Mei 27, 2012
Juffer
afrikaans, huiswerk, kind, klaskamer, mamma, ouers, pappa, terapie
b, d, f, klanke, omkering, reëls, v, verwarring

Ek het gevind dat die meerderheid kinders worstel met omkerings (spieëlskrif) en lettergreepverdeling. Dit is natuurlik ‘n veralgemening, maar as ‘n mens so deur hul boeke blaai…word die veralgemening ‘n werklikheid.
Die volgende omkerings vind baie plaas:
Dan kry ons ook die volgende vervangings of verwarrings:
In uitsonderlike gevalle verwar kinders ook b en w. Hierdie is egter (soos h / j) ‘n ouditiewe diskriminasie uitval.
b / d (ook van toepassing op b / d/ p / 9)
Vir hierdie verwarring is ‘n groot hoeveelheid visuele diskriminasie oefeninge nodig. Byvoorbeeld:
-
soek die b of d in die ry langsaan
-
watter prentjie begin met ‘n b of d?
-
watter prentjie begin nie met ‘n b / d nie?
-
omkring die woord wat met ‘n b / d begin
-
soek die b / d in die koerant artikel, tydskrif opskrif, ensovoorts
Taktiel (voel):
-
maak ‘n lang, dun, opgestopte skrifslang en buig dit in die vorm van die klanke
-
vorm die klank met klei
-
skryf die klank in sand – met die vinger
-
skryf die b met jou vinger teen ‘n boom se stam
-
skryf die d met jou vinger op die deur
-
doop jou vinger in water en skryf die klanke op sement of teen die bord
-
voel oor die klanke op ‘n robotkaart
-
maak dus ‘n vergroting van die klank
-
plak ‘n groen kol waar die klank begin en ‘n rooi kol waar dit eindig
-
b begin bo en d begin in die draai
-
lê op die mat en probeer om die letter met die lyf te vorm
-
staan en vorm die letters met die liggaam
Ouditief (gehoor):
-
noem drie woorde en vra “wat hoor jy eerste?”…bos, bak, buk…of…das, dek, dit
-
noem ‘n paar woorde op en vra aan die kind om ‘n spesifieke gebaar te maak as die woord met b of d begin (steek hand op, snap vingers, knip oë, ens.)
f en v
Hierdie is een van die “gewildste” verwarrings. Dit is egter makliker om te remedieer as baie van die ander verwarrings. Na aanleiding van ‘n paar opgemaakte reëls, oorkom heelwat kinders die uitval.
f
-
flamink is die enigste voël (waaraan ons kan dink) wat met ‘n “f” begin. Ons teken gewoonlik ‘n strepie in sy nek en siedaar! Sy kop en nek vorm sommer ‘n “f”.
-
Dinge wat stukkend of verniel beteken soos fyn, flenters, fraaiings, frommel…(*)
-
Dinge waaraan ‘n mens kan vat of wat ‘n mens kan sien – mensgemaak – soos fabriek, fiets, flits…(*)
-
Dinge wat ‘n mens kan wees soos fraai, flou, fier, familie…(*)
-
Aan die begin, einde of in die middel van woorde
v
-
Dinge wat vlieg of vinnig is soos vlieg, vlerk, vuurpyl, vuur (brand vinning), vlam, vlooi, viool (speel vinnig anders slaap ek)
-
Dinge wat met my lyf te make het soos vel, vingers, voete, vryf
-
Dinge wat met diere – veral plaasdiere – te doen het: soos vark, vul, vee, vos, vleis, volstruis, voer, vreet
-
As ‘n woord met “ver” begin, skryf ek altyd v-e-r.
-
Nooit aan die einde van woorde nie.
f en v oefen
f en v prent
Like this:
Like Loading...
Mei 21, 2010
Juffer
afrikaans, klaskamer, skool
geskenk, stempels
‘n Tydjie gelede het iemand gevra waar hulle stempels kan koop. Ek het as student ‘n stelletjie stempels by die klasjuffrou gekry na sowat ‘n maand se proeftyd. Dit was 4 gesiggies – van een met ‘n oopmond glimlag tot by so ‘n bedroefde wriemelmondjie. Dit was en is steeds baie geskik en ideaal om vir die kleingoed aan te dui hoe tevrede ek met hulle werk is…en dis goedkoper as plakkers!
Baie jare later gebruik ek steeds die stempels en het ek dit met van die ander in die reeks aangevul. Onlangs het ek en ‘n kollega vir ons “personalised” stempels laat maak en dit is ideaal vir al die koeverte en administrasiewerk. Die mense het ‘n verskriklike groot verskeidenheid kindervriendelike stempels met die oulikste boodskappies. Ek plaas die spesiale aanbod vir Mei-maand hier, sodat julle ‘n ordentlike pryslysie en katalogus kan aanvra. Die bladsy is in werklikheid ‘n kwart van ‘n A4-papier en die stempels is minstens dubbeld die grootte.
Kontak Alta Scholtz om vir jouself, jou kollegas of vir jou kind se juffrou ‘n oulike verrassing te koop.
(skimp-skimp
) Druk op die papiertjie om te vergroot.

Like this:
Like Loading...
Mei 4, 2010
Juffer
afrikaans, inkleur + aktiwiteite, kinders, klaskamer, mamma, ouers, pappa
Dit is Sondag Moedersdag. Hiermee ‘n paar idees vir ‘n ietsie vir Ouma, Mamma of ‘n spesiale tannie.

Trek die sjablone of raamwerkies af op stewige karton (soos ‘n papboks) of ‘n ou x-straal plaat. Help die kinders om dan die vorm na te trek op ‘n kleurvolle papier.
Julle kan byvoorbeeld ‘n gedig soos “Ma” deur Antjie Krog op ‘n A4-vel skryf. Gebruik skerpgemaakte uitdraaikryte en verf kleursel bo-oor om die papier ekstra spesiaal te maak. Selfs spatsels van verskillende kleure suiwer voedselkleursel (oorheersend eiergeel met rooi, groen en blou spatsels) kan ‘n interessante effek gee. Oefen vooraf en gebruik jou eie oordeel. As die papier droog is, kan jy die patroon natrek, laat uitknip en vou. Vul die houer met lekkertjies (“pienk pilletjies”, smarties, jelly beans, love sweets, malvalekkers) of jul gebak en heg ‘n kaartjie daaraan.
Indien jy die hartjieboekie soos hierbo wil vou, kan jy die sjabloon tussen hakkies probeer. (Ek het die oorspronklike sjabloon probeer vergroot.) Skryf dan “byvoeglike naamwoorde” soos “mooi, liefdevol, spesiaal” daarin en rond dit af met ‘n spesiale laplint.
‘n Tipe papier wat goed werk, is die bruin dosie-karton wat net ‘n bietjie dikker as gewone papier, maar dunner as ‘n papboks is. Dit het sulke spikkels in en is relatief goedkoop. Indien jy ‘n laplint of verpakkingstou gebruik, gee dit ‘n “rustieke” gevoel. Uitdraaikryte sal steeds pragtig daarop vertoon.



Like this:
Like Loading...
April 27, 2010
Juffer
afrikaans, inkleur + aktiwiteite, kinders, klaskamer, skool, vorms, wiskunde
bal, dimensioneel, doolhof, heksagoon, inkleur, maze, pentagoon, seshoek, Soccer City, sokker, sokkerbal, sport, taakkaarte, Tafelberg, take, vorms, vyfhoek, wêreldbeker, werkvelle, Zakumi

Die Wêreldbeker sokkertoernooi is een van die dae hier en ‘n mens kan verskeie dinge doen om die kleingoed geïnteresseerd te maak. Ek het so ‘n paar werkvelle en “inspirasies” opgespoor oor sokker en oor verskeie Wêreldlande. “Lande van die wêreld” val seker nog nie heeltemal in hierdie kwartaal se beplanning nie, maar die terloopse inligting behoort voorbrand te maak vir die latere tema’s. Sonder ‘n hoekie, muur of gang af waar die outjies meer oor die deelnemende lande en die sokkertoernooi kan leer. Gebruik die idees om dalk Engels as tweede taal aan te bied of om nuwe woorde aan te leer. Hou ‘n paar velle inkleurprente of aktiwiteite een kant vir die verveelde outjies. Natuurlik kry ‘n mens ekstra spesiale plakkers vir jou ekstra werk
.
