Verwysings

Hopelik kan ons ‘n paar telefoonnommers en dinge ruil om kinders spoedig te ondersteun.

Aandagafleibaarheid:  Helderberg Ondersteuningsgroep (vergader maandeliks):  Faksnommer 021 855 1208, e-pos frontline@mweb.co.za.

MaatskaplikBadisa en ACVV

  • Lifeline Berading:  021 461 1111
  • Lifeline Berading Nasionaal:  0861 322 322
  • Childline Berading:  021 461 1114
  • Childline Tolvry (Gratis): 0800 055 555
  • Nasionale Vigs Hulplyn: 0800 012 322
  • Kliniese Maatskaplike Werkster:  Beatrix, 082 779 5293 (Somerset-Wes)

Opvoedkundige Hulpsentrum:

  • Praktyke met sielkundiges (berading, spelterapie, psigometriese evaluasies of skoolgereedheidstoetsings), spraakterapeute, arbeidsterapeute, remediërende terapeute, ensovoorts:

Verskeie terapeute (arbeids-, spraakterapeute, oudioloë, sielkundiges) landwyd – soek hulle hier op en dan in die telefoongids

Opvoedkundige sielkundiges:

Kinderpsigiater:  Dr. Bennie Steyn, 021 887 2440 en Dr. Gabriel Malherbe

Spelterapie: 

  • Wat is dit?
  • Artikels oor moeilike kwessies soos gedrag, baklei, navolging, afknouing, depressie, steel…
  • Beatrix J Van Rensburg, 082 779 5293 (Somerset-Wes)
  • Ambulante Trauma en Berading Kliniek (Ouers en Kinders, Krugersdorp):  072 378 9683

Pediatriese Dieetkundige:  Anél Kirsten (021 887 5383) of Lee-Anne McHarry (0823411616)

Oudioloë (Gehoortoetse)

Skole wat spesialiseer:

 

226 Kommentaar (+add yours?)

  1. Nikita
    Oct 26, 2008 @ 21:55:39

    Hi Juffer
    Ek gaan vir jou ‘n lysie gee van gespesialiseerde mense met wie ek te doen gehad het oor ‘n sekere tydperk, hetsy persoonlik of dmv verwysings van ouers…soos ek gese het, wanneer ek ouers verwys het, was hulle altyd hoogs tevrede en ek myself as Klasonderwyser ook met verslae/terugvoer van die betrokkenes.
    1. Wim Slabbert (ek hoop hy’s nog in SA…was in Amandasig-omgewing in Pretoria-Noord). Hy het my kinders se skoolgereedheidstoetse gedoen en met beide van hulle was hy in die kol en kan ek hom sterk aanbeveel.
    2.Dr Johan Erasmus (Rassie)(Pretoria-bly in Waverley) Kinder-Sielkundige wat spesialeer in Hiperaktiwiteit en hy’t ook onlangs in Neurologie verder gestudeer…hy was my kinders se pediater, hy het ‘n “slag” met kinders en ek het ‘n paar kinders in gr3 na hom verwys, ek was altyd baie tevrede met sy terugvoer/behandeling ens. Ouers was altyd baie positief oor hom. Sy praktyk was altyd naby die Moedersbond Hospitaal, weet nie of dit nog daar is nie en dalk nou in die Nuwe Moedersbond/Kraam-Hospitaal.
    3.Dr Antoinette Human…Karenpark. Ek het jou (ek dink op my blog) vertel van haar, sy’t die kind in my klas met Petit Mal geidentifiseer…ek kan haar sterk aanbeveel, sy’s ontsettend oulik en doen vreeslik moeite en gee werklik om vir die kinders. Ek het op ‘n stadium ‘n kind uit my klas by my gehad vir 3 dae (agv huislike probleme) en het haar selfs tot 9pm gebel met raad en sy’t nie omgegee vir die hulp daardie tyd van die aand nie)
    4. Dr Kok (ek dink sy naam is Johan) Oudioloog…ook iewers in die Ooste van Pretoria, dis hy wat my seun as baba vir gehoor-probleme getoets het…baie oulik gewees.
    5. Harmanda Bekker…Arbeidsterapeut…sy’t ook met my seun gewerk toe hy 5 was en ek was heel tevrede met haar. Sy was in Rietfontein/Wonderboom-Suid-omgewing (Pretoria)
    Ek dink vir eers is dit genoeg! Ek het nog omtrent 30 ander name hier! :)
    Indien enige iemand in hierdie omgewings is en nie regkom nie, kan hulle ‘n boodskap op my blog los en ek kan dmv email dalk probeer help met nommers wat ek hier het, dan sal mens meer weet dis iemand wat jy kan vertrou as wat alles op die web is vir al daardie “ander” kreature…wat mens nie wil he dit moet kry nie.
    Lekker week!

    Reply

    • Estelle
      Mar 17, 2010 @ 09:26:13

      More

      Ek is opsoek na ‘n juf wat my Graad 2 dogtertjie kan help met wiskunde na skool. Ons woon in Centurion. Dankie vir jou kontakte, ek gaan beslis daarvan gebruik maak.
      Lekker dag.

      Reply

      • juffer
        Mar 17, 2010 @ 18:38:03

        Hello, Estelle
        Ek het hierdie op die net gekry. Ek hoop dat een van die mense jou sal kan help. Indien hulle nie kan help nie, behoort hulle vir jou iemand anders te kan aan beveel.
        Remedial teaching done at the Hesda institute invest in your child’s future today so they can have a better tomorrow contact me on 012 664 8028 or 073 688 0098.

        Centurion Remedierende Akademie
        188 Ronel straat Doringkloof, Centurion, Gauteng 0157
        p: 0126673444 f: 0126673444

        Kip McGrath 012 6612179
        http://www.kipmcgrath.co.za/Centres/Centurion-South/Centurion-South-Centre-Details.aspx

        Baie sterkte :wink:

      • Estelle
        Mar 18, 2010 @ 12:47:02

        Baie dankie,

        Ek sal dit beslis opvolg.

        Groete
        Estelle

    • melissa
      Nov 07, 2011 @ 14:46:51

      Hi daar, ek het n baba seuntjie van 3 maande en ek is dringend opsoek na pediaters se tel nommers, ek bly in annlyn, sal dit baie waardeer as ek kontak nommers van hulle in die volgende area’s kan kry : wonderboom, pta noord, waverley, silverton,( al die area’s rondom annlyn en wat ni te ver is nie ( soos bv centurion). Ek sal die hulp baie waardeer, lekker dag verder!

      Groete Melissa

      Reply

      • juffer
        Nov 09, 2011 @ 20:01:43

        Hallo, Melissa :wink:
        Ek het vir jou die volgende skakels gekry:
        Pretoria en Centurion :wink:

      • yolande
        Oct 18, 2012 @ 21:40:42

        my seuntjie word 8 desember 2 jaar oud, sy pediater is dr Tony Alden by Montana Hospitaal. hy is regtig fantasties, ek sal my seuntjie nerens anders as na hom toe neem nie. my dogtertjie is nou 9 en sy was ook by hom toe sy jonger was. sy telefoon nommer is 0125482327

      • juffer
        Oct 19, 2012 @ 20:39:38

        Baie dankie, Yolande :wink: Ek is seker dit sal ander ouers ook kan help.

  2. juffer
    Oct 27, 2008 @ 21:12:05

    Ag dankie, Nikita! Ek hoop regtig dat ons ‘n paar mense sal kan help. Lekker aand :wink:

    Reply

  3. Marika
    Mar 16, 2009 @ 21:17:02

    Hallo!
    Daar is ‘n skool wat in gehoorgestremdheid( spraak en taalontwikkeling) spesialiseer. Dis die Carel du Toit Sentrum(in Kaapstad). Daar is wel ‘n kampus ook in Bloemfontein en Johannesburg.
    Vir verdere navrae kontak die skool by 0219385303.

    Reply

  4. juffer
    Mar 17, 2009 @ 15:44:35

    Hello Marika en welkom :wink:

    Ek het skoon vergeet om die sentrum se skakel in te sit. :lol:

    Kom loer gerus weer in.

    Reply

  5. Unita
    Apr 20, 2009 @ 15:09:30

    Ek soek hulp om vir my dogter ‘n skool te vind waar sy nie gaan sukkel met haar ADD nie. Sy is nou in Gr 7. Bekommerd sy gaan nie in hoofstroom skool aanpas of by die vinnige pas sal kan hou nie en sy gaan verlore raak.

    Reply

    • Catherine Grobbelaar
      Nov 08, 2010 @ 22:44:08

      Beste Unita

      Ek is die skoolhoof by ‘n Christelike, Afrikaanse tuisskool in Randburg genaamd El Zera Privaatskool, waar jy vir jou dogter aansoek kan doen. Ons bied individuele hulp aan leerders en neem slegs 8 kinders per klas. Die spesialiseringsveld van die skool is juis om kinders te help wat nie in die groot hoofstroom klasse hul optimale potensiaal kan bereik nie. Dit is ‘n laerskool van graad 2 – 7 en daar is slegs 24 leerders in die skool. Die intimiteit en heerlike huislike omgewing verlaag die kinders se angsvlakke. Ons onderwyseresse is hoogs gemotiveerd en spesifiek opgelei om met kinders te werk wat spesiale opvoedkundige behoeftes het. Al ons leerders is gemiddelde en bogemiddelde presteerders, wat net begrip vir hul verskeie situasies en daardie ekstra aandag benodig.

      Jy is welkom om my te kontak by 083 258 4231.

      Catherine Grobbelaar – Skoolhoof, El Zera Privaatskool vir Hulpleer te Randburg.

      Reply

  6. juffer
    Apr 20, 2009 @ 21:17:23

    Welkom, Unita

    In watter omgewing woon julle? Miskien kan ons vir jou ‘n skool of twee aanbeveel.
    Sommige hoofstroom hoërskole is wel ingestel op “inklusiewe onderwys” en maak ‘n punt daarvan om aandag te skenk aan elke outjie se unieke kwaliteite. Dis goed dat jy nou al begin rondkyk vir ‘n skool, want hoe vroeër julle begin aansoek doen vir ‘n hoërskool hoe beter is die kans dat julle ‘n geskikte plasing kan kry.
    In watter provinsie, stad of dorp woon julle?
    Baie sterkte! :wink:

    Reply

  7. Sumari
    Jun 02, 2009 @ 16:19:54

    Ek bly in Pta-Oos by Silver Lakes omgewing en wil weet of hier ‘n remedierende skool in die omgewing is vir my seuntjie van 9. Hy is in graad 4 en sukkel vreeslik. Maatjies terg hom en se hy is dom en onderwysers dink hy is ook lui en dom. Ek weet daar is so ‘n skool in Centurion, maar dit is te ver. Ons is desperaat, gee asb raad, want hy kom nie reg in ‘n hoofstroomskool nie (was nou al in 3 skole)

    Reply

    • juffer
      Jun 02, 2009 @ 16:44:59

      Hello Sumari

      Ek is ongelukkig in die Kaap. Nikita het by ‘n vorige geleentheid melding gemaak van die Prospectus Novus Skool.

      Kyk ook hier:
      http://www.clw.org.za/ProspectusNovus.htm

      Tel no. 012 335 3336 or 012 335 5109

      C/o Fred Nicholson and Paul Kruger Streets
      Mayville
      Pretoria. P.O Box 30164 Wonderboompoort

      Sterkte! :wink:

      Reply

    • Micala
      Jul 26, 2010 @ 09:50:50

      Hi Sumarie,
      Wonder of jy my kan help met ‘n remdedierende skool in Centurion. Ek sien jy se jy weet daar is een. Wat behels die skool.
      My seun is Biopolar en geniet die hoof stroom skool, maar kan net nie met die onderwysers oor die weg kom nie.
      Hy gee hul ‘n harde tyd met al sy moods en goed.
      Micala

      Reply

  8. Ansie
    Jun 22, 2009 @ 11:29:39

    Hallo Sumari

    Ek het onlangs gehoor van ‘n remedierende skool in Pretoria Oos. Die skool se naam is Afrikaans en die naam is Academy of Excellence. Hulle is blykbaar gelee in Lynnwood Glen.

    Kontak nommer: (012) 803 0404
    Kontak persoon: Beulah van der Westhuizen

    Hoop dit help julle. Sterkte

    Groete

    Ansie

    Reply

    • juffer
      Jun 22, 2009 @ 18:07:27

      Baie dankie, Ansie! Ek sal dit sommer onder die VERWYSINGS plaas.

      Reply

  9. STEPHANIE MARAIS
    Jul 28, 2009 @ 13:08:32

    Ek is dringend op soek na ‘n naam van ‘n berader of arbeidsterapeut in die Faerie Glen omgewing – Hoop julle kan my help Groete (012) 807 1788

    Reply

  10. Annelene
    Sep 30, 2009 @ 12:51:33

    ‘n Verwysingvir ‘n fantastiese remedierende sentrum in Somerset Wes is Ultimate Learning.

    Reply

    • juffer
      Sep 30, 2009 @ 13:00:03

      Hello, Annelene
      Baie dankie. Het jy dalk ‘n telefoonnommer beskikbaar?

      Reply

  11. Helga
    Oct 29, 2009 @ 12:39:12

    Goeie dag, Ek wil asb raad he, my dogtertjie is 6 jaar in Gr R. Sy het lae spiertones en het hulp al van 9 maande af. Sy het gesukkel met van haar mylpale oorkruis bewegings, maar na al die terapie kon sy dit doen en kruip ens. Sy kry wel nog van 9 maande af een maal per week fisio. Die juffrou het nou onder my aandag gebring dat sy al haar nommer/letters/patrone wat sy moet herhaal en oor teken in spieelbeelde doen. Iemand anders het weer vir my gese dit gaan terug na haar oor kruis bewegings. IS daar iets wat ek by die huis self met haar kan oefen. Ons bly in Centurion, pta. Ek het wel so paar boekies gekoop waar sy die lyntjies moet oor trek en vorms moet herhaal ens, sy maak wel haar sirkels en bewegings met die hand onderom as bo om. Kan die spieelskrif terug na die oorkruis bewegings gediagnoseer word, en opgelos word.

    Groete
    H

    Reply

    • juffer
      Oct 29, 2009 @ 18:43:22

      Hello Helga :wink:
      Spieëlskrif kan opgelos word, MAAR dit neem werk, tyd en geduld. Die oorsaak kan dalk by oogbewegings lê. Het julle al haar ogies laat toets? Indien nie doen plekke soos Spec Savers dit gratis vir kinders jonger as 12. Vra spesifiek dat hulle na die oogbewegings kyk – om seker te maak dat die ogies egalig van links na regs oor woordjies sal gly in Graad 1.
      ‘n Ander moontlikheid is dat jou dogtertjie nie heeltemal seker is oor die innerlike bewustheid van links en regs en ander rigtings-aspekte nie. Sy kan dalk die rigtings mooi benoem, maar die innerlike besef / bewustheid / sekerheid is dalk nog nie daar nie. Kyk gerus na hierdie inskrywing en idees vir die ontwikkeling van middellynkruising. Lekker oefeninge soos “follow the leader”, dansies met oorkruispassies (dink maar aan die Macarena), tennis en swem is baie goed vir hierdie perseptuele vaardigheid. ‘n Arbeidsterapeut kan dalk meer idees gee. Hulle is opgelei om klinies en meer spesifiek na die liggaam en die ontwikkeling van spiere te kyk. ‘n Konsultasie kan dalk baie waardevolle leiding vir julle bied.
      ‘n Stywe druk vir Poplap! :wink: Juffer

      Reply

  12. Susan
    Nov 09, 2009 @ 12:51:02

    Ek is opsoek na ‘n skool of dagmoeder in Eldoraigne omgewing vir ‘n 23 jarige down sindroom kind. Kan iemand vir my verwysings gee asb

    Reply

  13. Franchel Stapelberg
    Feb 05, 2010 @ 10:36:46

    Ek is ‘n onderwyseres wat ekstra hulp bied vir leerders in lees, begrip, spelling en skoolgereedheid. Ek is in die Wonderboom omgewing.
    Ouers kan gerus kontak maak by:
    kleinbegin.ro@gmail.com.

    Vriendelike Groete
    Franchel Stapelberg

    Reply

    • juffer
      Feb 05, 2010 @ 17:01:26

      Dankie, Franchel
      Ek gaan jou besonderhede plaas…:wink:

      Reply

  14. Michelle van Heerden
    Feb 06, 2010 @ 08:36:10

    Hallo,
    Is baie dringend opsoek na Remedierende Skool in Klerksdorp (Noordwes) omgewing.
    Seuntjie word 10 die jaar in Graad 3 is nog in hoofstroom skool maar hul het laat weet hy sal na Hulp skool toe moet gaan. Hy is die 20ste Januarie deur Dr. Luppert gediagnoseer as disleksie in lees, spel, en is volgens hom nog op Vlak 1. Help asseblief.

    Reply

    • Nikita
      Jul 16, 2010 @ 18:35:53

      Oops, Oops…[ek het nou weer lekker hier kom "opvang" :) ] ek het my eie kind by “dr” Luppert gehad – hy was 2 op daardie stadium – en ek was deur ‘n “ding” met hom…ek wil nie hier op jou blog “dinge” kwytraak nie, dis “public”, maar ek sal nie dr Luppert aanbeveel nie…baie redes, my sus is ‘n suster en ken hom goed…nav sy “diagnose” en die kennis wat ek op daardie stadium gehad het…as ouers na hom gaan, maak seker jy kry ‘n tweede opinie. Dis al wat ek kan se.

      Reply

  15. Aldorette
    Apr 14, 2010 @ 15:17:44

    Hi, my seuntjie is 7 jaar oud en is gediagnoseer met ADHD en leer probleme. Ek is opsoek na ‘n remedieerende skool vir hom. Ons bly in Florida Park (Roodepoort – Wesrand), daar is ‘n skool in Lindhaven (Lantern) maar wou uitvind of enige iemand dalk van ‘n ander skool weet, self in die Randburg area. Baie dankie

    Reply

    • juffer
      Apr 14, 2010 @ 22:02:34

      Hi, Aldorette
      Ons sal ons ore op die grond hou. Miskien kan die Centurion Remediënde Akademie jou help…:wink:

      Reply

    • Linda De Rooster
      Sep 20, 2010 @ 07:45:16

      Delta park Skool is in Blairgowrie in Randburg

      Reply

    • Catherine Grobbelaar
      Nov 08, 2010 @ 22:48:56

      Beste Aldorette

      Ek is die skoolhoof by ‘n Christelike, Afrikaanse tuisskool in Randburg genaamd El Zera Privaatskool, waar jy vir jou seun kan aansoek doen. Ons bied individuele hulp aan leerders en neem slegs 8 kinders per klas. Die spesialiseringsveld van die skool is juis om kinders te help wat nie in die groot hoofstroom klasse hul optimale potensiaal kan bereik nie.

      Jy is welkom om my te kontak by 083 258 4231.

      Catherine Grobbelaar – Skoolhoof, El Zera Privaatskool vir Hulpleer te Randburg.

      Reply

  16. Wanda
    Apr 18, 2010 @ 14:00:15

    Hi

    Dogter van 11 is gediagnoseer met ADHD en leer probleme. Ek is opsoek na ‘n remedieerende skool vir haar. In die Oosrand. Baie dankie

    Reply

  17. Beulah
    Apr 30, 2010 @ 09:41:36

    HI
    Ek wil jou net weereens gelukwens met ‘n wonderlike web-spasie. Dankie.
    Dan wil ek net graag ons inligting verander. Ek sien dat ons nog gelys is as:
    Pretoria: Academy of Excellence, te Lynnwood Glenn: (012) 803 0404 (Remediërende Skool). Ons het verhuis en ons naam is EduExcellence by 012 3610686 in Lynnwood Glen.

    Baie dankie

    Groete

    Beulah

    Reply

    • juffer
      May 01, 2010 @ 09:55:14

      Doodreg :wink: Ek sal dit aanpas

      Reply

    • Marileen
      Oct 15, 2010 @ 08:07:35

      Beulah

      Baie geluk met julle skool. Ek glo julle gaan groot suksesse behaal.
      Moet een of ander stadium weer met jou kom gesels en Duan laat evalueer.
      Groete
      Marileen

      Reply

      • Beulah
        Nov 17, 2010 @ 19:54:35

        HI Marileen
        Bly om weer van jou te hoor, al het jy hierdie al lank terug geplaas. Sal graag wil hoor hoe dit met jou en Duan gaan.
        Groete

        Beulah

  18. Cecile
    Jul 06, 2010 @ 07:55:00

    Ek wil graag meer weet oor sintuigsensitiwiteit by kinders.
    Baie dankie

    Reply

    • juffer
      Jul 07, 2010 @ 20:18:42

      Hello, Cecile en welkom :wink:
      Sintuigsensitiwiteit is nie heeltemal in my veld nie. Ons as opvoeders behoort wel die tekens te herken. Indien die velletjie sensitief is vir aanraking – sal die outjie nie daarvan hou om drukkies te ontvang of om teen ander lyfies verby te skuur nie. So ‘n outjie sal dalk maklik sy humeur verloor indien ander maats te na aan hom sit of staan. Sommige kinders hou weer nie van harde geluide nie. Indien dit voorkom asof die kind nie van aanraking of vreemde teksture hou nie, behoort ‘n arbeidsterapeut genader te word. Hulle gaan jaarliks vir spesifieke opleiding om na tasdefensiewe kinders te kyk en om die regte programme uit te werk. Kinders wat nie van harde geluide hou nie, kan dalk ‘n gehoor-uitval hê. Ek sou ‘n spraakterapeut en oudioloog voorstel. ‘n Mens kan nie sensoriese sensitiwiteit net aan een aspek toeskryf nie en moet maar mooi kyk na die spesifieke afkeure. :wink: Laat weet gerus indien ek met meer kan help.

      Reply

  19. Anneline Niemand
    Jul 12, 2010 @ 12:02:09

    Goeie Dag,

    Ek wil graag raad he, my seuntjie is nou 4 en 1/2. Ons is Afrikaans in die huis, hy het die eerste 2jaar van sy lewe by sy ouma gebly wat Afrikaans met hom gepraat het en toe hy 2 jaar oud word toe sit ons hom in ‘n Engelse kleuterskool, sy taal was maar stadig in die begin maar hy het ‘n wonderlike juffrou gehad wat Afrikaans was en hom gehelp het oorskakel Engels toe, toe hy 3 jaar is toe kan hy vlot Engels praat en ons het ook engels met hom gepraat omdat hy geweier het om Afrikaans te praat. Hy verstaan Afrikaans baie goed. Toe hy 4 jaar oud word toe verhuis ons en het ons nie ‘n keuse gehad as om hom in ‘n Afrikaanse kleuterskool te sit nie. Hy is nou 6 maande in die Afrikaanse skool, maar weier om Afrikaans te praat, hy praat met al sy maatjies Engels en van hulle verstaan hom nie en veroorsaak nou ander frustasie probleme. Ons oefen met hom by die huis om Afrikaanse sinne agter ons aan te sê maar hy kan nie vanself ‘n afrikaanse sin sê nie nie sonder dat ons moet help nie.
    Dink jy dalk dat ek hom vir Spraak terapie lesse moet vat of is daar ander metodes om hom te help oorskakel van die Engels na Afrikaans. Ek is bekommerd dat hy gaan agter raak met sy spraak as hy nie vinning Afrikaans kan praat nie en ook ander probleme gaan optel met sy maatjies omdat hulle hom nie verstaan nie, hy dan nie terug kan praat in Afrikaans nie ens.
    Asseblief kan jy my raad gee.
    Groete
    Anneline

    Reply

    • juffer
      Jul 12, 2010 @ 18:01:38

      Hello, Anneline :wink:
      Jy vra ‘n baie goeie vraag. Bitter baie kinders (met wie ek werk) word in Engelse klasse geplaas met die doel om hulle te verengels (vir goeie en geldige redes), MAAR die outjies hoor dit nie by die huis nie. Dit raak ‘n probleem in dié sin dat die ouers nie die Engelse klanke (phonemes en phonics) reg kan uitspreek en aanleer nie…en ‘n sneeuvlokkie raak ‘n groter-wordende sneeubal. Ek is ‘n groot voorstaander van moedertaal onderrig, omdat ek die kleingoed jammer kry as hulle skolasties begin sukkel weens taalverwarring en die beskrywende woord: ‘n language barrier.
      Gaan spreek gerus ‘n gesoute spraak- en taalterapeut om jou kleintjie te evalueer om te bepaal wat julle spesifieke plan van aksie sal wees. Kleingoed kan ‘n taal redelik maklik baas raak en omdat hy reeds Afrikaans goed verstaan is die moontlikheid daar dat hy dit wel sal kan besig teen die einde van die jaar. (‘n Franssprekende dogtertjie het in 2008 na SA verhuis en ons skool is Afrikaans/Engels medium. Sy praat nou vlot Engels en het voor die vakansie lekker uit die Afrikaanse leesboeke gelees! Dit kan gedoen word :wink: )
      ‘n Spraak en taalterapeut kos geld en terapie sal ‘n paar rand kos. Daarom sal ek voorstel dat julle die evaluasie deur gaan en vra vir tuisprogramme – as dit beter sou werk vir julle. Lees ook die stukkie oor taalontwikkeling…praat baie, lees baie en hou die gesprekke Afrikaans sodat dit half tweede natuur word… Baie sterkte!

      Reply

      • Anneline
        Jul 13, 2010 @ 09:19:34

        Baie dankie vir jou terugvoer, ek waardeer dit opreg, ek sal maak soos jy voorstel.

        Groete
        Anneline

      • juffer
        Jul 13, 2010 @ 19:22:44

        :wink:

  20. Micala
    Jul 26, 2010 @ 09:47:37

    Ek is opsoek na ‘n remedierende skool in Centurion area vir my 8 jaar oue seun.
    Hy is baie oulik met sy werk by die skool, maar sukkel geweldig me “mood swings”
    Hy is basis gediagnoseer met Biopolar.
    Kan iemand my help, ek wil hom nie graag in ‘n skool vir gestremded sit nie, want hy raak te emosioneel tussen gestremde kindertjies.
    Baie dankie
    Micala

    Reply

  21. Linda De Rooster
    Aug 03, 2010 @ 15:38:26

    Dit lyk vir my die meeste ouers is op soek na die korrekte skole vir hulle kinders. Indien jou kind deur ‘n opvoedkundige sielkundige getoets word, behoort die sielkundige jou advies te gee i.v.m. die moontlikhede in jou omgewing. Ek het bv ‘n databasis van al die spesiale / remediërende skole in die gauteng area (gaan nou dadelik Edu Excellence bysit!). Groete Linda De Rooster

    Reply

    • juffer
      Aug 03, 2010 @ 20:17:46

      Ek stem saam, Linda :wink: Ek waardeer verslae met sulke inligting daarin. Hoe meer inligting die rolspelers kan verskaf, hoe beter is die opsies en besluitnemingsprosesse vir die ouers.

      Reply

    • Catherine Grobbelaar
      Nov 08, 2010 @ 23:00:21

      Beste Linda en Juffer

      Aangename kennis! Juffer, BAIE geluk met ‘n wonderlike webspasie!

      Ek wil vra of jul so gaaf sal wees om ook El Zera Privaatskool by jul databasisse te voeg. Dit is ‘n skool vir Hulpleer in die Randburg omgewing wat Christelike, Afrikaanse onderrig aanbied met die klem op individuele aan elke leerder. Die klassies is klein (8 kinders per klas) en ons onderwyseresse het goeie opleiding en ervaring. Verder word daar individuele remediërende hulp aan leerders gebied, twee maal per week, deur ‘n opgeleide terapeut asook emosionele terapie en sosiale groepterapie deur ‘n Opvoedkundige sielkunde student wat haar internskap daar doen.

      Daar is soveel meer wat ek kan vertel en wil vra! Kan ek asb. jul albei se epos adresse kry?

      Groete

      Catherine Grobbelaar – Skoolhoof, El Zera Privaatskool vir Hulpleer te Randburg

      Reply

      • juffer
        Nov 09, 2010 @ 15:50:39

        Baie dankie, Catherine (Ek voel skoon verdwaal oor die aanspreekterm :wink: ) en welkom! Ek sal El Zera se inligting onder die hofie oor skole ook plaas. Daar was al heelwat navrae oor skole in die omgewing. Ek stuur jou boodskap aan na Linda toe :wink:

      • Linda De Rooster
        Nov 09, 2010 @ 15:58:21

        Hallo Catherine
        Dankie vir die info, ek sal jou op my databasis plaas. Is julle net Afrikaans?
        Ek het ook Saterdae ‘n evalueringskliniek in Johannesburg, en dit is goed om te weet van nog skole in die omgewing.
        Groete
        Linda De Rooster 082 883 7410

    • Deon Barnard
      Mar 25, 2011 @ 08:01:58

      More
      Ek sal graag `n paar name wil he van remedierende skole in die Centurion, Pretoria omgewing.

      Groete

      Reply

      • juffer
        Mar 25, 2011 @ 16:37:35

        Middag, Deon :wink: Heelwat mense het al genoem dat Laerskool Tygerpoort ‘n oulike ondersteuningsdiens het. Dan is daar ook Liewenheersies en EduExcellence (012 3610686) in Lynnwood Glen. Dan is daar ook ‘n skakel hier na spesiale skole. Kyk gerus na die name in die Gauteng-afdeling. Ek hoop jy kry gou hulp :wink:

  22. Sarah
    Aug 23, 2010 @ 10:20:37

    Ook nie tevrede met Dr Lippert nie – beslis nie vir ADD/ADHD nie, totaal onpersoonlik en stuur jou te maklik weg met ‘n voorskrif, verduidelik nie newe-effekte nie – nee wat, soek ‘n dokter wat WIL help.

    Reply

  23. Lynette
    Aug 26, 2010 @ 10:45:13

    More

    My seun is 7 en ek is opsoek na ‘n baie goeie arbeitsterapeut in Centurion area.

    Het jy voorstelle

    Groete Lynette

    Reply

    • juffer
      Aug 26, 2010 @ 17:29:24

      Hello, Lynette :wink: Kyk gerus na die blou skakel (arbeidsterapeute) vir ‘n lekker lywige lys name. Ongelukkig is ek nie vertroud met terapeute in daardie area nie. Dalk is hier iemand wat ons kan help. :wink:

      Reply

  24. Corne
    Aug 30, 2010 @ 11:38:43

    Jong my kind sukkel baie met haar spraak, sy nou Gr R en ek besef sy nie skoolgereed nie,baie min aandag word aan haar gegee by skool te veel kinders in klas. Wil haar natuurlik nie terug hou nie,ek wil net altyd huil as ek daar aandink.
    Op oomblik is ek n enkelouer kan nie altyd alles bekostig nie,ek moet haar na n skool stuur wat meer aandag aan haar kan gee sodat sy kan vorder. Sy nou 5 jaar oud . Maar Privaat skole te duur en sy nie kan nie sommer goedgekeur word om na paarl skool te gaan in brackenfeell nie. Help my asb wat kan ek maak

    Reply

    • juffer
      Aug 30, 2010 @ 17:01:57

      Corne, as ek so na jou verwysing na die Paarl Skool kyk neem ek aan dat jy in die Brackenfell-area woonagtig is. Jy kan dus na die MEED / MOOD / EMDC / OBOS (skoolkliniek) se sielkundige gaan vir ‘n psigometriese (sielkundige) toetsing. Skakel gerus 021 900 7000 en vra om met die skoolsielkundige te praat sodat julle die vorms en afspraak kan finaliseer. Die skoolsielkundiges is dikwels oorlaai met werk, maar dalk kan Mnr. Lategan (die hoof van die OBOS-sentrum) vir jou help. Het jy al probeer om by Tygerberg Hospitaal se spraakterapeute uit te kom? Bel sommer môre-oggend vroeg om te hoor wanneer hulle jou kan help. Voorskoolse kinders word nog gratis by staatshospitale gehelp. Sterkte! :wink:

      Reply

  25. RONEL WIESE
    Sep 04, 2010 @ 18:05:28

    LiewenHeersie Akademie is ‘n Remedierende Leersentrum vir leerders met ADD, ADHD en Leeruitvalle. Ons is in die Ooste van Pretoria gelee in Atterbruyweg op ‘n groot hoewe.

    Kyk op Facebook, ons het ‘n PAGE: Liewenheersie

    Groete
    Ronel Wiese
    082 805 1091
    ronel@wirelessza.co.za

    Reply

    • juffer
      Sep 05, 2010 @ 16:03:58

      Baie dankie, Ronel! :wink: Ek het al ‘n hele paar vrae oor RO-sentrums in Pretoria gehad. Ek hoop hierdie mense kom by julle uit :wink:

      Reply

    • Linda De Rooster
      Sep 20, 2010 @ 07:48:35

      Hallo Ronel
      Het julle dalk ‘n webblad? Van watter ouderdomme neem julle kinders? Hoe groot is die klasse?
      Groete Linda De Rooster

      Reply

  26. Patrys
    Sep 18, 2010 @ 11:48:42

    Juffer, ek is ‘n ouma wat graag wil uitvind of daar iemand in die Sinoville / Wonderboom omgewing is wat kan behulpsaam wees vir ‘n 6-jarige gr 0 outjie, vermoedelik ADD(H). Dankie.

    Reply

    • juffer
      Sep 18, 2010 @ 15:12:02

      Middag, Tannie Patrys :wink: Kontak gerus eers ‘n pediater indien julle ‘n diagnose wil maak. Ek ken nie pediaters in die omgewing nie, maar weet van ‘n onderwysers daar wat ekstra lesse aanbied. Dalk kan sy julle op die regte spoor plaas (Franchel Stapelberg: kleinbegin.ro@gmail.com).
      Kyk ook na die skrywes oor arbeidsterapie en spiertonus. Dalk is dit nie ADD(H) nie, maar eerder net moeë spiertjies wat ‘n bietjie ekstra werk benodig.
      Ek sou eers na ‘n gesoute arbeidsterapeut gegaan het om ‘n goeie koekeloer te kry en as die moontlikheid van aandagafleibaarheid deur haar ondersteun word, sal ek na die pediater gaan. Laat weet asseblief hoe dit met die kleinding gaan… :wink:

      Reply

    • Linda De Rooster
      Sep 20, 2010 @ 07:50:11

      Beste ouma
      Jy kan natuurlik ook die kleinding laat volledige evalueer deur ‘n opvoedkundige sielkundige – ons is opgelei om ADHD te kan diagnoseer. Soms wag ‘n mens vir maande om by ‘n pediater uit te kom.
      Groete Linda De Rooster 082 883 7410 / 012 331 3942

      Reply

      • Ouma
        Oct 01, 2010 @ 17:39:48

        Dankie Linda. Sal nog laat weet as ons ‘n afspraak maak. Daar is blykbaar ‘n roete waarvolgens die afsprake gemaak moet word. My skoondogter wil graag self die eerste afspraak maak. Dankie vir jou antwoord.

      • juffer
        Oct 03, 2010 @ 07:55:37

        Baie sterkte. Dit is goed om eers die navorsing te doen en om daarna al die opsies te oorweeg. :wink:

  27. Manda
    Oct 01, 2010 @ 13:53:36

    Ek is dringend opsoek na ‘n remedierende onderwyseres in stellenbosch.

    Reply

    • juffer
      Oct 01, 2010 @ 17:05:47

      Hello, Manda :wink: Probeer gerus die skakel na Chrizel Ward (083 303 5058). Sy behoort vir jou in ‘n rigting te kan stuur indien sy nie self kan help nie. Baie sterkte! :wink:

      Reply

  28. Ouma
    Oct 01, 2010 @ 17:37:06

    Juffer, julle moet maar liewers die juffer Stapelberg se naam van die lysie verwyder by kleinbegin met ‘n epos, want sy antwoord glad nie die eposse, het al ‘n paar gestuur. Sal nog laat weet as ek regkom.

    Groete.

    Reply

    • juffer
      Oct 03, 2010 @ 07:54:45

      Ag, nee. Ek sal nog ‘n slag probeer :wink:

      Reply

  29. Rene
    Oct 31, 2010 @ 18:55:47

    Hallo
    Ek soek dringend iemand vir ekstra wiskunde klasse (gr 5) vir volgende jaar. Ons bly in Durbanville. Kan jy dalk help?

    Reply

    • juffer
      Nov 01, 2010 @ 19:27:54

      Middag, Rene :wink: Jy kan gerus plekke soos Kumon kontak. Ek het nog net positiewe terugvoer oor hulle gerky. Rig ook navrae by die plaaslike Master Maths.
      Indien jou kleinding beter doen tydens individuele lesse, kan jy gerus ‘n remediërende opvoeder probeer opspoor. Plaaslike skole of sielkundiges behoort die name van gerespekteerde opvoeders op hul rekords te hê. Ek las vir jou ‘n paar sielkundiges waar jy kan navrae rig (gesels sommer met die sekretaresses)…
      Sanet Schoeman (021 9752230), (Go Focus Remedial Centre: Me. Sulet Fourie, Tel: 072 433 7264) en PROMED (021 975 2230). Voorspoed! :wink:

      Reply

  30. Stella Jansen van Vuuren
    Nov 06, 2010 @ 19:36:49

    ekskuus, hier’s ek alweer. Ek het nou net jou antwoord aan Cecile (7Julie 2010 gelees, Inge hou ook nie van harde geluide nie. Tensy sy dit self maak nie, ‘n Motor se toeter, hadidas wat skree ens. Dan druk sy haar ore toe. Ek merk haar juffrou gebruik ‘n fluitjie om die kindertjies se aandag te trek, dan druk sy ook haar oortjies toe.

    Dankie
    Dankbare Ouma

    Reply

    • juffer
      Nov 07, 2010 @ 19:55:11

      Goeie-naand, Stella :wink: ‘n Mens moet maar mooi kyk na die kleingoed se bewustheid van geluide. Dit kan wees dat sy net eenvoudig nie van ‘n lawaai hou nie (soos baie mense gril vir die skril geluid van naels op ‘n skryfbord). Vind gerus by die klasjuffrou uit of daar ‘n oulike oudioloog en spraakterapeut in die omgewing is. Die verwysing vroeër na poplap se geletterdheidspunte en ‘n sensitiwiteit vir geluide kan dalk verband hou. In ander gevalle is kinders wat sonder rasende boeties en sussies groot word ook minder verdraagsaam vir ‘n geraas. Dis sal baie voordelig wees om na die oortjies te laat kyk – bloot vir gemoedsrus. :wink:

      Reply

  31. Stella Jansen van Vuuren
    Nov 07, 2010 @ 20:41:01

    Naand Juffer, baie dankie vir al die gratis advies. Dit word regtig baie waardeer. Ek sal sommer more vir haar ‘n afspraak maak by ons huisdokter. As u ooit in die Transvaal is, laat weet gerus, sou u graag wou ontmoet. Ons is redelik dikwels in die Kaap, my familie woon nog daar, mammie op Stellenbosch. Inge word nie alleen groot nie, ons is ouers vir haar 4 jarige boetie ook.

    Geseende nagrus
    Groete Stella
    ns, ek het die alfabet en syfers vir haar afgelaai, en sy herken al die syfers, raak net deurmekaar met die 1 en 7.Maar het die een se strepie nou uit gehaal, nou gaan dit baie goed. Sy tel tot by 100! ek is baie trots op haar.Dankie weereens

    Reply

    • juffer
      Nov 08, 2010 @ 17:01:59

      Hello, Stella :wink: Baie dankie vir die uitnodiging! Ek hou my duime vas vir klein Inge. Baie voorspoed met die twee kleingoed …en ‘n ekstra skeppie roomys names my :wink:

      Reply

  32. Beulah
    Nov 17, 2010 @ 20:04:03

    Hi Juffer

    Net weereens gelukwens met die goeie werk wat jy hier doen. Baie dankie, ek sien dat jy ons inligting vernader het en graag wil ek dan ook net die volgende versoek plaas: EduEcellence het verlede jaar sy deure oopgemaak vir Graad 0 leerlinge wat remedierende hulp nodig het, so ons graag 0 klassie gaan sterk aan. Dan het ons verder nog ‘n been begin waar ons kinders plaas wat volgens ouderdom nie meer binne die hoofstroom val in terme van graadplasing nie. Ons pas dan hulle leerplan volgens elke kind se individuele profiel aan.
    Dan sou ek graag verder wou in kennis stel dat ons webwerf nou aktief is by http://www.eduexcellence.co.za.
    Ek stel ook my dienste as Opvoedkundige Sielkundige aan wat spesialiseer in neuro-ontwikkeling en bied ook ILT kursusse aan wat ouers en professionele persone toerus met die nodige neuro-ontwikkelingskennis. My volgende kursus is 27 en 28 November en professionele persone kan punte verdien vir die bywoning. Onderwyseresse kan ook na afloop van die werkswinkel krediete verkry.

    Weereens dankie vir die goeie spasie, vanuit al die vrae en terugvoer kan ek sien dat dit ‘n groot groep mense tot hulp is.

    Reply

    • juffer
      Nov 18, 2010 @ 06:31:46

      Dankie, Beulah :wink: Ek gaan die skool en die webwerf ook onder die “skakels na skole” plaas. Ek is seker daar is ouers wat julle dienste benodig. Loer gerus weer in :wink:

      Reply

  33. hannelie de beer
    Dec 06, 2010 @ 17:28:28

    Hallo julle,

    ek is opsoek na iemand wat my seun in graad 6 kan help met studie metodes.
    ons bly in centurion area..

    Reply

    • juffer
      Dec 06, 2010 @ 19:01:34

      Hello, Hannelie :wink: Ek sal my oë en ore oop hou vir jou. Intussen kan jy opvoedkundige sielkundige of twee kontak. Hulle verwys gereeld ouers na kundige terapeute en kan dalk ‘n gepaste persoon voorstel.

      Reply

  34. Maria
    Dec 20, 2010 @ 12:04:29

    Goeie dag.

    Ek het n baie goeie vroulike sielkundige nodig vir my dogter van 12 jaar. Iemand wat haar kan help met n trauma waardeur sy is. In die Randburg area asb.

    Groete,
    Maria

    Reply

    • juffer
      Dec 20, 2010 @ 20:26:39

      Middag, Maria :wink: en welkom hier…Ek ken nie die area nie, maar sal die vraag elders ook rig sodat ons so gou as moontlik hulp kan bekom. Baie sterkte. Ek dink aan julle.

      Reply

  35. Vanette
    Jan 04, 2011 @ 18:11:20

    Op soek na spraakterapeute in roodepoort omgewing, my dogter in graad elf, moet vir drie dae een besoek om sodoende te sien of hoe hul te werk gaan, deel van projek by skool. Hulp asseblief. Dankie

    Reply

    • juffer
      Jan 05, 2011 @ 14:13:37

      Hello, Vanette
      Ek plaas jou versoek sodat ander mamma’s en juffrouens ons kan help :wink:

      Reply

  36. Karen
    Jan 13, 2011 @ 08:57:39

    Ek is op soek na ‘n goeie Afrikaanse Arbeidsterapeut in die omgewing van Fairland, Northcliff, Linden, Randburg. As enige iemand iemand kan aanbeveel asb. Dit is vir ‘n 5 jarige.

    Reply

    • juffer
      Jan 13, 2011 @ 19:24:48

      Hello, Karen :wink: Ek het jou versoek ook op Facebook herhaal. Kyk gerus ook na hierdie lysie. Ek sal jou laat weet sodra iemand ons kan help.

      Reply

  37. Debbie
    Jan 18, 2011 @ 11:52:56

    Hello, ek is opsoek na n afrikaanse tuisskool of remedierende skool in die Alberton area.

    Reply

    • juffer
      Jan 18, 2011 @ 16:48:59

      Hello, Debbie :wink: Ek het die volgende inligting gekry:
      Alberton Therapy in Randhart, Alberton (Kontak: Delayne Millman @ Tel: 011 869 8806 of info@albertonremedial.com) Dalk kan hulle help. Ek plaas ook jou navraag elders. Dalk kan iemand ons help.

      Reply

  38. Mamma
    Feb 09, 2011 @ 10:50:16

    Middag, my dogtertjie is nou 4 jaar oud, en ek is opsoek na n goeie arbeidsterapeut of sielkundige. Haar juffrou het gese dat sy baie woede gevoelens binne haar het, en dat ons die probleem moet aanspreek so gou moontlik, terwyl hulle nog so klein is.

    Ons bly in die Montana area, maar enige iemand in Pretoria wat u kan aanbeveel, sal opreg waardeer word.

