Skrif voorbeelde

6 Kommentaar

Hier is ‘n paar idees vir tuis-oefeninge.  Druk die voorbeeld uit en sit dit langs die kleinding neer of plak dit teen die muur vas.  Gebruik ‘n “lyntjieboek” om in te oefen.  Ek is nie seker of die prente se skaal korrek sal wees indien jy dit direk druk nie.  Indien dit wel werk – kan jy die bladsy in ‘n lêersakkie bêre en ‘n dun koki (witbord veselpen) gebruik om dan daarop te skryf.  ‘n Mens kan die sakkie vinnig skoon vee en môre weer oefen.

Die drukskrif oefeninge is nog te moeilik vir Graad 1.  Doen dit eerder met Graad 2- en 3-leerders.  Die lopende skrif-oefeninge kan met kinders van Graad 2 af op gedoen word.

Moenie van CNX vergeet nie…So skryf ‘n mens op lyne:

a

m, n, r, h, p

r en b

p en d

h, p, b 

b, d

d

k

l

i

e met patroon

a, e, s

g

o en c

u

s

s en patroon

z en j

t, i, k

v

w

x

y

Vir linkshandige outjies

tandmuis / tooth fairy

3 Kommentaar

 

 

Iemand wou graag iets oor die tandmuis leer…Wat kan jy doen om die tandmuis se besoeke lekker te maak?  Kyk na hierdie kreatiewe idees wat bordjies, kussinkies en sakkies insluit.

Prente:

Maak:

temas vir die kwartaal

4 Kommentaar

Die temas vir die kwartaal is as volg:

Graad R

ALLES OOR MYSELF

  • MY LIGGAAM
  • MY FAMILIE
  • WATERWEEK

Graad 1

ALLES OOR MYSELF

  • MY SINTUIE
  • MY FAMILIEBOOM
  • WATER

Graad 2

ALLES OOR MYSELF

  • GESONDE LEEFWYSE
  • VERLENGDE FAMILIE
  • VERSKILLENDE VORME VAN WATER

Graad 3

ALLES OOR MYSELF

  • MY LIGGAAM – BELANGRIKE ORGANE
  • VERSKILLENDE FAMILIE TIPES
  • WATERKRING  LOOP

Moontlike skakels vir oulike takies oor die liggaam en liggaamsbewustheid.

Familie:

ebible

teacher’s love

diagramme

flitskaarte

Waterkringloop:

Powerpoint, ens.

Kleurvolle voorstelling

Takies

flickr

skool kruip nader

5 Kommentaar

Die nuwe skooljaar begin binnekort.  Hiermee so ‘n paar inkleurprente en gedagtes vir ouers en die jongspan.

  • Kry vandag nog al die skryfbehoeftes, kosblik-items en die uniform gereed.
  • Onthou dat die aanvangs van die nuwe skooljaar dikwels gepaard gaan met ‘n bekendstellingsproses.  Daar sal moontlik van julle verwag word om foto’s van die gesin of familie skool toe te stuur.  Loer solank vir gepaste foto’s…
  • Verseker dat jou kleinding julle telefoonnommers en adres ken (agtergrondbladsy vir ‘n klaswerk- of huiswerkboek).
  • Indien die skool nie skryfbehoeftes (boeke, oortrekpapier en plastiek) verskaf nie, kan jy solank seker maak dat die benodigdhede gereed lê vir die eerste skoolnaweek (alias “oortrek naweek“).  Ek het ‘n paar voorbeelde van basiese voorblaaie onder “drukbares” gestoor.  Gebruik dit gerus indien die skool nie voorblaaie verskaf nie.
  • Merk vandag nog ALLE skryfbehoeftes en kry die skooltas gereed.  Dit is altyd beter om die roetine so ‘n paar dae voor die tyd te begin as om dit op nommer 99 te probeer toepas (persoonlike ervaring het my geleer :wink:)…

Begin solank met die opgewondenheid…

Elizabeth Dulemba het ‘n hele paar oulike inkleurprente wat sy gratis aan die publiek bekend stel en Friends Accross America s’n is net so kreatief. Kaboose se prente het oulike lyne en hier kan jy leer hoe om die letters van die alfabet met jou lyf te vorm (Graad 2 en ouer). Dan is daar ook verskeie skoolgaande diere kinders en ‘n eg-Afrikaanse radio-webwerf vir kinders!

plekkaartjies, naamkaartjies en dies meer

13 Kommentaar

This slideshow requires JavaScript.

 

Iemand (dankie C!) het navrae gerig oor etikette en bordjies vir ‘n klaskamer.

  1. Naamkaartjie (Drukbaar – soos prente hierbo)
  2. Markyourpossessions (Engelse weergawe)
  3. SENTEACHER het ‘n maklike programmetjie waarmee jy raampies, bewoording, ensovoorts kan kies vir jou spesifieke behoeftes. Dit is maklik om te gebruik en lyk netjies.
  4. Sparklebox is ‘n Britse webwerf propvol oulike hulpmiddels.  Daar is dikwels Afrikaanse hulpmiddels (loer vir die SA-vlaggie).
  5. Kelly gee vir jou oulike idees, maar van die dokumente is ‘n bietjie groot om af te laai.
  6. Lindsay het oulike idees en basisse (templates) vir busse en appels – indien jy die plekaanwyserkaartjies daarmee wou versier het.
  7. K-3 het ‘n bladsy met aflaaibare, gratis takies en dinge.
  8. Instant display gee oulike idees en anseo het oulike prentjies en kleure.
  9. Usefulwiki verskaf foto’s van oulike klaskamer-uitstallings en bordversierings – asook the virtual vine.
  10. Hier kan jy ‘n groot verskeidenheid tema’s deur kyk en idees kry vir jou eie klas.
  11. Vir die weerkaart, kan jy hierna kyk. Druk die prentjies, lamineer en knip dit uit.
  12. ‘n Mens kan gerus gereeld by Teacher’s Love inloer vir blink idees.
  13. By Valley View Market kan jy ‘n basis vir ‘n kalender kry en dan self die bewoording en detail aanbring vir elke maand.  In die klaskamer kan jy dan elke leerder se verjaarsdag aanbring en prentjies van die seisoen of maand in die opskrif byvoeg.  VVM het nog verskeie ander basisse van houertjies en dies meer.
  14. Juffrou Mandy het ‘n oulike en helder kalender. Die kaartjies word met skuifspelde vas gesteek, maar as jy die syfers met klitsgras (velcro) vas sit behoort dit seker minder skade op te doen. Die basiese maandblok is dit altyd teen die bord vas, maar die dae skuif om by die maand aan te pas.
  15. Siende dat die kalender vir die klaskamer is, kan ‘n mens seker die blokke teen die muur verf en met bordkryt daarop skryf!  Hoekom nie?…of wat van jou eie ontwerpie - wat die kinders help inkleur?
  16. Ek hou van hierdie beloningskaart. Dis helder en kindervriendelik. Druk dit in kleur, plak dit op ‘n helder rooi papier en siedaar!
  17. Teach This is regtig vol oulike idees en ‘n loer werd.
  18. Kaartjies – druk in meervoud en ken ‘n stelletjie aan elke kind toe.  Jannie kry dus ‘n beertjie by sy tas (langs sy naam), sy waslap, bank, ens.
  19. Etikette
  20. Naampies…en laastens kan jy gerus in die Blogroll loer na Depicta en Tuishulp (gemerk “apparaat”) se produkte :wink:

Was jy eintlik op soek na Afrikaanse partytjie uitnodigings?  Loer na die Safari-tema (Baba & Kleuter), ‘n drakie- (Loebi) of ‘n Sesame-ontwerp.

Loebi.co.za sesamehttp://www.yourparenting.co.za/family/parties/party-invites/partytjie-uitnodigings

komponente van lees

Lewer kommentaar

Soos wiskunde, het lees ook verskeie aspekte of boublokke om die leser se vaardighede te versterk.  Dit sluit fonemiese bewustheid, leesbegrip, klanke, vlotheid en woordeskat ontwikkeling in.

Fonemiese bewustheid dek die begrip dat ‘n woord uit verskillende dele bestaan.  Ek hoor die begin-, middel- en eindklanke…Ek kan ‘n woord verskaf wat rym met…

Klanke is die dele waaruit woorde gebou word:  klinkers / vokale, medeklinkers, klanksamevloeiings (br-, -ng, sw-…), dubbelklanke (aa, ee, oo, uu), tweeklanke (ui, oe, eu…) en drieklanke (aai, eeu…).  As die leser nie sy klanke ken nie, kan hy nie die woord ontsluit (lees of spel) nie.  Dus is ‘n goeie kennis van klanke belangrik.

Vlotheid het te make met die vloeiendheid van lees.  Dit steun nogal sterk op die leser se vermoë om dele van woorde en hele woorde met die eerste blik of oogopslag te herken.  ‘n Groot hoeveelheid woorde val onder die konsep sigwoorde of hoë frekwensie Sigwoorde.  Hoe vinnige en hoe meer akkuraat hierdie woorde gelees word, hoe meer vloeiend lees die kind.  Vlotheid neem egter hande met sigwoorde én leestekens.  Die kennis van leestekens en hul gebruike, maak die leesproses ‘n outomatiese proses.  Dink maar net aan jou bestuursvernuf.  Jy weet hoe om verkeerstekens en padaanwysings te gebruik sonder om twee maal te dink.

Woordeskat ontwikkeling is ‘n lekker en spesiale oefening wat deurgaans kan plaasvind en sonder veel “stres”. 

Gebruik die vakansie om spelenderwys en op ‘n ontspanne manier aandag aan die konsepte van lees te skenk en lees, lees, lees :lol: Koop ‘n boek of ruil uit met ‘n vriendin.

Time4learning is ‘n Amerikaanse webwerf wat ook hier en daar verklarings oor leesontwikkeling oulik voorstel.  Gaan loer gerus…

die laaste rapport

9 Kommentaar

Dis die einde van die jaar en ‘n mens wil die laaste rapport ekstra spesiaal maak.  Indien jy baie tyd op hande het, kan jy self ‘n oulike koevert vir elke kind maak…indien jy ‘n onderwyseres is…kan die kinders dit maak :lol:

Jessica Jones het oulike idees oor koeverte.  Ek gaan nog so ‘n paar idees noem…Gebruik A5 bruin of wit koeverte vir die volgende:

Teken die buitelyn van ‘n prent af op ‘n ou x-straalplaat – met ‘n permanente koki.  Gebruik byvoorbeeld ‘n kenteken van jou klaskamer (‘n ster, dier of selfs die Graad – bv. 2, 1 of 3) of kersfeesprente (kersboom…) en sny dit uit.  Indien jy ‘n lamineermasjien naby het, kan jy eenvoudige die prent lamineer en versigtig uitsny vir gebruik.  Plaas dit bo op die koevert en plak liggies met wondergom vas .  Nou kan jy kies wat jy met die sjabloon wil maak…

  • doop ‘n sponsie (sommer ‘n sponsie uit ‘n ou pilbotteltjie) in tandepasta-dik verf en drup die meeste verf uit…droogspons nou liggies bo-oor die sjabloon en laat droog word…skryf die kind of ouers se naam in die oop spasies
  • vul ‘n ou spuitbotteltjie met voedselkleursel – verdun effens – en spuitverf die koevert…hou egter die botteltjie hoog en ver weg sodat die koevert nie onnodige blertse kry nie…’n keelspuitjie het nogal baie woema
  • as jy netjies kan sny, kan jy die karaktertjie uitsny en een kant bêre – sodat jy die groter raam kan gebruik.  Spuitverf of spons dan die binnekant van die stensil op jou koeverte…

Neem ‘n foto van elke kind en druk dit op die koevert tesame met sy / haar naam. (Gebruik ‘n tema – bv. dra ‘n kersmus, poseer by die skoolwapen…)

Koop spesiale papier, druk die koevertraam daarop en sny uit. 

Sny geskenkpapier (gewone, bruin of kerstema) in A4-velle.  Druk die koevertraam daarop – met die kind se naam in die middel.  Daarna kan jy die koevert self uitknip of vir die betrokke kind vra om dit te doen.  Seël dit met ‘n bypassende satyn of organza lint.  Jy kan die lint strik of met ‘n wasseël afrond.

Indien jy die buitekant van die koevert professioneel wil hou, kan jy die woord “Vertroulik” en die ouerpaar se name daarop druk. Versier die binnekant van die koevert met ‘n verrassingsmotief. Sny die randjie ietwat kleiner as die buiterand van die koevert se flap en plak die koevert toe met ‘n gepaste plakker – eerder as om dit toe te lek.

Older Entries Newer Entries

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 2 118 other followers

%d bloggers like this: