Nuusflits

Hierdie blog is begin met die uitsluitlike doel om raad te gee en om van waarde te wees vir juffrouens en ouers.  Die artikels is deur my (Juffer) getik – tensy anders vermeld.  Die foto’s is meestal my eie eiendom en geen materiaal mag gebruik word sonder toestemming nie.  Ek is bewus van enkele werwe wat my artikels direk ”copy” en “paste” en as hul eie publiseer. Dit is diefstal.  Die wêreld van die internet (in Afrikaans) is klein en sulke dinge kan maklik opgespoor word. 

Soos ek voorheen genoem het, gee ek nie om om die inligting te deel nie.  Gee asseblief dan net erkenning en ‘n skakel na hierdie blog toe.  Indien jy die inligting wil gebruik vir kommersiële doeleindes en verspreiding – kontak my gerus by remediering@hotmail.com.  Ek kan doen met ‘n ekstra inkomstetjie :wink:  

 

Moenie vir Juffer moeilik maak nie…

58 Kommentaar (+add yours?)

  1. Soné Louw
    Feb 15, 2010 @ 20:45:11

    Dis goed gesê.

    Reply

  2. Philippa
    Feb 18, 2010 @ 20:19:09

    Jy kom asof jy gestuur is, ‘k het nou net op jou bladsye afgekom.

    Ek is mamma van 3 (Gr. 2, 3, en ‘n 2 jarige) en self ‘n juffrou, (Gr. 4 – 7) en is self altyd op soek na hulp vir my eie kinders en my werk.

    Kan nie wag om alles op hierdie bladsye te begin lees nie!

    Reply

    • juffer
      Feb 19, 2010 @ 16:33:47

      Dis reg so, Philippa…en gee asseblief raad as jy iets as Intermediêre Juffrou optel…My kop fokus die afgelope tyd meer op die Grondslagfase :wink:

      Reply

  3. marietjie
    Feb 27, 2010 @ 06:16:28

    dankie vir jou blog. ek snuffel kort-kort daar! ek het ‘n kleintjie dood vir mense wat jou werk hul werkmaak!!!!!!!

    Weet jy dalk van ‘n plek wat oulike gesyferdheidstempels maak?

    ek is ‘n gr 2 juffrou en besig met my meestersgraad in leesonderrig in die grondslagfase. het jare gelede ook net remediering gegee= ‘n opgeleide ro terapeut. maar in gauteng is daar nie meer sulke klasse by gewone skole nie.

    Reply

    • juffer
      Feb 27, 2010 @ 10:07:09

      Welkom, Marietjie
      Ja, ek weet van ‘n plek wat stempels maak. Die inligting lê nou by die skool – sal Maandag vir jou kry. Die stempels is regtig oulik en kindervriendelik (cute).

      Kom loer gerus weer in en help met raad indien moontlik :wink:

      Reply

    • juffer
      Mar 01, 2010 @ 18:08:59

      TOOLS FOR TEACHERS AND
      SCHOOLS. Rubber stamps for
      rewards, motivation, assessments.
      Word building magnets. 18 Plane Rd.
      044 874 6209. 083 462 8822 (Alta).

      Baie oulik… Bel en vra vir ‘n pryslys en voorbeelde

      Reply

  4. Gerna de Bruin
    Apr 16, 2010 @ 18:00:28

    Ek gee tuisonderrig en is altyd opsoek na aktiwiteite en dinge om my in die klaskamer te help. Dankie jou blad help baie.

    Reply

    • juffer
      Apr 18, 2010 @ 10:22:50

      Dis ‘n plesier, Gerna. Vra gerus en kom loer weer in :wink:

      Reply

  5. loraine
    Jun 09, 2010 @ 11:56:33

    dankie tog

    ek is mama van 5 jarige en 4 jarige. wat moet 5 jarige kan doen om gereed te wees vir gr r

    Reply

    • juffer
      Jun 10, 2010 @ 08:43:23

      Hello, Loraine :wink: Om gereed te wees vir Graad R sou ek voorstel dat die outjie begin om meer onafhanklik te wees. Dit sluit basiese lewenstakies in soos om alleen toilet toe te gaan, self die neus te snuit, met gemaak en duidelikheid behoeftes te verwoord, om met gemak en met selfvertroue van ouers te skei…Die Graad R-jaar sal die kleintjie bloot stel aan meer rympies, stories, liedjies en speletjies…Dit sal egter goed wees om ‘n basiese kennis van liedjies, stories, rympies en speletjies te hê. Basiese teken-, knip-, ryg-, verf- en plakwerk is ‘n goeie voorloper. Daar is nie ‘n standaardvorm om na te gaan vir Graad R-gereedheid nie – aangesien daar nie juis kurrikulums vir die educare of creché-fase is nie. Indien die kleingoed egter nog nie in ‘n speelgroep is nie of nie by ‘n voorskoolse groepie aangesluit het nie, kan ‘n mens dit oorweeg om hulle stelselmatig aan groepsaktiwiteite en -werk bloot te stel. Kyk gerus onder die “blogroll” vir die Skoolgereedheidsvraelys. Dit sal vir jou ‘n goeie idee bied vir die verwagtings van skoolgereedheid. Werk dus om net so duskant daardie vaardighede te “val”. Loer gerus ook op webwerwe soos kleuters.co.za vir so ‘n paar lekker speelwerkies. 4 en 5 is veels te klein vir vervelige boekwerk :wink:

      Reply

  6. Riana Kruger
    Aug 15, 2010 @ 10:24:12

    Ek is ‘n onderwyseres by Woelige Bytjies Kleuterskool in Bloemfontein. Dankie vir die juweeltjie waarop ek afgekom het toe ek op soek was na rekenaar leesprogramme vir die kleingoed.

    Kleuter-Klieks lyk oulik, maar ek kry nie demo program oopgemaak nie.

    Ek gaan hierdie webtuiste hoog by my ouers aanbeveel.

    Groete
    Riana Kruger

    Reply

    • juffer
      Aug 15, 2010 @ 16:04:35

      Gits, Riana. Ek hoop die program sal weldra oopmaak. Dalk is daar ‘n “compatibility”-foutjie. :wink: Voorspoed met die soektog en kom loer gerus weer in :wink:

      Reply

  7. Elize
    Aug 30, 2010 @ 12:20:11

    Sjoe, pleks ek lankal op jou afgekom het!!!! het 2 seuns, 8 en 11 en hulle kan mens lekker besig hou. Sal beslis meer gereeld hier loer!!
    Gr. 2 boeta het entrepreneurs-dag by die skool – kan julle bietjie help met idees? Hierdie mamma is nie baie kunstig of kreatief nie…..maar dit stop hulle glad nie. Wat is lekker vinnig om te maak en wat groot aftrek kry (hy is ‘n regte Joodjie en wil asb baie geldjies maak :-) …..

    Baie dankie

    Reply

    • juffer
      Aug 30, 2010 @ 17:13:01

      Sjoe! Ek bly so ver as moontlik van die entrepreneursdag af weg, want as ek sien wil ek koop en eet! :lol: Eetgoed is altyd ‘n wenner – hot dogs, chip rolls (rolletjies met “slap tjips”), springmielies…wat van sjokolade “clusters”? Julle koop donker sjokolade (by die mele en versiersuikerrakke) en gewone, soutlose grondboontjies. Smelt die sjokolade bietjies-bietjies (anders brand dit) in die mikrogolfoond en skep dit bo-oor die neute. Jy kan die hele spulletjie in ysbakkies of kolwyntjiepannetjies giet en in die vrieskas laat verhard. Om die storie ‘n bietjie vuur te gee, kan jy dit laat verhard en in lae met bakpapier in ‘n groot bak verpak. Strooi “sprinkles” of ‘n smartie binne-in die bakkie net voor jy dit laat vries.
      Dan is daar die opsie om malvalekkergesiggies te maak – plak so 4 jelly tots as ‘n gesiggie op (gebruik ‘n bietjie kondensmelk as “gom”). Jou seuntjie kan van hierdie goed natuurlik self probeer maak :wink:
      Ek hoop dit kan werk :lol:

      Reply

  8. Elize
    Aug 31, 2010 @ 08:46:12

    Baie dankie!

    Reply

  9. Ronel
    Oct 13, 2010 @ 09:25:02

    Dag Juffer,

    Ek het ‘n maand laas ingeloer en ek is sommer opgewonde oor al die leesstof wat ek nog kan opvang…:)

    Ek wil net graag ‘n wonderlike hulpmiddel met jou en die ander Mammas deel. My Annika (6) het groot motoriese agterstand. Behalwe haar arbeids + spraakterapie, swem en perdry is ek altyd op die uitkyk na ander ‘goodies’ wat kan help. Ons het deur ‘n ander Mamma gehoor van ‘n groepsaktiwiteit – Kindergym – wat by ‘n skool naby ons in Pretoria-Oos aangebied word.

    Dit is ‘n kombinasie van pilates en gimnastiek wat alles deur ‘n arbeidsterapeut goedgekeur is. Sy het gister vir haar 1ste klassie gegaan en sy is MAL daaroor. Ag moeder ma, ek is so bly vir haar. Dis is al haar groot motoriese arbeidterapie ‘huiswerk’, maar net in ‘n ‘fun’ groepsomgewing.

    Hier is hulle website adres:

    http://www.kindergym.co.za

    Groete!

    Ronel

    Reply

    • juffer
      Oct 13, 2010 @ 17:03:03

      Vreeslik dankie, Ronel. Ek plaas die skakel onder die BLOGROLL-lysie. Dit lyk regtig toepaslik en behoort effektief te wees. :wink:

      Reply

  10. shantell boucher
    Dec 06, 2010 @ 12:00:00

    Hallo Juffrou.

    Ek soek `n bietjie raad my dogtertjie gaan volgende jaar graad r toe ek my dogtertjie gaan inskryf het ek vorm gekry van goed wat sy alles nodig het vir skool het dit klaar gekoop maar die ander ding op die vorm staan hulle mag net toebroodjies en `n vrugie saam vat skool geen lekkers nie en soetigheid nie nie eers yoghurt nie want hulle se yoghurt bevat suiker my dogterjie eet nie brood nie wat raai jy aan om dan in haar kosblik te sit soek raad asseblief.

    Reply

    • juffer
      Dec 06, 2010 @ 18:43:58

      Hello, Shantell :wink: Ek kan verstaan dat die skool reëls het. Kyk gerus na die skrywe oor kosblik-idees vir ‘n paar gedagtes. Aangesien dit vir baie mamma’s iets nuuts is om aan gewoond te raak, sal dit dalk lekker wees om aan die begin van volgende jaar ‘n dieetkundige as spreker te kry (om verskillende reseppies bekend te stel). Ek sou voorstel dat jy met die juffrou moet praat om ‘n ooreenkoms aan te gaan. Dalk kan julle vet vrye, wit jogurt probeer…of vullende vrugte soos piesangs. :wink:

      Reply

  11. Juanita
    Jan 13, 2011 @ 16:19:36

    Goeie dag,

    Ek het ‘n seun wat nou in Gr 3 is maar ons sukkel aangesien hy van spesialis na spesialis gestuur word om sy lees probleem op te los. Hy was in 2010 die laaste 9 weke besig met aktiewe behandeling by ‘n skool in pretoria wat deur ‘n arbeidsterapeet gestig is. Hy het ‘n blokkasie in sy klein brein wat hulle nou verwyder het maar nou is hy skolasties agter. Ek moet se die wiskunde is baie goed maar met lees het ons ‘n reuse probleem. Ek wil graag weet waar kan ek begin om die lees te verbeter. Baie dankie vir die webwerf het toevallig op dit afgekom toe ons lopende skrif moes doen en mamma al so bietjie vergeet het hom om dit te doen die voorbeelde gaan ons beslis nou help daarmee.

    Baie dankie Juanita

    Reply

    • juffer
      Jan 13, 2011 @ 19:49:31

      Hello, Juanita :wink: Ek kan jou frustrasies verstaan. Skop die jaar af deur die klanke en sigwoorde te hersien en “in te oefen”. Kyk gerus na hierdie skakels of tik soekwoorde soos “lees, klanke, abc, sigwoorde, dubbelklanke, drieklanke, tweeklanke” in die soekblokkie:
      Oogoefeninge, die en lees.
      Dubbelklanke
      Baie sterkte en kom loer gerus weer in :wink:

      Reply

  12. Sulani
    Feb 23, 2011 @ 13:55:06

    Liewe Juffer

    Sjoe, hierdie is sowaar die beste blad waarop ek al af gekom het. En glo my: EK KRAP ROND!

    Ek is opsoek na maklike manier om vir kindertjies (Laerskool) spelreels te leer. Bv inteReSSant – 1 rok en 2 skoene. Kinders sukkel om te weet wanneer eindig ‘n woord met ‘n t of ‘n d bv. hoet of hoed. Selfs wanneer val die “a” weg by bv maag, magie. Nog goed soos verkleinwoordjies: saad -saadjie en nie saadtjie. Hoe kan ons die kinders help om sulke spelreels op ‘n eenvoudige manier te onthou?

    Sal jou hulp baie waardeer!

    Reply

    • juffer
      Feb 23, 2011 @ 19:17:05

      Hello, Sulani :wink: Nokkie Hartman het oulike gidse in dié verband. Sy praat van identiese tweelinge (aa, ee, oo, uu). Ek het moontlik die storie ‘n bietjie aangepas so deur die jare, maar dit werk steeds. Ons klap die woord in lettergrepe en luister wat ons sê. Elke lettergreep word neer geskryf – soos dit klink – binne-in ‘n blok met ‘n deur. As die lettergreep op ‘n identiese tweeling eindig, stuur ek die een outjie om te gaan speel en maak ek die deur toe. Dus word maa- gie slegs magie.
      Daar is ook ‘n tweede deel. As die klappie / lettergreep eindig op ‘n klinker – lyk soos ‘n klinker en klink soos ‘n klinker, was hy soet. ‘n Soet kind kry altyd ‘n maatjie om te kom speel. Gaan haal hom langsaan en skryf hom weer. Bv. me- se word messe. As jou lettergreep op ‘n medeklinker, twee- of drieklank eindig was hy nie soet nie en maak ons die deur net toe (doen niks verder). Dit werk vir meervoude, verkleinwoorde en verskeie ander woorde (pappa, wikkel, bibber, botter…). :wink:

      Reply

  13. Charne
    Feb 23, 2011 @ 20:02:34

    Baie interresant …. Ek is 20 en swot nou onderwys vir grondslagfase !!
    Ek glo ek kan ook baie hier leer … :-)

    Reply

    • juffer
      Feb 24, 2011 @ 17:37:32

      Gits, ek hoop ek sal kan help. :lol: Vra maar…dalk kan ek ‘n antwoord gee.

      Reply

  14. Johan
    Mar 18, 2011 @ 11:33:38

    Hallo Juffer,
    Ek is bly ek het jou blad raak geloop, oulik.
    Ek is die ontwikkelaar en skrywer van die rekenaarspeletjies-reeks Big Boet en verwante programme vir kinders vanaf 3 jarige ouderdom tot 18 jaar.
    Ons is tans besig met die Big Boet opvolgreeks (Volume 2) en sal graag insette deur middel van voorstelle waardeer vir die Gr 0 (R) en Graad 1 groepie. Voorstelle sal waardeer word in die leervaardigheidsontwikkelingsarea naamlik; lees, spel en wiskunde. Elke afdeling is geskoei op konsentrasie met behulp van speletjies en uitdagings. Hoop jy kan help. Groete, Johan.

    Reply

    • juffer
      Mar 18, 2011 @ 17:56:37

      Dit klink wonderlik, Johan :wink: Ek sal my kop so ‘n bietjie laat gaan en my ore uitleen vir ander se idees :lol:

      Reply

  15. Anna-Maria
    Apr 11, 2011 @ 07:17:55

    Hi Juffer
    Was dit nou ‘n lekker ontdekking vanoggend om op hierdie webblad af te kom en wat verskriklik lewendig is – thanks a million. Ek het ‘n speelskool vir 4 / 5 jariges en loooooove my maatjies en speelskool. Soos jy tereg sê mens soek gedurig nuwe idees en dinge om te doen met die kleingoed, maar ook kan mens partykeer taamlik alleen voel in jou denke en soeke na antwoorde. Baie dankie – jy gaan beslis gereeld van my hoor.
    Groete

    Reply

    • juffer
      Apr 11, 2011 @ 16:30:53

      Welkom, Anna-Maria :wink: Kom loer gerus weer in.

      Reply

  16. Ilse von Wiellidg
    May 29, 2011 @ 17:32:53

    Hi
    Ek is leerondersteunings juffrou hier in die Paarl, en altyd opsoek na goed.
    Dankie vir jou oulike blad.Ek is opsoek na Afrikaanse Leesbegripstukke vanaf graad 3 vlak en hoër. Waar kan ek dit kry? Ek het Cami tot my beskikking by die skool, maar wil ook hê die kinders moet begripstoetse skriftelik beantwoord.

    Reply

    • juffer
      May 30, 2011 @ 19:34:56

      Welkom, Ilse :wink:

      Ek het destyds ‘n paar oulike werkvelle – wat verskillende begrips-aspekte en vlakke dek – gekoop. Die skrywer is Wena Hartslief en haar telefoonnommer was so ‘n paar jaar gelede nog 021 975 5316. Dalk kan sy jou nog help. Die boekies (Rondomtalie) is regtig oulik en is in Afrikaans en Engels beskikbaar. (Daar was ook Wiskunde boekies.) Indien sy jou nie kan help nie, kan jy seker ook die Onderwyskollege (KSUT) op Wellington kontak en met die bibliotekaresse gesels. Ek is seker hulle sal ‘n kopie of twee beskikbaar hê. :wink:
      Ek gebruik dikwels die Alles-in-Een reekse en kyk ook na handboeke vir Afrikaans Tweede Taal. Dit is meestal meer gepas vir outjies wat sukkel met die leeswerk. Dan is ek bewus van die Pret met Afrikaans boeke en Leer Afrikaans, maar het ek nog nie self die reekse aangeskaf nie.

      Ek hoop dit kan help :wink:

      Reply

  17. Elsa Swanepoel
    Jun 14, 2011 @ 16:11:45

    Hallo Juffer,

    Ons is ñ Suid-Afrikaanse gesin wat in Mosambiek woon en werk. My kinders (4 en 6 jaar) kry onderrig in Engels. Die skool begin formele onderrig baie vroeg, my 6 jarige dogtertjie skryf al die hele alfabet, nommers in woorde, simpel sinne, sy het ook nou begin lees en doen simpel wiskunde sommetjies ens. Sy is egter ñ baie aktiewe en spelerige kind met ñ goeie verbeelding en wanneer sy huiswerk kry is dit omtrent ñ stryd om dit gedoen te kry!! Het jy dalk vir my enige raad oor hoe om die sakie te hanteer, aangesien dit baie keer op ñ bakleiery tussen ons uitloop en ek wil dit nie so he nie!! Vandag se kinders raak net te vinnig groot en ek wil haar vir so lank as moontlik kind laat wees, maar ongelukkig is ons nou in die situasie en moet saam met die stroom gaan.

    Elsa

    Reply

    • juffer
      Jun 15, 2011 @ 19:31:24

      Hallo, Elsa :wink:
      Op 6 jaar moet ‘n mens die outjies nog kans gun om meer spelenderwys te leer. Kry iets soos ‘n “egg timer” wat darem vir 10 minute op ‘n slag gestel kan word of stel een wekkertjie twee maal. As jou dogtertjie dan vir die volle tydjie kon werk, kry sy ‘n plakker op ‘n beloningskaart (sommer ‘n kalender met groot blokke). Na vyf plakkers kan sy ‘n klein beloning kry. Jy kan self die hoeveelheid plakkers of die beloning bepaal. Dit moet egter klein wees sodat jy darem nie jou sak te veel moet skud nie. Maak seker dat jou huiswerktyd nie te laat is nie en dat dit min of meer op dieselfde tyd elke dag geskied. Maak dit ‘n rustige tyd – sonder ‘n televisie of radio. As daar nie huiswerk is nie, kan julle na stories luister, ‘n boek lees of opvoedkundige speelgoed nader trek – om in die roetine te bly. Kyk na die aktiwiteite wat die juffrou gee en doen sommer so ‘n paar “terloops” of “in die verbygaan”. As die juffrou plus somme gegee het, kan julle die vrugte in die vrugtebak optel of kyk hoeveel pakke koekies daar nog oor is (maak kamma inkopielyste). Wanneer julle dan die somme doen, kan ‘n mens ‘n beeld of ‘n storie daaraan koppel om dit minder vervelig te maak.
      Ander dinge wat jy kan probeer is om ‘n oulike “leerhoekie” in te rig met spesiale potlode en kryte om die aandag te trek en om die leerproses aanloklik te maak. Lekker leer! :wink:

      Reply

  18. Danielle
    Aug 09, 2011 @ 10:59:03

    goeie dag juffer

    Ek is ‘n ma van ‘n gr7 dogter. My dogter het een of ander entrepreneursdag ding aan die gang vir die 30ste OKtober en ek sal graag will weet hoe om haar te help….

    Reply

    • juffer
      Aug 09, 2011 @ 16:34:22

      Middag, Danielle :wink:
      Ek sou voorstel dat julle saam moet dink aan die dag. Gaan julle items koop om te verkoop of gaan julle goed maak om te verkoop? Gaan dit eetbaar wees of eerder ‘n bruikbare item? Aan wie sal jy die items probeer verkoop (kinders / grootmense) en is dit dalk vir ‘n spesifieke geleentheid (bv. Kersgeskenke)?
      Eetgoed is natuurlik altyd ‘n wenner en ‘n mens moet dink aan iets wat sal hou (nie sleg raak in die son of buite ‘n yskas) en wat sal byval vind. ‘n Ander aspek is om aan jou uitgawes te dink. Is dit die moeite werd om die item te verkoop? Gaan jy genoeg wins maak? Watter produkte sluit die minste uitgawes en die meeste wins in?
      As jy jou stalletjie beplan – sorg vir ‘n groot, beskrywende, kleurvolle advertensie en ‘n aanloklike geheelbeeld. ‘n Helderkleurige tafeldoek en kindervriendelike (oulike prente vir kinders) beeld sal die aandag trek.
      Ek voeg ‘n paar skakels van moontlik idees by:
      beer potloodmaats (sien ook die haarknippies op dieselfde webtuiste)
      gesigverf
      brownies / toffie appels
      ander :wink:

      Reply

  19. Maritza
    Aug 09, 2011 @ 12:06:22

    Ek is opgewonde oor hierdie blad. My dogtertjie(Gr 2) se werk is op standaard, maar haar werkstempo is bietjie stadig. Is daar enige spoedtoetsies wat juf kan voorstel?
    Maritza

    Reply

    • juffer
      Aug 09, 2011 @ 16:19:08

      Middag, Maritza :wink:
      Breek take op in kleiner dele. Stel ‘n egg timer vir ‘n paar minute en as sy die takie binne die gegewe tydperk voltooi het, kan julle ‘n sterretjie op ‘n beloningskaart aandui. Speel eers ‘n paar keer met die tydperk en hoeveelheid werk om ‘n gepaste doelwit te kry. Besluit dan ook op ‘n kleinerige, maar lekker beloning vir al die harde werk. Byvoorbeeld ‘n stel mooi plakkers vir 10 keer (10 sterre op die kalender…) se oulike werk.
      Hou die uitdaging realisties en prys poplap vir goeie probeerslae. Hou ‘n ogie oor die skryfaksie (dalk stadig of met inspanning) – sodat julle handspier oefeninge kan doen om die skryfaksie meer egalig (en vinniger) te maak. Tik gerus woorde soos handspier, fynspier, skryf, skrif…by die soekblokkie in vir ‘n paar idees.
      Lekker oefen :wink:

      Reply

  20. Mandi
    Aug 15, 2011 @ 10:13:57

    Hi, ek is opsoek na ‘n telefoon nr waar ek motiverende rubber stempels kan aankoop, kan U my dalk help?

    Reply

    • juffer
      Aug 15, 2011 @ 18:48:08

      Hallo, Mandi :Wink: Jy kan vir Alta Scholtz skakel. Sy het ‘n groot verskeidenheid stempels en magneet met die oulikste boodskappies en prente daarby.

      Reply

  21. heide
    Aug 16, 2011 @ 09:20:48

    WOW ! So bly daar is mense soos jy ….

    Kan jy asb. vir my jou raad gee oor voorskool se lees. My seuntjie is 5 jaar oud en stel baie aan lees belang, maar ek word deur sy skool afgeraai om hom te leer lees.

    Reply

    • juffer
      Aug 17, 2011 @ 19:17:30

      Hallo, Heide en baie dankie! :wink:
      As jy wil begin werk aan klanke, moet julle seker maak dat dit reg uit gespreek word. Begin eers deur die klanke te leer. Daar is rympies onder die drukbares en verskeie skrywes oor hoe om te skryf en te speel in die verband. Tik soekterme soos abc, klanke, Graad R…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Hou die klankspeletjies baie eenvoudig deur ‘n woordjie of ‘n sin by jou seuntjie se tekeninge te skryf en dit vir hom te lees (sodat hy dit later kan nadoen en “self kan lees”). Hulle gaan in Graad R aan die klanke bloot gestel word en ‘n mens wil nie veroorsaak dat die outjie dan verveeld sal word nie. :wink:

      Reply

  22. Francine
    Aug 22, 2011 @ 10:57:16

    Jou webtuiste is presies wat ek die afgelope jaar na soek. Baie dankie. Tuisondderrig gaan nou makliker wees. Weereens baie dankie!!!!

    Reply

    • juffer
      Aug 22, 2011 @ 18:21:49

      Welkom, Francine! Loer gerus weer in, skryf sommer hier bo op die kennisgewingslys in en bevriend(-in) my om Facebook. Ek verskaf inligting sommer so in alle rigtings :wink:

      Reply

  23. Nicci
    Sep 01, 2011 @ 01:13:01

    Dit is nou lekker om so oulike webtuiste te aanskou. Ek is ‘n grondslagfase onderwyseres wat in Sydney, Australie skool hou. Daar is ‘n groot aanvraag vir ekstra Afrikaanse klasse by ons skool siende dat daar so baie Afrikaanse ouers is wat bekommerd is dat hul kinders die moedertaal gaan verloor. Ek is opsoek na kinder vriendelike invul handboeke vir Afrikaans Taal, Spelreels, Literatuur wat oulike gediggies bevat, ens vir Gr R-Gr4. Ons hoof is bereid om die boeke aan te koop en in te voer Australie toe. Is dit nie wonderlik nie?! Enige idee waar ons dit in die hande kan kry?

    Reply

    • juffer
      Sep 01, 2011 @ 17:30:46

      Middag, Nicci :wink:
      Wat ‘n oulike skool! Julle kan na die Alles-in-een reeks, Slimkoppe (‘n nuwe reeks), Clever se boeke is ou gunstelinge en dan het ek een of twee van ACE se werksboeke. Loer gerus na Graffiti-boeke se webtuiste. Hulle het ‘n redelike verskeidenheid skoolboeke onder een sambreel. ‘n Mooi dag vir julle!

      Reply

  24. Karlien
    Feb 20, 2012 @ 09:39:45

    Hallo Juffrou
    So bly ek het op jou webblad afgekom. Ek is ‘n moedelose moeder met ‘n
    graad 1 seun wat nie wil huiswerk doen nie, hy sit nie stil nie en konsentreer
    nie baie lank nie. Hy wil ook nie regop sit en werk nie.
    As ons die woorde klank soos bv. kok dan kan hy nie die woord hoor en uit-spreek nie, hy sukkel ook met die f en g en p. Hy sal sommer as hy kok moet klank sê kon of so iets. Het ek rede om bekommerd te wees of sal dit regkom.
    Ek sa waardeer as jy my kan sê hoe moet ek hom leer lees en klank, groot asseblief.
    Baie dankie
    Karlien

    Reply

    • juffer
      Feb 21, 2012 @ 19:06:22

      Middag, Karlien :wink: As ‘n outjie sukkel met die ouditiewe persepsies (luistervaardighede) kan ‘n mens eers help met ‘n paar tuisoefeninge. Indien jy agterkom dat hy steeds sekere “sagter” klanke (soos die f, b, p) nie reg hoor nie, kan ‘n mens dit oorweeg op sy gehoor te laat toets. ‘n Oudioloog doen dit, maar ek sou wou aanraai dat jy dan na ‘n spraak- en taalterapeut soek wat óf gehoortoetse doen óf saam met iemand werk wat dit kan doen. Só kan jy twee vlieë met een klap afhandel.
      Jonger lyfies kan nie altyd stil sit nie omdat hul spiertonus nog nie voldoende ontwikkel is nie. Die outjie lyk dus woelig, omdat hy die heeltyd moet kompenseer om regop te bly. ‘n Mens kan die spiertonus deur verskillende oefeninge probeer aanspreek. As die tuishulp nie help nie, kan ‘n mens ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut reël om ekstra en gespesialiseerde hulp te kry.
      In ander gevalle is dit werklik ‘n konsentrasie probleem en moet ‘n mens die outjie vir ‘n tyd lank dop hou om te bepaal of dit net in die klas of tuis gebeur. ‘n Paar aanpassings in die dieet en roetine kan die aandagspan aanhelp.
      Daar is verskeie idees in verband met lees, klanke, skrif, wiskunde…op hierdie blog. Tik bloot sleutel- of soekterme soos abc, klanke, sigwoorde, skrif, skryf, lees, patrone, fynspier, Graad R, Graad 1, syfers, vorms…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Daar is ook drukbare oefenblaaie onder die hofie hier bo. :Wink:

      Reply

  25. Christelle
    Apr 02, 2012 @ 15:10:38

    Hi Juffer,

    Ek het 2 seuntjies, Josua (2007) & Ruan (2009). Hulle doen alles saam, maar met tuis oefeninge is dit moeilik. Ek is nie aldag seker hoe om net met een te werk nie. Josua is nou graad RR en ek het opgelet dat hy sukkel met wiskunde. Dit klink snaaks, maar hy sukkel met 1ste, 2de asook hoeveel. Hy tel baie mooi tot by 20, maar as ek 5 appels wys, skat hy. As ek hom dan vra om elkeen te tel doen hy dit, maar ek is bekommerd dat hy nie in die klassie sal deelneem nie en agter raak hiermee. Ek doen audio bloks met hom, Ruan is nog bietjie klein. Het jy raad? Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek dink ek gaan jou nog heelwat pla.

    Reply

    • juffer
      Apr 04, 2012 @ 18:28:58

      Middag, Christelle :wink: Rangtelwoorde of posisie is maar ‘n moeilike konsep vir sommige kinders. Moenie te veel klem op die “leer”-gedeelte plaas nie en oefen dit met sy speelgoed. Pak so drie of vier speelgoed in ‘n ry en praat oor wat julle sien – Teddie staan eerste, die perd is laaste…Wie is dan tweede? (tel…een, twee) – die soldaat! Herhaal dit as julle in ‘n ry staan (bv. bank, winkel), verby geparkeerde motors stap of ‘n laaste hap ertjies moet neem…Kom ons kyk wie gaan eerste al die ertjies op eet – Josua was eerste, Ruan was tweede en mamma was derde!
      Hoe meer informeel, hoe beter.
      Moenie te groot getalle gebruik vir telwerk nie. Beperk dit eers net tot 5 items – vir sy ouderdom. As jy sien dat hy raai, kan jy hom laat fokus deur te maak of jy vergeet het om te luister en gou self moet tel. Tel dan hardop terwyl jy aan die items raak. Hy is miskien skrikkerig om verkeerd te wees, maar as hy sien dan ander ook moet “seker maak” kan dit dalk beter gaan. Baie sterkte :wink:

      Reply

  26. Cheryl Steenkamp
    May 22, 2012 @ 09:33:16

    Geagte Juffrou ek pas my klein-dogter op, sys nou 3jr en 4md oud sy is gebore met ‘n haaslippie en gesplete verhemelte. Haar lippie is herstel op 10 weke, 1ste verhemelte operasie op 3maande waarop nog 2 gevolg het, maar die verhemelte is nog nie heeltemal geheg nie, die operasie word in 2013 gedoen. Ek wil haar graag help met haar spraak, sal ek kan of moet sy ‘n profesionele persoon sien?? Hulle het my dogter aanbeveel dat die verhemelte eers herstel moet word voor sy met spraak terapie begin. Ek voel dat mens dit nou al kan doen of is ek nou net ‘n oorbeskermde ouma???? Wil net by se dat sy ‘n boetie het wat 1jr9md oud is. Groete Cheryl

    Reply

    • juffer
      May 23, 2012 @ 17:53:09

      Middag, Cheryl :wink:
      Daar is niks fout met besorgdheid nie. ‘n Mens kan beslis voortgaan met taalontwikkeling en algemene taalspeletjies. Lees stories, luister na stories, sê rympies op en sing liedjies. Daardie lekker bederftye saam met Ouma sal beslis onthou word.
      Ek sou egter die hulp van ‘n gesoute spraak- en taalterapeut wou inspan om die spraak te verbeter. Wanneer die dokter en terapeute voel dat die tyd ryp is vir terapie, sal Ouma waarskynlik baie met die huiswerk moet help. :wink:

      Reply

  27. nicky fourie
    May 26, 2012 @ 21:18:07

    Goeie naand juffrou. U webtuiste is baie oulik en met goeie idees. My seuntjie is in graad R maar skukkel met sy potloopgreep dus sukkel hy om syfers en sy naam te skryf. Hy gaan vir arbeidsterapie want hy sukkel ook met sy middlelyn kruising en blykbaar kan dit wees hoekom hy so sukkel om syfers en sy naam te skryf asook vorms te teken. (Hy het al baie verbeter van die begin van die jaar af) Ek weet hy moet net oefen oefen daarom wil ek hom by die huis ook meer help. Weet u dalk waar kan ek blaaie aflaai waar die syfers en alfabet in kolletjies gedruk is wat hy dan kan oor “trace”. Ek dink dit sal dit dalk makliker vir hom maak. Dankie en leka aand verder. Nicky Fourie

    Reply

    • juffer
      May 28, 2012 @ 17:03:40

      Middag, Nicky :wink: Dit is wonderlik dat julle die outjie reeds in Graad R so mooi ondersteun. Die potloodgreep ontwikkel deur die jare en is iets wat ‘n mens moet inoefen. My outjies word geleer dat die wysvinger en duim die kryt byt – soos ‘n krokodil – en dat die kryt dan op die middelvinger rus. Plak ‘n voorbeeld op waar die outjie die meeste teken/skryf, sodat hy kan loer of hy reg werk.
      Rig ‘n tafel (of ‘n plastiekkrat se deksel werk goed) in as werkhoekie waar jy apparaat en items soos klei kan gebruik om die handspiere te versterk.
      Onder die “drukbares” hofie sal jy drukbare letters/robotkaarte en muurkaarte kan aflaai. Die outjie kan daarop skryf en/of die prente inkleur. Daar is ook skrifoefeninge (drukskrif) en ‘n skrifblad heel onder. Jy kan gerus ook soekterme soos vorms, patrone, skrif, skryf, syfers…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.

      Reply

  28. Heinrich
    May 28, 2012 @ 09:52:39

    Hi daar aan amal. Ons wil baie graag ons kinders tuis onderrig met persoonike redes maar het geen idee waar om te begin nie. My oudste seun is nou al 4jaar oud en ek wil baie graag weet watse tipe aktiwiteite hy kan doen om die brein te stimuleer?

    Reply

    • juffer
      May 28, 2012 @ 16:52:08

      Middag, Heinrich :wink: Ek is nie seker wat outjies jonger as Graad R-vlak doen nie. ‘n Educareskool of -juffrou sal die spesifieke idees kan gee. Ek kan egter voorstel dat jy begin met taal-/woordeskat ontwikkeling, rympies, Sondagskool-idees, ouditiewe persepsie, visuele persepsie, middellynkruising, spiertonus, fynmotoriek/handspiere, groot/grof spiere…potleedgreep…Jy kan hierdie soekterme by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.
      Hier is tema’s soos herfs, plaasdiere, troeteldiere, wilde diere, karnivore, dokter, veiligheid, die Olimpiese Spele…op die blog en jy kan die idees met liefde probeer. Hou jou idees so prakties as moontlik en besoek die plaaslike biblioteek gereeld. Hulle het baie boeke oor elke tema onder die son en as jy gelukkig is – selfs DVD’s / Video’s.
      Loer gerus ook na kleuters.co.za, kinderwerf, tuishulp en PEUTERS (op Facebook). Wanneer die outjie Graad R-ouderdom bereik kan jy soekterme soos abc, klanke, skrif, skryf, skoolgereed, kurrikulum…begin intik :wink: Baie sterkte

      Reply

  29. Heinrich
    May 28, 2012 @ 17:07:21

    Dankie Juffer, My vrou was gelukkig vir die laaste 7 jaar ‘n kleuterskool onderwyserres gewees, maar was groot in deels in die bab klassie. Maar sy het die kennis en ervaring, was net nie seker van die begin punt nie. Baie dankie vir die hulp en sal beslis kom loer na al die dingetjies en weer vra as ons hulp nodig het. :)

    Reply

    • juffer
      May 28, 2012 @ 18:13:45

      Dis ‘n groot plesier :wink: Kom loer gerus weer in

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 818 other followers