    Dankie

    Reply

    • juffer
      Feb 09, 2011 @ 19:28:09

      Hello, Mamma :wink:
      ‘n Arbeidsterapeut kyk meer na die liggaamlike ontwikkeling en help die kleingoed om fisiek te ontwikkel. Indien jou dogtertjie so ‘n persoon benodig, kan jy gerus occupational therapist en Pretoria by hierdie dokument in tik en die name met die telefoongids korreleer.
      Daar is ‘n kursus (spelterapie) wat deel vorm van berading vir kinders. Dit behels spesifieke tegnieke en die gebruik van speelgoed om die outjies oor hul gevoelens te laat praat. In die meeste gevalle gebruik opvoedkundige sielkundiges of opgeleide spelterapeute (play therapists) hierdie tegnieke. Op 4 jaar kan ‘n mens dalk eers ‘n oulike spelterapeut soek. Indien die sessies verdere probleme aandui, kan ‘n mens met ‘n opvoedkundige sielkundige gesels. Linda de Rooster (naam hierbo) werk in die Pretoria-gebied.
      Spelterapie en ‘n sport (of aktiwiteit) soos Monkeynastics kan dalk ook help :wink: Baie sterkte en ‘n stywe druk vir poplap!

      Reply

    • juffer
      Feb 12, 2011 @ 14:33:22

      ‘n FB-vriendin het die besonderhede van Adri Erasmus verskaf. Ek stuur dit vir jou per e-pos.

      Reply

  39. Helga
    Feb 16, 2011 @ 18:51:27

    Hi! Ek is op soek na die heel beste Opvoedkundige Sielkundige se nommer in Pretoria! Kan iemand my dringend help asseblief!

    Baie dankie!

    Reply

    • juffer
      Feb 16, 2011 @ 19:09:36

      Hello, Helga :wink: Ek het al Linda de Rooster se naam hier gesien: 012 331 3942/3. Probeer haar gerus :wink:

      Reply

  40. Anita Langeveldt
    Mar 01, 2011 @ 11:14:47

    Goeie dag,

    Ons is dringend op soek na iemand wat ekstra leesklasse aanbied in die Centurion omgewing.
    My seun is 10 jaar oud en is gediagnoseer met Irlen Sindroom maar ons glo nie dit is die fout nie en soek iemand wat baie goed is om kinders te leer lees.

    Baie dankie

    Anita

    Reply

    • juffer
      Mar 01, 2011 @ 18:04:56

      Middag, Anita :wink:
      Het jy al plekke soos WISE EYE en Kip McGrath probeer indien jy nie iemand kan kry nie. Kontak ook sielkundiges soos Linda de Rooster (012 331 3942/3 ). Hulle verwys dikwels die outjies na remediërende opvoeders en behoort ‘n lysie met name te hê. Baie sterkte! :wink:

      Reply

  41. wellington
    Mar 31, 2011 @ 15:23:49

    In Wellington en Paarl is heelwat gespesialiseerde sielkundiges wat met probleme om te leer en ander emosionele traumas kan help. Kyk gerus na http://www.ilt.co.za en http://www.irenestrydom.co.za

    Reply

  42. Jaco Jansen v Rensburg
    Jun 27, 2011 @ 10:56:50

    Goeie more.

    Ek het asseblief n baie goeie verwysing nodig, My seuntjie is ses jaar oud, ons bly in Pretoria noord, In Graad R, Die skool onderwyser het voor gestel ons neem hom vir toetse, sy se hy is hupper slim, maar kan nie konsentreer nie, en rammel af wat hy moet doen, en is party dae “hipper aktief” is op soek na n dokter wat die neurologiese toetse kan doen, en kan diagnoseer. Jaco Jansen v Rensburg

    Reply

    • juffer
      Jun 28, 2011 @ 18:48:56

      Hallo, Jaco en welkom :wink:
      Dit is nou eintlik ‘n goeie tyd om jou seuntjie na iemand te neem, omdat julle die moontlike probleem kan aanspreek vóór hy formele skoolonderrig moet ontvang. Probeer gerus ‘n opvoedkundige sielkundige as julle na sy skoolgereedheidsvlakke wil kyk, maar as julle suiwer na die aandagspan en woeligheid wil kyk kan jy vra dat die juffrou die outjie monitor aan die hand van ‘n Connors-/ Conners-vraelys. Sommige skole het sulke vraelyste op lêer, maar indien nie kan jy die naaste pediater kontak vir ‘n voorbeeld. In die meeste gevalle stuur die juffrou die voltooide vraelys direk aan die dokter (die een wat die ouers gekies het) en dan volg die konsultasie.
      Soek gerus vir soekterme (tik dit by die bruin blokkie aan die regterkant in) soos dieet, aandagafleibaar en skoolgereed om nog idees en leiding te kry.
      Ek is nie van die area nie, maar het al ‘n keer of wat met Linda de Rooster (van Pretoria-omgewing) hier gesels. Sy is ‘n opvoedkundige sielkundige. Ek is seker dat sy vir jou die name van oulike neuroloë in die area kan gee. Kontak gerus haar kantoor vir verdere navrae (012 331 3942/3).
      Baie sterkte :wink:

      Reply

  43. Ouma
    Jun 29, 2011 @ 07:20:49

    Monica duP, 012-5671121, 0828505345. Sy is in Molopolaan in Magalieskruin. Kontak haar gerus vir hulp en verdere verwysing / evaluasie.

    Reply

  44. W C
    Jul 04, 2011 @ 09:52:41

    Hi!
    Ek is ‘n moeë, moedelose Mamma! Ek het die pragtigste seuntjie, nou 9 jaar oud. Ons het BAIE lank gewag vir hom en toe ek uiteindelik swanger word het ek heeltyd hierdie gevoel gehad dat ek hom nie gaan hê nie. Ek wou nie “geheg” word aan hom nie omdat ek al soveel miskrame gehad het. Hy is uiteindelik na ‘n baie moeilike swangerskap op 36 weke gebore en daarvandaan is ons onafskeidbaar. Ons het hom in ‘n privaatskool in ons omgewing ingeskryf waar daar min kinders is aangesien hy skaam en teruggetrokke is. Alhoewel hy al baie verander het. Hy het in Gr R skolastiese probleme ondervind maar die skool het ons nie ingelig nie en hom na Gr 1 laat gaan. Gr 1 was ‘n absolute riller jaar en die juffrou het ook op haar eie besluit om op te hou om sekere leerareas met hom te doen en het hy baie agter geraak. Van middel Junie 2009 het ek hom na ‘n arbeidsterapeut geneem vir my eie gemoedsrus en toe kom ons agter dat hy baie agterstande het. Ons het hom Gr 2 toe deurgesit aangesien ek nie kans gesien het dat hy steeds by die Juffrou moet bly nie. In Gr 2 het hy verlede jaar baie hard gewerk en op sy eie Gr 2 geslaag maar ook net-net. Hy kry ook sedert middel 2010 Remediërende hulp. Ons is nou in Gr 3, het op aanvraag van sy juffrou nou vir hom deur ‘n Opvoedkundige Sielkundige laat toets. Hy kry nou ook Spraakterapie. Volgens sy Juffrou wil hul graag hê ons moet hom terughou in Gr 3 aangesien die skoollading in Gr 4 so baie gaan wees maar ek het hierdie sensitiewe seuntjie wat ek nie weet of dit gaan help om hom terug te hou nie. Ek wil graag jou hulp hê…die Opvoedkundige Sielkundige het bepaal dat my seuntjie op die “Klankbord” op ‘n 12-jarige ouderdom is, blykbaar as hy dus baie individuele aandag kry floreer hy maar sodra hy op sy eie gelos word weet hy nie hoe om die dinge te interpreteer nie. Die Sielkundige het aanbeveel dat ons nog nie besluit om hom terug te hou nie aangesien hy dalk in die 3de kwartaal kan bykom by sy maatjies, ek is net bang want daar is niks met my seuntjie se ik fout nie, dit lyk vir my meer asof dit emosioneel is. Is daar iemand na wie toe ek hom kan vat, is daar dalk ‘n leermanier hoe sy juffrou met hom kan werk dat hy veilig kan voel? Hy is kleintyd met “tassindroom” gediagnoseer, dit het die afgelope tyd weer kop uitgesteek en is skielik ook weer erger!

    Reply

    • juffer
      Jul 04, 2011 @ 13:05:01

      Middag, W :wink:
      Die hulp wat julle reeds probeer het is wonderlik!
      Tassensitiwiteit, -defensiwiteit of -sindroom word dikwels ook as Sensoriese Integrasie probleme benoem. Die outjies is sensitief vir spesifieke sintuiglike ervarings – hou byvoorbeeld nie van harde geluide nie, sekere teksture of sekere kossoorte nie. Dit is iets wat heel dikwels deur ‘n arbeidsterapeut geïdentifiseer word – aan die hand van ‘n sorgvuldige vraelys – en spesifieke tegnieke word gevolg om die outjie meer gemaklik te maak met die ervarings.
      Dit is baie goed dat julle die roetes van RO, Spraakterapie en arbeidsterapie gevolg het, want dit is baie meer effektief in die jonger grade. Dit is baie goeie nuus dat die opvoedkundige sielkundige sulke positiewe bevindings gehad het :wink: Ek sit en wonder nou of die terapeute (veral die arbeidsterapeut) dalk vir julle idees voorgestel het om die outjie in die klas te help (met die tassindroom)…Sommige kinders sit op ‘n gym-bal – wat help om die lyfie wakker te hou en ander sit weer op iets soortgelyk aan ‘n bean bag. Party speel met ‘n stukkie rubber, gomlastiek (wondergom / prestik) of ‘n stresballetjie. Dit help hulle om te fokus op die werk deur die sintuie aan te wakker. Dink sommer aan al daardie voel en vat speelgoed wat ‘n mens kleindag vir kinders gee om die sintuie en grypaksies aan te wakker…Jy kan gerus na die skakel hierbo kyk vir ‘n arbeidsterapeut wat opgelei is in SI om nommerpas idees te kry.
      Wat het die juffrouens tot dusver oor die aandagspan gesê? Jy het nie iets genoem nie en daarom kan ‘n mens seker aanneem dat hy goed in die kleiner groepie kan fokus.
      Jou seun is nou in Graad 3 en dit is beslis die einde van ‘n belangrike grondleggingsfase. Probeer gerus spelterapie of psigoterapie (deur ‘n opgeleide opvoedkundige sielkundige) om die outjie met emosionele ontlading te help. Ek het al baie goeie resultate gesien. Indien programme soos SOETLIEF in julle omgewing aangebied word, kan julle dit ook probeer. Ek sou net eers ‘n paar sessies met die sielkundige wou probeer om ‘n beter opinie oor emosionele rypheid te kry. ‘n Mens wil nie die outjie oorlaai met terapeute nie, maar wil ook nie die outjie ryp druk nie.
      Probeer om die derde kwartaal met woema aan te durf en indien die hulp nie resultate toon nie kan ‘n mens meer tyd oorweeg. Juffrouens oorweeg die ekstra jaar meestal net as die outjie die potensiaal toon om sterker te word en hier by ons is daar geen stigma daaraan gekoppel nie. Die outjies is werklik die leiertjies en word emosioneel sterker. Dit werk nie vir almal ewe goed nie en daarom moet ons eers alle moontlikhede probeer. Gaan gerus voort met RO en kyk of julle nie dalk ‘n groepsgesprek met die juffrou en terapeute kan reël om ‘n plan van aksie te beplan nie. Dit sal die geleentheid skep dat julle kan vertel hoe julle tuis help (en reeds hulp bekom het) en dit sal ook help as almal saam kan “brain storm”. Dit help regtig as almal saam sit en gedagtes uit ruil.
      Baie sterkte en laat weet my asseblief hoe dit gaan :wink:

      Reply

  45. Ilze legg
    Jul 06, 2011 @ 12:56:24

    hello
    kan u asb. vir ons raad gee. Seun van 16 in gr 9, soek hulp met leer. Het Wiskunde , Engels , Geskiedenis, EBW gedruip in laaste eksamen.Kan u ons asb. raad gee – na wie verwys ons so ‘n kind vir studie hulp? Bly in Colesberg in Noord-Kaap.(naaste groot dorp is Bloemfontein)
    Baie dankie
    Ilze

    Reply

    • juffer
      Jul 08, 2011 @ 08:23:44

      Môre, Ilze :wink:
      As dit moontlik is, sou ek ‘n skolastiese evaluasie laat doen het om te kyk waar die leemtes is. So ‘n evaluasie yk na verskeie aspekte en kan help met die beplanning van die skooljare vorentoe. ‘n Opvoedkundige sielkundige sal so ‘n evaluasie kan doen en sal vir julle raad kan gee met die pad vorentoe. Op psychotherapy.co.za het ek 2 sielkundiges in Bloemfontein en 3 in Kimberley gekry. Ek sou voorstel dat jy dalk een of twee van hulle sal skakel voor jy ‘n finale keuse maak. [Jy kan ook die plaaslike of naaste skoolkliniek skakel (jou seun se skool sal die telefoonnommers hê) en vra of die skoolsielkundige dalk so 'n toetsing kan doen. Ongelukkig is hulle dikwels oorlaai met werk en is die wagperiode lank.] So ‘n toetsing kan egter ook wag tot Graad 11 of 12 – wanneer keuses vir verdere studie gemaak moet word.
      Graad 9 is die einde van ‘n fase (die Senior Fase dek Graad 7 – 9) en is soos Graad 3 en 6 die afsluitingsjaar vir ‘n ontwikkelingsperiode. Ekstra klasse sal baie voordelig wees om jou seun te help om die moontlike leemtes te vul voordat die volgende vlak betree word. Ek ken nie die area nie, maar het ‘n skakel na Kip McGrath (tak in Bloemfontein) gekry. Ek weet dat hulle taal- en wiskunde lesse hanteer. Om die een of ander reder kry ek nie ander kontakbesonderhede van hulpsentrums in die Colesberg-area nie, maar as jy die kantore van die meer plaaslike sielkundiges kan skakel sal hulle vir jou kan help. Kontak ook die skool se voorligting- of leerondersteuningsopvoeder. Hulle het dikwels ‘n lys van terapeute of kundiges. Dan kan ‘n mens ook altyd ‘n oudonderwyser of ‘n tutor probeer opspoor om ekstra klasse aan te bied.
      Baie sterkte :wink:

      Reply

      • Ilze legg
        Jul 08, 2011 @ 16:24:41

        Baie dankie vir u antwoord. Ons sukkel maar soms in die klein dorpies om die regte persone te vind. Groete Ilze

      • juffer
        Jul 09, 2011 @ 13:35:23

        Dis ‘n plesier :wink:

  46. Eddie Trickket
    Aug 17, 2011 @ 17:24:12

    Baie intersant. Ek wil ook nog verder leer. Ek is op na leerproggrame vir laptop. Kan imand dan ‘n voorstelle gee sal te dankbare wees.

    Reply

    • juffer
      Aug 17, 2011 @ 19:09:56

      Hallo, Eddie
      Ek weet van CAMI en Eye Read, maar stel voor dat jy ook met mense soos die TINA COWLEY- en KIP MCGRATH-sentrums gesels. Hulle doen rekenaargebaseerde ondersteuningswerk en kry goeie resultate. Ek hoop dit kan help :wink:

      Reply

  47. L F
    Aug 21, 2011 @ 09:09:11

    hallo almal ons bly in n baie klein dorpie met die naam Koster dis so 60 km van Rustenburg af my 6 jarige seuntjie is met ADHD gediagnoseer! hy moet na n hulp skool gaan in watter skool kan ek hom sit wat baie naby aan mamma en pappa is wil hom glad nie wegstuur nie glad nie! help my asb sy juffrou help hom glad nie en sy stel ook nie belang nie ek moet my kind help! of is tuis onderrig beter! as ek nie ,n skooltjie naby kry nie hy is nou in graad 1

    Reply

    • juffer
      Aug 21, 2011 @ 14:44:30

      Middag, L :wink:

      Het ‘n sielkundige die aanbeveling gemaak en is jou seuntjie deur ‘n dokter (pediater of skooldokter) gediagnoseer? Dit sal wenslik wees om eers alle opsies te oorweeg voordat julle hom na ‘n ander skool skuif. Die staat se hulpskole (soos Jan Kriel) is ver en dit is dalk ‘n bietjie vroeg om hom koshuis toe te stuur. As ‘n sielkundige ‘n spesiale skool aanbeveel het, behoort hy / sy ook vir julle na ‘n spesifieke skool te verwys. ISASA het privaatskole en dan kry ek nie juis staatshulpskole in jou omgewing nie. Vra asseblief vir julle skool vir die kontaknommers van die naaste skoolkliniek, sodat jy met die onderwysdepartement se sielkundige kan gesels. So ‘n persoon sal vir jou skole kan opnoem.
      Het die persoon wat die ADHD-diagnose gemaak het medikasie of ander hulp aanbeveel? Die skoolkliniek se dokter of ‘n pediater sal vir jou inligting kan verskaf en leiding bied. Probeer is ander vorme van ondersteuning vóórdat jy jou seuntjie na ‘n ander skool skuif. As ‘n mens van die huis se kant af wys dat julle alles insit en kundiges geraadpleeg het, sal die skool dalk met nuwe oë na die saak kyk. As julle regtig ‘n ander skool moet oorweeg, kontak eers al die buurdorpe, spreek die skoolhoof en hoof van die Grondslagfases en neem dan ‘n ingeligte besluit.
      Baie sterkte! :wink:

      Reply

    • Ronel Wiese
      Aug 21, 2011 @ 14:57:22

      L/S Proteapark in Rustenburg het nog ‘n oorbruggingsklas (hulpklas) vir die grade & ‘n baie oulike juffrou wat met hulle werk!

      Vir verdere inligting, bel die skool of e-pos my
      ronel@wirelessza.co.za

      Reply

      • juffer
        Aug 22, 2011 @ 18:15:18

        Baie dankie, Ronel! :wink:

  48. Linda De Rooster
    Aug 22, 2011 @ 07:24:41

    Alle kinders met ADHD word nie sommer na spesiale skole verwys nie, inteendeel, die meerderheid bly in hulle gewone skool en ontvang dalk net ekstra hulp soos arbeidsterapie of remediëring, saam met medikasie. Julle is welkom om met my te kom gesels in Pretoria! Groete Linda De Rooster Opv Sielkundige 012 331 3942

    Reply

  49. Daleen
    Sep 05, 2011 @ 23:07:54

    Dit was nou lekker om bietjie hier rond te snuffel.. my dogter nou 15 was ook gediagnoseer adh in gr 2.. duisende rande en vele terapeute ritilan ,conserta verder, ..is sy vandag n A + student in hoerskool. Medikasie gelos in Gr 4 met regte studie metodes. . Uiters sportief..diep geestelik sterk .Haar boetie nou 11 is ook op Gr 1 adh gediagnoseer selfde skool,selfde onderwysers selfde storie..maar nou is ek bietjie slimmer…by n dr uitgekom met regte eetgewoontes wat graag praatjies lewer oor die onderwerp en vinnig besef dat onderwysers vandag nie meer die tolleransie vlakke , of kennis (ADHD) het ,of hulself aanpas met tye waarin ons lewe nie. Te veel stres , persoonlike probleme ,ens laat hul kinders wat natuurlik net n bietjie meer lewendig of lewenslustig is ,etiketeer as “stout” ongehoorsaam,wild, ADHD of wat ookal .. (nie almal nie)..maar beslis baie!!! Wonder of weet hul presies wat die pille aan kinders doen,hoeveel kinders al dood is daaraan en hoeveel newe effekte daar is met die medikasie,Nou moet ek as ouer kies…my kind se gesondheid of die onderwyser se gemoedstoestand? wonder net of ons nie meer oderwysers op Prozac moet sit nie …(et n opinie) slegte ondervinding met baie onderwysers) let wel ons het nog nooit enige onderwyser hieroor aangevat of gekritiseer nie…stoei maar voort op ons eie manier.

    Reply

    • juffer
      Sep 06, 2011 @ 18:08:05

      Welkom, Daleen :wink: Ja, die wêreld beweeg teen ‘n al vinniger pas. Ek wonder waar dit eendag gaan op hou? :wink:

      Reply

    • Mev. Hannelie Swanepoel
      Mar 13, 2012 @ 21:41:25

      Hi Daleen

      Ek het jou brief gelees & dit klink so bekend. Ek wonder of jy nie dalk vir my kan help nie. Het jy nog die dokter se nommer want, ek wil ook weet watter kosse mag my ADHD kind eet & wat moet hy vermy. Hulle wil ook hê dat ons my seuntjie op medikasie sit maar, ek is nog nie gereed daarvoor nie.

      Nogmaals dankie
      Hannelie Swanepoel

      Reply

  50. Maritza
    Sep 10, 2011 @ 15:48:51

    Ek het dringend hulp nodig. Ek is ‘n 2ejaar grondslagfase student en begin maandag met proeftyd. Ek moet ‘n taak doen waar ek twee leerders identifiseer wat skrifprobleme het, en hulle dan help. Dis nie my probleem nie, ek moet ook ‘n teoretiese deel doen, waar ek inligting moet kry oor belangrike faktore wat ‘n rol speel in ‘n kind se skrifontwikkeling, bv. potloodgrepe, as die stoel en tafel nie in verhouding met mekaar of die kind is nie, ens. Ek moet TEN MINSTE 3 akademiese internet bronne vir dit kry, maar ek kry niks nie. Ek het al google scholar probeer, plein google, EBSCOHOST ens. Maar kry niks nie. Indien enige iemand weet waar ek iets kan kry help my asseblief want ek is besig om stres lelik te kap op die oomblik. BAIE DANKIE
    Maritza

    Reply

  51. Sariza
    Sep 15, 2011 @ 11:08:19

    Goeie more,

    Ek wil asseblief weet of julle my kan help met Dr. Johan Erasmus se kontakbesonderhede.

    Ek moet dringend my dogtertjie by iemand kry en ek is in Waverley.

    Baie dankie.

    Sariza

    Reply

    • juffer
      Sep 15, 2011 @ 18:51:08

      Hallo, Sariza :wink:
      As ek reg verstaan is Dr. Erasmus se praktyk in jou omgewing en is hy baie goed. Iemand het genoem dat hy dalk by die Nuwe Moedersbond/Kraam-Hospitaal werk. Ek dink hierdie is hulle webtuiste. Ek hoop julle kom reg :Wink:

      Reply

  52. Linda De Rooster
    Sep 16, 2011 @ 07:22:57

    Dr Erasmus is by die Moot Hospitaal, 012 330 2084. Hy is egter baie vol bespreek. probeer gerus ook Dr Elizabeth Goosen, 079 525 8982 in Montanapark. Kontka my gerus as jy nie regkom nie. info@lindaderooster.co.za

    Reply

    • juffer
      Sep 16, 2011 @ 19:18:14

      Baie dankie, Linda! :wink:

      Reply

  53. Ansie
    Sep 16, 2011 @ 20:31:17

    Hallo almal

    Ek is ‘n geregistreerde Maatskaplike werker met ‘n passie vir kinders,veral die outjies wat niemand verstaan nie.Ek doen sosio-emosionele assesserings met kinders.Vir meer inligting kan julle my kontak by ansiedebruyn@gmail.com.Ek het ook goeie hulpbronne en kennis oor die jare opgebou spesifiek vir kinders met ADHD/ADD, psigiatriese diagnoses,emosionele probleme en gedragsprobleme.Ek werk in Pretoria Oos,maar is bereid om te reis vir assesserings.

    Groete
    Ansie

    Reply

    • juffer
      Sep 17, 2011 @ 07:14:34

      Baie dankie, Ansie en welkom! :wink:

      Reply

  54. Carika
    Sep 26, 2011 @ 11:55:20

    Hello

    Ek het asb hulp nodig. Ek soek rywmoorde werkskaarte kry vir my Graad R seun. Woorde wat met dieselfde letter begin, woorde wat met dieselfde letters einding & so aan. Kan jy asb vir my help.

    Baie dankie
    Carika

    Reply

    • juffer
      Sep 26, 2011 @ 16:29:26

      Middag, Carika :wink:
      Jy kan leerafrikaans123 of tuishulp se webtuistes probeer. Ongelukkig sal jy nie sommer so iets in Afrikaans op die Internet kry nie. Probeer gerus ook vir kinderwerf. In Graad R sal die kaartjies net uit prente bestaan, maar in Graad 1 sal hy na woorde kyk / lees. Hier kan jy terme soos abc en klanke by die soekblokkie in tik om idees i.v.m. klanke te kry. Dit sal jou ook idees gee met die vaslegging van klanke. Daarna kan ‘n mens speletjies soos “Eye spy with my little eye” in Afrikaans vertaal. Jou seuntjie hoef eers net die klanke op gehoor te benoem bv. hond begin met h. In die tweede rondte kan hy dan die h tussen ander klanke op ‘n papier soek. Onder die drukbare afdeling is ‘n voorbeeld van klanke (kyk na die skrif-hofie daar). Voorts kan jy ook terme soos Graad R, Graad 1, kurrikulum en skoolgereed hier soek :wink:

      Reply

  55. Heila
    Oct 09, 2011 @ 22:28:42

    Hallo
    Ek is dringend opsoek na raad My dogter skei haar seuntjie is 5 gaan deur emosies want hy is verward en verstaan nie.Help my asb met inligting en waar ek hulp kan kry hy is baie huilerig met tye
    Baie Dankie Ek woon in Welkom in die Vrystaat

    Reply

    • juffer
      Oct 10, 2011 @ 17:13:52

      Middag, Heila :wink: Dit is iets wat nogal baie traumaties vir kinders kan wees. Dit is ook goed vir die naaste familielede om te weet wat om te sê as daar moeilike vrae geopper sou word. Lees gerus na Skatkis se stukkies. As ek reg onthou is daar kinder-storieboeke oor egskeiding (iets soos As pappa en mamma skei). Indien julle dorpsbiblioteek dit nie het nie, kan jy gerus by winkels soos PNA, CNA of Christelike boekwinkels navrae doen. Dit sal dalk goed wees om die outjie na iemand te neem wat met kinders se emosies en die verwerking van trauma werk. Daar is instansies soos SOETLIEF en Equal Zeal wat programme aanbied, maar iemand wat spelterapie aanbied sal dalk die meeste geskikte wees. Spelterapie is ‘n veld van berading wat daarop fokus om spelenderwys met jong kinders te gesels. Dit is ‘n spesialisveld – dus sal julle ‘n bietjie moet rondbel en uit vind of ‘n opvoedkundige sielkundige in jul omgewing so iemand ken of dit self kan aanbied. Baie sterkte :wink:

      Reply

  56. Rowenda Pieters
    Oct 13, 2011 @ 08:56:29

    Goeie day
    Rowenda Pieters van Rustenburg
    Ons was by Dr.MM Lippert wat aanbeveel het dat my seuntjie van 6 Remedierende onderrig na moet verander.Maar soek hulp, waar in Rustenburg
    area is daar so n skool om te help.

    Reply

    • juffer
      Oct 14, 2011 @ 16:59:33

      Middag, Rowenda :Wink:
      Ek weet dat die outjies hier by ons eers vir ‘n jaar of twee na ‘n gewone skool gaan voordat aansoek by ‘n instansie gedoen word (bv. remediërende staatskool). Ek weet nie wat die spesifieke rede vir die verwysing is nie, maar het vir jou name van staatskole in die omgewing: Moedwil en Oom Paul. Die lysie sê nie presies wat die ouderdomme van die outjies is nie. Ek is seker dat hulle (of jou naaste laerskool) wel vir jou in die regte rigting kan stuur as jy navrae rig. Intussen het ek ook op Facebook gevra dat my FB-vriende moet help soek :wink: Baie sterkte

      Reply

    • juffer
      Oct 17, 2011 @ 17:01:39

      Rowenda, loer gerus na hierdie lysie skole. Gaan sien elkeen se hoof om te sien of hulle nie remediërende onderrig of OLSO-klasse (Onderwys vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes) aanbied nie. Andersins kan jy na die Noord-Wes Onderwysdepartement se webtuiste gaan om skole in die area te soek wat vir julle sal pas. Rustenburg val onder die BOJANALA-distrik. :wink:
      Maryna het ook laat weet “daar is Oom Paul se skool en dan Laerskool Rustenburg het ‘n Kenwen-Sentrum wat vir Remediërende onderrig is, dit is van Graad 1 – 3.”

      Reply

  57. Heidie
    Oct 14, 2011 @ 12:44:05

    Ek het ‘n seun wat aandagafleibaar is en in graad 4. Een van sy onderwysers en die skoolhoof is gedurig moeilik met hom omdat hy hul dae gee. Sy klasonderwyseres werk baie goed met hom. Hy is baie ongelukkig omdat die onderwyseres en skoolhoof met hom raas. Is daar dalk ‘n skool wat jul kan aanbeveel in Paarl, Wellington omgewing wat hom kan help?

    Reply

    • juffer
      Oct 14, 2011 @ 17:19:12

      Middag, Heidie :wink:
      Ek weet daar is heelwat skole met kleiner klasse in die Paarl (Slot van die Paarl, Noord-Eind, Gimnasium en Courtrai) en Wellington (Hugo Rust). Probeer gerus eers om kontak met ‘n kundige te maak wat vir jou raakvat raad kan gee. ‘n Verskuiwing van skole kan nogal ontwrigtend wees vir ‘n kind en ‘n mens moet eers kyk of jy nie die saak kan beredder nie. Kontak gerus vir die Pret en Leer Opvoedkundige Sentrum (021 872 9299 – Anita Jones). Hulle besoek die kinders by die skool (vir berading en / of toetse) of by die praktyk. Een van hul opvoedkundige sielkundiges sal vir jou raad kan bied en dalk ‘n spesifieke skool aanbeveel. Baie sterkte :wink:

      Reply

  58. Minette Labuschagne
    Oct 14, 2011 @ 20:14:44

    Hi almal!

    Ek sien hier is nie baie verwysings na terapeute in Bloemfontein nie. Ek is ‘n Remedierende Terapeut in Bloemfontein en is beskikbaar om kindertjies na skool te help met daardie ou lastige d wat soos ‘n b lyk, is dit nou f of v of w, u of n ??? Ons ‘tackle’ sommer ook die ontsluiting van woorde om my lees te verbeter en enige verwante aspek wat my soveel probleme by die skool gee. ;-) Kontak my gerus.
    Minette Labuschagne
    0716829280

    Reply

    • juffer
      Oct 17, 2011 @ 16:07:37

      Bitter baie dankie, Minette! Daar is beslis baie ouers wat jou hulp sal benodig :wink:

      Reply

  59. Rudi
    Oct 27, 2011 @ 09:35:51

    More Juf…Daar n moonlikheid dat ons kaap toe gaanverhuis 50/50. Ons seun is gediagnoseer met aspergers sindroom..vir lank eers met ADD/ADHD, tot onlangs asperger. DIt is n baie moeilike keuse oor die regte plasing en of ons sal reg kom waar ons niks ken nie. Enige raad…..

    Reply

    • juffer
      Oct 27, 2011 @ 17:25:53

      Middag, Rudi :wink:
      Ek het die laaste paar weke van heelwat kundiges en skole op die gebied van die Aspergers-spektrum te hore gekom. Hier onder verwysings het ek dit soms as skole vir leerders met Outisme gelys, omdat die outjies dikwels saam in skole geakkomodeer word. Kyk hier aan die regterkant vir skakels oor Aspergers en Outisme (onder “blogroll”)…en die skole in die Kaap.
      Daar is die Vera-skool in Rondebosch, SNAP in die Durbanville-gebied en The Dream Tree buite Somerset-Wes. Ek hoop dit kan help. :wink:

      Reply

  60. Mandie Jordaan
    Nov 01, 2011 @ 15:52:42

    Ek hoop werklik u kan my help. My dogtertjie, Amor is 5jr 7mde oud. Sy is spraak gestremd. Sy kan sekere woorde perfek sê, maar kan nie meer as 2 woorde agter mekaar sê nie. Sy ontvang huidiglik spraakterapie, was vir ‘n periode van sowat ‘n jaar ook vir arbeidsterapie, ons het haar by ‘n pediatriese neoroloog gehad – niks fout met haar brein. Pretoria Universiteit se taal en kommunikasie instituut het ook niks fout gevind met haar nie. Niemand kan vir ons sê waarom sy nie kan praat nie. Ek’s op moed verloor se vlakte. Ons woon in Ellisras, Limpopo. Wat kan ek nog probeer doen om haar te help (en my te help). Twee verskillende sielkundiges reken sy’s net ‘n stadige prater. Ek weet nie meer wat om te probeer nie.

    Reply

    • juffer
      Nov 02, 2011 @ 19:41:29

      Hallo, Mandie :wink: Ek is GLAD NIE ‘n kenner van spraakprobleme nie, maar het gewonder of jy nie dalk oor Apraksia / Apraxia moet uitvind nie. Ek het nie daarvan geweet totdat ‘n kollega se kleintjie daarmee gediagnoseer is nie. Uit nuuskierigheid het ek verder gelees.
      Dit sal dalk voordelig wees om ‘n kundige te skakel en om julle spesifieke geval te bespreek. Dalk sit ek die pot mis, maar ‘n mens kan immers net vra vir raad. As ek reg “google” het daar ‘n Tessner en Van der Merwe by die Universiteit van Pretoria navorsing gedoen:
      “Neuromotoriese spraakafwykings:
      Die simptome, diagnose en behandeling van neuromotoriese
      spraakafwykings, naamlik verbale apraksie en disartrie word
      bestudeer.”
      GROENEWALD E, VAN DER MERWE A, TESNER HEC
      Baie sterkte met die soektog :wink:

      Reply

      • Mandie Jordaan
        Nov 04, 2011 @ 13:10:26

        Baie dankie vir jou advies. Ek gaan werklik inkyk daarop. Op hierdie stadium gryp ek na enigiets wat klink na ‘n “moontlike” oplossing.

        BAIE DANKIE!

      • juffer
        Nov 04, 2011 @ 17:42:36

        :wink: Ek hou duimvas dat julle die regte hulp sal kry.

  61. Tharina
    Nov 09, 2011 @ 22:45:31

    Baie dankie vir almal se bydrae en goeie raad.

    Ek is ‘n graad 4 onderwyseres en ondervind dat BAIE outjies in my klas ongelooflik besig is. Ek het ‘n vermoede dat ‘n paar definitief ADD (Selfs ADHD) het. Ek sit egter met ‘n probleem :
    Daar die finansiele implikasie van toetsing en dalk medikasie, wat net dood eenvoudig nie deur die ouers bygebring kan word nie! Mammas sit betraand en met hande in die hare hieroor!
    Ek sal graag met iemand in kontak wil kom wat bereid sou wees om die kinders te TOETS teen minimum/geen koste…dit klink vergesog, maar hulp is nodig as ons van die kindertjies ‘n suksesverhaal wou skryf!

    Tharina

    Reply

    • juffer
      Nov 10, 2011 @ 18:06:11

      Middag, Tharina :wink:
      Kontak gerus jou plaaslike hospitaal en vind uit of daar pediaters werk. Anders kan jy ook die pediaters se spreekkamers skakels om uit te vind of hulle diens doen by die hospitaal. Soms staan hulle ‘n dag of twee per maand af aan diens by staatshospitale sodat outjies uit meer behoeftige huise hulp kan bekom.
      ‘n Ander roete is ook om jou plaaslike skoolkliniek (MEED / MOOD / OBOS) te skakel en te vra om met die skooldokter te praat – as julle dalk een het. Verduidelik die situasie en vra of julle ook ingesluit kan word by die besoeklys. Ouers van die outjies wat hulp benodig word dan gevra om konsultasies by te woon en saam te gesels oor die kind se vordering en gesondheid.
      Die LSEN-opvoeders behou gewoonlik kontak met die skoolkliniek se hulpgewers en sal vir jou kan help om kontak met die skoolsielkundige (en skooldokter) te maak as jy die outjies se skolastiese potensiaal wil laat toets (IK). Alle distrikte werk nie dieselfde nie, maar ek is seker daar sal wel iemand wees wat vir jou in die regte rigting kan stuur. Miskien kan julle probeer om ‘n praatjie te hou – waar ‘n dieetkundige raad gee oor goeie eetgewoontes vir outjies met moontlike afleibaarheid. :wink: Baie sterkte!

      Reply

  62. Linda De Rooster
    Nov 11, 2011 @ 07:15:10

    Hi Tharina, jy sê nie in watter area jy is nie; maar in Pretoria verwys ons die kinders na die Steve Biko Hospitaal – daar is ‘n Pediatriese Neurologie Kliniek en die kinders word deur ‘n pediater gesien. Ander gaan na Weskoppies Hospitaal en kry sommer die medikasie ook daar. In JOhannesburg is ‘n Ontwikkelingskliniek by die Jhb Gen. Verskeie universiteite bied ook sulke dienste aan teen minimale koste. Sterkte. Linda De Rooster

    Reply

    • juffer
      Nov 12, 2011 @ 12:00:15

      Baie dankie, Linda :wink:

      Reply

  63. rella
    Nov 17, 2011 @ 11:12:05

    Haai! Eks tans in matriek en is al hulpeloos en emosineel uit gepit, ek wil graag sielkunde gaan swot dis m passie in die lewe maar ek km nerns in by universiteite, kan iemand m dalk help waar ek kan werk (by I sielkundige firma) en deeltyds studeer ? Asb verkieslik in die welkom area. Rella

    Reply

    • juffer
      Nov 18, 2011 @ 06:26:39

      Hallo, Rella :wink: Ek weet dat sommige mense werk en deeltyds studeer. Het jy al by UNISA navrae gedoen? Gewoonlik sal studente eers na ‘n jaar of drie se studies by ‘n praktyk begin werk. Probeer gerus ook om kontak te maak met sielkunde departemente of klinieke wat aan universiteite verbonde is. Dalk is daar dosente of sielkundiges wat vir jou meer en beter hulp kan bied. Baie sterkte :wink:

      Reply

  64. M
    Nov 18, 2011 @ 21:29:31

    Hi Rella, ek wou net so graag sielkunde gaan swot het na skool, maar jou opsies is bietjie beperk as jy slegs ‘n graad in Sielkunde verwerf het, jy moet voortgaan met jou Honneurs en dan Meestersgraad om uiteindelik te kwalifiseer as ‘n sielkundige en daar word omtrent 2 studente per universiteit in SA gekeur om hul M-graad te doen.
    Ek het na skool onderwys gaan swot en sielkunde I, II en III as ekstra vak geneem. Ek gaan volgende jaar (na 5 jaar van werk) voort met my Sielkunde Honneurs. Terwyl ek besig was met my voorgraadse sielkunde-vakke het ek betrokke geraak by die sielkunde departement se gemeenskapsprojekte – dit is soos om een maal per week na ‘n tehuis vir verstandelik en fisies gestremde mense te gaan en met huule te interact, peikniek hou, ens. Daar is ook ‘n skool vir gestremde kinders waarby mens betrokke kan raak, tehuise vir vigswesies, terapeutiese perdryklasse, ens.
    Jy kan dalk uitvind of daar sulke gemeenskapsaksies in jou omgewing is, of gaan vind self by die plekke uit of jy betrokke kan raak.

    Sterkte!

    Reply

    • juffer
      Nov 20, 2011 @ 11:48:56

      Baie dankie, M! ‘n Mens sien nogal dikwels ander grade saam met die sielkunde-graad op ‘n sielkundige se briefhoof…
      Rella, ek hoop jy het die nodige hulp en antwoorde gekry :wink:

      Reply

  65. Laetitia Ludwick
    Dec 16, 2011 @ 20:40:02

    Hallo Juffer,
    Ek wil jou geluk wens met ‘n puik blad met waardevolle inligting, hulp en raad. Sal dit dalk moontlik wees om meer inligting en hulp beskikbaar te stel vir leerders met leerprobleme vanaf gr 4 – 7, asb? Ek tutor leerders in die grade met leer- en gedragsprobleme. Ek begin jaarliks met oefeninge in visuele persepsie, ruimtelike orientasie, ouditiewe persepsie, ens en raak uit voorbeelde en hulpmiddels.
    Ek is in die Ooste van Pretoria.
    Laetitia

    Reply

    • juffer
      Dec 19, 2011 @ 08:03:57

      Môre, Laetitia :wink: Ek het baie met kinders in die Intermediêre en Senior Fase gewerk, maar omdat ek opgelei is in die Grondslagfase “hou dié skoenmaker maar by haar lees” :wink: .
      Hier is oefeninge vir aspekte soos middellynkruising, spiertonus, posisie in die ruimte, perseptuele ontwikkeling (tuis oefeninge), ouditiewe oefeninge…
      Jy kan ook soekterme soos “abc, sigwoorde, lees, klanke, skrif, skryf, patrone, oë, ogies” by die soekblokkie in tik om nog idees rakende ouditiewe en visuele oefeninge te kry. Kyk ook na Francia se skakel oor leerstyle. Ek hoop dit kan so ‘n bietjie help :wink:

      Reply

      • Laetitia Ludwick
        Dec 21, 2011 @ 07:14:00

        Goeie more Juffer,
        Baie dankie vir die verwysings, ek gaan beslis daarna kyk. Die kinders wat ek tutor het leerprobleme en hulle vind baat by enige van genoemde oefeninge omdat perseptuele vaardighede maar gebreke gebly het weens hul -probleme.

        Geseende kersfees en ‘n baie voorspoedige nuwe jaar – natuurlik propvol nuwe idees en pretdinge om te maak!

      • juffer
        Dec 22, 2011 @ 15:00:04

        :wink: Baie sterkte, Laetitia, en voorspoed met die nuwe jaar!

  66. chantal
    Jan 02, 2012 @ 16:02:25

    Hello

    ek is opsoek na n skool vir my seun het add en sukkel in die hoofstroom skool in Rustenburg omgewing

    Baie Dankie
    Chantal

    Reply

    • juffer
      Jan 02, 2012 @ 16:36:26

      Middag, Chantal :wink:
      Ronel Wiese (ronel@wirelessza.co.za) het vertel dat Laerskool Proteapark oorbruggingsklasse het. Kyk ook na die plaaslike Departement van Onderwys se lysie skole. Julle val onder “BOJANALA”. Skakel die skole om uit te vind wat die klasgroottes is en gaan sien die skoolhoofde sommer in die eerste twee dae voor die skooljaar vir kinders begin. Baie sterkte met die besluit :wink:

      Reply

    • Rachie Steenberg
      Jul 18, 2012 @ 22:37:24

      Hi Chantel
      Ek is ‘n opvoedkundige sielkundige in Rustenburg. Skakel my gerus indien jy nie reggekom het nie en nog leiding verlang.
      Groete
      Rachie Steenberg
      082 322 9820

      Reply

  67. chantal
    Jan 12, 2012 @ 21:10:50

    Ek wil graag weet of my kind enige sindroom het. Sy is absoluut pragtig. Van die oog af lyk sy soos enige normale kind. Maar sy het epilepsy en praat nie. Net woorde maar glad nie sinne nie. sy is baie liefdevol en baie lief vir kinders. Sy is 3 jaar oud

    Reply

    • juffer
      Jan 16, 2012 @ 15:30:54

      Middag, Chantal :wink:
      So iets is iets wat ‘n hoogsgeleerde persoon sal kan bepaal. Ek sou voorstel dat jy ‘n pediater of kinderpsigiater skakel om te bepaal watter een so iets kan diagnoseer. Dalk kan julle neuroloog ‘n verwysing maak. Kyk gerus onder die paar name hierbo vir moontlike kundiges. Indien jy sukkel kan jy my laat weet in watter area woon sodat ons verder kan soek :wink:
      Indien ‘n outjie laat begin praat of indien die spraak nog nie ontwikkel is soos die ouderdomsgroep nie, sal ek ‘n draai by ‘n gesoute spraak- en taalterapeut gaan maak. Kom ons kyk of ons die moontlike probleemareas so vroeg as moontlik kan aanspreek.

      Reply

  68. Linda De Rooster
    Jan 16, 2012 @ 15:58:03

    Hallo Chantal, ek stem saam, gaan sien ‘n ontwikkelingspediater of ‘n pediatriese neuroloog. As jy wil weet of jou kind se ontwikkeling op peil is, kan ‘n opvoedkundige sielkundige help deur die Griffiths Ontwikkelingskaal te doen. Groete en sterkte, Linda De Rooster

    Reply

    • juffer
      Jan 17, 2012 @ 15:06:04

      :wink: Baie dankie, Linda!

      Reply

  69. marildien arends
    Jan 17, 2012 @ 07:32:57

    Ek het n seuntjie hy is 7jaar oud in graad2 hy kan nie klank en is baie gespanne en kan nie lank konsentreer nie. Wat kan ek doen

    Reply

    • juffer
      Jan 18, 2012 @ 19:51:14

      Middag, Marildien :wink: Gaan terug na die hersiening van die enkel-, dubbel-, drie- en tweeklanke. As jy hier soekterme soos “enkelklank”, “klanke”, “dubbelklank” en “drieklank” in tik sal dit vir jou voorbeelde van hersieningswerk en -prente gee. Omdat hy nou in Graad 2 is en nie juis woorde kan klank nie, sou ‘n evaluasie deur ‘n spraak- en taalterapeut oorweeg het. Hulle kyk na allerhande afdelings wat te make het met spraak en kommunikasie. Ek dink nou veral aan die ouditiewe vaardighede. Dit het te make met die vermoë om te verstaan wat die oor hoor. Dit gebeur dikwels dat die jonger outjies hiermee worstel, maar terapie sal beslis kan help. Probeer dalk eers net ‘n evaluasie / konsultasie. Indien die probleem nie by die ouditiewe vaardighede lê nie, kan jy gerus ‘n remediërende opvoeder kontak om ekstra lesse aan te bied.

      Reply

  70. Nicolene
    Jan 24, 2012 @ 15:00:17

    Hi, Ek is opsoek na iemand wat my seuntjie, Gr 2 kan help met ekstra lees na skool. Ons bly in pretoria oos – kan iemand my dalk help.

    Reply

    • juffer
      Jan 24, 2012 @ 16:27:46

      Middag, Nicolene :wink: Ek ken nie die area nie en is nie mal oor groepslesse nie. Ek het egter vir jou die volgende plekke op gespoor. Loer gerus en vra ook vir die juffrou of sy nie enige remediërende juffrouens kan voorstel nie :wink:
      LogicumLynnwood Ridge, Tina Cowley (‘n hele paar takke in Pretoria) en ‘n opvoeder.

      Reply

  71. Linda Campher
    Feb 07, 2012 @ 12:14:58

    Hallo, my dogter van 11 het 7 Maande gelede n beroerte gehad, kry tans neuro Fisio,spraak en arbeidsterapie, sy was in Gr 5 en moet nou van voor af weer leer lees en skryf met haar linkerhand, weet iemand van n goeie remediering skool in PTA, ons bly in Rietfontein.
    Baie dankie Linda

    Reply

    • juffer
      Feb 07, 2012 @ 18:45:17

      Middag, Linda :wink: Probeer gerus Liewenheersie (Op Facebook of Ronel Wiese, 082 805 1091, ronel@wirelessza.co.za), EduExcellence , Prospectus Novus (Tel no. 012 335 3336 /012 335 5109 (C/o Fred Nicholson and Paul Kruger Streets, Mayville, Pretoria. P.O Box 30164 Wonderboompoort) en die Rietvlei Akademie. Dan het iemand al vertel dat die Johnathan Livingston Seagull Centre van Engela Young in Donkerhoek perdry terapie aanbied.
      Ek hoop dit kan julle help :wink:

      Reply

  72. Linda De Rooster
    Feb 08, 2012 @ 07:20:44

    Hallo Linda
    Sy sal moontlik ook goed geplaas kan word by Nuwe Hoop Skool waar sy terapie kan kry. Kontak hulle by 012 460 2234. Dit is in Menlopark / Ashley gardens area. Kyk ook na Transvalia skool in East Lynn 012 800 1071. Kontak my gerus as jy meer inligting nodig het. Linda De Rooster 012 332 3300

    Reply

  73. charisma
    Feb 15, 2012 @ 16:49:30

    Goeiemiddag!
    Ek sit weereens vandag met trane in my oe en ‘n hart wat breek. My seun is nou 15, hy word Junie 16, en is al weer vir die soveelste keer in die moeilikheid by die skool. Die onderwysers bly my kontak en bly se die kind ontwrig hulle klasse,doen nie sy huiswerk nie, werk nie in die klas nie. Luister nie vir hulle nie.Bly praat in die klas.Hy is nou in gr 10. Toe hy hoerskool toe is het hy so erg gestress, dat sy hare uitgeval het. Ons het hom rustig gekry en gese dis nie so erg nie. vanaf die 2 de termyn in die hoerskool het die drama begin. Verkeerde vriende,dagga! Dit het bietjie afgekoel na ek en sy pa ons dood geskrik het. Gr 9 ook min of meer 2de termyn weer dagga! Ek het sy vriendekring gestop. Ons het reels en dissipline verskerp. ons het ons kennis opgebou met dwelms en al die ander dinge. Ons het ons eie besigheid gehad vir 10 jaar en bankrot gegaan. Vanaf 2010 het my man werk buiteland gekry en is hy weg.My seun het belowe hy gaan verbeter, en ek sien diet. ek hou ook my vinger op sy huiswerk en netheid. Nou weer die nuus vandag. Is daar iemand wat jy kan aanbeveel in die Somerset-wes, Strand omgewing waarnatoe ek my seun kan vat? Ek moet ook se by die huis toon hy mooi maniere alhoewel hy nie sommer uitgaan nie. Hy is elke naweek tuis tensy sy vriend hom skakel om te kom kuier?hy doen ook nie sy pligte tensy ek raas en baklei nie.

    Reply

    • juffer
      Feb 15, 2012 @ 17:10:07

      Goeie middag, Charisma :wink:
      Julle is beslis nie alleen in hierdie bootjie nie. Daar is ‘n kinderpsigiater in Somerset-Wes genaamd Gawie Malherbe en ‘n opvoedkundige sielkundige wat navorsing in dissiplinêre probleme gedoen het, Dr. Annelien Nieman (39 Panorama Rd, Somerset West, 082 342 2868). Jy kan ook Dr. Andrew Lewis probeer. Skakel hulle gerus en kies die persoon by wie jy aanklank vind. In baie gevalle kan ‘n mens reël dat die kinders by die skool gesien word indien vervoer ‘n probleem is. Laat weet my gerus indien jy nog telefoonnommers verlang :wink:

      Reply

  74. Linda
    Feb 15, 2012 @ 18:19:32

    Baie dankie vir die terugvoering Juffer en Linda. Ons het haar by Nuwe Hoop skool gehad en blykbaar benodig sy nog een tot een onderrig voor ons haar kan terugplaas in n klas met 15 kinders. Sy is nou op graad 3 vlak, weet jul van n onderwyser in Rietfontein omgewing wat vir haar op standaard kan kry sodat sy in n klas opset kan funksioeneer, sy kry addissioneel ook arbeidsterapie, spraak en fisio terapie. Sy is n enigste kind en sy wil vreeslik graag terug skool toe gaan vir sosialisering met ander kinders en ek glo dat sy ook vinniger sal vorder met ander kinders om haar. Vriendelike groete, Linda Campher

    Reply

    • juffer
      Feb 16, 2012 @ 18:26:01

      Dis ‘n plesier, Linda :wink:
      Ek het nie die area nie, maar wonder of organisasies soos Teach Me dalk kan help. Iemand het vroeër van ‘n arbeidsterapeut in Rietfontein gepraat – Harmanda Bekker. Gewoonlik is arbeidsterapeute, remediërende opvoeders, spraakterapeute, ens. redelik bewus van ander hulp en verwys hulle kinders na mekaar. Dalk kan Harmanda of jou dogter se terapeute aan iemand dink…Baie voorspoed :wink:

      Reply

      • Linda De Rooster
        Feb 20, 2012 @ 07:40:17

        Remediërende terapeute Pretoria Moot area: Nicolette v d Walt, 083 635 8984. Susan Dalton, Kilner Park 076 055 0024.

      • juffer
        Feb 20, 2012 @ 16:09:15

        Dankie, Linda :wink:

  75. Rika
    Feb 18, 2012 @ 18:05:14

    Goeie naand.
    Ek hoop jy kan ons help. Ek is ‘n baie bekommerde ouma. My kleinseun is nou nege en is in graad 2. Hulle het hom in graad 1 terug gehou omdat hy nie gevorder het nie. Sy ouers is 2 jaar gelede gesky, maar is op goeie voet uit mekaar. Sy pappa is weer getroud en hy bly nou by sy mamma, my dogter. Ons het hom al by verskeie terapeute en sielkundiges gehad, hulle se dat daar is niks fout met sy IK nie, behalwe dat hy ADD is en medikasie (rittilin) moet gebruik. Volgens sy juffrou gee hy geen aandag aan sy eie werk nie, is meer geintreseerd oor die kind langsaan se werk. Sy het hom nou geskuif sodat hy alleen by sy tafeltjie sit, maar dit help ok nie.

    Hy is by ‘n naskool, maar doen hy ook nie sy huiswerk nie. Wanneer mamma hom wil leer is hy opstandig. Hy kan nog nie regtig afr lees nie en terug tel van 60 af ensomeer.

    Kan ju dalk vir ons ‘n goeie naskool in Krugersdorp se naam verskaf, wat regtig aandag aan so ‘n kind kan gee. Hy is regtig ‘n probleem, maar as dit by televisie kyk kom, kan hy heeldag daar sit sonder om te beweeg en jou dan dae later stories verstgel wat hy gesien het.
    Sy mamma en ons as grootouers is baie bekommerd wat van hom gaan word.

    Sal dit waardeer as jy ons kan help.

    Ouma Rika

    Reply

    • juffer
      Feb 19, 2012 @ 18:38:34

      Middag, Tannie Rika :wink: en welkom

      ‘n Mens sou graag vir so ‘n outjie remediërende onderrig wou bekom sodat hy kan opvang met sy werk. Dit help veral in gevalle waar die outjie spesifieke leemtes soos klanke en bewerkings het. Die beste is natuurlik om hierdie hulp op ‘n individuele basis en sowat twee maal per week te ontvang. Die voordeel is dat die juffrou spesifieke aandag aan die outjie skenk en dat sy aandag nie afgetrek kan word deur maats nie. Die verhouding tussen ouer en kind word ook nie versuur nie. Die outjie is nog gelukkig jonk genoeg om te help en ek sou voorstel dat ‘n mens so gou as moontlik begin.

      Ek ken nie die area nie, maar het die volgende kontakbesonderhede van lesers gekry: Daleen, Remediërende terapeut (082 464 0021), Francilié, Sielkundige (084 240 5257) en Adri, Arbeidsterapeut (076 375 7680).
      Ek sien dat daar ‘n Juffrou Trudie remediërende onderrig by ‘n plaaslike nasorg aanbied, daar is ‘n skool met ‘n nuwe remediërende klas en dan ‘n ander skool remediërende onderrig aanbied.

      Baie voorspoed met hierdie jaar. Ek hoop die outjie kry die nodige hulp :wink:

      Reply

  76. Erna Labuscahgne
    Mar 01, 2012 @ 19:42:35

    Hi Ek is op soek na ‘n berader of terapeut in Montana area in Pretoria vir my 14 jarige dogter Dit is net asof sy oornag verander het Sy was altyd vol selfvertroue en gelukkig maar nou le sy net in haar kamer, het ‘n issue met haar lyf,hare en nog wat

    Reply

  77. chantel pretorius
    Mar 16, 2012 @ 07:32:33

    Hi daar ek het n graad 1 seun wat sukkel met woorde en klanke ek bly in alberton as enige iemand weet van iemand wat in die omgewing ekstra klasse aanbied laat weet my groot asb baie dankie

    Reply

    • juffer
      Mar 17, 2012 @ 12:04:09

      Môre, Chantel :wink:
      As ek reg gesoek het, is daar ‘n remediërende opvoeder / tutor by die Alberton Remediërende Skool. Soms is hul post só gestruktureerd dat hulle smiddae privaatwerk doen. Dit klink asof hulle eintlik net Engels is, maar dalk is daar ‘n opvoeder wat jou seun in Afrikaans kan help. Kontak gerus ook ‘n plaaslike opvoedkundige sielkundige om verwysings te vra. Remediërende opvoeders adverteer hulself nie juis nie en werk op word of mouth. ‘n Opvoedkundige sielkundige sal dus van die oulike opvoeders weet :wink:

      Reply

  78. Mari
    Mar 26, 2012 @ 14:34:07

    Hi

    Ek het raad nodig.

    My seuntjie van 5 wat amper 6 word het begin om maatjies se karretjies van die skool af huis toe te bring. Ek het laat hy dit terug vat en onverskonning vra. Maar vrydag het sy snoepie geld verloor en toe neem hy ‘n maatjie se geld. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek is ook nie te vrede hoe die juffrou dit hanteer het nie. Sy het dit aan my ma, wat hom in die middae gaan optel vertel voor hom. Ek dink nie dit was reg van haar nie. As daar ‘n probleem is met ‘n kind dink ek nie dis reg om dit voor die kind te bespreek nie. Sy het ook vir hom gese die volgende keer bel sy die polisie.

    Help asb want ek is nie baie gerus op die stadium nie.

    Reply

    • juffer
      Mar 26, 2012 @ 21:03:29

      Hallo, Mari :wink: So iets kan ontstellend wees. Praat gerus met die juffrou en vra haar dat jou seuntjie slegs met jou bespreek word.
      Ek verstaan dat jong kinders dinge optel of neem en nie die kwaad daarin sien nie. ‘n Mens moet dit egter baie versigtig hanteer as die outjie 5/6 en ouer raak, omdat hulle dan al bewus word van reg en verkeerd.
      As jy sien dat daar ‘n vreemde speelding in sy sak is, maak ‘n opmerking soos “Ek wonder waar kom dit vandaan? Ek weet dat ons dit nie in gepak het nie… Watter maatjie het dit vir jou geleen?”. Verduidelik dat dit aanvaarbaar is om iets te wil hê, maar dat ‘n mens nie mag neem nie. Die item moet dan terug gegee word met ‘n verskoning. Dit word nie altyd kwaadwillig bedoel nie… Kyk of jy stories kan opspoor wat die saak kan aanspreek en praat oor hoe dit die ander persoon raak. As dit meer as een keer gebeur kan ‘n mens die raad van ‘n kundige inroep (iemand wat spelterapie/berading vir jong kinders aanbied – soos ‘n spelterapeut of opvoedkundige sielkundige – sien hierbo) om met hom te gesels.
      Baie sterkte :wink:

      Reply

  79. Lily
    Mar 26, 2012 @ 17:51:40

    Ek het nie deur al die kommentaar gelees nie, so ek weet nie of iemand al gevra het nie, maar ek het gewonder oor die skrif (font) wat jy gebruik? Van die printables maak ‘n bietjie snaaks oop hier aan my kant as dit nie in pdf formaat is nie.

    Reply

    • juffer
      Mar 26, 2012 @ 20:43:01

      Gits, Lily :wink: Ek vermoed van die dokumente is met Teachers Pet en ander met ‘n font by die skool getik. Ek stuur vir jou die Teachers Pet sodat jy die skrif kan vervang :wink:

      Reply

  80. Szhevonne
    May 04, 2012 @ 10:57:05

    Ek is op soek na n leer of hulp sentrum vir kinder met disleksie,asb in Rustenburg dis baie belangrik.Dankie.

    Reply

    • juffer
      May 04, 2012 @ 18:14:53

      Middag, Szhevonne :wink: Laerskool Rustenburg het ‘n Kenwen-Sentrum (vir Remediërende onderrig). Dit sal wenslik wees om ‘n gekwalifiseerde ondersteunings/remediërende opvoeder te kry. Indien dit nie moontlik is nie, kan jy altyd ‘n sentrum soos Tina Cowley probeer: (014) 592-6406.

