Omgee
Ek gaan mettertyd omgee aksies hier plaas. As jy van ‘n omgee aksie of behoefte weet, kan jy dit per e-pos na remediering@hotmail.com stuur.
- Story Scarves is ‘n vriendskapsorganisasie waar meisies (kinders) serpies met die hand maak en versier en uitruil met ander kinders van die wêreld. ‘n Oulike handwerk idee vir ledige oomblikke en ‘n oulike geskenk-idee vir Wêreldbekergaste… Stuur stukkies lap en gare as jou kaste uit hul nate bars.
- Brei ‘n Blokkie en word deel van ‘n internasionale kombers…
- Active Education Foundation – roer die litte
- Shine Centre – help om skitterende lesers te skep

- Die HALLI TRUST is ‘n organisasie van die Strand, Wes-Kaap. Dit is ‘n geloofs-aksie van mense wat regtig hard werk om hul medemens te help. As jy die volgende kan verskaf, sal hulle dit aan die mees geskikte kandidate verskaf.
-
- Sagte speelgoed – selfs al is dit op gespeel! HALLI het fasiliteite om die speelgoed reg te maak.
- Droë rantsoene – om gesinne in nood by te staan.
- Klere vir ‘n klerebank.

















Feb 05, 2010 @ 11:00:06
Ek het ongelukkig, maar ook in n mate gelukkig, die week al my sagte ‘teddies’ en kleure vir my gekerk gegee. Ek sal rond vrae en kyk wat ek kan doen, dit selfs op my FB sit en op die kerk sin ook.
Ek is in Bloemfontein, so as jy weet van enige gemeenskap diens of hulp wat hier aangebied kan word laat weet maar net. Ek het nogal gemeenskap diens ure nodig.
Weereens, lekker naweek en voorspoed.
Feb 05, 2010 @ 17:04:18
Dankie! Ek raak self soms so vas gevang in my eie “stresse” en vergeet soms skoon van ander se tekortkominge…Ek glo wel dat elke deeltjie help.
Feb 18, 2010 @ 19:51:49
Goeie Dag,
Waar is die Alta du Toit skool? Indien in Pretoria, sal ek graag help met die verf indien nog benodig.
Vriendelike Groete
Feb 19, 2010 @ 16:30:18
Welkom, Pierre! Ongelukkig is die skool in die Wes-Kaap (Kuilsrivier).
http://www.capegateway.gov.za/xho/directories/facilities/15912/21153/
Dankie vir jou aanbod…dalk kan hulle die verf koerier?
Apr 30, 2010 @ 10:12:20
More
Hoop u kan help ek soek ‘n paar idees vir ‘n Graar R konsert. My dogter is ‘n graad R onderwyser maar sy nog baie onseker het maar verlede jaar matriek geskryf en in diep water in gegooi. Kan u dalk help met ‘n paar idees
May 01, 2010 @ 11:58:14
Hello, Amanda en welkom
Ek moet in alle eerlikheid bieg dat ek baie jare gelede betrokke was by konserte. Ek sal egter my voelers uitsteek om hulp vir julle te kry.
May 12, 2010 @ 15:51:26
Hi Juffer
Jinne die Here is darem getrou. Dit sukkel maar so bietjie met al die skoolwerk en vier pragtige dogters op ‘n plaas. Skaars het ek die woorde gese en ek kom op jou webwerf af. BAie dankie vir AL die hulp! Nou wil ek net graag weet, een van my dogtertjie sy is nou 8 jaar oud wil baie graag betrokke raak by minder bevoorregte mense om te help. Is daar enige plek waarvan jy miskien weet in die Malmesbury distrik of miskien iemand wat ek kan kontak? Ek sal ook die HALLIFUND wil kontak. Dankie vir al jou moeite.
May 12, 2010 @ 18:32:55
Hello, Natasha
Dit is fantasties! Wat van ‘n “jersey drive” of ‘n trui-insameling? ‘n Mens kan by die kerk of in die skool vir gesinne vra om wol en ou truie te skenk vir die wintermaande. Mamma’s, ouma’s of tannies in die plaaslike ouetehuis kan dan help om truie te brei vir behoeftige gesinne. ‘n Mens kan dit ‘n aaneenlopende projek maak – ‘n kennis vertel dat dit goed in die Paarl werk. ‘n Ander idee is om storie-oggende te hou. Jou dogtertjie en haar maats kan dan stories vir kinders uit minder bevoorregte huise lees (by die biblioteek byvoorbeeld). Dit behoort ‘n uitkom kans te bied vir die outjies wat in moeilike omstandighede en koue weer in klein huisies woon. ‘n Mens behoort name by die plaaslike ACVV te kan kry. Wat daarvan as jou dogters (en maats) ‘n trauma kamer by die polisiestasie of ACVV ((022) 482 2245) inruim vir kinders?…of as hulle briefies vir eensame bejaardes skryf en hulle dikwels besoek?
Ek het die volgende op die ACVV se webwerf gekry:
”
Address: Posbus 153, Malmesbury, 7299
.
Protecting services for children and families
acvvmalmesbury@telkomsa.net
Aandskemering Home for older persons Tel: 022-4821466 / 482 1920
acvvmalmesbury@telkomsa.net
Amandelrug Assisted living
PJ Joubert Service centre
Tel: 022 – 482 3328
Speelkasteel Creche
Sir Lowry Cole street
PO Box 833
Malmesbury
7299
Tel: 022 – 482 3742
Gerfie Playgroup and ACVV After care
PO Box 486
Malmesbury
7299
Tel: 022 – 482 3096
(HALLIFUND – Kontak vir Heidi by: heidinaude@vodamail.co.za) ”
Baie geluk met sulke oulike kinders…en baie sterkte met die aksies!
Jun 10, 2010 @ 16:04:37
My dogter is in graad 5 sukkel met engels kan u haar asb help
gee asb raad
Dankie
Rika
Jun 12, 2010 @ 10:04:00
Hello, Rika
Groete vir poplap
Ek sou voorstel dat julle by die plaaslike biblioteek gaan vra vir leesboeke op verskillende vlakke. Begin eers met eenvoudiger boekies – om die selfvertroue op te bou. Die LADYBIRD-reeks is oulike boeke met bekende kinderstories. Jou dogter sal dus baie van die stories herken en ‘n begrip hê vir die storie. As jy mooi soek in tweedehandse boekwinkels sal jy verskeie boekies vir spotgoedkoop in die hande kry. Kyk ook onder die lysie aan die regterkant (blogroll) vir die aanlyn-boekwinkels.
Probeer gerus ook om die PHONICS en KEY WORDS (soms ook sight of high frequency words) vas te lê. Maak dit ‘n speletjie deur die woorde op flitskaarte te skryf. Flits dit, speel ‘n geheue speletjie of speel sommer “Snap”. Gebruik woorde uit die leesboeke – skryf dit op flitskaarte. Pak dan sinne uit met die verskillende kaarte. Dit maak die leerwerk lekkerder as al die skryfwerk.
Loer in CNA of PNA vir die CLEVER-reeks of selfs ander reekse waar die werkboeke na klinker-kombinasies kyk…die sogenaamde vowel digraphs, diphthongs en blends. Onthou dat as jy kombinasies soos ay, ai, ea, oa en ow kry, sê jy die eerste een se alfabetnaam en siedaar! Jy het dit reg gelees. ‘n Mens kan maar terug gaan na die eenvoudige speletjies en leeswerk soos toe julle met Afrikaanse klanke en woorde begin het. As jou dogter dit verstaan, sal sy vinnig na die volgende stappe groei. Ek sal ‘n bietjie snuffel aan nog idees…tot dan is baie leeswerk belangrik
Jul 07, 2011 @ 12:23:05
Baie dankie, weereens, vir ‘n fantastiese webwerf. Ek wil graag in my gr 3 klas ‘n paddavis akwarium begin. Ek het reeds ‘n groot reghoekige ou vistenk. Wat sal sulke paddavissies eet? En wat gebeur as die water begin vuil raak?
Dankie. Ria Burger
Jul 09, 2011 @ 13:34:40
Middag, Ria
Ag, lekker! Ek het onmiddellik gewonder of die paddavissies saam met slakke sal aard. Ek weet dat ‘n mense slakkies kry wat die alge aan die binnekant van visbakke skoon vreet. Ek het vir drie webwerwe gekry oor die versorg van paddavisse: paddavisse 1, paddavisse 2 en paddavisse 3. Dit klink asof die kundiges pompies – soos in ‘n vistenk – aanbeveel om sirkulasie te verbeter. Laat weet gerus hoe dit met die paddakinders gaan
Oct 10, 2011 @ 15:34:07
MY SEUN WIEHAHN IS ADHD, SUPER HIPER AKTIEF EN MAAK SY JUFFROU GEDAAN, WAT MY PLA IS DIE FEIT DAT SY PUNTE SO GEVALHET MET DIE 3E KWARTAAL. HY HET ALTYD N 4 VIR ENGELS EN WISKUNDE GEKRY MAAR NOU KRY HY 1 EN 2. HY IS IN GRAAD 2. HY HOU NIE VAN LEES NIE EN HOU OOK NIE VAN HUISWERK NIE HET HOM AL MET KOSHUIS GEDREIG MAAR DIT HELP NIE. AL SIT EK MET HOM EN HUISWERK DOEN VORDER ONS NIE VEELN IE, MAMMA DOEN MAAR GEWOONLIK DIE HUISWERK, EN EK WEET DIT IS VERKEERD. HEEEELLLLPPPPPP!!!!!!!!
Oct 13, 2011 @ 21:05:39
Hallo, Magdel
Ai. Dis regtig sleg as die punte so val. Ek sou die outjie by ekstra klasse wou inskryf as die skool dit aanbied. Klasjuffrouens bied gewoonlik intervensielesse aan om outjies te help om die leemtes te vul. Dan kan ‘n mens ook ‘n gesoute remediërende opvoeder nader om hom te toets, sodat sy kan raad gee. Dit is nie altyd nodig vir terapie of ekstra lesse nie, maar hoe vroeër ‘n mens raad kry hoe makliker en gouer kan julle skouer aan die wiel sit. In baie gevalle is dit beter om ‘n buitestaander te kry om met die huiswerk en probleemareas te help, sodat die verhouding tussen ouer en kind nie krapperig raak nie…
Wys ook die punte en rapport aan die pediater sodat hy dit in gedagte kan hou. Indien jy nie nou ‘n afspraak kan kry nie, kan jy dalk vir Dr Lawrence (‘n Facebook-vriendin van my) kontak om leiding te vra. As die probleem eerder by sy gedrag en ingesteldheid lê, kan ‘n mens ook spelterapie probeer. ‘n Opgeleide opvoedkundige sielkundige weet dikwels net hoe om die outjie te hanteer en kan ‘n houding of ingesteldheid in die regte rigting stuur.
Feb 01, 2012 @ 02:31:05
Goeie dag!!! My seun is nou in gr.2 hy het ‘n baie stil personlikheid bietjie van ‘n introvert in die klas en tussen sy maatjies! Moet ek bekommerd wees daaroor? En dan wil ek graag hoor as hy lees klank hy nog al sy woorde,en lees hy dan stadig,moet ek bekommerd wees? En dan laaste as ek vir hom se hy moet sy huiswerk kom doen,wil hy nie,en begin dan te huil,het jy enige raad oor hoe ek dit kan hanteer? Dankie vir jou oulike blog! Hoop om gou van jou te hoor.
Vriendelike groete
Allison
Feb 01, 2012 @ 18:31:41
Middag, Allison
Daar is heelwat jong lesers wat op hul klankvaardighede of die vermoë om woorde te klank steun. Ongelukkig klanklees hulle dan selfs sigwoorde – wat hul leesspoed en -begrip kniehalter. ‘n Mens kan die leesboeke dalk vooruit beloer en moeilike woorde saam met hom lees. Skryf die woorde op los flitskaarte of ‘n skryfbord neer en teken prentjies of simbole daarby. Plak dan soortgelykes met “post-it” papiertjies op die bladsye waar dit voorkom – as ‘n herinnering aan die vangplekke.
Dit is in orde as die outjie woorde klank – met ‘n dubbel-, twee- of drieklank in geheel (bv. m-ooi, b-r-oe-k), maar as hy nie besef dat hierdie klankkombinasies ‘n geheel vorm nie (bv. m-o-o-i, b-r-o-e-k) moet ‘n mens vaslegging doen. Tik gerus soekterme soos klanke, abc, dubbelklank, tweeklank, drieklank, sigwoorde, lees, skryf…by die bruin blokkie aan die regterkant in vir spesifieke idees i.v.m. lees en klanke.
Dit is baie moontlik dat die outjie self besef dat hy nie alles “volgens die boek” kan doen nie. Reël dalk vir ‘n evaluasie deur ‘n remediërende opvoeder of ‘n opgeleide persoon wat as huiswerkhulp kan dien. In baie gevalle help dit as die huiswerkhulp deur iemand buite die gesin gedoen word en word die verhouding tussen ouer en kind nie versuur nie.
Ek sou nie sommer ‘n skamerige outjie vir terapie stuur nie, maar wonder of iets soos Soetlief nie vir hom kan help om meer sosiaal te verkeer nie.
May 03, 2012 @ 12:13:31
Juffrou, help asseblief dringend! Op soek na Gr.6 woordsomme vir ekstra oefening. Ons skool handhaaf ‘n baie hoè standaard. Soek graag gewone woordsomme en breuke woordsomme.
Hoe help mens ‘n kind wat swak doen in begripstoetse? Ek gee gereeld vir haar begripstoetse om uit te werk, maar telkemale kom die punte terug en sy het nie ordentlik na die vraag gekyk nie, of lees nie tussen die reels nie. Baie dankie!
May 06, 2012 @ 09:07:07
Môre, Tanya
Ek het ongelukkig nie Graad 6-werk nie, maar weet dat CNX.org oulike lesse en verduidelikings het. Afrikaanseskoolprojekte adverteer Graad 6-vraestelle en produkte, Getahead het gratis idees, Amesa het heelwat dokumente en thinkonline behoort ook te kan help.
I.v.m. die begripstoetse moet ‘n mens redelik help met die ontleding van ‘n vraag: bv. Wat vra juffrou? Verg die antwoord volsinne of slegs ‘n woord (gewoonlik word dit gespesifiseer)? Is dit ‘n wat, wie, hoe, wanneer…vraag? Hoeveel tel die vraag en kan ek dele van die vraag in my antwoord gebruik? Bv. Vir watter groentesoort het Jan die koei verruil? Jan het die koei vir towerboontjies verruil.
Ek hoop dit kan julle help
May 16, 2012 @ 11:15:44
Juffer, ek benodig hulp asseblief! My graad twee kind sukkel baie met woordsomme. Het jy dalk voorbeelde vir my van woordsomme asseblief? Sy is ‘n baie slim kind en was laas jaar in die top tien, maar sy sukkel om die woordsomme te snap.
May 16, 2012 @ 17:59:26
Middag, Milla
Ek het ‘n paar voorbeelde van die verskillende tipes woordsomme , maar nie noodwendig werksvelle nie. Kies onderwerpe uit haar belangstellingsveld of uit die week se tema (by die skool). Bv. Barbie het 13 blomme. Aspoestertjie gee vir haar nog 5 blomme. Hoeveel blomme het Barbie altesaam?
Skryf leidrade eenkant op ‘n bladsy neer wat jy teen die muur kan plak. Bv. + somme het woorde soos “altesaam”, – somme het woorde soos “minder as”. ‘n Mens moet soms die som saam met die kind ontleed om te kyk watter getalle en bewerking ter sprake is. As julle so twee of drie saam probeer het, kan ‘n mens haar los om self ‘n som aan te pak. Baie sterkte