Beskerm: ou nou – vra vir wagwoord
Augustus 22, 2009
afrikaans, huiswerk, lees, ouers ei, eu, klanke, lees, oë, ou, spel, sukkel, tweeklanke, ui Gee jou wagwoord om kommentaar te lees.
Idees om spelwoorde vas te lê
November 3, 2008
afrikaans, mamma, onderwys, ouers, pappa, school, skool klanke, klanke toets, leer spel, spelling, speltoets, Spelwoorde Lewer kommentaar
Ek het vroeër vanjaar op hierdie juweeltjie afgekom. Hopelik kan dit ‘n juffrou of ouers help. Dit behoort goed te werk met die aandagafleibare outjies.
- Caribbean Spelling – hands on hips, and swivel on each letter. On the word, say, “Woo!”
- Sing opera style
- Box It / Kickbox It - Correspond right/left arm/leg with vowels or consonants
- Frisbee _ throw each letter as you would a frisbee
- Yo-yo – bend your arms at the elbow and alternate your hands up and down as you say each letter.
- Voices _ change your voice for each repetition: loud, soft, whisper, squeak, growl, baby-talk, etc.
- Groups _ different groups cheer after each other (boys, then girls, then whole class)
- Blast Off – start crouched at floor as you say each letter get a little higher, when jump into the air as you say the whole word I also use frog-jumps. They are similar to Blast-off. We start standing up. As we say each letter, we crouch down a little farther. Then, as we say the word, we “jump”.
- Hand Jive – just like on the playground, pair up and clap hands for consonants and lap clap for vowels
- Back Tracer - sit in circle and trace the letters as you spell on a partners back
- Mouse -squeaky voice with hands curled up by face
- Robot -in robotic voice with arms moving back and forth (“Danger! Danger! Will Robinson” style)
- Fly it like a bird -arms flapping up and down
- Chicken - arms folded up to make wings and head moving forward
- Nose - hold your nose and spell it
- Cheer It (Give me an “h” , etc.) Like a cheerleader.
- Pat – pat our heads for tall letters, tummies for short letters and knees for ones that go below the line
- Beat it on our Desks
- Snap and Clap — We snap for the vowels and clap for the consonants.
- Raise the Roof – We just push up toward the ceiling, one push for each letter.
- Ketchup – Shake our hand like we’re trying to get ketchup out of a bottle.
- Disco (Hand up for consonants, hand down for vowels) Pretend to be John Travolta.
- Throw the Stars – Throw one hand at a time toward the ceiling for each letter.
- Be the Letter (Body Language) — For “s” we slither down to the floor while saying “e-e-e-s-s-”.
- Mexican Hat Dance (alternate feet in front)
- Flapping and Nodding – Pretend you’re a bird and flap your wings and nod your head for each letter.
- Stomping – Just stomp your feet for each letter.
- Army _ march letters and salute on the word
- Clapping Syllables — Just clap for each syllable
- Explosion (Volcano) (whisper, normal, loud) They love to do this. Pretty self-explanatory.
- Marshmallow Clap – Almost clap but stop before your hand touch. Say each letter.
- Hula – hands on hips, swivel, hands in air to say word
- Jumping Jacks — One letter for each movement. (sterspronge)
- Toe Touches – touch your toes for each letter.
- BATTER UP – We get into the batting position and swing on each letter as we say it
- SLOW We hold the sound of the letter or a few seconds like sit…s……………i…………………t……………
- Motorcycle - We just hang on to “handle bars” and pretend that we are doing wheelies..!
- Dribble and Shoot — Dribble the letters and shoot the word.
- Cowboy – straddle chair and lasso
- Push-ups – or stomach crunches, bicep curls, etc.
- Blowing Kisses – kiss for each letter and 2 hands kiss (extend both arms out and up) for the word
- Pass the Ball – sit in circle and pass the ball. Last person says word and chooses the next word.”
ABC – uitspraak van klanke
Oktober 26, 2008
afrikaans, lees, mamma, onderwys, ouers, pappa, skool klank, klanke, uitspraak 4 Kommentaar
Die uitspraak van klanke gaan gewoonlik gepaard met ‘n assosiasie – a vir appel – en verskil van skool tot skool en van juffrou tot juffrou. Party skole gebruik Klanke Kalante – ‘n reeks wat prentjies op of om die klanke teken. Ander juffrouens gebruik geen spesifieke assosiasie nie. Hoe dit ookal sy – klanke en hul uitspraak is baie belangrik. Elke letter van die alfabet het ‘n naam en ‘n klank. Die naam vir “a” is A (“aa”). Die klank is die eerste klank en is die eerste geluid wat die stem maak wanneer die woord “appel” geuiter word (“a”). (Dink byvoorbeeld aan k-a-t = kat teenoor K-A-T. Ook: k-a-t = kat in plaas van kih-aah-tih.)
Wanneer jy die klanke sê moet jy dit baie saggies doen om die “uh” of “i” aan die einde te vermy. Die klank vir “k” is baie kort – net soos dit klink aan die einde van “rok”. Probeer om te vermy dat die klank na “ki” of “kuh” klink. Om die “i” of “uh” te vermy:
1. Sê die klank baie sag.
2. Stop byna onmiddellik nadat jy die klank begin uiter het.
Dit is baie belangrik dat jy die klanke reg sê – min of meer só:
a soos die begin van appel
b soos in rob
c word in Engels uit gespreek C
d soos in dak
e soos in ek
f soos in fiets
g soos in gom
h soos in hoed
i soos in is
j soos in jas
k soos in kat
l soos in lepel
m soos in muis
n soos in hen
o soos in ot
p soos in pot
q soos die naam Q
r soos in roos
s soos in son
t soos in tand
u soos in rug
vsoos in vis
w soos in water
x soos die naam X
y soos in ys
z soos in zet
ABC’s – skryf
Oktober 24, 2008
afrikaans, kind, kinders, mamma, onderwys, ouers, pappa, skool, skrif abc, Graad 1-skrif, klanke, letterformasies, skrif, skryf, vorm letter 40 Kommentaar
Die voorlopers vir formele skrif is gewoonlik in verskeie dele verdeel. (Dit sluit skribbel in.) Om ‘n kind gereed te maak vir skrif, word verskeie handspieroefeninge gedoen. Ure en ure word spandeer aan patrone en die kind maak later patrone in elke prentjie wat geteken word. Dit is alles belangrik om te “oefen” vir die “groot” skryfproses.
Dinge om te onthou:
- begin gewoonlik met ‘n groot, dik kryt of verfkwas en ‘n groot vel papier (koerantpapier werk goed)
- dik vetkryte en dik veselpenne (koki’s) kan volg
- driehoekige potlode en vetkryte volg – daarom gebruik baie Graad 1-klasse uitdraaikryte (MonAmi)
- potlode volg eers baie later
- gebruik aanvanklik net klein letters
- hoofletters kan vir name gebruik word
Vorming van letters en patrone:
a, d, g, c, o, q, s begin by ‘n denkbeeldige “twee uur” op die horlosie en die hand beweeg anti-kloksgewys om die letter te vorm. Moenie die hand lig voordat die hele letter voltooi is nie. Maak ‘n groen kolletjie waar die letter begin en ‘n rooie waar die skryfaksie (karretjie se roete) moet stop. Die brandertjie patroon (soos ‘n “c” in lopende skrif) word gewoonlik hier gebruik.
v, w en k se patroon is die wolftand patroon (zig-zag).
h, p, b, m, n, r se patroon is die hasie hop (lyk soos ‘n klomp n’e teen mekaar).
u, y, g se patroon is die Tarzan patroon (lyk soos ‘n klomp u-klanke teen mekaar).
a = om die piering, op en af(ek gebruik ‘n ou CD teen die bord)
b begin bo, b – vir bal: Los die bal…die bal bons, rol en lê.
d begin in die draai, d – vir draai: om die piering, op en óp en af
e = Die motor ry reguit en stop by die stopstraat. Moenie jou hand lig nie, want ‘n motor kan nie vlieg nie. Draai dan links om die piering en stop.
f = Staan op ‘n duikplank en duik met ‘n boog tot onder in die swembad. ‘n Voëltjie vlieg van links na regs verby.
g = Om die piering, op en af…en swaai die stert.
h = Los die bal. Die bal hop en gaan lê.
i = Die man staan regop soos ‘n reguit liniaal en sit ‘n hoed op sy kop – ‘n dotjie – nie ‘n donga nie!
j = Lyk soos i, maar glip verby en krul sy stert.
k = In die Kaap: Twee droë stokkies word opgetel. Die een lê ons reguit neer en die ander een knak ons met ‘n “k”-geluid sodat dit soos ‘n “v” lyk. Sit nou die hoekie teen die langbeen. Reguit af… lig die hand…skuins af, skuins af en op.
l = reguit en lank soos ‘n liniaal
m en n = Die haas hop met ‘n boog (af, hop, hop en af, hop)
o = om en om die piering
p = aaaaf, ôôôp en om
r = af, hop en hang
s = begin by twee uur – sê “ssss” terwyl dit gemaak word – soos ‘n slang
t = ‘n sambreel se steel kan geteken word – af, krul en ‘n voëltjie vlieg verby
u = af, om, op en af
v + w = skuins af, skuins op en stop / skuins af, skuins op, skuins af, skuins op en stop
y (Die Kaap gebruik die geronde een – ‘n kruising tussen “u” en “g”.) = af, om, op en af en krul die stert
Onthou om na die “Drukbare” bladsy te gaan vir drukbare bladsye.
Juffrou se kiekies
Oktober 21, 2008
afrikaans, lees, mamma, onderwys, ouers, pappa, skool begripslees, Graad 1, klanke, klas, lees, taktiel, woordbou 6 Kommentaar
- Greep
- Bly stil :o)
- Slootjiekaartjies
- Strooi sand oor “s”: S vir sand
- Beginnertjie
- Bou woorde
- woord en prent bingo
- bingo
- Bingo ekstra
Die beskrywings is sigbaar as daar op die foto’s gedruk word.
Jong lesers en nuwe boekies
Oktober 1, 2008
afrikaans, lees, mamma, onderwys, ouers, pappa, skool, storie aktiwiteit, begin lees, blaai, Graad 1, klank, klanke, lees, nuwe boek, soeklees, woord, woorde 2 Kommentaar
Ek het gevind dat daar heelwat leerders is wat sukkel om woorde te klank en dan weer as ‘n woord te lees. Hulle kan die woord klank, maar haak vas by k-a-t. ‘n Idee wat nogal vrugte afwerp, is om die woord uit te rek – soos ‘n stadige “replay” aksie op televisie. Byvoorbeeld: k…a…t. Die woord word dan weer en weer gesê – elke keer ‘n bietjie vinniger. As die woord op hierdie manier herhaal word, kry die kind die geleentheid om die woord te hoor en om dit in sy / haar gedagtes saam te voeg. SCRABBLE (Junior Scrabble) teëls of los klank kaartjieskan gebruik word om die woorde te pak. Pak die klanke apart en skuif hulle nader terwyl die woord op die “uit rek manier” gelees word. Dit klink vreemd, maar die kinders sal dit geniet.
As u kind ‘n nuwe boek huis toe bring:
- Blaai saam met u kind deur die boek. Wat sien julle alles?
- Vra hom / haar oor die storie. Wat kan jy onthou van die storie wat jy in die klas gehoor het?
- Lees die storie saam met u kind en praat oor interessante of nuwe woorde. Bv. klein het ‘n “ei” in. Watter ander woorde het so ‘n klankie in?
- Speel “soek die woord”. Noem ‘n woord uit die boek en vra u kind om die woord te soek. Hoeveel keer verskyn die woord in die boek?
- Skryf julle eie stories deur woorde uit die boek en ander bekende boeke te gebruik.
- Maak woordmure deur nuwe woorde teen die muur aan te bring – voeg prentjies by indien moontlik. Hou die woorde sigbaar en oefen dit sommer terloops.




























Mooi woorde