Bespreek die vorms van die blokke op die bal. Dit het vyf sye en word ‘n pentagoon genoem. Hoeveel van hierdie blokke sien jy op ‘n sokkerbal. Hoeveel is wit? Hoeveel is swart? Verdubbel die aantal blokke. Hoeveel kry jy? Wat gebeur as ek die wit blokke met die aantal swart blokke vermenigvuldig? Hoeveel sye het 3 blokkies?…en al die blokke altesaam?
Het jy geweet dat daar geboue in hierdie vorm bestaan? Die Pentagon in Amerika en die Kasteel in Kaapstad is twee voorbeelde van so ‘n vorm.
Maak ‘n prentjie met ‘n paar vyfhoeke. Maak sjablone uit x-straalplate, sodat die kinders dit kan aftrek. Laat die outjies dit uitknip en op die rug van ‘n dinosourus plak.Vou vyfhoeke en maak ‘n klas vol sterre daarvan. Dit behoort die kleingoed ure lank besig te hou. Het jy geweet dat as jy die bene of punte van ‘n sterretjie omvou – jy ook ‘n vyfhoek kry?! Doen dit sommer met plakkers.
…Daar is ook blokke met seshoeke! (Duidelik is Juffer nie ‘n sokker kenner nie.) Nou het ek weer ‘n ding raak gesien! Wat daarvan as elke kind ‘n seshoek uit ‘n stukkie lap knip en met lapverf verf. ‘n Knap juffrou of mamma kan dan ‘n klaskombers maak. (Ek wens ek kon self so ‘n deken maak! Dit lyk altyd so mooi en snoesig
)
Gee vir elke outjie ‘n seshoek om uit te knip en ‘n spelwoord om daarin te skryf. Bou ‘n heuningkoek teen die muur en siedaar! ‘n Spelles, vormles én fynmotoriese ontwikkeling in een! Ek sou op eu-woorde gefokus het om by die heuningkoek aan te sluit, maar enige iets sal werk.
Neem ‘n bladsy vol vorms en vra die outjies om slegs die vyfhoeke of seshoeke te omkring vir visuele diskriminasie oefeninge. Maak patrone op lang strokies en gee los vorms. Vra dat die kleingoed die patrone napak of dat hulle dit nateken. Jy kan die vorms in verskillende kleure maak – sodat die patroon die volgorde van kleure ook insluit. (Vyf- en Seshoeke)
Verskaf bladsye met verskillende groottes seshoeke, vyfhoeke en sirkels. Gee die kinders die vryheid om hul eie prentjies met die vorms te pou (knip en plak).
Wat weet ons van ‘n bal? Wat is die vorm se naam? ‘n Sfeer. Dis ‘n opgeblaasde sirkel…Waar kry ons sfere? Noem maar op: planete, die son, die maan, balle, gloeilampies, krale…
Blaas borrels met seep (buig ‘n draadjie in ‘n sirkel en maak lekker seepwater aan – vir buite spel). Blaas borrels in ‘n seperige oplossing…gebruik strooitjies en drup ‘n paar druppels voedselkleursel in die seepsous. As die outjies hard genoeg blaas, borrel die glas oor en kan ‘n mens ‘n papier bo-op druk. Die borrels gee ‘n oulike tekstuur op die bladsy.
Speel met balle – groot, klein, grof, swaar, lig, wollerig (tennisbal)…ryg sfeervormige krale in om halsnoere te maak…Het iemand dalk ook oulike idees?
(Sokker soektog en Tweeklanke woordsoeke)
(doolhof en sokkerbal inkleur)
Zakumi (Laat maak jou eie Zakumi)
Inkleurprente van die sokker – insluitend Soccer City en Tafelberg (oulik)
Like this:
Like Loading...
April 1, 2010
Juffer
afrikaans, herwinning, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, Inklusiewe Onderwys, kind, kinders, klaskamer, lees, mamma, onderwys, ouers, pappa, probleem, skool
geletterdheid, idees, kursus, letterland, ouditiewe persepsie, renee lighton, spreker
Ek sal probeer om gepaste kursusse hier te lys…Indien jy van ‘n praatjie of ‘n kursus weet, kan jy die inligting aanstuur (remediering@hotmail.com).
Renee Lighton is Engelssprekend, maar haar sessies kan deur enige een bygewoon word. Sy is nogal ‘n inspirasie vir juffrouens en ouers wat met outjies van so jonk as 3 jaar tot so 8 of 9 jaar werk. Haar praatjies is kort en kragtig, maar vol skop (± 75 minute).
Die praatjies raak aan geletterdheid, wiskunde en skrif. Die idees is prakties, sakpas en wys jou hoe om met min fondse baie te bereik.
Jy moet Renee direk per e-pos kontak: rlighton@mweb.co.za.
Neem ‘n geldjie saam…(boeke te koop).
Maart 28, 2010
Juffer
afrikaans, herwinning, inkleur + aktiwiteite, kinders, klaskamer, ouers, skool
blaar, blare, collage, eekhoring, Graad 1, Graad 2, Graad 3, herfs, inkleur, krimpvark, kuns, teken

Dit is eintlik alreeds Herfs en ek het nog niks daaromtrent gesê nie. Dis seker omdat dit nog onlangs 40° C in my klas was! Kom ons dink aan ‘n paar gedagtes om die kleurvolle seisoen in te wy. (Dalk meer op Graad R en 1 gefokus.)
Uitstallings:
As juffrou moeite doen en die uitstalling aanloklik maak, sal die werk sommer ekstra lekker wees om te doen. Gebruik ‘n herfstafeldoek of gebruik groot velle bruinpapier – met herfskleur drukwerk daarop. Plaas houers met blare en sade in afsonderlike houers. Die outjies kan hieraan voel, ruik en skud. Dink net aan al die geluide wat sade en peule kan maak. Gebruik dié natuurlike musiekinstrumente sommer tydens sanglessies.
Collage:
‘n Collage word nie in een dag voltooi nie. Dit bou op. Elke takie wat jy elke dag doen, kan op die ou einde ‘n stukkie van die finale kunswerke wees. Jy kan ‘n klassikale werk maak of individuele prente.
- Berei ‘n groot vel papier voor (las dalk so twee A1-velle ongedrukte koerantpapier vir die klas of ‘n A3-vel vir ‘n individu) deur drie tot vier verskillende mengsels verf dikkerig aan te maak. Dit moet soos “tandepasta” wees en kan in kleure soos ‘n gelerige oranje, rooierige oranje en ‘n roesbruin gemeng word. Moet nooit die poeierverf net so uit die potjie gebruik nie – dis vervelig
. Plaas ‘n paar sponsies (sommer dié in pillehouertjies en ou kombuissponsies) by elke kleur neer en laat die outjies die verf op die groot vel “spons”. Verduidelik vir hulle dat die sponsies nie moet drup van die verf nie en amper droog moet wees. Hou maar ‘n ogie oor die takie, want die kleur kan dalk op een kol gekonsentreer wees. Versprei die kleure in ‘n lekker bont “blare bed”.
- Maak ‘n krimpvarkie. Jy sal die sjablone moet verskaf of die buitelyne vooraf moet afrol. Verf die verskillende dele met vingerverf, plak bewegende ogies (soos die plastieksoort wat jy in materiaalwinkels se knope-afdeling kry. Onthou dat die buitelyne dik en donker moet wees om die knippery te vergemaklik. In Graad R kan jy dalk die “pelsies” uit watte laat maak en dit met voedselkleursel kleur. Groen en rooi kleursel behoort bruine te maak – voeg geel by en maak dit ligter met water. Die krimpvarkie sal later op die gesponsde agtergrond verskyn.
- Maak ook ‘n eekhoring. Koop A4-velle bruinpapier (die soort waarmee boeke oorgetrek word) en rol die sjabloon daarop af. Die kleingoed knip die eekhoring uit en rol verskillende skakerings bruin verf met ‘n droërige rollertjie daaroor. Hou stukkies bruin gekleurde pypskoonmakers byderhand vir snorbaarde, ‘n swart knopie of bewegende ogie en selfs regte akkers vir die afronding. ‘n Mens moet altyd aan iets dink wat diepte sal gee aan ‘n collage. Indien jy lus het, kan jy ou stukkies lap (monsters) by ‘n mat- of gordynwinkel vra en die lappies in klein blokkies opsny. Dit sal oulike teksture vir die lyfie gee…of ou snippers hare by ‘n haarsalon (siesa!
). Wees kreatief en maak die aktiwiteit prettig..
- Plak nou die diere bo-op die agtergrond en gee ekstra stukkies akkerdoppe of boombas om om die voetjies te strooi. Indien jy lus het, kan julle stukkies gom of alkant-kleefkant sponsstrokies onder die diere plak vir ‘n 3D-effek. Stal die prente in die gang uit – op die kinders se ooghoogte.
- Maak eenvoudige sjablone van eikeblare uit x-strale of dik karton. Sny dit uit. Die kleingoed teken dit af met ‘n vetkryt of ‘n dik potlood. Onthou dat die vorm nie te vol detail moet wees vir die kleinste outjies nie. Elkeen kan oor die getekende lyn gaan met ‘n platpunt veselpen (swart koki). Kleur in met vet, Jumbo pastelle (druk hard…oranjes, rooie, bruine) en gebruik die helder blare in ‘n raam vir jou uitstalborde, vir die klas se deur, die vensterrame, ens.
- Maak herfsblaarbrille. Gee ‘n paar bril sjablone, laat dit aftrek op dik karton, knip uit en versier met herfsblare (wat van wingerdblare?). Julle kan ook die pastelblare hiervoor gebruik of die brilletjies in herfskleure spons. Knip die skrefies of kykgleuwe vir die kleingoed uit.
- Maak herfslanterns. Gebruik ou glasflesse (vra vir Puritybottels by dagmoeders) of goedkoop glase. Smeer styselpap of (my gunsteling) muurpapiergom aan beidekante van lekker bont herfsblare EN aan die binnekant van die skoon glas. Plak die blare aan die binnekant van glas en spasieer die blare sodat dit net een lagie maak. As dit relatief droog is, kan die outjies bo-oor verf met nog gom. Was maar die glas buite-om skoon met ‘n bietjie opwasmiddel en skryf die outjies se name onder-aan die klas. Nou kort hulle net ‘n teeligkersie en siedaar! ‘n Oulike geskenk vir Moedersdag
- Maak ‘n groot boom. Teken die boom se buitelyne op koerantpapier of selfs ‘n oop gerolde vel bruinpapier. Teken duidelike graslyne. Hierdie is ‘n “ekstra tafel” aktiwiteit… Die outjies kry skakering van blou en witterige verwe om die lug mee te verf…of sê bv. dat elkeen 5 drukke met ‘n sponsie mag maak (tel word ook by gewerk
). Die gras-deel kan weer met bruine en oranjes bedruk word of met gom en strooiwerk versier word. Gebruik sommer budjiesaad en droë blare vir die grond. Die boom kan met growwe bas en fyn gedukte (“crushed”) akkerdoppe bestrooi word. Sodra dit droog is, kan jy dit agter ‘n deur of op ‘n fokusarea in die gang opplak. Vir ouer leerders kan jy BITTER versigtig wys hoe om herfsblare met was te preserveer. Smelt kerse, knyp die blaarstingels in ‘n pennetjie was en doop dit in die was – 2 tot drie maal. Hang die blare op om droog te word (dit gebeur gou) en plak die blare op die boom. Die blare is veronderstel om die kleur te behou – met ‘n oulike glans. Dalk kan ‘n mens die draadwerkies vir tuisgemaakte oorbelle koop en sulke blare as oorbelle inspan (vir Moedersdag natuurlik).
- Doen “afvryf” werk. Gee vetkryte, houtskool en conté kryte (as julle het). Die kleingoed gaan soek dan oulike teksture, plaas die papier daarop en “vryf” met die lengte van die kryt daaroor. Growwe boombas en blare met prominente are sal goed werk. Laat hulle die bladsy lekker vol maak en gaan bo-oor met ‘n bietjie verdunde voedselkleursel. Eiergeel kleursel gee ‘n warm effek. Jy kan egter flou rooi en geel mengsels met ‘n spuitjie oor die “vryfwerk” spuit. Klad dit met sneesdoekies, handdoekrol of ou lappe. Wees versigtig, want ‘n nat bladsy kan frommel as jy hard vryf. Hierdie blaaie kan as voorblaaie, agtergronde, versierings, ens. ingespan word…of gebruik dit vir skeur-en-plak werk op ‘n volgende Collage.
- Drukwerk…dink aan verskillende kleure…teksture soos bas, sade, blare (dik are!) en selfs halwe appels. Gebruik dik verf (pastarig), kerswas (ouer kinders…smelt afval stukkies) wat met voedselkleursel gekleur is…kleursel in muurpapiergom gemeng – vir glans…wees kreatief.
- Vir Graad 1′s (en ander outjies wat dalk intervensie en ekstra oefening benodig) kan jy selfs letters / klankies met blare en sade laat bou…of strooi dit bo-oor gomletters…Laat die outjie spelwoorde met gom skryf en gee dan budjiesaad of krummelbare droë blare om te sprinkel. Lekker vaslegging en dit ontwikkel sommer die fynspiere ook!
Ander:
Gedigte
Simmetrie
Verskeie
Tel
Takies
Voorskools
Inkleurwerk
Engelse storietjies
Like this:
Like Loading...
Maart 14, 2010
Juffer
afrikaans, kind, klaskamer, skool, skrif, terapie
arbeidsterapie, Visual-Motor Integration, VMI
Dié van julle wat al ‘n verslag van ‘n arbeidsterapeut of ‘n opvoedkundige sielkundige onder oë gehad het, sou ‘n verwysing na die kind se VMI gesien het. Dit staan vir Visual-Motor Integration en het te make met die kind se vermoë om beelde te interpreteer en weer te gee. As die outjie se VMI telling baie laag is teenoor die kronologiese ouderdom, beteken dit dat hy ‘n bietjie gaan klei trap met dinge soos skrif en afskryf van die bord af. Daarom beveel die kundiges hulp soos arbeidsterapie aan…en dit wérk …
Baie outjies se prestasies styg as die VMI styg. Hulle is dus nie net eenvoudig oorgelaat aan ‘n “swak uitslag” op ‘n verslag nie. Daar is ‘n uitweg.
Tesame met die kundige raad en hulp van ‘n arbeidsterapeut, is daar ‘n paar oefeninge om tuis te probeer. Probeer baie oefeninge wat die Visuele Persepsies, Middellynkruising en Fynmotoriek ontwikkel.
Eye can learn gee aanlyn oefeninge en oulike idees. Kyk ook na Dianne Craft se riglyne…en dié artikel oor ‘n ouer se eie ervarings.

Like this:
Like Loading...
Maart 13, 2010
Juffer
afrikaans, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, kinders, klaskamer, ouers, skool
bespaar, bewaar, water, water week

Wêrelddag vir water is 22 Maart en volgende week is Waterweek (begin die 15de). Hier is ‘n paar aktiwiteite en mense met blink idees se gedagtes.
1. ‘n Lêertjie oor Engels klanksamevloeiings – met oulike druppels en sambrele. Jy kan dit selfs aanpas vir die Afrikaanse outjies of die leë raampies vir iets anders gebruik.
2. Die waterkringloop.
3. Wat weet jy van die waterkringloop?
4. So kan ek help om water suiwer te hou.
5. Die VSA het ‘n paar oulike idees om kinders bewus te maak van waterskaarstes, suiwering en -besparing.
6. Water verbruike tuis.
7. Besparingsprent van Earth Kids.
8. ’n “Water” pakket vol prettige werkstukke en lesidees.
9. Besparing by die skool.
10. Bewarings aksies by die skool.
11. ‘n Australiese skool leer ons ‘n ding of twee.
12. ’n Plakkaat goeie waterverbruikers.
13. Aanlyn water speletjie.
14. Skole in die Vrystaat het die inisiatief geneem om water na droogte geteisterde areas te stuur. Kan jou skool dalk ook so iets probeer?
Neem gerus foto’s van jou kind(-ers) se blink idees of oulike water kunswerk. Ek sal dit hier plaas om ander te inspireer in ons poging om water te bespaar. Onthou die e-pos adres is remediering@hotmail.com. Jy kan my ook via Twitter of FACEBOOK kontak.
Like this:
Like Loading...
Maart 9, 2010
Juffer
afrikaans, flitskaarte, huiswerk, kinders, klaskamer, lees, mamma, onderwys, ouers, pappa
drieklanke, dubbelklanke, enkelklanke, huiswerk, intervensie, klanke, letters, tweeklanke, vaslegging
Hier is ‘n paar idees om tydens klankvaslegging te gebruik. Doen dit alles in ‘n werkboek of op los blaaie. Beloon goeie werk en spog ‘n bietjie by die ander gesinslede.
- Enkelklanke:
- Skryf die klank (bv. t) op Grootman se rug of in sy handpalm. Hy moet dit dan identifiseer.
- Vra Grootman om ‘n woord te noem wat daarmee begin. Indien die woord ‘n rymwoord het, kan julle probeer om oulike rymwoorde te vind. Bv. tas, das, mas, las, pas, kas…
- Skryf die aanvanklike woord bo-aan die bladsy neer en vra Grootman om die ander woorde onder hierdie woord te lys. Bespreek die woorde om te verseker dat hy verstaan wat elkeen beteken. Teken prente langs die woorde of skryf ‘n sin daarby.
- Grootman moet nou aan ‘n woord dink wat eindig op die gegewe klank (bv. kat).
- Knip ‘n kolom uit ‘n ou tydskrif-artikel (bv. Huisgenoot). Vra dat Grootman die klank soek en omkring. Tel die klanke. (Dalk kruip daar nog weg.)
- Grootman moet die klank groot op ‘n bladsy neerskryf. Maak seker dat hy op die regte plekke begin. Hy kan nou aan vier of vyf items of diere dink wat daarmee begin en dit rondom die klank teken (bv. tier, tien, tande, tone, televisie…). Grootman hoef nie altyd net die klank te skryf nie. Hy kan bo-oor die letter “skryf” met gom en dan stukkies gekleurde papier daarop plak of sand daaroor strooi. Hoe meer kreatief hy raak, hoe lekker is die lees- en leerprosesse.
- Speel “name, vanne, diere, dorpe”. Kyk of julle aan ‘n naam, ‘n van, ‘n diersoort en ‘n dorp kan dink wat met die klank begin.
- Dubbel-, twee- en drieklanke:
- Gebruik dieselfde idees as by die enkelklanke, maar verseker dat Grootman weet dat die klanke nie meer as a-a of o-u geklank mag word nie. Dit is nou eenhede soos aa, ou, ui en eu.
- Knip die meegaande klanke kaartjies uit, plak ‘n breë strook kleeflint daaroor vir beskerming en bêre dit in ‘n houer. Op verveelde oomblikke kan Mamma of Pappa ‘n kaartjie trek en vir Grootman vra om dinge in die huis te soek wat daardie spesifieke klank bevat. Hy moet dit dan neerskryf en kom wys.
- Draai die klanke kaartjies om en vra vir Grootman om een te trek. Mamma of Pappa moet dan aan twee woorde dink wat die klank bevat. Ruil die rolle om en maak beurte. Skryf die woorde neer en vra Grootman om ‘n oulike sin met elkeen te skryf.
Wat van ‘n paar foto’s van julle kreatiewe werk? Stuur gerus na remediering@hotmail.com of “tag” dit op FACEBOOK. Idees uitruil is altyd ‘n wenner
Like this:
Like Loading...
Maart 8, 2010
Juffer
afrikaans, inkleur + aktiwiteite, kinders, klaskamer, lees, ouers, skool, storie
biblioteek, boeke, lees, lees is lekker, leesgenot, motiveer

Dit is Biblioteekweek vanaf 15 tot 19 Maart. Wat kan jy doen om hierdie week te vier?
Indien jou skool ‘n biblioteek het, kan jy individuele foto’s van die kleingoed (veral Graad R of 1) neem. Die gedagte is dat jy die foto in of voor die biblioteek neem – met ‘n boek of lidmaatskapkaartjie in die hand.
Druk dit dan op ‘n A4-vel uit (“print” in die middel) en help die outjies om ‘n raam rondom te teken met helder uitdraaikryte of pastelle. Maak letterpatrone, skryf woorde of ‘n slagspreuk (bv. “Ek kan lees.” “Lesers is oulik.”) in die raam. Verf ‘n verdunde voedselkleursel lagie bo-oor en siedaar! Nou kan jy ‘n uitstalling in die gang maak om te wys hoe oulik jou lesertjies is. Blok dit op ‘n aansteekbord of maak ‘n lang lyn (op die outjies se ooghoogte), sodat die ander maats die slim lesers kan raak sien.
Reël ‘n ouer, ‘n ouma of iemand uit die gemeenskap om oulike kinderboeke vir die kleingoed te kom lees. Die persoon moet darem so ‘n bietjie met gevoel kan lees en weet hoe om met kleingoed te kommunikeer. Wat van ‘n Graad R-juffrou? Die kinders sal dit geniet om hul ou juffrou weer te sien en om met hul uniforms te spog. Dalk kan een van die groter grade se juffrouens kom inloer of selfs die skoolhoof.
Vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n spreker reël. Dalk is daar ‘n kinderboekskrywer of –illustreerder in jou omgewing. Lees van die persoon se boeke en doen ‘n bietjie navorsing. Stel ‘n paar vrae op wat die kinders tydens ‘n onderhoud of vraag-antwoord sessie moet beantwoord.
Maak julle eie boeke en plaas dit in die klas se leeshoekie / bibliotekie – vir die hele klas se leesgenot. (Bv. My boekie oor vorms. My boekie oor sjokolade. My boekie oor die skoolhoof. Juffrou se boekie oor dinge waarvan sy hou.) Kry dan ‘n ander opvoeder om die boekies te lees. Dit behoort ‘n aardigheid te wees vir die kleingoed
Ouer grade kan vir die kleintjies gaan lees of tydens ‘n leesles vir die kleingoed help met hulle leeswerk…
Wat van ‘n biblioteek “make over”? Die moontlikhede is legio.
Like this:
Like Loading...
Older Entries
Mooi woorde