      Reply

  81. marianne janse van rensburg
    May 07, 2012 @ 13:24:06

    hoe weet jy 100% dat jou kind wel gestrem is sy is getoets maar ek gewaar geen gestemdheid by haar nie sy is tans in n gestremde skool waar kan ek hulp kry om seker te maak want ek glo sy hoort in n spesiale skool kan u asb help baie dankie Marianne 0219033258

    Reply

    • juffer
      May 07, 2012 @ 18:36:40

      Middag, Marianne :wink: Dit hang af van die tipe uitvalle – akademies, fisies, neurologies, intellektueel…Die Paarl-Skool (Brackenfell) en Jan Kriel is skole vir leerders met spesifieke onderwysbehoeftes. Beide is baie bekend en tops in hul onderskeie gebiede. Ek sou voorstel dat jy die skole kontak vir ‘n opinie. Neem alle vorige verslae saam of stuur dit aan die sielkundiges met wie jy praat, sodat ‘n ingeligte opinie gegee kan word. Ek is nie seker wat die rede vir jou dogtertjie se plasing is nie of deur watter professie sy verwys is nie (pediater, sielkundige, arbeidsterapeut…).
      As jy eers jou dogtertjie wil laat hertoets, kan jy met ‘n opvoedkundige sielkundige gesels om saam oor die stappe te besluit. Ek is nie seker watter terapeute of kundige naby jou is nie. Kontak gerus PROMED (Durbanville) by 021 9752230 of die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se skoolsielkundige (Kuilsrivier) by 021 900 7000. Ek hoop hierdie mense kan jou help :wink:

      Reply

  82. corne
    May 13, 2012 @ 14:27:23

    Goeie dag waat kan ek n skool kry vir my seun hy is disleksies ens maar was by belverder in benoni maar geen plek vir hom nie en was by muriel brand maar wag of hulle hom gaan aan vaar nie want. Hy is 16 wat moet ek nog doen om my kind tehelp
    My email cornepienaar27@yahoom.com

    Reply

    • juffer
      May 15, 2012 @ 17:52:05

      Middag, Corne :wink: Die hoërskool outjies val buite my kennisveld, maar ek sal voorstel dat jy met die plaaslike skooldistrik se skoolsielkundige of hoof kontak maak om verdere kennis in te win. (Die plaaslike skole sal hierdie kontakbesonderhede kan verskaf.) As ek dit reg verstaan is ‘n kind skoolpligting vanaf die jaar waarin hy 7 word tot en met 15 (Graad 9). Daarna kan die kind na ‘n kollege gaan vir meer beroepsgerigte opleiding. Dit is ‘n moontlikheid om te ondersoek. Andersins sou ek beslis na ‘n skool met kleiner klaskamers en meer individuele aandag loer.
      Neem alle verslae en dokumente saam na julle afsprake. Indien julle nie reg kom nie, kan ons weer probeer. Baie sterkte :wink:

      Reply

  83. Lizette
    Jun 29, 2012 @ 19:25:21

    Hi Juffer

    Ek is op soek na n arbeidterapeut vir my dogtertjie in die randburg area. Is 2 half maande te vroeg gebore. en sy het n sensorie probleem. Kan jy my asb help.

    Reply

    • juffer
      Jul 03, 2012 @ 15:46:51

      Middag, Lizette :wink: Jy kan gerus Helena Heyns (082 331 9317) of vir Tracey Boswell (011 782 2254) skakel. Indien hulle jou nie kan help nie, behoort hulle jou na iemand te kan verwys :wink:

      Reply

  84. Rachie Steenberg
    Jul 18, 2012 @ 22:23:12

    Dagse Juffer
    Wat ‘n wonderlike diens wat jul gee! Ek het so vinnig deur die briewe geloer en gesien daar was heelwat navrae rondom Rustenburg area. Ek is ‘n opvoedkundige sielkundige in Rustenburg – Rachie Steenberg. Jy kan gerus verwys indien jy navrae oor Rustenburg, Koster, Swartruggens, Lichtenburg kry.. My kontaknr: 082 322 9820.
    Dankie :)

    Reply

    • juffer
      Jul 19, 2012 @ 16:18:28

      Dankie, Rachie :wink:

      Reply

      • Anien
        Aug 16, 2012 @ 10:01:53

        Hi

        Ek is opsoek na ‘n spraakterapeut in Alberton. My seuntjie sukkel met sy R/V/S/L…..as iemand dalk weet van ‘n spraakterapeut asseblief

      • juffer
        Aug 16, 2012 @ 19:00:41

        Middag, Anien :wink:
        Ek het gou op die internet geloer – aangesien ek nie die area ken nie. Daar is ‘n remediërende skool in Alberton. Sulke skole is gewoonlik baie bewus en in noue kontak met allerlei terapeute. Dit is moontlik dat hulle vir jou net die regte persoon kan aanbeveel. Laerskool Generaal Alberts meld ook die dienste van spraakterapeute. :wink:

  85. Linda
    Aug 23, 2012 @ 08:00:03

    Goeiedag ,Ek wonder of iemand my kan help? Ek soek iemand wat intensief met my gr 1 kleinkind kan werk,hy benodig aandag in lees en spel.Ek sukkel verskriklik met hom ,hy spel ‘n woord maar se ‘n totale ander woord.hy is ook baie aandagafleibaar,en ek verkies om nie medikasie vir hom te gee nie.Weet u dalk van iemand in die Benoni Area wat baie geduld het?Dalk kan sy hom help met huiswerk in die middae ook?

    Reply

    • juffer
      Aug 23, 2012 @ 17:14:11

      Middag, Linda :wink: Ek sou voorstel dat julle ‘n remediërende terapeut/opvoeder of ‘n tutor kry om individueel met die outjie te werk – in plaas van ‘n sentrum waar die outjies in groepe klas by woon. Ek sukkel om ‘n naam op die internet te kry en stel voor dat julle met opvoedkundige sielkundiges probeer kontak maak vir ‘n verwysing. Hulle is dikwels bewus van oulike opvoeders of mense om te kontak. Dalk kan een van die lesers ook help :wink:

      Reply

      • Sharon Du Plessis
        Nov 19, 2012 @ 08:59:23

        Juffer.
        Ek kan dalk vir Linda n remidieerende skool aanbeveel hier naby Benoni- OLYMPIA PARK SKOOL, SPRINGS. Telnr-011 811 3895. Hul leerlinge in hul klasse is minimum, en die onderwysers hier stel werklik belang in die leerlinge. Al die leerlinge se moeite word erken, en my kinders vaar fantasties in daardie skool. Die skool verkies om nie die kinders te oorlaai met huiswerk nie, daarom kry hulle kans om hul huiswerk by die skool te voltooi- en sodoende is jou nagmerrie op n einde. Met prysuitdeling sal jy beslis trots wees op jou kind, want die prinsipaal is n ‘vaderlike’ prinsipaal, en dra die kinders se belange op die hart. Thumbs-up vir daardie skool!

      • juffer
        Nov 19, 2012 @ 18:58:51

        Baie dankie, Sharon :wink: Dit sal beslis ander ouers kan help.

  86. Stephen
    Sep 12, 2012 @ 13:58:39

    Ons het tweeling dogters wat een add en die ander adhd het. Hulle sukkel met leer in inneem van inligting veral in die hoofstroom skool met 30 kinders plus. Is ook baie aktief en fokus moeilik. Hulle is tans in Graad 4 in Centurion. Ons verhuis Kaap toe en gaan heel waarskynlik in Somerset Wes omgewing woon. Is daar Remidieerende skole in die omgewing of watter ander raad het jy?

    Reply

  87. renee
    Oct 06, 2012 @ 22:58:17

    Goeie dag, kan julle my dalk verwys na ‘n kinder sielkundige. Ek wil my kind 2 keer van skole verander voor graad 00. ek wil graag ‘n kundige se opinie he van die impak wat dit op die kind sal he. Ek soek iemand in Pretoria asb. Dankie. Renee

    Reply

    • juffer
      Oct 07, 2012 @ 16:42:14

      Hallo, Renee :wink: Probeer gerus Linda De Rooster (082 883 7410 / 012 331 3942) of Teresa vd Berg. Indien hulle nie na aan jou woonbuurt is nie, kan jy altyd vir ‘n praktyk nader aan jou huis vra :wink:

      Reply

  88. Sharon Du Plessis
    Nov 19, 2012 @ 08:47:33

    My tweeling dogters, nou 14 jaar oud, is albei gediagnoseer met ADD. Hulle is tans in Olympia Park skool, te Springs. Ons gaan binnekort verhuis na Welkom, en ek wil graag weet of jy my na n beroepskool (spesiale-skool) kan verwys in Welkom, asb? Hulle is uiters gelukkig in hul skool, floreer, en oorskrei my verwagtinge- die een het selfs top-tien in haar standerd behaal. Daarom het ek nodig om hulle in dieselfde tipe skool in te skryf, begin volgende jaar. Hul geluk in n skool is baie belangrik vir hulle en ons. Het jopu hulp dringend nodig, want my man kan nie diens aanvaar in n dorp wat nie n goeie beroepskool het nie! Help, asb?

    Reply

    • juffer
      Nov 19, 2012 @ 19:22:49

      Middag, Sharon :wink: Ek het my voelers uit gesteek, maar sukkel tans om name te kry. Dalk kan jy solank plaaslike skole kontak om moontlike verwysings te kry. Hulle mag dalk vir jou goeie verwysings kan bied. Probeer Volkskool (Laerskool) en Goudveld (Hoërskool). Indien die sekretaresse nie seker is nie, kan jy vra om met die leerondersteuningsopvoeders te gesels :wink: Baie sterkte

      Reply

  89. Annali
    Jan 11, 2013 @ 10:10:24

    Goeiemore,

    ‘n Vriendin van my se seuntjie is dileksies. Watter oefeninge kan sy met hom doen om sy lees te verbeter?
    Baie dankie

    Reply

    • Juffer
      Jan 11, 2013 @ 16:16:22

      Middag, Annali :wink:
      Ek is nie seker waar die uitvalle lê of hoe oud hy is nie. Die beste is om ‘n bietjie van alles aan te spreek. Jy kan soekterme soos “VMI, ogies, ouditief, perseptueel, verwarring, posisie, visueel, links en regs, klanke, abc, sigwoorde, lees, skrif en skryf” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik om spesifieke idees te kry. Dit behoort vir jou vriendin ‘n goeie wegspringplek te wees. :wink:

      Reply

  90. Lizl Thom
    Jan 28, 2013 @ 21:10:08

    Hi Waarheen vir hoorskool-my dogter is 13jr oud!
    Tans in Parow Noord laer in Elsen eenheid maar die jaar in gewone klas ingedeel(ge-intregeerde) onderwys! Sy het Aspergers-gelukkig hoogs funksioonerend wil graag raad he! Lizl 0835373051!

    Reply

    • Juffer
      Jan 29, 2013 @ 14:13:00

      Middag, Lizl :wink:
      ‘n Mens moet maar so vroeg as moontlik vir ‘n plekkie in ‘n hoërskool aansoek doen. Ek is nie vertroud met die werkswyse van hoërskole nie, maar sou voorstel dat jy skole kontak wat in Outisme/Aspergersindroom spesialiseer. Hulle sal vermoedelik bewus wees van die ideale skole in jou area. Kyk gerus na hierdie lysie skole en kontak hulle vir leiding.

      Reply

  91. Karen Grove
    Feb 01, 2013 @ 10:32:29

    Goeidag Juffer,

    Ons het ‘n kleuterskool in Pretoria-Oos begin wat vir kinders met spesiale leerbehoeftes voorsiening maak. Alle terapie-spraak, arbeids, spel en kinderkinetika is deel van ons program. Ons vat kinders van die ouderdom van 2jaar tot graad R. Klein klassies en individuele leerprogramme. Besoek ons webtuiste vir meer inligting:www.situla.co.za. Kontak ons gerus by info@situla.co.za of Karen by 082 561 9686.

    Reply

    • Juffer
      Feb 01, 2013 @ 13:59:04

      Baie dankie, Karen :wink: Dit sal beslis handig te pas kom.

      Reply

  92. MArietjie WArrington
    Feb 04, 2013 @ 18:41:44

    Hello – Ek is dringend op soek na ‘n wiskunde onderwyser/es in die Linden/Northcliff omgewing vir ‘n leerling in graad 5. Bel my gerus op 011 888 1196 of stuur vir my n epos by maria.taalklas@gmail.com.

    Reply

  93. elize
    Mar 19, 2013 @ 10:25:05

    Goeie dag. Ek vermoed my dogtertjie het n vorm van ourisme. Die probleem is dat ons in burgersfort limpopo bly. Sy sien die pediatriese neuroloog op die 10 mei 2013. My vraag is of daar enige skole in dierdie omgewing is wat spesialiseer met hierdie kinders. N hoofstroom skool gaan nie die mas opkom nie.

    Reply

    • Juffer
      Mar 19, 2013 @ 16:48:33

      Middag, Elize :wink:
      Daar is die UNICA skool in Pretoria wat kinders sover as Limpopo akkomodeer. Autism SA het die besonderhede van enkele skole en kan dalk vir jou nog besonderhede van plaaslike instansies verskaf. Loer gerus hier aan die regterkant na die skakels wat onder ASPERGERSINDROOM en OUTISME gelys is vir verdere inligting. :wink:

      Reply

  94. Laetitia Ludwick
    Mar 20, 2013 @ 06:46:58

    Goeie dag Elize,

    Naleta Visser woon tans in Pretoria maar kom oorspronklik van die Kaap af waar sy nou betrokke was met die stigting van SNAP (Special Needs Adopted Program) wat spesialiseer in Outisme. Naleta kan gekontak word by tel 012 658 5448/084 517 2964 vir evaluering, die saamstel van ‘n tuisprogram vir die outistiese kindjie asook besonderhede oor tutors/hulp wat in ander streke beskikbaar is.

    Sterkte.

    Laetitia Ludwick

    Reply

    • Juffer
      Mar 20, 2013 @ 18:04:55

      Dankie, Laetitia :wink:

      Reply

  95. Marietjie
    Apr 04, 2013 @ 10:06:11

    Goeiedag
    Ek is op soek na ‘n baie goeie spraakterapeut in Durbanville, Kaapstad. Iemand wat regtig moeite doen, en met die ouers en onderwyser kommunikeer. My seun ( 8 jr) was in 3 jaar al by verskeie terapeute, maar die enigste een wat regtig moeite gedoen het, is nou voltyds ma, en praktiseer nie meer nie. Ek sal regtig hulp of goeie verwysings waardeer. My seun spreek sekere woorde verkeerd uit (skryf dit dan ook verkeerd, wat sy taal punte beinvloed) en sukkel om die “r” klank te sê.

    Groete Marietjie

    Reply

    • Juffer
      Apr 04, 2013 @ 18:06:12

      Middag, Marietjie :wink:

      Ek weet van Rika Janse van Rensburg (021 975 3696) en dan ook die PROMEDsentrum (021 975 2230). Indien hulle nie kan help nie, is ek seker dat hulle vir jou verwysings gee. Loer ook na hierdie artikel.

      Ek hoop dit kan help. :wink:

      Reply

      • Marietjie Boshoff
        Apr 05, 2013 @ 17:33:33

        Baie dankie!!!

        Sent from my iPhone

      • Juffer
        Apr 05, 2013 @ 19:18:45

        Dis ‘n plesier :wink:

  96. MoedeloseMamma
    May 12, 2013 @ 19:24:00

    Goeienaand. Weet nie wat die korrekte “terme” is nie – maar is opsoek na iemand wat ‘n tuisskool “groepie” het in die Bronkhorstspruit area, soos in: iemand wat teen vergoeding ‘n klein groepie kinders home schooling gee?

    Reply

Laat 'n boodskap

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 1,299 other followers

%d bloggers like this: