bietjie moeilik is, kan jy die blaar vooraf teken, vergroot en op ou x-straalplate afteken. Knip dit uit en gebruik dit as ‘n stensil. Om te verseker dat dit nie skuif nie, kan jy haarsproei agterop spuit of wondergom gebruik.
As die buitelyne op die koerantpapier getrek is, kan jy ‘n kartelrandskêr gebruik om die blare uit te knip. (Maak kepe van buite na binne.) Dit sal help om die kaartjie sommer baie spesiaal te laat lyk. Verf die blaar met ‘n ligte vernis of ‘n verdunde voedselkleursel voordat jy dit op ‘n harde agtergrond plaas.

4. Musiekjuffrou: Vra sommer vir ‘n paar vriende om al die ou kaarte uit hul beursies te haal vir hierdie projek. Ek sien jaarliks projekte waar die kinders musiekinstrumente uit afvalprodukte moet skep. Sny jou eie kitaar “pick” (plektron) uit ou krediet- en winkelkaarte. Hou die lekker bont oogplesiertjie in ‘n glasfles vir daaglikse gebruik of gee dit vir die kitaarfundi’s.

5. Goudvis: Soek na speelgoedvissies of lamineer en knip ‘n getekende goudvis uit. Plaas die vissie binne-in ‘n plastieksakkie en gebruik gesmelte, kleurlose seep (buise is by kunsvlytwinkels beskikbaar) om die sakkie halfpad te vul. Uit ondervinding het ek geleer om 2cm skywe in ‘n ou maatbeker te smelt (30 sek.). Die seep smelt vinnig en set ook redelik gou as jy dit in die ys- of vrieskas bêre. Die sakkie-idee is nog onbeproef, maar lyk oulik. Ek sou voorstel dat ‘n mens ‘n beker met die sakkie sou uitvoer (soos ‘n drommetjie) om te help met die warm seepgooi slag. Sodra die vissie en die seep in die sakkie is, kan jy dit toe bind met lap lintjie. Wanneer die seep gebruik moet word kan jy die sakkie afskil.  Hierdie vissies kan oulike markdagprodukte maak.

6. Maak speelgoed van kurkproppe.
http://greenlagirl.com/upcycling-my-wine-corks/

boek oortrek

Lewer kommentaar

Die skooljaar het al plek-plek begin en dit raak nou tyd vir boeke oortrek.  In baie skole is daar spesifieke voorskrifte.  As die skool dit toelaat, kan julle die volgende ontwerpe probeer…(Weereens voeg ek ‘n paar “groen” idees by om die beursies te laat asem haal.)

Die boeke:
1.  Grawe in die motorhuis vir ou verf om hardebandboeke te verf.  Plaas die boek oop – met die swart buiteblaaie na bo – bo-op ‘n ou koerant. Skuif ‘n koerantvel tussen die blaaie en die buiteblad in om die bladsye te beskerm.  Gebruik lang hale van bo na onder en maak seker dat die verf nie tranerig voorkom nie.  Jy kan verskillende kleure gebruik of sommer net een kleur.  Sodra die boek droog is, kan jy dit met plastiek oor trek of met ‘n kleurlose vernis verf.  Plastiek bly egter ‘n wenner om die kleur skoon te hou en om te verseker dat die verf nie afskilfer nie.  Akrielverf werk ook baie goed.

2. Gebruik bruinpapier (of die gekleurde tipe) om boeke oor te trek – growwe kant na bo.  Kies helder verf of kleure wat die outjie aan iets soos ‘n vakansie by die see (helder blou) sal herinner.  As dit ‘n groot boek is (A4), kan Ma of Pa se hand geverf word.  Druk ‘n handafdruk in die middel van die voorblad en een op die agterblad.  Vir ‘n benoude outjie is ‘n herinnering aan sy mamma en pappa nogal gerusstellend. Gebruik die outjie se eie handpalm (of ‘n boetie / sussie s’n) vir A5-boeke.

3. Knip en plak:  As jy baie kreatief wil wees, kan jy die bruinpapier met stukkies oorskiet geskenkpapier opkikker. Knip oulike prentjies uit en maak jou eie collage.

4. Rol- en drukwerk: Trek die boeke oor met een kleur. Sny ‘n kartelrand uit ‘n strook rubber, heg vas aan ‘n rollertjie (iets soos ‘n koekroller of ‘n glasbottel) en rol ‘n patroon oor die papier. As jy die driehoekige vlaggies gebruik, kan jy selfs ‘n naam in die vlaggies skryf.

Naamkaartjies:
1. Kies drukbare etikette en naamkaartjies op die internet.

2. Hartjies.

3. Skoolbusse.

4. Juffrou se boek.

5. Voëltjies (skryf op die magies)

6. Nommerpas gemaak

7. Kies ‘n vel “scrapbook”-papier om ‘n vorm uit te knip soos ‘n hasie, vis of voëltjie. Sny dit uit en plak dit bo-op die bruinpapier as ‘n naamkaartjie.

Pasop vir bonkige, knobbelrige etikette of lap-oortreksels.  Wanneer die outjie moet skryf, kan dit ‘n tekstuur gee en inmeng met die netheid.

0 tot ‘n 100

2 Kommentaar

‘n Oorsese juffrou het laat weet dat sy baie graag ‘n uitruilprojek met ‘n Suid-Afrikaanse juffrou (-ens) wil reël.  Hulle vier op die 16de Februarie ‘n 100 dae van skool en maak die dag jaarliks spesiaal.  Vanjaar wil sy voorstellings van die getalle tot ‘n 100 voorstel.  Dit behoort ‘n lekker uitdaging vir alle Grondslagfase-outjies te wees.

Die gedagte is dat julle enige getal van 0 tot 100 kies om visueel voor te stel.  Neem soveel vingers, tone, pare hande, pare voete, ore, neuse, doppies, skoene, kosblikke, ens. af.  Kies iets wat julle sommer vinnig kan reël of maak ‘n spesiale gebeurtenis daarvan.  Gesien in die lig dat hulle nie ons land en sy mense ken nie, kan ‘n mens dalk ‘n aantal munte uit pak of Suid-Afrikaanse vlaggies uitstal.  Laat die jaargroep ‘n getal op die sportveld uitbeeld (bv. 42 kinders staan of sit in die vorm van ‘n reuse 42) en neem dit af.

Ons oorsese juffrou-vriendin sou ook graag iets oor seisoene wou doen. Dalk kan die klas ‘n aantal reëndruppels uitknip (fynspier ontwikkeling) en ‘n winter collage maak…sirkels sny om sonne voor te stel (somer)…bloeisel of blomme maak (lente) of oranje, bruin en geel blare (herfs) maak.  Speel lekker met die gedagtes en neem ‘n foto van julle projek.  Merk dit asseblief met die klassie of skool se naam sodat ons daarmee kan spog.

