Rym

4 Kommentaar


Screen Shot 2015-07-21 at 13.47.15Rym en rymende sinne, is ‘n heerlike manier om ouditiewe vaardighede op te skerp en om taalontwikkeling te doen.  Die kleintjies geniet rympies en kan dikwels onsinrympies spontaan voltooi.  Byvoorbeeld:  Vandag is dit baie koud…Ek dra ‘n serp van …goud.

Soos met die jong huistaalleerders, kan ‘n mens ook rymwoorde gebruik om die taal vir tweede taal leerders interessant te maak.

  • Kies ‘n woord en kyk hoeveel onsin en/of sinvolle rymwoorde julle kan kry.
  • Skryf die woorde neer en sorteer dit in onsin en sinvolle woorde.
  • Maak muurprente of rymwoordlyste per rymgroep – om teen die muur op te plak.  Sodoende, kan ‘n mens vinnig die maats op spoor.
  • Maak sinne met die sinvolle woorde.
  • Weet julle wat die woorde beteken?  Vind gerus uit.
  • Skryf julle eie rympies.  Onthou dat die rymwoorde gewoonlik aan die einde van ‘n versreël staan.
  • Maak ‘n afskrif van die klas se rympies en bind dit in ‘n klasbundel (vir die leeshoekie).

Afhangende van die outjies se vaardigheidsvlakke, kan ‘n mens die rymwoorde tot kort woorde (een lettergreep) – met ‘n klinker, dan dubbelklanke, tweeklanke en drieklanke beperk.  Vir uitdagings, kan ‘n mens dan aan woorde met meer lettergrepe dink.

rymprent

rym pakket

Junie Huiswerk, Vaslegging of Intervensie

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-06-01 at 18.55.02

Junie Huiswerk (drukbaar)

Tik “f en v”, “e klink soos i”, “klanksamevloeiing” of “Vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, om skrywes te kry wat sommige van hierdie huiswerk aktiwiteite sal ondersteun.  Die huiswerk strek vir die volle maand, maar kan gekombineer word soos verkies.

Mei Huiswerk

Lewer kommentaar


MeiMei Huiswerk

Verskeie rympies om tydens dié maand se huiswerk te gebruik.

Leesreekse

4 Kommentaar


Na aanleiding van navrae, plaas ek skakels na die volgende leesreekse vir die Grondslagfase.  Watter leesreekse word in jou skool gebruik?

Afrikaans

Engels

Sien ook “Geletterdheid/Taal” en “Hulpbronne” aan die regterkant.

Huiswerk, Vaslegging en Intervensie

4 Kommentaar


ekstra take

Voorbeeld. Dokument is onder beskikbaar.

Plaas hierdie kalenders teen die aansteekbord in die taalhoekie, gebruik dit tydens intervensielesse of stuur dit huis toe as ekstra vaslegging.  Daar is ‘n opdrag vir elke skooldag om woordeskat uit te brei en om die kennis van dubbel-, twee- en drieklanke vas te lê.  Hulpmiddels soos flitskaarte is hier op die blog beskikbaar en daar is nog te vinde as jy soekterme soos “hersien, klanke, dubbelklank, tweeklank, drieklank” by die soekblokkie aan die regterkant in tik.  Indien die opdrag fokus op veelvoude, kan die outjies die getalname neerskryf.

Januarie Huiswerk

Februarie Huiswerk

Maart Huiswerk

Klanksamevloeiings

Lewer kommentaar


Screen Shot 2014-12-27 at 16.54.59 Screen Shot 2014-12-27 at 16.54.54

Klanksamevloeiingslyste

Klanksamevloeiingslyste

klanksamevloeiings muurkaarte

  • Klanksamevloeiings (lyste):  Gebruik die woordelyste as ‘n verwysingsblad wanneer julle skrifwoorde oefen of sinne moet skryf.
  • ‘n Pakket om die woordeskat uit te brei.

Screen Shot 2015-06-30 at 21.41.05 Screen Shot 2015-06-30 at 21.34.38

Tik gerus ook soekterme soos “abc, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die Drukbare Bladsye.

Bybelverhale en Sondagskool

6 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Ek het ‘n paar navrae in verband met Bybellesse en Sondagskool ontvang.  Ek plaas hiermee skakels na baie oulike webtuistes wat idees bied om die lesse vas te lê.  Dit is nie ‘n kurrikulum nie en dien slegs as aanvullende hulpmiddels vir die jongspan.

Elektroniese boeke en gebede

Afrikaans

1.  Bybelklub

2.  Om te probeer verstaan

3.  Webwoord

4.  Gebede

5.  Hulpmiddels en boeke

6. Werksvelle

7. Sondagskool blog

8. My Aktiwiteit Bybel

9. Die Here is my herder (trek na of gebruik as muurkaart)

10.  Die liefde (trek na of gebruik as muurkaart)

11.  Psalm 16

12.  Die man wat blind gebore is.

bybelstorie 13.  Die verhaal van Daniël.

14. My eerste Bybel doen en leer boek. (‘n Mens kry ‘n “2de” een ook.)

Engels

1. Bible for Children

2. Kids Sunday School

3. Garden of Praise

4. DLTK (Sluit kunsvlyt idees in)

5. Sunday School Printables

6. Christian Preschool Printables

7. Danielle’s Place

8. Bible Kids

9. File Folder Fun (skryf in – gratis)

Inkleur 1. Coloring-pages 2. Bible coloring pages 3. Christian Coloring pages

Older Entries

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 2 741 other followers

%d bloggers like this: