veelvoude

2 Kommentaar


veelvoude

Veelvoude is die begin van maaltafels of vermenigvuldiging en dui op herhaalde optelling (herhaling van ‘n getal tydens optelling, bv. 2 + 2 + 2).  Hiermee dan ‘n paar drukbare takies soos elders gekry.

  1. Tel in 2’s
  2. Tel in 2’s (dot-to-dot)
  3. Tel in 2’s (doolhof)
  4. Tel in 2’s (wurm)
  5. Tel in 2’s (voltooi patroon met Engelse getalname)
  6. Tel in 3’e
  7. Tel in 3’e (dot-to-dot)
  8. Tel in 4’e
  9. Tel in 5’e
  10. Tel in 5’e (getallyn)
  11. Tel in 6’e
  12. Tel in 10’e
  13. Tel in 10’e 2
  14. Verskeie veelvouddoolhowe
  15. Verskeie veelvoude (druk en hou)
  16. Verskeie (maak jou eie blaaie)
Kyk ook na maaltafels en die drukbare bladsye vir nog hulp.

Besig bly wiskunde

Lewer kommentaar


Besigbly werkvelle vir die vakansie…

Flink dink 0 – 20

Flink dink Graad 2 en 3 aftrekking

Graad 2

Graad 2 of 3

Graad 3

Flink dink Graad 3 of 4 vermenigvuldiging

Graad 4 Hersiening

Graad 5

Tel aan en terug in veelvoude

Kyk ook onder die blogroll vir skakels na wiskunde take / webwerwe toe.

Wiskundige aspekte vir Graad 2

18 Kommentaar


teachrule

 

Die ontwikkeling van wiskundige aspekte in Graad 2

Graad 2

TEL MET BEGRIP

· Aftel in 10e tot 100 (begin met knopies, dan prentjies…)

· Tel in ene tot 104

· Aantel vanaf enige getal (oor dekades)

· Terugtel (ook oor dekades…oor 10, 20, 30…bv. 33, 32, 31, 30, 29)

· Tel in spronge (2e, 3e, 4e, 5e, 10e)

·

WERK MET GETALPATRONE

· Ontdek getalpatrone

1, 2, 3, 4, 5

10, 20, 30, 40, 50

· + en – van 10 (konkreet)

· Ontdek getalpatrone

1 + 2 = 3 10 + 20 = 30

· Verdubbeling van tientalle

1 + 1 = 2 10 + 10 = 20

· Halvering van tientalle

· Tel onewe getal by ‘n onewe getal

· Tel ‘n ewe getal by ‘n onewe getal

· Patrone t.o.v. veelvoude as voorloper vir x en ÷ (herhaalde + en -)

LEER KEN DIE GETAL

· Soos Graad 1

· Kenmerke van die getal

· Tiendelige ontbinding: 13 = 10 + 3

· Ander ontbindings: 13 = 9 + 4

· Getal 10

· Getalle 11 – 20

· Tientalle 10 – 100

· Getalname tot 20, getalsimbole tot minstens 104)

POSISIE VAN DIE GETAL

· Ordening en vergelyking

· Herrangskik ongeordende getalle (van klein na groot, groot na klein)

· Brei getallelyn uit

DIE VIER HOOFBEWERKINGS

· +

· Sonder oordrag (sonder om ‘n tweesyfer of driesyfer antwoord te kry…2 + 7 + 9)

· Ronde getalle (10 + 20)

· Tweesyfer met eensyfer (28 + 1)

· Tweesyfer met tweesyfer (24 + 23)

· Verdubbelings / naby-verdubbelings

14 + 15 = (12 + 12) + 3 = 24 + 3

· -

· Sonder ontbinding

· Eensyfer van tweesyfer

· Tweesyfer van tweesyfer

· Halvering / naby-halverings

28 – 17 = (28- 14) – 3 = 14 – 3

· X

· Sonder oordrag

· Eensyfer met eensyfer (tafels)

· Tweesyfer met eensyfer

· ÷

GETALFEITE

· + en – tot 19

· x en ÷

· Voorbereidende werk (5x, 4x, 3x)

· Versnelde aantelling (het 6…8, 10, 12, 14…)

· Herhaalde optelling (4 + 4 + 4 = 12)

· Invoer van x en ÷ simbole (begin gebruik)

· Verdubbeling en halvering

· Mondelinge tafelfeite (2x, 10x) (÷2, ÷10)

Tel in veelvoude Interaktiewe telwerk (tel in veelvoude en vorm ‘n prentjie)

Maaltafels

7 Kommentaar


Die internet is vol webwerwe (Engelses) waar kinders hul maaltafels kan oefen.  Van die maniere waarvolgens dit oorgedra word, is ‘n storie assosiasie, ”n Grafiek, outomatiese flitskaarte, die drukbare vorm en prentjies.

‘n Vroeë stadium van maaltafels is om in veelvoude te tel.  Dít word ingelei deur normaalweg in ene te tel en om die spesifieke veelvoude harder te sê terwyl die tellers aangeskuif word:

1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8

Skuif die krale een-een, maar as jy die getal hardop sê vat jy die laaste twee krale saam om te wys dat jy begin om in groepe te tel.  Hoe meer dit gebeur, hoe makliker begin die kind die voorbeeld volg.

Gebruik ‘n honderdblok – dit lyk soos ‘n slangetjies en leertjiesbord sonder al die prente en kleure.  Vra dan die kind om elke tweede blokke in te kleur binne ‘n bepaalde getalgebied (bv. 1 tot 20).  Is daar ‘n patroon.  Ja, al die getalle eindig op ‘n 2, 4, 6, 8 of 0.  As ek hierdie getalle tussen my en ‘n maat uit deel, kry ons ewe veel lekkers! Tel (lees) die getalle ritmies terwyl julle aksies doen soos hande klap, knieë tik, ens.  Belewing help baie…

Tel weer soos bo (op dieselfde ritme) terwyl jy tellers twee-twee van een posisie of houer na ‘n ander skuif.  Dis goed as ouer en kind elkeen sy eie honderdblok en tellers het, sodat julle albei aktief besig is.

‘n Getallyn is ‘n ander manier om die skuif of aantellery aan te dui.  Gebruik ‘n knoop of Monopoly-skuifstuk en hop na die getalle soos julle tel (Ma se maatband werk baie goed hier).

Nou ‘n stappie verder:

2 x 3 = …

2 maal 3 beteken 2 keer 3…of 2 groepies van drie

Pak nou krale in 2 groepe van 3.  Tel: 1, 2, 3 en 4, 5, 6

Herhaal die proses en vat dan saam.  “3 en 3 maak 6″

2 keer 3 gee vir ons (maak ‘n gebaar van samevatting of groepering bo-oor die krale)…6 krale.

2 x 3 is dus 6

Op die honderdkaart wat reeds die veelvoude wys, druk ons op die eerste “3” en dan op die volgende “3”.  Waarop druk jy? 6!

Ek het gevind dat ‘n verskeidenheid honderblokke – elk ingekleur volgens ‘n afsonderlike veelvoud (2, 3, 5, 10…selfs 4, 6, 7) ‘n goeie visuele hulpmiddel is en ‘n goeie verwysingsbron is – teen die muur.

Oefen ook eers die patroon van:

2×1=2

2×2=4

2×3=6

en wys die kind daarop die antwoorde telkens “2 meer” is.  Hou maar eers by ‘n spesifieke veelvoud per lessie en moenie die tafels sommer net meng nie.  ‘n Mens moet darem die bult eers in ‘n laer rat op kruie voordat jy die langpad teen ‘n hoër rat aandurf!

Het iemand nog idees?

Tik ook veelvoud by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 2 144 other followers

%d bloggers like this: