Skakels na skole
Adverteer jou skool gratis…gee die skakel en ek plaas dit hier…
6. Werda Skool, Durban
7. El Zera Privaatskool vir Hulpleer, Randburg (Skoolhoof: Me. Grobbelaar: 083 258 4231)
9. Primêre / Laerskool Somerset-Wes
11. ISASA-geregistreerde skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes.
12. CVO Skool Bethlehem (Privaat)
13. Rietvlei Akademie, Pretoria (Privaat)
14. Sungardens se lysie skole (Pretoria)















Sep 19, 2010 @ 13:17:06
My dogetertjie is gedaignoseer met ADD. Sy is tans in GR0. Na toetse het dr. en arbeidsterapeut het gese dat sy eerderin n remedieerende skool moet wees volgende jaar. Kan jule asb vir my n paar skole na toe verwys in Pretoria. Ons is tans woonagtig ine Montana Pretoria.
Baie Dankie
Peggy
Sep 20, 2010 @ 16:56:36
Middag, André en Peggy
Julle kan gerus kontak maak met Linda De Rooster (082 883 7410 / 012 331 3942) ‘n opvoedkundige sielkundige in Pretoria. Ek is nie van die area nie en wil nie vir julle die verkeerde name deurgee nie.
Ek het ‘n boodskap van Ronel gekry:
LiewenHeersie Akademie is ‘n Remedierende Leersentrum vir leerders met ADD, ADHD en Leeruitvalle. Ons is in die Ooste van Pretoria gelee in Atterbruyweg op ‘n groot hoewe.
Kyk op Facebook, ons het ‘n PAGE: Liewenheersie
Groete
Ronel Wiese
082 805 1091
ronel@wirelessza.co.za”
Ek hoop julle word gou gehelp…
Oct 12, 2010 @ 21:48:45
My seuntjie is ADHD deur Dr Lippert en Dr Erasmus gediagnoseer. Dr Erasmus in Moot hospitaal is ‘n expert op die gebied en julle kan hom dalk gerus kontak.
Ek is na Curro Roodeplaat verwys waar die maksimum leerlinge in die klas 20 mag wees. My seuntjie word opgetel by Pick ‘n Pay Retail Park in Zambezi met die bus en weer daar afgelaai. Hy is by juffrou Delanie du Toit in Gr 1. Hy doen goed en het nog nie een dag gehuil om nie skool toe te gaan nie. Dit was feitlik elke dag ‘n tranedal om kleuterskool toe te gaan.
Hy ontvang arbeidsterapie en spraakterapie in skooltyd.
Ondersoek die skool as ‘n moontlikeid. Vir ons werk dit!
Hulle web-verwysing is op die blog.
Elmari Kemp
Oct 13, 2010 @ 05:22:10
Ai, dis lekker! Ek is regtig bly dat die outjie gelukkig is by sy skool. Wat kan ‘n mens meer vra as ‘n gelukkige gesiggie
Dit laat ‘n ouer mos met ‘n geruste hart werk toe gaan. Dit is vir my ook ‘n positiewe punt dat die kleingoed in die oggend vir terapie gaan, want dan is hulle nog “vol energie”. ‘n Stywe druk vir die oulike grootman!
Sep 22, 2011 @ 11:48:03
Hi, ek is ook van Montana Pretoria, my dogtertjie het ook konsentrasie probleme en ‘n sielkundige het haar kom sien en sy is in ‘n normale hoofstroom skool Wonderboom Suid Laerskool in 12de laan. Sy is nou wel in ‘n LSEN klassie. Dink gerus om haar daarheen te vat, sy vaar regtig goed en is ook ADHD
Sep 23, 2011 @ 17:24:13
Baie dankie, Chantal
Oct 05, 2010 @ 17:03:41
Laerskool Tygerpoort in Lynwoodweg bied Remedierende onderrig aan leerders.
Oct 05, 2010 @ 18:07:04
Baie dankie, Elsa
Ek is seker iemand sal die inligting kan gebruik.
Nov 08, 2010 @ 08:09:57
Ons het dringend raad nodig. My seun is 12 jaar oud en huidiglik in Graad 6. Hy het n geringe mate van disleksie. Omrede hy sukkel by die Laerskool waarin hy tans is het ons dit oorweeg om in n Privaatskool te plaas met die ACE kirrikilum. Ongelukkig glo die Hoof van die skool dat hy nie met die selfstudie sal aanpas nie. Die aanbeveling is tuisonderrig. Indien iemand asb van n skool of n registreerde persoon weet wat tuisonderrig aanbied in Randfontein, laat my asb weet. Baie dankie.
Nov 08, 2010 @ 17:12:25
Welkom, Retha
Ek gaan op my FACEBOOK-bladsy ook vra vir name van geregistreerde tuisonderrig-groepe of -opvoeders. Kom ons hou duimvas dat ons mense kry.
Daar bestaan ook ‘n groep of ‘n briewelys waarby jy kan aansluit. Hulle bespreek daagliks kwessies en ruil idees uit. ‘n Mens moet ‘n yahoo-rekening hê of skep om aan te sluit, maar kan die kennisgewings na enige ander e-pos adres toe stuur.
(Terloops, ek sou iets soos ‘n tutor vir smiddae kon aanbeveel het – indien julle wel by ‘n skool met kleiner klassies wou in geskakel het. Dalk kan die tuisonderrig mense vir jou raad gee.) Kom ons gee ‘n dag of twee kans en kyk wat ons kan uitrig
Nov 10, 2010 @ 18:48:19
Hello, Retha
Sover het ek die volgende name by Stella gekry:
“Ram laerskool in Randgate behoort te voldoen,hul het ook ‘n voorskooltjie.Ramkriekies .Asook Betsie Verwoerd in Randfontein.Laerskool Kocksoord,net buite Randfontein”
Dan het Catherine Grobbelaar (die hoof van El Zera Privaatskool vir Hulpleer te Randburg) ook gister geantwoord. Kyk gerus na die skakel onder die “skole” en “verwysings” blaaie. Dalk kan hulle jou in ‘n geskikte rigting stuur
Nov 09, 2010 @ 16:40:31
Hallo,
My kind is volgende jaar sy laaste jaar in Laerskool, hy is gediagnoseer met Disleksie deur Linda de Rooster (ek dink sy is briljant) ek soek ‘n verwysing van ‘n hoerskool in die Pretoria (weste) omgewing vir hom om na toe te gaan as iemand dalk ‘n verwysing kan gee asb!!!
Nov 11, 2010 @ 12:07:23
Hallo Juffer,
Het opgevolg met Me Grobbelaar, maar geen antwoord op sel nie, het wel ‘n boodskap gelos, maar geen terugvoering gekry nie. Daar’snie miskien ‘n landlyn nr nie?
Dankie
Stella
Nov 11, 2010 @ 19:49:23
Gits, dit was seker maar ‘n besige dag. Ek stuur vir jou ‘n ander moontlike kontak detail per e-pos aan.
Nov 25, 2010 @ 22:04:35
Liewe Juffer
My klein seun is gediagnoseer met ADDH en daar is aan beveel dat hy remedierende onderrig moet kry. Hy word 6 in Januarie 2011 en gaan Graad R. Ons bly in Weltevredenpark op die Wes rand (Gauteng). Kan jy asb vir ons verwys na ‘n skool toe. Dit kan in die Wesrand/Nothcliff/Randburg area wees.
Ek sal dit hoog op prys stel vir enige hulp.
Groete
Adlaide
Nov 26, 2010 @ 20:45:23
Hello, Adlaide
Ongelukkig is ek nie seker waar die skole in daardie area is nie. Kyk egter gerus na EL ZERA (El Zera Privaatskool vir Hulpleer: Catherine Grobbelaar : 0832584231) en Ram laerskool in Randgate se Ramkriekies. Hulle behoort ook ander skole te kan voor stel. In baie gevalle gaan die outjies eers na ‘n gewone laerskool en indien hulle nie in ‘n groterige klas kan konsentreer nie, skuif hulle na ‘n skool met kleiner klassies vir meer individuele aandag.
Baie sterkte en ‘n groot druk vir die grootman
Dec 14, 2010 @ 14:50:08
Liewe Juffer en Hannelie de Beer
Ek is ‘n Remedierende Terapeut in Germiston/Alberton omgewing.
Ek doen studiemetode kursusse vir leerders van Gr.4 – Gr7.
Ek is bereid om Centurion toe te kom vir jou as jy vir ons so 4-6 kinders bymekaar kan kry wat graag die kursus sal wil voltooi.
Jy kan my kontak by maureen@kidstherapy.net
Dec 15, 2010 @ 10:47:57
Baie dankie, Maureen! Ek sal Hannelie laat weet
Jan 18, 2011 @ 15:36:44
Liewe Juffer,
Indien enige iemand weet van ‘n laerskool wat oor ‘n hulpklas beskik en / of remedierende onderrig aanbied in die Pretoria omgewing, sal ek dit so waardeer. Ek is uiters dringend opsoek na so ‘n skool vir my 8 jarige seun!
Jan 18, 2011 @ 18:47:18
Hello Sansi
Wat van Pretoria: EduExcellence (012 3610686) in Lynnwood Glen. (Remediërende Skool)? Of…Prospectus Novus, Tel no. 012 335 3336 /012 335 5109 (C/o Fred Nicholson and Paul Kruger Streets, Mayville, Pretoria. P.O Box 30164 Wonderboompoort)
Ek ken nie die area nie en het vir ‘n paar Facebook-vriendinne gevra om nog ‘n bietjie te snuffel. ‘n Mooi aand vir julle
Jan 19, 2011 @ 17:51:26
Sansi, twee Facebook-vriendinne het die volgende skole voorgestel:
Laerskool Tygerpoort en Liewenheersie
Loer gerus
May 24, 2011 @ 12:35:25
Stephanus Roos Laerskool in Sinoville Het ‘n hulpklas en ek het ‘n naskool indien jy meer inligting benodig skakel my gerus op 082 560 5364 of e-pos belindabosch@hotmail.co.za.
May 24, 2011 @ 19:20:17
Baie dankie, Belinda
Ek plaas die skool se skakel ook hier.
Feb 05, 2011 @ 17:51:33
Baie dankie vir jou oulike webblad. Ek is ‘n onderwyseres by Laerskool Proteapark in Rutenburg en kon al van jou bladsye met groot sukses gebruik. Ons het ‘n groep leerders met meer ernstige probleme uit die hoofstroom gehaal en ‘n klassie net vir hulle begin. Dit was so ‘n groot sukses dat ons nou al twee sulke klasse het met ‘n waglys! Ek het 3 Down-sindroom leerders, 3 met outisme, een met hydrofillie, een met alkohol sindroom, een met hoofbeserings na ‘n ongeluk en ‘n paar met intellektuele struikellookke. Dit is my passie en ek wil geen ander klas hê nie.
Feb 06, 2011 @ 16:45:32
Baie dankie, Mariette
Juffrouens soos jy het ‘n hele paar engele om julle. Dit moet ‘n vervullende werk wees om outjies met spesifieke leerbehoeftes te help. Ek het so ‘n spesifieke engeltjie geken en is baie spyt dat hy na ‘n ander skool oor geplaas is. Blykbaar begin die staat terug beweeg na eenhede / units waar outjies met spesifieke behoeftes in spesifieke klasse geplaas word. Dalk kan jy vir ons help met ‘n paar oulike les-idees 
Kom loer gerus weer in en stuur groete aan al jou kinders.
Mar 24, 2011 @ 15:07:35
Goeie dag
Dalk kan u my van hulp wees. My man se dogter tans Graad 8, ouderdom 15 het n leer probleem en moet dringend hulp kry. Ek het die spesiale skole gekontak en verneem dat hulle slegs kinders jonger vat en dat sy reeds te oud is, Magalies skool in PTA. Daar is wel seker opsies soos n
privaat skool en en , maar finansies sal dit nie toelaat nie. Wat sou u voorstel, ek is nie n kenner op so gebied nie, en probeer die beste moontlike oplossing vind. Baie dankie vir u tyd.
Mar 25, 2011 @ 16:33:46
Hello, Desire
Ek sou voorstel dat julle iemand soos ‘n remediërende opvoeder kry om smiddae te help met die huis- en leerwerk. Ek ken nie die area nie, maar verskeie mense het al van Liewenheersies en EduExcellence (012 3610686) in Lynnwood Glen genoem. Dalk kan hulle jou in die regte rigting stuur. Dan kan jy ook hier bo op die skakel na spesiale skole kliek en na ‘n paar name in jou omgewing kyk. ‘n Mens kan ook altyd die naaste skoolkliniek kontak en vra om hulp. Hulle sal vir jou na spesifieke skole kan verwys. Baie sterkte
Mar 26, 2011 @ 08:41:04
baie dankie vir u hulp, die omgewing is Centurion, sou ek die skool kon kontak vir die naaste skoolkliniek se nommer. lekker dag!
Mar 27, 2011 @ 08:57:29
Hello, Desire
Die skool behoort vir jou die telefoonnommers te kan gee – aangesien hulle gereeld in kontak is. Baie sterkte!
Jun 08, 2011 @ 21:39:48
Hi,
Ek lees al lank na oor tuisonderrig en weet wat ek beoog. Die tyd het nou aangebreek dat ons Rusland toe verhuis en daar is geen ander opsie. My dogter is tans in graad 1,sy kan daar 2 maal per week ‘n russiese skool bywoon,wat aktiwiteite,taal en kultuur in engels aanbied vir expat kinders. Ek besef net dat hoe nader ons aan dit beweeg hoe meer raak ek op my senuwees.Dis asof al my draadjies los is en ek nie ‘n beginpunt sien nie.Kan jy dalk ‘n goeie arbeidsterapeut in Randfontein/Krugersdorp area voorstel?
Jun 09, 2011 @ 18:05:18
Hallo, Cindy
Ek sal ‘n bietjie rond vra vir raad oor ‘n goeie arbeidsterapeut, maar indien ek nie terugvoering kry nie, kan jy na die skakel onder verwysings kyk vir ‘n rits name van kundiges in verskeie provinsies. Dis net bokant die hofie vir sielkundiges. Baie sterkte met al die beplanning en reëlings!
As ‘n mens eers aan die gang kom sal dinge beter en makliker raak…en dan kan jy altyd hulp vra
Jun 22, 2011 @ 11:52:57
Help asb ! My seun is 17 en in graad 9. Tans in Hoerskool R, ons verhuis nou na H en wou my seun daar inskryf. Die skool het my laat weet dat hy nie toegelaat word nie omdat hy te oud is vir sy graad. Hy het gr8 gedruip, en toe weer gr9. Hy het nie regtig leer probleme nie, het net deur `n groot emisionele tyd gegaan met sy pa wat hom afgeskryf het. My seun is ook gemolesteer en dit het `n groot uitwerking gehad op sy skoolwerk. Sy IK is getoets en dis 119. Hy het mooi reggekom die jaar, maar sukkel steeds met Wiskunde. Spesiale onderrig is nie `n opsie nie want die kind het die vermoe om goed te vorder. Wat staan my te doen ? Mag die skool hom weier ? Ek het dringend raad nodig asb !
Jun 22, 2011 @ 19:26:03
Hallo, L
Ek is nie seker hoe toelatings werk nie, maar weet dat outjies wat minstens twee maal herhaal het dikwels na ‘n vaardigheidskool verwys word. Het die IK-toetse dalk spesifieke voorstelle gemaak? Die stelsel van inklusiewe onderwys stel eintlik voor dat hoofstroomskole leerders met spesiale onderwysbehoeftes behoort te akkomodeer. Ek is nie seker hoe dit in die hoërskool werk nie. Graad 9 is die einde van die senior fase en daar is ‘n afsnypunt vir skoolpligtigheid (‘n mens sal moet vra of dit Graad 9 of ‘n spesifieke ouderdom is). Ek sou voorstel dat jy die skoolhoof (of eerder die skoolkliniek) sal skakel vir ‘n afspraak en dat jy dan met jou seun se verslae en skoolrekords daarheen moet gaan vir ‘n gesprek. ‘n Saak word soms makliker verduidelik as ‘n mens van aangesig-tot-aangesig kan gesels.
Sou dit dalk moontlik wees om na ‘n privaatskool te gaan (kleiner klasse en meer individuele aandag)? Ek hoop dat jy goeie hulp en raad sal kry. Baie sterkte
Jun 25, 2011 @ 00:33:00
Juffer, baie dankie vir jou reply,
Ek was reeds vandag by die onderwysdepartement en het die probleem vinnig uitsorteer.My seun se IK is 125, en ongelukkig het sy gedruipery gegaan oor baie emisionele probleme waarvan jy eerlik nie eers wil hoor nie.
Anyway, volgens die onderwysdepartement is dit onwettig om `n kind wat heeltyd op die sisteem is weg te wys. Hy het NIE spesiale onderrig nodig nie, alles wat was, is uitsorteer. Duisend dankies vir jou hulp. Die man wat my gehelp het by die onderwys departement was wonderlik ! Swart man en een van die `grootkoppe` van die departement. Hy het my wonderlik gehelp. Ek weet nou presies wat is my regte en wat die kinderwet behels. My kind SAL daar toelating kry.
Dankie vir jou wonderlike blad !
Sep 09, 2011 @ 08:03:33
Julle kan gerus Rietvlei Akademie in Pretoria ook opsit. Baie oulike skool op ‘n plot, 12 kinders in die klas. My seuntjie was daar van graad 4 tot graad 7. Ons het hom hierdie jaar in Graad 8 na ‘n hoofstroom skool gestuur, maar besef nou dat dit ‘n groot waagkans was wat nie uitwerk nie. Die Hoof is Carinda Habig.
Sep 10, 2011 @ 12:46:14
Dankie, Sumei
Ek kry nie ‘n webtuiste vir hulle nie, maar plaas hul kontakbesonderhede hier.
Sep 14, 2011 @ 13:36:19
hulle het intussen een gekry.