Julle kan die foto’s via Facebook of na my e-pos adres toe stuur (remediering@hotmail.com of die oorsese juffrou: ssoltauheller@gmail.com).

higiëne

1 Kommentaar

Johlene het gevra vir ‘n paar gedagtes oor higiëne.  Hiermee dan so ‘n paar idees…(vir voorskoolse kleintjies)

  • Wat daarvan as julle waslappies met patroonwerk bedruk? Sny ‘n handdoek in blokke op, stik om en bedruk met lapverf.  Gee vir die outjies verskillende proppe, doppies en koekiedrukkers om die drukwerk mee te doen.  As jy ‘n spesifieke patroon in gedagte het kan jy dit op ‘n papier druk en vra dat hulle dit moet probeer nadruk.  As die lappies droog is kan jy dit in ‘n tuimeldroeër uitdroog.  Dit is ‘n lekker funksionele “kunswerk” wat hopelik baie gebruik sal word :lol:
  • Doen fynspier of handspier oefeninge deur malvalekkers met skoon skêrre te sny.  Probeer ook iets soos malvalekker-glimlagte of
  • ‘n tand-halssnoer uit harde klei…Die klei is gewoonlik beskikbaar by kunswinkels en is meestal verkrygbaar in helder kleure.  Jy moet dit behoorlik knie en bewerk om sag te kry, maar as dit sag is kan jy iets soos tande daarmee vorm.  Druk ‘n stokkie deur die tand om ‘n gat te vorm en ryg ‘n riempie daardeur as die tand verhard het.  Om die tand wit te maak kan jy wit verf gebruik.  Indien iemand ‘n pottebakster ken, kan die tande selfs van pottebakkersklei gemaak word.  Soutklei werk ook perfek.
  • Maak handpoppe met skoon tande.
  • Hou ‘n hande was resies.
  • Verduidelik die redes waarom ‘n mens jou hande moet was.
  • Maak ‘n gogga- of kiemmonster:  Gooi ‘n paar druppels voedselkleursel by seepwater (skottelgoed wasmiddel werk lekker).  Laat die outjies dit met ‘n strooitjie blaas dat die borrels staan.  Sodra die borrels lekker oor die rand peul, kan jy die strooitjie verwyder en liggies met ‘n vel papier daarop druk om die borrelpatrone “vas te vang”.  Gebruik verskillende glasies met verskillende kleure om ‘n reënboog vel te maak.  Gooi nou lekker tandepasta-dik blertse verf in ‘n plat bak.  Laat die outjie sy hand daarin druk en uit haal.  Druk dit op ‘n vel papier en as dit droog is kan julle dit uitknip en op die borrelpapier plak.  Teken ‘n bang of angsbevange gesig op die monster se gesig.  Die idee is dat monsters bang is vir seep.
  • Iemand het my daarop gewys dat hy “glitter” (of blinkertjies) op ‘n tafel sprinkel en los om te kyk hoe dit deur die dag versprei.  Dit verteenwoordig die verspreiding van kieme.  Dít is nogal ‘n blink idee :wink:

Steek tong uit

2 Kommentaar

21 Februarie is Internasionale Moedertaaldag.  Wys jou mother tongue en stuur die foto na David:  kanyimbe@gmail.com.  Dis mos nou sommer ‘n lekker lawwe viering.

lê i en u vas

Lewer kommentaar


Iemand (E :wink: ) het onlangs gevra hoe ‘n mens die i en u klanke kan vas lê. Dalk kan ander mammas ook hierdie idees nuttig vind…(Gemik op Graad 1-vlak.)

In die meeste gevalle hanteer ons die klanke wat verwar word apart van mekaar.  ”i” en “u” veroorsaak verwarring omdat beide klinkers is en dus net “uit die keel uit spring”.  Ek verduidelik vir die kleintjies dat i ‘n skraal outjie is wat liggies gesê word (sê dus i in ‘n hoë stem).  Die u lyk sommer moeg soos ‘n ou wat baie hard gewerk het.  Hy laat my dink aan iemand wat sommer so ‘n diep duik op ‘n bank maak as hy lê.  Hy sug en lê op sy rug.

Spandeer so tien minute aan die i en u afsonderlik.  Gee vir die outjie die buitelyne van ‘n i en vra dat hy dit met wit papiertjies moet skeur en plak. (Daar is mos ‘n i in wit.)  Hy moet dan prente rondom die klankie teken wat met ‘n i begin of waarin ‘n mens i kan hoor (in ‘n houer, ink, vis, bid, sit).  ’n Mens kry nie ‘n i alleen aan die einde van ‘n woord nie.

As julle die u moet inkleur kan julle ‘n donkerige kleur gebruik.  As julle donker vingerverf het kan julle met ‘n vinger vol verf die u (in die skryfrigting) begin bedruk. Met elke druk kan julle “u” lekker diep sê.  ’n Mens voel maar lekker laf met hierdie dinge, maar hoe meer dramaties ‘n mens raak hoe makliker onthou die outjies dit.  u is nooit alleen aan die begin van ‘n woord nie en klink ook nie soos ‘n u aan die einde van ‘n woord nie (eers later sal hulle aan woorde soos slu bloot gestel word).  Dit staan meestal in die middel rond (rug, brug, sug, druk)

As julle prente uitknip en plak kan jy die i of u woord daarby skryf.  Maak ook ‘n kolletjie weergawe sodat die outjie dit kan natrek.  As jy die i woorde behandel kan jy flitskaarte maak en prentjies by teken om dit te illustreer (in, ink…)…Doen dieselfde met die u woorde.  Julle kan dit afsonderlik flits, later ‘n tweede stel maak om snap te speel of om ‘n memory game te speel.  Indien die outjie ander sigwoorde ken, kan julle sinne met die flitskaarte maak.  Kyk na senteacher.org se literacy printables om ‘n basiese uitleg vir flitskaarte te kry.  Jy tik die woorde, kies ‘n letterformaat en druk

Ek hoop die idees kan dalk vir julle ook help.  Kyk ook na hierdie skakels:


aarde

Lewer kommentaar

geleen
Op die 26ste Maart, om 20:30, sal die wêreld weer hul ligte afskakel vir Earth Hour.

  • Maak lanterns uit ou plastiekbottels, hou ‘n kersligete op die voorstoep of speel al die bordspeletjies wat iewers in ‘n kas vergete geraak het.
  • Skakel die huis se krag summier vir ‘n uur lank af en gebruik dié stiltetyd om kreatiewe kunswerke uit herwonne materiaal te maak.
  • Maak kershouers of -staandertjies met ‘n boodskappie vir ouma of tannie.  Gebruik ou teekoppies hiervoor of as jy dit tydens die earth hour wil maak, kan jy selfs ‘n vrug soos ‘n appel gebruik.  Indien jy nog van die Kerstyd se sneeu sproei oor het, kan jy enige glas flessie in ‘n indrukwekkende kunswerk omskep.
  • Vir die skool kan ‘n mens dalk ‘n rol swartsakke ooprol en gate daarin maak om ‘n woord of slagspreek uit te stip. Maak ‘n prominente ruit heeltemal donker met nog swart sakke en skakel byvoorbeeld ‘n blou gloeilamp (of flitsende kersligte) aan sodat die bewoording aandag kan trek.

Gaan loer gerus na ‘n paar les-idees vir hierdie spesiale dag.  Intussen kan julle met meer raakvat aksies begin soos om die klas se afvalpapier te herwin, herwinningsdromme op die skoolgronde aan te bring en om goeie gewoontes by die kleingoed te kweek.

meer en minder

8 Kommentaar

F het gevra hoe ‘n mens wiskundige konsepte soos meer as en minder as aan ‘n Graad 1′tjie kan verduidelik.  Die maklikste is seker met behulp van lekkergoed.  Trek ‘n pakkie Smarties nader vir hierdie een en druk die onderstaande werksvelle uit…

  • Begin eers deur ‘n getalgebied vas te stel.  Bv. Ons somme strek van 1 tot 10.
  • Tel 10 lekkers uit.  Tel hulle van 1 tot 10 en dan van 10 af terug tot by 1.  Vir die laaste deel kan jy die lekkers byvoorbeeld op ‘n bordjie pak.
  • Kyk na die werksvel.  Begin eers met een minder en meer as. Tel 8 lekkers uit.  Wat is 1 minder? (Pak 1 lekker terug op die bordjie.)  7! Goed…en as ons 8 het en ons dit 1 meer maak beteken dit ons moet een meer by sit.  Dit is 9.
  • Gaan deur die getalle en hou die proses telkens dieselfde.  Druk op die prentjie met die min of met die meer lekkergoed – ter herinnering.
  • As die bewoording lol, kan jy drie hopies lekkers uittel.  Bv. 2, 4 en 5.  Gee die 2 aan die kleinding, gee die 4 aan pappa of  ’n boetie en hou die groepie van 5.  Vra vrae soos “Wie het die meeste?”, “Wie het die minste?”, “Wie het meer as jy?”, “Hoeveel is dit meer as joune?”…Hier kan jy die groepies dan uittel en afpaar…Jy het 1. Jannie het 1. Jy het ‘n 2de lekker. Jannie het ‘n 2de lekker. Jy het niks meer nie, maar Jannie het ‘n 3de en ‘n 4de lekker.  Hy het 2 meer as jy.  Jy het 2 minder.
  • Goedkoop speletjies soos Slangetjies en Leertjies sal ook verdere vaslegging kan aanhelp, want die outjie moet ‘n sekere aantal plekke aanskuif of terug skuif (i.e. meer maak of minder maak).

Dit gaan baie herhaling en konkrete werk verg, maar sodra die outjie die konsep begryp, is daar ‘n vuis vol lekkergoed as beloning! :wink: Baie sterkte!

minder as meer as (werkvel)

 

raak kreatief

Lewer kommentaar

Story Scarves is die naweek in die Kaap.  Indien jy ou lappe of gare het en lus het vir ‘n inspirerende, kreatiewe dag kan jy vir Stacey kontak by info@storyscarves.org.

biblioteek

Lewer kommentaar

Biblioteekweek is weer hier en duur van 22 tot 26 Maart.
Doen ‘n bietjie boek opvoeding, spreek die versorging van boeke aan en kyk na aspekte soos die “regte en verantwoordelikhede” van ‘n leser. Noem aspekte soos die Dewey-stelsel en verduidelik aan die outjies dat die boeke in afsonderlike groepe gepak word om navorsing te vergemaklik. Dalk kan die outjies in groepe verdeel en kaartjies maak om die verskillende Dewey-afdelings aan te dui. Dit kan ‘n lekker kleurvolle muur-collage word. Gebruik sommer swart veselpenne (koki’s), pastelle en helderkleurige voedselkleursel om die vaal syfers op te kikker.
Maak ook boekmerkies met die Dewey-stelsel daarop en versier dit met oulike inkleurprentjies. Dit kan sommer saam geneem word biblioteek toe en help met die kies van boeke. (Dewey Boekmerk-uitleg)

ubuntu

Lewer kommentaar

Vandag is Menseregtedag.  Dit is dikwels moeilik om dit aan jong kinders te verduidelik.  Daarom sou ek eerder wou fokus op die medemenslikheids-aspek en op ‘n positiewe ingesteldheid teenoor ander.

Kyk na goeie gesindhede soos om om te gee, om behulpsaam te wees en om ‘n positiewe bydrae tot die samelewing te maak. Die regte tot ‘n beter lewe is immers nie net ‘n geval van “neem” nie, maar ook een van verantwoordelikhede.

twistynoodle

troeteldiere

2 Kommentaar

J het gevra vir idees oor troeteldiere. Hier is ‘n paar…


Honde:

Katte:

  • Maak ‘n katkaartjie.  Dit hoef nie op swart papier gedoen te word nie.  Gebruik ‘n papboks en pastelle of vetkryt met voedselkleursel (eiergeel werk goed).
  • Deurkaartjie:  Maak ‘n papierkat om aan die deur se handvatsel te hang of versier ‘n houertjie vir katkos.
  • Sny katstensils uit, trek dit af op ‘n ou x-straalplaat, knip uit en gebruik vir
    • spuitverfwerk,
    • spat verf met ‘n tandeborsel daaroor,
    • doen patroonwerk op ‘n vel papier (in helder kleure) en plak ‘n kat uit swart of bruin papier daarop.
  • Inkleurwerk en ander
  • Voetjies vir ‘n raampie of om flitskaarte mee te maak (somme en woorde).

Visse (goudvisse):

  • Inkleurprente en ‘n idee of twee om visse uit papierborde te maak.
  • Les-idees
  • Hoe om ‘n vis te teken.
  • Eenvoudige vis-buitelyn: Gebruik vir sigwoorde, somme en ander flitskaarte of vergroot en skryf ‘n visstorie daarin.
  • Vis doolhof
  • Maak ‘n pragtige, reënboog papierbord vis.
  • Sny die buitelyne van ‘n vis op karton (of ‘n x-straalplaat stensil) uit.  Maak twee identiese visse. Pons dan gate rondom die buiterand en ryg wol of tou daardeur.  Teken patrone met vet- of uitdraaikryte op die visse  (soos skubbe) en verf met voedselkleursel.  Gebruik sommer verskillende blerste kleursel.  Sodra die vis droog is kan jy dit met ou koerant of watte op stop.  Hang dit naby ‘n venster sodat die vissie in die lug kan swem.  Maak ‘n hele akwarium van die plafon.
  • Knip ook ‘n paar vissies uit en hang hulle aan ‘n vislyn op (in ‘n ry).  Skryf dan sommer getalle, veelvoude, ens. daarop sodat die outjies die huidige relevante werk kan oefen.

Voëls:

Ander:

  • Hou ‘n troeteldierdag:  Elkeen kan ‘n troeteldier – indien moontlik – of ‘n foto van ‘n troeteldier bring.  Laat die outjies dan dinge oor die diere vertel (mondeling / “show and tell”).
  • Gebruik gesigverf en maak die gesigte soos honde, katte, ens. op.  Dit behoort ‘n groot lekkerte te wees tydens fantasiespel (kleintjies).
  • Besoek ‘n troeteldierwinkel.  Gaan vooraf na die winkel toe en kyk na die verskeidenheid diere sodat jy takies en vragies daaroor kan opstel.  (Bv. Watter diere word in die winkel verkoop? Teken jou gunstelingvis…)
  • Maak rye voëls, katte en honde onderskeidelik.  Vra dan vragies soos Hoeveel bene het 2 voëls? Hoeveel katte het ‘n bont pels? Hoeveel katte kyk na links? Hoeveel honde kyk na regs? Hoeveel honde staan? lê? Hoeveel ore het vier honde? Hoeveel diere is hier altesaam?
  • Betrek die gepaste woordeskat vir die onderskeie diere: kieue, vinne, werpsel, snor, blaf, miaau, spin, grom, poot…Wat beteken troeteldier? (Gebruik ‘n eenvoudige, groot skets ter toeligting – soos ‘n wetenskapprent.)
  • Kyk na die tuistes, gewoontes en versorging van die diere.  Bv. die voël woon in ‘n hok of ‘n kou, die hond in ‘n hok en die vis in ‘n visbak of akwarium.  Waar beweeg die diere? (land, lug, water) Hoe beweeg die diere? (swem, kruip, loop, hardloop, bekruip, vlieg, fladder…) Hoe eet die diere? (pik, sluk, skeur, byt, kou)
  • Onthou altyd om lekker kleurryke muur- of tema-plakate te maak en om konkrete items uit te stal.  Die plakate kan op A4-karton gemaak word om later in jou lêer te pas.  Gebruik die diere waaroor julle gaan praat en stal van elkeen se items (gegroepeer) uit.

kinderwerf

6 Kommentaar

Kinderwerf is ‘n webwerf wat fokus op taalontwikkeling by kleingoed en is reeds welbekend vir hul oulike pakkette om klanke en lees bekend te stel.  Die program verskaf elke maand ‘n pakket aan hul lede – wat opvoedkundige aspekte aanspreek. Kinderwerf het nou ook ‘n Engelse program ontwikkel om lewensvaardigheidslesse aan te vul en om die aanleer van phonics te ondersteun.  Die programme is ideaal om die aanleer van ‘n huistaal én ‘n tweede taal te ondersteun. Gaan loer gerus by die Clever Kids Club in vir verdere inligting.

voor en na

Lewer kommentaar

C het idees gevra om “voor” en “na” vas te lê.  Betrek voorbeelde soos kinders wat in ‘n ry loop.  Nommer 1 is altyd voor en die groter getal altyd agter (1 = eerste).  Dit maak nie saak of die ry na links of regs loop nie – die kleinste getal is altyd voor die groter een.

  • Pak die speelgoed agter mekaar in ‘n ry.  Wie staan voor?  Wie staan voor die beertjie? Wie staan agter die robot?
  • Betrek die honderdblok of ‘n slangetjies en leertjies speletjie.  As jy die speletjie speel, tel jy altyd aan en skuif NA die volgende of groter getal – tensy die slang jou in sluk :wink:
  • Knip strokiesprente uit ‘n ou tydskrif (bv. Liewe Heksie).  Lees dit, sny die blokke op en skommel dit.  Vra dat die outjie dit in die korrekte volgorde pak. (Wat het eerste gebeur?  Wat gebeur daarNA, NA dit?…en toe?  Wat het gebeur VOOR… en …?)
  • Trek die almanak nader.  Vra vragies soos “Wat kom na Februarie? Wat kom voor April?”
  • Vee getalle uit ‘n honderdblok en vra die outjie om dit in te vul.  (Sien honderdblok onder die drukbare bladsye)

(voor en na werkvel)

Geniet die lang naweek

2 Kommentaar

“Rest is not idleness, and to lie sometimes on the grass under the trees on a summer’s day, listening to the murmur of water, or watching the clouds float across the sky, is by no means a waste of time”
- John Lubbock

“Rest when you’re weary. Refresh and renew yourself, your body, your mind, your spirit. Then get back to work.”
- Ralph Marston

troue

2 Kommentaar

Jare gelede het ons almal vasgenael voor die televisie gesit om na Prins Charles en Diana se troue te kyk en selfs Sarah Ferguson en Prins Andrew se troue was net so boeiend.  Op Vrydag, 29 April 2011, trou Prins William met Kate Middleton.  Al is die Britse gesin in ‘n ander land, bly die feë-verhaal van ‘n koninklike troue altyd fassinerend.  Die sprokiesverhaal van ‘n prins en prinses se troue sal seker altyd deel wees van ons kindersprokies bly.

Gebruik die troue-tema tydens Engels / Tweede taal lesse. ‘n Mens kan woordeskat betrek soos geslagte (bride, groom, queen, king, prince, princess…) en kreatiewe skryfwerk doen. Maak julle eie koninklike uitnodigingskaartjies of skryf ‘n nuusberig oor die troue. Hoe sou dit gevoel het om deel van so ‘n feesviering te wees?

Knip ‘n paar krone uit, lamineer of trek met breë kleeflint oor en skryf spelwoorde agter-op. Gebruik dit as flitskaarte om die woorde aan te leer of te hersien. Dink veral aan Engelse woorde met die ow-klank (crown) daarin. ‘n Ander klank wat soms probleme gee is die “ng”-klank. Knip ‘n paar ringe uit vir Engelse ng-woorde – of span dit selfs vir die Afrikaanse woorde ook in. Gebruik die basiese buitelyne van ‘n troukoek om woorde met die ou- of oe-klanke (trou / koek) te hersien. Ouer kinders kan ook na trappe van vergelyking kyk deur die onderskeie woorde op die “trappies” van die koek te skryf (bv. groot, groter, grootste)

Maak papierpoppe - jou eie of vir die klas se fantasiespel. Kleur dit in met uitdraai- of vetkryt en verf ‘n lagie verdunde voedselkleursel bo-oor. Gebruik die poppe vir dialoog-oefeninge of span hulle op ‘n groot muurcollage in.

Maak jou eie troukoek en versier dit met blinkertjies.

Druk verskeie inkleurprente op gekleurde papier, versterk dit deur dit te lamineer en sny dit op as legkaarte.

Maak koninklike plekmatjies om te lamineer of om later as geskenkpapier te gebruik.  Rol bloot die prent op die papier van jou keuse af en draai ‘n geskenk daarin toe (dalk ideaal vir Moedersdag later)…Jy kan stensils of sjablone van krone of paleise uit ou x-straalplate sny, op swart of koerantpapier aftrek en uitknip.  Plak dit op ‘n swart of wit agtergrond vir ‘n beter effek.

Hou ‘n high tea – kompleet met netjies klere, uitnodigings, koek en tee (kombineer dit dalk met ‘n Moedersdagtee)…Bak sommer koekies in die vorm van krone of koetse.

Kinderstories wat jy kan uitneem, lees of kyk sluit natuurlik alles met prinse en prinsesse in: Shrek, Sneeuwitjie, Aspoestertjie, Doringrosie, Raponsie, Alladin, The King and I en The Little Mermaid.

Hopelik kan hierdie idees nog ander idees inspireer.

Lees: motivering en aanmoediging

4 Kommentaar

Iemand het idees gevra om luierige lesers te motiveer om meer te lees.  Vir lui lesers kan ‘n mens ‘n beloningskaart maak – ‘n basiese almanak-uitleg met groterige blokke (sien kalender).  Op Grondslagfasevlak kan boekies redelik vinnig gelees word.  Maak ‘n kolletjie vir elke boek wat klaar gelees is – nadat julle ‘n paar begripsvragies gevra het – en besluit op ‘n prys.  As die outjie byvoorbeeld 10 boekies gelees het, kry hy / sy ‘n plakkerboekie, ‘n mooi skryfblok of kan julle ‘n DVD huur.

  • Skryf kort notatjies vir die kosblik.
  • Plaas ‘n bestelling vir ‘n toebroodjie en skryf die bestanddele neer (as dit iets soos ham en tamatie bevat, kan jy die snye vooraf in bakkies bêre om die proses makliker te maak).
  • Webwerwe soos TwistyNoodle het inkleurprente waarby jy jou eie sinne en woorde kan tik en druk.  Maak ‘n inkleurboekie vol sinne om “toevallig” te lees.  As ‘n paar vriendinne sulke boeke saam stel, kan ‘n mens weekliks ‘n ander boekie maak en uitruil.
  • Bak en brou saam of besluit op ‘n ete.  Gaan dan saam deur die koskaste en stel ‘n inkopielys saam.  By die winkel kan die outjie die benodigdhede lees en tuis kan hy / sy die resep ‘n paar maal nagaan om seker te maak dat julle alles gebruik het en dat die stappe reg gevolg is.
  • Soek telefoonnommers in ‘n telefoongids op.  Maak dit op die regte bladsy oop en vra vir hom / haar om ‘n oom of tannie se nommer op te soek.  Julle kan dalk ‘n paar nommers in die huis se eie telefoonboekie nagaan – om “seker te maak dat alles nog reg is”.
  • Blaai deur foto-albums en lees sommer so saam-saam die byskrifte.  Die inligting is relevant tot die outjie se familielewe en behoort hom / haar te interesseer.
  • ‘n Koppie koffie of “hot chocolate” kan ‘n lekker verskoning wees om te lees terwyl die beker afkoel.
  • Gebruik ‘n wekkertjie soos ‘n egg timer om ‘n tyd af te meet waarin daar gelees word. As die outjie regtig teësinnig is, kan julle die wekker stel en saam lees.  Maak beurte – een bladsy vir jou en een vir my.
  • Soek gerus na ou luister- en leesboekies in die biblioteek.  Ladybird het soms sulke kombinasies, maar ek is seker dat reekse soos STORIEMAN en STORIEMUIS nog beskikbaar sal wees.
  • Maak julle eie storiekassette.  Neem stories of gediggies op bandjies op.
  • Gebruik selfs die lirieke van liedjies en neem die outjie op terwyl hy / sy sing – so op ‘n kamma Idols-manier.

Sterkte met die res van die kwartaal!

ma se dag

6 Kommentaar

Dis weer amper Moedersdag (hierdie Sondag).  Hiermee dan ‘n paar idees vir geskenke:

  1. Maak oulike hartjie- of skoenlapperdosies uit karton.  Rol die buitelyne op gekleurde karton of selfs “scrap book” papier af voordat julle begin knip en vou.  Rond die hartjie of skoenlapper met gom en blinkertjies af.
  2. Versier ‘n basiese ligskakelaarplaatjie met swart veselpen en verf (vra vir die skool se opsigter om ‘n paar oorskietblikke te leen :wink: ).  Verf die plaatjie wit en wag tot droog.  Kies ‘n paar oulike prente om as voorbeeld te dien.  Vra die outjies om een te kies en na te teken met ‘n potlood.  As hulle tevrede is, kan hulle met die veselpen oor die lyne teken.  Daarna kan hulle die prente inkleur met dun kwassies / oorstokkies en verf.  Meng die kleure vooraf soos jy die verkies.  Ma of Ouma kan dit in die gunstelingvertrek gebruik.
  3. As jy weet hoe om decopagewerk te doen, kan jy selfs die bogenoemde plaatjie met velle mooi servette oortrek.
  4. Versier ‘n ou kosblikkie met verf nadat jy ‘n onderlaag van byvoorbeeld wit of room geverf het.  Laat die outjies eers met potlood teken en beplan en dan verder verf.  Vul die blikkie sommer met vrugbare grond en kruie soos pietersielie.
  5. Pak oulike boodskappies met klanke wat uit tydskryfopskrifte gesny is of gebruik Scrabbleblokkies (bv. Mamma is die beste.  Lief vir mamma….).  Neem dan foto’s daarvan en vra die outjies om ‘n foto te kies (gee opsies). Laat druk dit in swart en wit of kleur (met ‘n wit randjie om).  Gebruik dit as die voorblad vir ‘n kaartjie of plak ‘n breë strook magneet agter-op – vir die yskas of ‘n spieël.  Die foto gee ‘n netjies afwerking, maar die fisiese knip- en plak-werk sal net so oulik wees.
  6. Versier hout wasgoedpennetjies met decopagewerk, gewone mooi papier of verf en blinkertjies.  Heg magneetjies agter-aan en gee dit saam met een van die metaalgeskenke.  Dit kan dan gebruik word om boodskappies en belangrike nota’s vas te knyp.

Lekker werskaf!

Vadersdag

Lewer kommentaar

Dis weer eersdaags Vadersdag en ons moet solank begin werk aan geskenkidees…

Plekmatjies: As pagoed graag ‘n koue glasie of verversing geniet, kan ‘n mens klein, ronde pierinkies by ‘n plastiekware-winkel koop en met ‘n sterk gom en kleurryke krale versier. Die gom dien as kleefmiddel, maak die geskenkie waterdig en seël dit vir ‘n skitter effek.

“To do”: Maak ‘n herinneringsbordjie. Trek die raamwerk van ‘n gereedskapstuk op ‘n eenvoudige blokkie hout af. Verf die buitekant / agtergrond met een kleur en die binnekant van die gereedskapstuk met swart bordverf. Skryf dan ‘n boodskap soos “onthou” of “moet doen” in wit bordkryt op die stukkie. Draai ‘n hakie onder en een aan die bokant van die blokkie in, sodat jy dit kan op hang en ‘n boodskap onderaan kan haak. As jy verkies om ‘n wasgoedpennetjie daarop vas te plak, kan die boodskappies in die pennetjie vas geknyp word.

Gewigtige saak: Maak ‘n papiergewiggie uit soutklei en pak ‘n boodskappie daarin uit met spoelklippies of effekleurige (dalk hout) krale. As jy die woord op ‘n voorbeeld pak of op die bord skryf, maak dit die na-apery makliker.

Emmer skop: Hierdie geskenk is meer persoonlik. Dink aan stringe dinge waarvan pagoed hou en waarvan hy droom. Tik dit netjies en groot uit. Knip in stroke en plak aan die buitekant van ‘n blikkie vas. Versier en vernis dit om as ‘n pennehouertjie te dien.

Gekleurde pennetjies: Verf ‘n klomp gholfpennetjies in verskillende kleure vir die gholfsak.

Boekmerkies:

As die outjies baie klein is, kan jy vir hulle ‘n basiese reghoek uit gekleurde karton laat sny.  Gee bewerige ogies om bo-aan te plak en sny self die diep keep om soos ‘n skuifspeld oor die blaaie te gly.  As julle lus het, kan die outjies self die karton met patroon-, plak- of verfspatwerk versier voor die knippery.  Jy kan hierdie konsep ook op roomysstokkies probeer.

Ouer kinders kan ‘n handgeskrewe sin op ‘n eenkleurige vel papier skryf en saam met ‘n foto van hulself op ‘n boekmerk rangskik.  As jy klein individuele foto’s van die kinders het (soos vir die skoolprofiele benodig word) kan jy dit op ‘n roomkleurige papier afrol.  Gebruik ‘n karteltandskêr om ‘n raampie om elke foto te sny, plak op ‘n kartonvel soortgelyk aan die binnewand van geskenkpapier, versier met ‘n sinnetjie en rond af met ‘n stukkie tou of ‘n leerriempie.

Engels boekmerkies… en nog ‘n stel.

‘n Boekmerk met ‘n fynmotoriese kinkel.

Druk netjies kraaghempies in kleur of met swart ink op gekleurde karton (wat van scrap book papier?!). Sny die eenvoudige buitelyne uit, vou en plak magnete aan die binnekante van die hempspanele. So klou die hemp die boek vas. As Pa die boek klaar gelees het, kan hy die die boekmerk teen ‘n spieël of metaalkas stoor.

dokter

Lewer kommentaar

T het gevra vir buitespel idees met die tema dokter.

Dokter is ‘n bietjie moeilik as ‘n mens die veiligheids-aspek in ag moet neem. ‘n Mens kon seker lekker spuitwerk met verskillende (naaldlose) inspuitings gedoen het by die waterspelbak, maar dalk gee dit die outjies die verkeerde idee.

Wat van fantasiespel? Gee eenvoudige stetoskope en repe materiaal vir verbande. Gee ‘n matrassie vir die ondersoektafel, handskoene en maskers vir die “kieme”. Jy kan dalk iets soos ‘n botteltjie seep eenkant neersit en dan die belangrikheid van higiëne en higiëniese omstandighede in bring. As die skoolgrond ‘n voertuig of klimraam in die vorm van ‘n voertuig het, kan jy dit met ‘n laken en ‘n rooi kruis in ‘n ambulans omskep.

Wat van ‘n hindernisbaan? Die outjies trek dan doktersjassie aan of sit ‘n stetoskoop om die nek. Dan moet hulle jou getekende aanwysings volg om deur die skool se speelgrond te beweeg tot by die noodsituasie – soos ‘n pop wat seer gekry het. Teken ‘n roetekaart wat byvoorbeeld aandui dat hulle na die swaai moet gaan. Daar moet hulle ‘n uitdaging of ‘n taak verrig soos om hulle hande te was met ‘n higiëniese sepie of om ‘n pop se koors te neem. Daarna kry hulle nog aanwysings tot by die volgende punt – soos in The Amazing Race.

Dink aan dinge wat in ‘n hospitaal te vinde is soos ‘n x-straal masjien. Gryp sommer ‘n ou raam of sny een uit karton – spuit of verf dit met swart verf en span ‘n swart sak in die gat. Siedaar! ‘n X-straal masjien waar agter die outjies moet staan. As jy genoeg tyd het, kan jy ‘n gleuf teen die kant in sny. Verf dan deel van ‘n geraamte (ribbekas, bene…) op verskillende kartonne wat in die raam sal pas. Die outjies skuif dan kamma die gepaste x-straalplaat by die skerm in om te kyk wat fout is. Dalk ken jy iemand wat ou plate kan afstaan vir die doel. Dalk kan jy ‘n uitdaging hê waar die outjies liggaamsdele moet benoem…

Ek hoop dit kan dalk ‘n bietjie help.

 

spreker

Lewer kommentaar

Renee Lighton gaan weer by verskillende geleenthede optree. Dit is regtig die moeite werd en ‘n inspirasie vir enige mamma of juffrou van Graad R – 3-outjies.

1. Gallagher Estate Baba Indaba (Môre al!)

2. Milnerton (Maandag, 30 Mei)

3. George

deling

2 Kommentaar

Iemand het onlangs gevra dat ons ‘n bietjie na deling kyk. Deling is die teenpool van vermenigvuldiging (inversie) soos minus teenoor plus. Waar vermenigvuldiging kyk hoeveel keer jy iets kan optel tot by die antwoord, kyk deling na die hoeveelheid kere waar jy kan aftrek (uit deel).

Daar is verskillende vorme van deling: Verdeling en groepering. Só werk dit:

Verdeling:
Jana en Kira moet ‘n sak vol uitveërs uit deel totdat daar niks oorbly nie. Daar is 12 uitveërs. Verdeel die uitveërs gelykop tussen die twee dogters.
Tel 12 tellers (bv. doppies, knope…) af. Verdeel die “uitveërs” dan fisies volgens “een vir jou, een vir my, een vir jou…” uit. Vra dan: Hoeveel het jy gekry? Hoeveel het ek gekry? Is dit ewe veel? Ja! Elkeen kry 6 uitveërs. Jana kry 6 en Kira kry 6. Is daar ‘n makliker manier om dit te sê? 12 gedeel deur 2 is 6. (Skryf die som)

Verdeel 12 lekkers gelykop tussen 4 kinders. Hoeveel lekkers sal elke kind kry? (Deel dan uit.) Hoeveel lekkers kry elkeen? 12 lekkers gedeel deur 4 kinders is 3. As ek 12 in 4 gelyke dele opdeel is dit 3.

Groeping:
(Maak groepies)
Doen tafeldek-oefeninge…
Daar is 16 wortels. Gee 4 wortels vir elke bord. Hoeveel borde moet jy uit haal? (Oefen eers met herhaalde aftrekking: 16 – 4 – 4 – 4 – 4 = 0…is dieselfde as 16 gedeel deur 4)

Verdeel 12 sjokoladeblokkies gelykop in twee hopies. Hoeveel hopies gaan jy maak?
12 – 2 – 2 – 2 – 2 – 2 – 2 = 0…12 gedeel deur 2 = 6

Belangrik:
Toets die som. As 12 gedeel deur 2 = 6, vermenigvuldig jy die twee klein getalle (6 en 2) om die groot getal te kry. Kry jy die regte getal?

Deling met ‘n 1:
As jy 4 lekkers aan 1 mens uitdeel, kry die persoon alles. Dus sal 4 gedeel deur 1 gelyk wees aan 4.

Deling met ‘n nul:
0 word nie verdeel nie. Bv. 0 gedeel deur 1 = 0 (Daar is niks om te verdeel nie.)

:wink: As die bogenoemde steeds verwarring skep, kan jy ook die deelsom ‘n bietjie verdraai…Bv. 14 gedeel deur 2:  Hoeveel keer tel jy in 2 om by 14 te kom?

(deelsomme in woordvorm)

(deelsomme toets jouself)

kleur

Lewer kommentaar

kleur

Hiermee ‘n paar feite oor kleure en die kleurwiel; asook kleur en beskrywende sinne (die hersiening en toepassing van kleurwoorde in beskrywende sinne).  Dit word dikwels benodig vir kunslesse, maar is sommer handig vir algemene kennis.  Hersien die name van kleure in Engels en doen ‘n paar eksperimente met voedselkleursel.

‘n oulike perspektief

Lewer kommentaar

2012

Lewer kommentaar

Het jy al jou kind by die nuwe skool gaan inskryf vir 2012?  Opskud!  Tyd vlieg, die skole raak vol en die derde kwartaal is alweer hier.

 

 

hersiening van klanke

4 Kommentaar

Môre! Vir dié wat graag die dubbel-, twee- en drieklanke wil vaslê of ‘n muurkaart wil maak het ek so ‘n paar voorbeelde geplaas…(loer onder drukbare bladsye)

  • Knip elke blok apart uit en plaas dit op ‘n A4-karton sodat julle nog woorde met die klanke daarin kan byvoeg…Steek dit teen ‘n kennisgewingbord vas of liaseer dit in ‘n lêer of selfs ‘n ou skoolboek.
  • Gebruik die woorde in beskrywende sinne of om dit selfs lekkerder te maak, kan julle ‘n dobbelsteen gooi en daardie aantal woorde aftel om ‘n woord vir die sin te kies.  Die dobbelsteen werk goed vir outjies wat regtig nie van sinne hou nie.
  • ‘n Ander opsie is om deur ou tydskrifte te blaai en om woorde met hierdie klanke uit te sny.  Kies woorde uit opskrifte om op die onderskeie blaaie te plak (natuurlik kan die kleingoed die knip en plak werk doen as jy die bladsy uit geskeur het).
  • Kies ‘n woord (bv. met behulp van die dobbelsteen) en kyk hoeveel rymwoorde julle kan vind.  Kan julle jul eie rympies vir elke klank maak?
  • Druk die dokument genaamd “Tweeklanke woordsoeke” wat ek tydens die Sokker Wêreldbeker opgestel het uit. Gebruik verskillende kleure om die onderskeie woorde te kry.
  • Kyk ook na die legkaarte onder “drukbare bladsye” en die verskillende idees of aktiwiteite om volgens kalenderdae te doen.

Lekker speel en lekker leer :wink:

karnivore

1 Kommentaar

Anna het genoem dat sy ‘n kritles moet gee oor Karnivore.  Hiermee dan so ‘n paar idees om dalk te gebruik.

Wat is ‘n Karnivoor?  Dit is ‘n dier wat jag vir sy prooi, dit dood maak en dan eet.  ‘n Mens kry karnivore wat mak is en ander wat wild is.  Hulle het slagtande wat ideaal is vir hierdie jagproses. Daar is gewoonlik twee in die bo- en twee in die onderkaak.  Anders as planteters (herbivore), het karnivore skerp tande om vleis mee te skeur en te eet.  Kan jy die karnivore van die herbivore onderskei in hierdie prente?

Watter ander eienskappe sal ‘n karnivoor nodig hê om sy prooi te vang?

Hulle is dikwels goed gekamoefleer – met kolle, strepe of pelse wat spesifiek by hul omgewings pas. Waar woon die wilde karnivore?  Hierdie unieke pelse help die diere om lank genoeg weg te kruip of hulself weg te steek, sodat hulle die prooi kan bekruip.  Die karnivoor sal spesifieke bewegings hê om die prooi uit te oorlê – spring, sterk, besonderse vinnige atleet, sluip…’n Karnivoor het ook dikwels skerp kloue om die prooi mee te vang en vas te hou.

Ek sou graag wou hê dat so ‘n les ‘n opvoedkundige uitstappie moes volg of inlei, sodat die outjies met die ware jakob kan kennis maak.  Kies een spesifieke karnivoor as voorbeeld en bou die les dan rondom die spesifieke dier.  As jy byvoorbeeld toegang tot ‘n jagluiperd het en ‘n kuiertjie kan reël, sal die outjies die tande, die pels, kloue en atletiese bou kan aanskou.  As jy dalk ‘n kort video kan maak van ‘n kuiertjie by so ‘n dier, kan jy dit dalk aan die klas wys.  As jy regtig nie by ‘n wilde karnivoor kan uit kom nie, kan jy selfs makker outjies soos ‘n huiskat inroep en na die kleiner outjie kyk.

Bou dalk ‘n karnivoor uit pottebakkersklei of teken en verf die spesifieke dier as deel van ‘n kunsles.  Hersien die terminologie verbonde aan die dier as deel van Natuurwetenskappe en Huistaal (pote, kloue, slagtande, welpie, leeuwyfie, leeumannetjie, pels).  Kies ‘n paar karnivore, soek sketse van hul tande of kake en betrek dit by tel oefeninge en wiskunde somme (Watter karnivoor het die meeste / minste tande?  Hoeveel tande het die __ meer as die __?).

Kyk ook na die skrywe oor wilde diere en die volgende oulike skrywes elders.

Oupa John vertel oulike stories

4 Kommentaar

Hier is ‘n CD met lekker luisterstories vir die jongspan.  Oupa John het verskeie oulike stories saam gestel – wat beslis ‘n aanwins vir die kleingoed se CD-versamelings sal wees.

“Die Afrikaanse stories is skoon, avontuurlik, sonder allerlei feetjies en drake of enige demoniese invloede. Dis vermaaklik maar met ‘n ietsie opvoedkundigs en geestelik. Ons wil stories aanbied waarmee die kind kan identifiseer, maar wat verseker met die werklikheid verband hou.”

Die cd’s kos R50 stuk plus dan die bietjie posgeld. Dit kan direk by ons bestel word by Telefoon 082 811 0669 of 072 132 0074. Ons e pos adres: leonie.goosen3@gmail.com

weer

4 Kommentaar

Ek het reeds ‘n paar inskrywings oor die seisoene gemaak, maar nog nie oor die weer nie.  Hiermee dan ‘n paar idees vir weerkaarte.

Die meeste Grondslagfaseklasse het ‘n kalender- en weerbord iewers waar die dag, datum en weerstoestande aangedui word. ‘n Weerkaart is iets wat nie slegs by die skool gevolg word nie.  Jy kan dit ook by die huis volg.  Dit help ons almal om na die weerstoestande te kyk en om die regte klere vir die dag te kies.  ‘n Bewustheid van die weer en die verandering daarvan, skep ook ‘n bewustheid vir seisoene en tydsverandering…

  • Druk ‘n kalender uit en afhangende van die outjies se ouderdom, kan hulle beskrywende naamwoorde (sonnig, bewolk, reën, wind…) inskryf of die prente teken.
  • As die outjies nog klein is sal ek nie te veel prente of beskrywings betrek nie.  Kies slegs ‘n paar prentjies om te gebruik.
  • Om die keuses makliker te maak, kan jy die verskillende weerstoestande met prente en bewoording eenkant op plak. Die outjie besluit dan op die mees geskikte beskrywing om te kopieer.
  • Vir klasse met ‘n rekenaar en groot (witbord) skerm: As jy self mooi foto’s kan neem, kan jy die kinders met die dag se lugruim in die agtergrond afneem. Digitale foto’s laai maklik af en dus sal jy elke dag se weerstoestand kan “noteer” in dagboekvorm. Aan die einde van die week of maand kan julle deur die foto’s kyk om die veranderinge te bestudeer.
  • In plaas van ‘n kalenderformaat, kan jy ‘n sirkeldiagram maak – met prentjies – sodat jy ‘n pyltjie na die gepaste weerstoestande kan draai.
  • Vir ouer outjies (Graad 2 en ouer) sal ek ‘n eenvoudige boekie saamstel waarin hulle elke dag ‘n beskrywende sin of twee kan skryf.  Bv.  Dit is vandag koud en winderig.  Dit is sonnig en warm.  Die wind waai sterk en dit kan dalk later reën.  Dit kan dalk aanvullend tot die daaglikse of weeklikse “nuus” wees.  As jy ‘n tipe dagboek het vir die nuuswaardighede, kan jy ‘n aanvullende weerblad invoeg. (weer) (maande met prente: Kalender)

As julle die weersvoorspelling vir die streek benodig, kan julle na foreca gaan.  Tik jou naaste stad of dorp se naam in en dit behoort vir jou ‘n oulike uiteensetting te gee. iWeather bied ‘n oulike uitleg en het selfs beeldmateriaal by sommige weerstasies.

Watter ander idees is daar om die weerstoestande te noteer?  Stuur gerus nog inligting…

Tik soekterme soos die onderskeie seisoene se name en “kalender” by die soekblokkie in of gaan na drukbare bladsye vir aanvullende bladsye.

werkswinkel

2 Kommentaar

Making Sense of Senses in the Classroom:

‘n Werkswinkel vir opvoeders, ouers en betrokkenes.  Die dag sal fokus op sensoriese integrasie en sensoriese probleemareas.  Die opvoeder sal idees kry om die “out of sync” leerder te akkomodeer in die klas.  As jy met Grondslagfase-kinders werk – sal hierdie inligting beslis handig te pas kom.

Aangebied deur arbeidsterapeute van die ET AL Terapie- en Leersentrum

Datum:  20 Augustus 2011 (08:00 – 13:00)

Waar?  Somerset-Wes

Koste:  R150 (sluit uitdeelstukke en ‘n eetdingetjie in)

Kontak ASAP: 021 852 0845 / etal@webafrica.co.za

burt books

Lewer kommentaar

Coreen Burt het ‘n splinternuwe webtuiste vir onderwysers en ouers begin.  Sy is ‘n oud-Suid-Afrikaner wat in Engeland woon en is al jare lank ‘n opvoeder.  Sy het verskeie boeke geskryf – wat syferkundigheid en taal in sluit.  Dit bevat baie oulike lesmateriaal en werksvelle.  Dit is ideaal vir outjies wat Engels moet leer skryf, lees en spel.  Gaan loer gerus in.

rugby

Lewer kommentaar

‘n Mens kan amper nie glo dat die Rugby Wêreldbeker alweer een van die dae gaan begin nie.  Hiermee dan so ‘n paar idees om met die kleingoed te deel.

As jy ‘n bietjie meer oor die Springbokke wil leer, kan jy na die Bokke se webtuiste gaan.  SA Rugby verduidelik daar hoe die rugby reëls werk. Dalk kan die klas hul eie “bok-reëls” opstel en toekennings kry vir goeie gedrag, hulpvaardigheid en dies meer.

Die Wêreldbeker bied die geleentheid om aan aspekte soos sportmansgees, nasietrots en spangees te werk.  Bokkie is ‘n oulike karakter om by sulke lesse te betrek en leer jou selfs hoe om die spel te speel.

Kyk na die verskillende lande wat deelneem en hoe hulle in elke afdeling vorder.  Suid-Afrika speel in afdeling D. Druk die kleurvolle kaartjies uit en maak julle eie muurkaart om die punte aan te dui en te sien wie gaan wen. Speel ‘n speletjie waar die deelnemende lande se vlae en name gepas kan word. As jy twee stelle vlae druk, kan julle snap of ‘n geheuespel daarmee speel.  Leer meer oor die Wêreldbeker-gasheer, Nieu-Seeland. Daar is besonder baie inligting beskikbaar.

Dan is daar pragtige inkleurprente oor rugby (vir meisies en seuns) beskikbaar.  Daar is natuurlik meer ingewikkelde werksvelle en aktiwiteitspakkies oor rugby beskikbaar.  Julle kan julle eie rugbyballe of -hemde ontwerp.  Hou ‘n vasvra of ‘n kompetisie waar die wenner ‘n Springbokserp of Bokkie-beddegoed wen.  Ek is seker die manne sal woeker vir so ‘n prys.

Loer ook na inskrywings oor die sokker- en krieket-wêreldbekers vir nog idees.

halveer

2 Kommentaar

J en H het onlangs navrae gerig oor die verduideliking van halvering vir ‘n Graad 1-outjie.  Hiermee dan my manier van verduidelik…

Die maklikste manier om halvering te verduidelik is met ‘n paar lekkers (of kamma-lekkers).  Bespreek die term “helfte” – iets word in twee ewe groot stukke verdeelHalveer is net die “doen-woord” en beteken dat jy iets in twee stukke gaan deel.  As ons na somme of getalle kyk, deel jy gewoonlik iets tussen twee mense uit sodat elkeen dieselfde hoeveelheid kry.

Aanvanklik leer die outjies net om ewe getalle te verdeel.  Neem ‘n paar lekkers of tellers en verdeel dit gelykop tussen twee mense.  Volg die speletjie van “een vir jou, een vir my” totdat alles uit gedeel is.  Vra dan vrae soos hoeveel het jy? Hoeveel het ek?  Is dit dieselfde hoeveelheid? Speel met ‘n paar getalle tussen 1 en 10.

Verdeel sommer ‘n papier om aan te teken watter getalle verdeel kon word en watter nie.  Alle skole leer nie dieselfde tipe terme vir die outjies aan nie, maar dit sal seker nie te voor op die wa wees om te wys na die ewe getalle en te noem dat hierdie getalle in “ewe veel vir jou en vir my” verdeel kon word nie.  Hulle is EWE getalle en die ander is ONEWE getalle.

AS die outjies ‘n “res” moet verdeel, kan die lekkergoed in koekies verander.  Dan verdeel julle dus ‘n onewe getal tussen twee maats (maak sommer ‘n paar stories op) en as een koekie oorbly – deel hulle dit.  As jy 5 verdeel is dit dus 2 en ‘n half (of 2 en ‘n halwe koekie).

Alle wiskunde verduidelikings begin met fisiese of konkrete items, sodat die outjies dit kan skuif en manipuleer (by pak, weg neem, verdeel…).  Later teken hulle prentjies om die konkrete tellers voor te stel en heelwat later werk hulle net met syfers en simbole.  Dit is egter baie voordelig om maar altyd ‘n houer met tellers naby te hê om met die somme te help.

Skryf so 3 tot 4 woordprobleme op ‘n bladsy neer en werk dit saam uit…(lees hardop saam in Graad 1)  bv.:

Pappa koop 4 stukke droëwors.  Hy verdeel dit gelykop tussen julle twee.  Hoeveel stukke kry elkeen?
Pappa: ___
Johan:  ___

Mamma koop 6 weense worsies.  Sy deel dit gelykop tussen julle twee.  Hoeveel worsies kry elkeen?
Mamma:  ___
Johan:  ___

Pappa koop ‘n pizza.  Daar is 8 skywe.  Hy deel dit gelykop tussen julle twee.  Hoeveel stukke pizza kry elkeen?
Pappa:  ___
Johan: ___

Laat weet gerus watter metodes vir jou werk…

boom

Lewer kommentaar

Dit is weer Boomplantweek en indien jy daarvan vergeet het, is ek seker dat jy heelwat kwekerye vandag sal oop vang!  Die Boom van die Jaar is die Pappea Capensis (doppruim) – wat rooi kersie-agtige vrugte dra.  As ek reg lees behoort dit heelwat voëls te lok en sal dit ook skadu bied.

As jy nie van die doppruim hou nie, kan jy ook ‘n ander boom koop. Wat van bome wat iets tot die gemeenskap kan bydra? ‘n Suurlemoenboom vir die kostafels, ‘n moerbeibos vir die sywurmseisoen, roosmarynbosse vir kleur en geur…Kruiebosse lyk nie net mooi nie – dit ruik heerlik en verg dikwels min sorg. Dink aan ‘n kolletjie in die skooltuin of op die rand van die skoolheining waar julle so iets kan plant.  Lekker spit!

Older Entries

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 601 other followers