Sep 14, 2011 @ 17:31:21
Sep 14, 2011 @ 13:34:43
Het ‘n ADD kind wat moet hoerskool toe volgende jaar. Soek plattelandse klein skooltjie nie te ver van Pta af nie.
Gee aub raad. Was by Morgenzon en Bekker.
Hy is sterk tegnies aangele maar dis nie ‘n vereiste nie.
Raad sal waardeer word.
Sep 27, 2011 @ 17:08:32
Ek werk by ‘n Johnathan Livingston Seagull Centre van Engela Young in Donkerhoek, Pretoria, op die ou Bronkhorstpruit pad. Ons bied SATHRA perde-terapie asook terapie sessies aan. Klassies is baie klein en baie individuele aandag word aan kindertjies gegee. Koshuis beskikbaar.
Sep 27, 2011 @ 17:19:20
Baie dankie, Lina
Dit klink regtig baie oulik.!
Oct 14, 2011 @ 10:49:03
Hallo Juffer!
Kan jy asb my blog op jou skakels plaas? Dis nog baie nuut maar sal nog uitbrei!
Dit is: Mr V’s Classroom Companion: http://mnrvermeulen.blogspot.com
Ek sal jou skakel dan ook op my blog sit!
Hou aan met die fantastiese werk!
Jean
Oct 14, 2011 @ 17:02:41
Ek maak so, Jean
Oct 17, 2011 @ 10:38:40
Goeie dag,
Ek wil graag uitvind of dit voordelig is vir my kind om na ‘n groot skool toe te moet gaan of nie,hy is 6 was in gr R,ons het hom uitgehaal weens oor die ongelukkigheid dat hy nou eers op die einde van die jaar op sy verslag gestaan het hy sukkel met sy fynmotories en sukkel om te konsentreer hy is deur die onderwyser van spraak na arbeids terapeut verwys wat onnodig is.Hy het by ‘n ander kennis van ons ook ‘n assesering gedoen en volgens haar is sy slaag persentasie 76%,daar is niks fout met hom nie net baie besig en kan konsentreer as pa bietjie streng is met hom.Pa gee vir hom nou tuisonderrig,en dit werk.Ek het gedink aan hy kleiner groep kindertjies in ‘n klas van so 10 ipv 25 kinders waar hy wegraak tussen hulle en vergelyk word.Is hier ‘n skool naby pierre van ryneveld wat die direkte aandag aan my kind kan gee en is dit goed vir hom om van daar af dan na ‘n groter skool toe kan beweeg soos hy ouer word.Ek sal graag raad waardeer.van ‘n moedelose ma.
Oct 18, 2011 @ 16:26:14
Middag, Annatjie
Dit is nogal sleg as ‘n mens nie seker is van die kleingoed se vordering nie. Julle sal egter so gou as moontlik moet aansoek doen by ‘n laerskool – aangesien die Graad 1-groepe vol raak. In baie gevalle gaan die outjies eers vir ‘n jaar of wat skool in die hoofstroom en skuif hulle daarna na ‘n kleiner klassie of privaat skool – indien nodig. Het julle jou seuntjie wel na ‘n arbeidsterapeut geneem vir raad? Jy kan hier op my blog soekterme soos “fynspier, handspier, skrif, skryf, spiertonus, tuisprogram, ogies, middellynkruising” by die soekblokkie in tik om verskeie oefeninge te kry. Dit kan lekker spelenderwys aangebied word. Hier is ook skrywes oor klanke, syfers en skoolgereedheid. Tik gerus Graad R, Graad 1, skoolgereed, syfers, klanke, abc…by die soekblokkie in. Dan is daar ook tema’s soos herfs, lente, troeteldiere, dokter, plaasdiere, wilde diere…wat takies en aktiwiteite bevat. As julle meer oor skoolgereedheid wil uitvind, kan julle na die “kurrikulum” kyk of skakels soos Klein Breintjies, Breinlyn en Skoolgereedheid (veral Kobus Weyers se vaardigheidslys) onder die lysie aan die regterkant op soek.
‘n Mens moet mooi besluit oor die skool. As die outjie deur ‘n opvoedkundige sielkundige getoets is en hy/sy na die volle mensie gekyk het, kan ‘n mens ‘n kleiner klaskamer oorweeg. Kleiner klasse beteken privaatskool en hoër fooie. Dit is soms moeilik vir ‘n outjie om vanuit ‘n kleiner klassie na ‘n groter een te skuif. Daarom sal ‘n mens eers wil sien of hy regtig na ‘n kleiner klassie moet gaan. Daar is baie kinders met konsentrasieprobleme en arbeidsterapeutiese uitvalle in die hoofstroom en hulle vorder goed met die nodige ondersteuning.
Ek het op Facebook die volgende inligting gekry: “Daar is nie ‘n Laerskool in Pierre v Ryneveld nie. Dis ‘n kleiner woonbuurt. LiewenHeersie is 10km v PvR af. Elarduspark L\S, ConstantiaPark L\S Monument Park L\S is die naaste.”
LiewenHeersie is in Atterburystraat en hulle het ‘n webblad op FACEBOOK.
Baie sterkte met die besluit – en veral met al die skoolwerk
Oct 25, 2011 @ 07:48:27
Hallo julle!! Ek het ‘n probleem. My seun nou sy 2de jaar in graad 9 sukkel met leer. Die skool het my gese ek sal moet kyk na opsies om my kind in ‘n spesiale skool moet sit. Ek weet nie waar om te begin nie. Ek verhuis Desemenber terug na Pretoria en soek in daardie omgewing om my kind heen te stuur. Is daar iemand wat my riglyne kan gee. Ek het al gekyk na die spesiale skole maar dit lyk net soos Laerskole. El Zera Hulpleer is in Randburg gelee. Baie dankie Vanessa
Oct 25, 2011 @ 18:38:04
Middag, Vanessa
Ongelukkig strek my kennisveld net so ver as Grondslagfase en laerskool. Ek sou voorstel dat jy die plaaslike skoolkliniek moet kontak – aangesien hulle vir jou ‘n lys skole sal kan voorstel. Intussen kan jy hierbo na die 4de skakel kyk vir ‘n lys skole in Gauteng en Pretoria. Die skoolkliniek sal moontlik een van hierdie skole aanbeveel – afhangende van jou seun se spesifieke behoeftes. Baie sterkte!
Oct 27, 2011 @ 10:04:21
Hi Vanessa
Kyk bietjie na Duo Edu. Ons seun is in Centurion Remedierende Akademie in Graad 4. Hy doen uitstekend daar en Duo Edu in Constantia Park is beslis die skool om te oorweeg vir Senior Fase. kontak besonderhede is op die web.
Oct 27, 2011 @ 17:13:36
Baie dankie, Wanda
Dit sal beslis ‘n paar ouers kan help. Loer gerus weer in.
Oct 29, 2011 @ 21:26:31
goeie dag,
My seuntjie moes graad 2 oordoen en lyk my hy gaan graad 4 ook weer moet oordoen. Hy is geklasifiseer met ADD. Dis of hy gebrandmerk is by die skool en al probeer ek wat dis of hy die swartskaap in die klas bly. Sy pa het reeds in Welkom begin werk en ons trek oor in Desember. Ek het gewonder of daar nie dalk ‘n afrikaanse skool in welkom is waar my kind meer individuele aandag kan kry nie. Sy punte is baie laag want as hy nie aandag gee in die klas nie word hy uitgestuur. Die onderwysers wil net nie verstaan dat hy dan net meer werk verloor nie. Volgens hulle is hy te woelig en ontwrig die klas. Asseblief, as u dalk van ‘n skool weet waarheen ek hom kan stuur sal ek baaie bly wees. Sy sussie is tans in graad 9. Sy was ook gediagnoseer met ADD. Gelukkig het sy ‘n wonderlike onderwyseres gehad in graad 2 en 3. Hulle het haar gehelp om haar leerprobleme te oorbrug en vandag is sy ‘n 90% standaard skolier. My kind het net die regte hulp en lyding nodig.
Nov 02, 2011 @ 19:56:27
Ai, Riana…Dit is sommer baie naar en maak die lewe net moeilik. Die Departement van Onderwys in die Vrystaat dui die volgende skole in Welkom aan:
NAUDEVILLE P/S Primary Public Yes 2 MOSTERT STREET WELKOM 057 3571867
WELKOM VOLKSKOOL P/S Primary Public Yes 40 TANA STREET WELKOM 057 3525996/7
Kontak die skole gerus en hoor ‘n bietjie wat hulle bied en ook hoe groot die klasse is. Indien dit nie heeltemal na wense klink nie, kan julle die hoof of leerondersteuningsjuffrou uitvra oor privaatskole in die omgewing. Ongelukkig is dit nie altyd op die internet beskikbaar nie en ken ek nie die area nie. Die skole wat ek kry is Engelsmedium.
Baie sterkte
Nov 01, 2011 @ 15:25:53
Juffer, Ons hoop u sal ons met die volgende kan help. Ons is op soek na ‘n Privaat skool vir my dogter, kuns en kultuur skole sal ook welkom wees, waar begin ek soek. Die skool moet in Pretoria wees, ek was al by baie CVO skole maar hulle was nie baie behulp saam nie. Skool met kleiner klassies is nou ons voor land……….. Hoop U kan ons raat gee
Nov 06, 2011 @ 08:28:13
Hallo, Sue
Die Departement van Onderwys het ‘n paar privaatskole of onafhanklike skole gelys. As jy Ctrl en F op die sleutelbord druk, sal jy “Pretoria” kan soek. Daar is etlike mense wat ook met lof van Liewenheersie praat. Baie sterkte met die keuse.
Jan 31, 2012 @ 19:57:01
Hi!
Laerskool Raslouw in Wierdapark is ‘n baie oulike privaat skool met baie klein klasse en uitstekende akademiese agtergrond. Tel: 012 664 2300
Feb 01, 2012 @ 13:23:21
Dankie, Hesta
Nov 02, 2011 @ 18:06:28
HI JUFFER
indien moontlik soek ek studiemetodes vir my ADD kind. ASB. as u my kan help sal ek baie dankbaar wees. Polla
Nov 06, 2011 @ 18:36:57
Middag, Polla
Omdat outjies met ADD en ADHD sukkel met die aandagspan, sal ek dit so kort en kragtig as moontlik hou. Sommige kundiges stel flitskaarte en geheuekaarte voor. Ander betrek weer prentjies of kleur om die geheue te prikkel. Iemand het destyds vertel dat dit help om ‘n geheuekaart volgens spesifieke kleure en in ‘n spesifieke volgorde te teken. Begin byvoorbeeld by rooi, groen, geel…As die outjie die inligting moet herroep, dink hy bloot aan die volgorde en probeer hy om elke kleur se inligting te onthou.
Sommige kinders leer makliker deur te luister en sal kan baatvind by ‘n klankopname van die werk – met oorfone in ‘n besige klaskamer. Die ADDitude tydskrif gee verskillende oulike idees om aandagafleibare outjies op verskeie gebiede te help.
Ek sou voorstel dat goeie praktyke soos ‘n goeie nagrus, studietye en ‘n stil leeromgewing van kleins af moet geskied. Dit behoort eksamentye se spanning effens te verminder
Nov 07, 2011 @ 10:32:33
Hi Polla/Juffer
Stap een is om vas te stel watter tipe leerder jou kind is. Dis regtig NB NB NB! Ons het weke lank opsommings gedoen en na ‘n vinnige selftoets wat hy in die klas gedoen het, vir my ingelig hy is ‘n ouditiewe leerder. Nou lees hy vir my en ek vra en dan maak ons rympies. Sy gemiddeld het met amper 10% gestyg!
Dan het ons ook so langs die pad uitgevind dat seuns op geel papier moet leer. Dit werk – ek weet nie hoekom nie,maar probeer dit gerus. Met die meisies weet ek nou ongelukkig nie.
Maak nie saak wat jy doen nie- BAIE breaks met fisiese aktiwiteite tussen-in en veral springtou breaks! Sterkte!!
Nov 09, 2011 @ 19:57:19
Baie dankie, Wanda
Die geel papier klink heel verstaanbaar. Ek wonder of dit die rede is waarom Amerika se eksamenblokke in geel verkrygbaar is en nie soos ons s’n is nie. 10% is ‘n groot verbetering en maak ‘n mens sommer lekker opgewonde! Baie sterkte met die komende eksamen
Nov 18, 2011 @ 15:18:46
Graag is ek opsoek na ‘n naskool sentrum naby Laerskool Fairland, ek het al na ‘n paar plekkies gaan kyk maar het nog nie gekry wat ons na soek nie. My dogtertjie gaan volgende jaar na Grd 3 toe en kort meer hulp met haar huiswerkies as wat sy tans kry. Dit moet ‘n veilige en liefdevolle omgewing wees en hoef nie kos in te sluit nie, indien wel nie snaakse kosse wat kinders nie van hou nie want dit sal haar afsit om te gaan.
Nov 20, 2011 @ 11:08:10
Môre, Michelle. Ek het ‘n bietjie op die internet gesoek en ‘n advertensie vir die Woelwaters Akademie gekry. Hier is hulle advertensie:
“FAIRLAND. WOELWATERS AKADEMIE. 0 tot 5 jr.0 tot Graad 7. (Nasorg.). 06h30 to 17h30. 141 Cornelis Str. 011 476 4913.” Jy kan ook die skool se leerondersteuningsopvoeder of ‘n plaaslike opvoedkundige sielkundige skakel om name van tutors en remediërende opvoeders in jou area te kry. Hierdie tutors of remediërende opvoeders kan moontlik na die nasorg ry vir individuele klasse (vra gerus). Ongelukkig ken ek nie die area nie, maar hou duimvas dat julle die nodige hulp sal kry. Baie sterkte :Wink:
Dec 31, 2011 @ 21:20:26
Hi my seun moet 2012 graad 8 toe gaan en ek weet regtig nie waarheen om hom te stuur nie. Hy is hoogs begaafd en het ‘n baie hoe ik en word baie gou verveeld met die skool se werk. Is daar dalk ‘n skool vir spesifiek sulke kinders waarheen ek my kind kan stuur wat hom kan help. Hy het ook ‘n probleem om te skryf.
Groete
Evande
Jan 02, 2012 @ 16:16:29
Middag, Evande
Jy kan altyd ‘n aanleg- of ‘n psigometriese toets (deur ‘n opvoedkundige sielkundige) laat doen om jou seun se vaardighede te toets. Ek is nie seker waar julle woon nie, maar weet dat skole met kleiner klaskamers dikwels ideaal is vir outjies wat gou verveeld raak. Is daar dalk ‘n privaatskool wat julle kan nader?
Jan 27, 2012 @ 10:32:02
Ek is Lisette Steyn van Doornpoort en sal ook graag wil hulp kry vir my ADHD seun. Hy doen tans tuis skool saam met my met hulp van Breinlyn.
My grootste propleem is ek het hom nou deur gesit na gr 2 met ‘n goeie slaag syfer. Hy is net ontsaglik stadig en ek voel ek verloor klaar tempo met gr 2 en kan nie by bly nie. Hy lees en skryf verskriklik stadig . Wie kan my help?
Jan 28, 2012 @ 14:14:58
‘n Mens kan altyd iemand nader om ‘n opinie te vorm – uit ‘n onafhanklike oogpunt. Dinge wat ‘n invloed op werkspoed kan hê is die moontlike gebruik van medikasie – dalk is die dosis te lig of te sterk – en moet deur die pediater gemonitor word en die spierbeheer (skryfaksie).
Ek hoop dit kan jou help.
As hy bloot stadig skryf, kan ‘n arbeidsterapeut dalk vir julle wonderlike raad en hulp gee om die koördinasie en spierfunksies te verbeter. As jy iemand wil vra om na jou seun se lees- en spelvlakke (geletterdheid) te kyk, kan ‘n remediërende opvoeder geraadpleeg word. Ons gebruik spesifieke toetsings om hierdie kennis en vlakke te peil. Indien jy egter na die hele outjie (al hierdie moontlike aspekte) wil kyk, sal ‘n opvoedkundige sielkundige ‘n baie deeglike evaluasie kan doen. Enige van hierdie evaluasie gaan gepaard met ‘n verslag en riglyne / aanbevelings om die kind te help. Dit is maar beter om eerder vroeër as later aandag aan ‘n moontlike probleem te skenk
Feb 01, 2012 @ 15:00:21
My seun is was ook verwys na ‘n Remediërende skool waarna hy uitgeplaas is na ‘n skool vir kinders wat heeltemal leergestremd is. Soos alle moeder harte wou ek dit maar net nie aanvaar nie en het hom in ‘n Breinlyn Tutor sentrum gesit. Hy het nou graad 1 & 2 baie goed geslaag met 85% vir sy jaarpunt. Die probleem is dat ek nou na ‘n ander Tutor sentrum of klein skool soek aangesien ons getrek het. Ons bly tans in Hartbeespoort en werk in Rosslyn Pretoria. Enige van die twee areas sal reg wees. Ek wil hom nie weer terug sit in ‘n hoofstroom skool nie aangesien hy twee jaar agter sy ander maats is, en kinders kan darem wreed wees met tye. Ons wil nie graag weer deur al die gespottery gaan nie. Indien iemand weet van enige instansies laat weet asseblief.
Feb 01, 2012 @ 18:42:19
Middag, Angelique
Ongelukkig is nie al die oulike, kleiner sentrums op die internet nie. Ek het Kuierkidz raak geloop en al is hulle nie die tipe skool / sentrum wat ek in gedagte het nie, sou ek voorstel dat jy hulle ook kontak. Skole vir kinders met spesifieke onderwys behoeftes is dikwels meer bewus van mekaar en die dienste wat die ander bied.
Probeer ook:
Homeschool Curriculum For Life
Location: Hartebeespoort
Tel: 012 376 1043
Contact: Wendy
Intussen sal ek my voelers op Facebook vir jou uitsteek.
Feb 02, 2012 @ 18:05:56
Johanné Brand het laat weet dat jy die volgende persoon kan kontak: Delea Eksteen by 0721187287
Feb 04, 2012 @ 17:09:55
Dankie, maar dit is te ver van waar ons bly, ek sal maar moet kyk of hier nie nader skoole is nie.
Feb 04, 2012 @ 17:12:37
Baie dankie ek sal haar so ngou moontlik bel. Dankie vir al die inligting.
Feb 05, 2012 @ 16:59:23
Feb 16, 2012 @ 15:59:25
Hi almal, ek wil hoor of julle nie van ‘n skool weet in / naby Benoni wat my dogtertjie met meer geduld sal kan help nie. Sy is nou in Graad R en dit bekommer my geweldig. Asb!
Feb 22, 2012 @ 13:28:36
My kleindogter (5) bly in Sedgefield, Weskaap. Sy is getoets deur ‘n neurologiese pediater en volgens die dokter is haar ontwikkeling is nie op standaard nie. Ons benodig ‘n spraak- en arbeidsterapeut wat haar kan help met gehoor en spraak ontwikkeling. ‘n Tuisbly terapeut/au pair met die nodige opleiding wat haar daagliks kan help is natuurlik die ideaal.
Feb 22, 2012 @ 13:56:05
Middag, Tannie Marthie
Volgens die internet kry ek ‘n spraakterapeut: EC Naudé (044 343 3018, 13 Cycad Crescent, Sedgefield, 6573), maar nie ‘n arbeidsterapeut nie. Ek sal egter later vanmiddag weer ‘n bietjie loer. Sally Mackenzie is egter op Knysna.
U kan gerus hierdie terapeute skakel en verdere name aanvra – aangesien terapeute gedurig met mekaar in verbinding is. Só sal u die beste persoon kan kies om by die dogtertjie te pas
Mar 30, 2012 @ 09:16:56
My kind is gediagnoseer met ADD, was op Ritelin ek moes stop om dit vir hom te gee asgevolg van finansies. Ek is despiraat sy skool werk begin weer agteruit gaan en dit verg alles van my om geduldig te bly en hom te help. Asseblief ek is despiraat.
Mar 30, 2012 @ 13:37:26
Middag, Anelie
Kontak gerus jou skool se leerondersteuningsopvoeder en vra of die skooldokter julle skool besoek. In gevalle waar ouers nie ‘n mediese fonds het nie, kan die skooldokter dikwels help. ‘n Voorskrif word voorsien soos nodig en dit kan gewoonlik by ‘n dagkliniek of die plaaslike staatshospitaal gevul word. Andersins kan jy die staatshospitaal direk kontak (bv. “buitepasiënte” se afdeling) en vra om ‘n afspraak by ‘n pediater te maak. Onthou om ‘n Connors-waarnemingsvel of vorige papierwerk saam te neem
Apr 09, 2012 @ 21:56:49
Goeie dag
Daniel is vroeggebore op 28 weke agv Placenta Abruptio(2002) in Midmed hospitaal in Middelburg.
Hy is deur die jare gediagnoseer met ADD / ADHD/ Disleksie/ bietjie/ ligte outisme en hy kry ligte epileptiese aanvalle (Volgens die spesialiste.)
Wie kan ‘n behoorlike evaluasie doen om vas te stel wat aan die gang is en ons werkilik te doen staan – Hy is uiters intelligent – Praat maklik persoon tot persoon maar is baie teruggetrokke in ‘n groepsverband.
Verbaal is hy baie sterk maar om dit op papier neer te pen is die uitdaging.
Weet julle van skole in die Middelburg / Witbank area wat ” moeilike” opleibare kinders kan hanteer ? Nie spesiale skole nie maar meer opleiding op individuele vlak miskien.
Byvoorbaat dank.
Tokkie en Leonie Brink
Rietkuil (MP)
Tel:082 8214697 (Tokkie)
072 3711558 (Leonie)
Apr 12, 2012 @ 17:29:20
Middag, Tokkie en Leonie
‘n Kinder psigiater of ‘n pediatriese neuroloog kan dalk meer op die epilepsie, ADD, ADHD fokus. Dit lyk asof die Universiteit van Pretoria (Witbank) ‘n afdeling in psigiatrie het. Julle kan hulle (of die plaaslike hospitaal) gerus kontak om te hoor of hulle van goeie kundiges in die omgewing weet.
Ek vermoed dat julle reeds by ‘n opvoedkundige sielkundige was om die disleksie te bepaal? Indien dit ‘n ligte vorm van outisme is, is dit dalk Aspergers? Dalk sal ‘n skool met kleiner klassies vir Daniel kan werk. Die juffrou sal dus ‘n ogie kan hou oor sy aandagspan en meer spesifieke aandag aan hom kan gee.
Bel eers gewone of privaat tipe skole met kleiner klasse (bv. Curro, Ligno) voor jy spesialisskole skakel. Praat met AutismSA se mense en die verteenwoordigers van hul ondersteuningsgroepe (Witbank: Lisel Rhom 083 613 0225, Johannes Vermeulen 083 335 980). Gesinne en mense wat in die omgewing woon/spesialiseer sal dalk vir jou die beste leiding (en name van skole) kan bied (uit ondervinding). Skakel ook ‘n paar van die skole wat ek op die verwysingsbladsy as “outisme” of “aspergers” gelys het. Kundiges en skole van hierdie spesialisvelde weet dikwels van mekaar. Ek is seker hulle sal nie omgee om spesifieke vrae te beantwoord of te help nie.
Laat weet gerus of julle reg gekom het. Ons kan altyd ander weë probeer
May 20, 2012 @ 22:35:42
Geagte Juffer,
Ons dogtertjie (Amor) is gediagnoseer met ‘n toestand genaamd Childhood Apraxia of Speech. Sy is nou 6 jaar oud maar kan nognie sinne praat nie. Slegs enkele woordjies. Intussen is dit vir ons ‘n groot kopseer om ‘n geskikte skool vir haar te kry. Ons het pas Bronkhorstspruit toe getrek en reggekom met ‘n Montessori skool in die area. Hulle akkomodeer slegs kinders tot en met 6 jarige ouderdom. Ons is selfs bereid om Pretoria toe te verhuis indien ons haar in ‘n geskikte skool daar kan kry. ‘n Professionele persoon het op ‘n keer ons aanbeveel om haar in die skool vir dowes te plaas, sodat sy met gebare kan leer kommunikeer. Ek het werklik hulp en leiding nodig. Sy kan nie in ‘n hoestroom skool funksioneer nie – die spraak en kommunikasie is ‘n groot probleem. Ek wil he dat sy normaal moet bly ontwikkel en vorder op akkademiese vlak, maar ek raak nou despiraat om vas te stel waar en hoe ek haar kan help. Het u vir my enige raad asb?
Groete
Mandie Jordaan
May 21, 2012 @ 22:04:57
Hallo, Mandie
Daar is staatskole wat hierdie outjies akkomodeer. In die Wes-Kaap is daar die Jan Kriel Skool in Kuilsrivier. Die Carel du Toit-sentrums is bekend vir onderrig aan gehoorgestremde kinders, maar help ook ander outjies met spraakprobleme. Hulle is in Tygerberg, Oos-Londen en Bloemfontein gesetel. Muriel Brand is ‘n skool in Brakpan. Ek het die School of Achievement en Pretoriaskool is nader aan julle. Ek ken egter nie die skole nie en wil vra dat jy die skole met julle spraakterapeut bespreek. Omdat hierdie skole gespesialiseerde onderrig bied, is hulle redelik min en is die kans goed dat hulle van mekaar weet. Ek sou voorstel dat jy die onderskeie skole skakel en vra om verwysings.
Ek is nie seker hoe die verwysing in julle area sal werk nie, maar uit ondervinding weet ek dat spesifieke aansoekvorms deur ‘n staatskool voltooi moet word. Kontak die plaaslike laerskool se leerondersteuningsopvoeder om jou hiermee te help. Jy sal afskrifte van jou dogtertjie se verslae (spraakterapeut, ens.) en haar rapport(-e) moet aanheg. Indien die skool nie so ‘n opvoeder het nie, kan jy die nommers van die plaaslike skoolkliniek by hulle kry. Die skoolsielkundige behoort jou ook te kan help.
Julle kan ook altyd skole soos Edu Excellence en Centurion Remediërende Akademie kontak. Skakel die skole en gesels oor moontlike plasings. Ek is seker hierdie skole sal vir jou na die beste skole kan verwys. Laat weet of jy reg gekom het. Ek hou duim vas
May 22, 2012 @ 20:22:46
Baie dankie vir u wonderlike webblad en die hulp wat u verleen. Ek gaan beslis hierdie riglyne gebruik om ‘n skool en hulp vir Amor te kry.
Baie, Baie Dankie!!
May 23, 2012 @ 17:43:28
Dis ‘n plesier, Mandie
Ek hou styf duim vas.
May 22, 2012 @ 09:44:26
Mandie
Ek en my dogter is deur die selfd, bel my ek kan vir jou hulp verleen met mense wat jou kan help en ook dalk ‘n skool, ek is Susan en bly in Pta no is 0824013388
May 22, 2012 @ 19:02:42
Baie dankie, Sue!
May 22, 2012 @ 20:25:10
Susan, jy”s ‘n engel. Baie dankie vir jou hulp en ek het skoon ‘n huppel in my stap na ons gesprek. Ek sal met jou in kontak bly en op hoogte hou van Amor se vordering.
Baie, Baie Dankie!!
May 23, 2012 @ 17:44:01
May 30, 2012 @ 06:29:35
Beste Juffer
My dogter is tans 16 jaar oud en in graad 10. Sy is op 11 met bipolere gemoedsversteuring gediagnoseer. Sy gebruik medikasie en sien gereeld haar psigiater. Sy was vir 5 jaar in ‘n privaatskool in Bellville waar sy goed gevaar het ten spyte van haar siekte. (Die skool het spesialiseer in kinders met ADHD). Ons het egter Desember na Lutsville aan die Weskus verhuis. (ons naaste groot dorp is Vredendal) Sy is tans in ‘n hoofstoom skool. Waar sy voorheen in ‘n klas van 10 kinders was is hulle nou 26 of meer. Skielik sukkel sy erg met konsentrasie en sukkel baie in haar skoolwerk – iets wat voorheen nie voorgekom het nie. Sy is nou met ADD gediagnoseer en op die kortwerkende Ritalin 10mg geplaas. Sy drink 2 deur die oggend in die skool asook soms 1 middae wanneer sy leer. Sy voel dat dit help, maar dis steeds nie so effektief soos ons gehoop het nie – of is ons net te haastig? Sy is nou in haar 2de volle maand van gebruik. Ek soek dringend hulp met studiemetodes aangesien sy sukkel om haar toetse deur te kom. Sy is baie angstig omdat sy bang is dat sy hierdie jaar gaan druip. Wat natuurlik ook nie help vir haar geheue nie. Ek weet nie meer wat om te doen om haar te help nie. Enige raad en of voorstelle sal baie welkom wees!
May 31, 2012 @ 20:29:11
Middag, Surinda
‘n Trekkery gaan gewoonlik met ‘n paar aanpassings gepaard en ek kan dink dat die nuwe, groter klaskamer ‘n groot aanpassing is. Gelukkig het die medikasie ‘n positiewe uitwerking. Soos die liggaam ontwikkel en groei sal die dokter die dosis aanpas. Vra gerus dat die opvoeders gereeld terugvoering gee.
Dit sal voordelig wees om iemand te kry wat kan help met die studietegnieke. Daar is ‘n ondersteunings-juffrou in Velddrif (info@libriakademie.co.za) en as ek reg verstaan bied sy ook hulp via die internet (skype) aan. Lallie Genis het 32 jaar ervaring in remediërende onderrig vir Gr. 1-7 (Afr./Eng.) leerders. Sy help met wiskunde, spelling en lees: 083 556 4183. Dalk kan sy vir jou ander persone voorstel. Juffrouens weet gewoonlik van mekaar – veral in die plattelandse areas. Ek sien dat Dirk Victor laas jaar by Laerskool Calvinia gesels het oor studiemetodes. Dalk kan die skool sy nommer verskaf.
Ek het my voelers uit gesteek en hoop om vir jou iemand te kry wat kan help.