Sukkel jou kind om ‘n potlood reg vas te hou? Knoop ‘n sagte, handdoekstofrekkie in die vorm van ‘n 8. Trek die groter deel losserige oor die gewrig en steek die potlood deur die kleiner ring. Dít help om die potlood te lig sodat dit meer korrek in die webspasie tussen die wysvinger en duim lê.
Staan die vingers in die lug? Knoop ‘n oulike kraletjie aan die groter ring – wat die outjie dan onder die pinkie en ringvinger moet vasknyp. Andersins werk ‘n los kraletjie, muntstuk, klei of wondergom ook goed.
As al die fynspier (handspier) oefeninge nie help nie, sal dit voordelig wees om ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut te reël om raakvat idees te kry.

















Jan 22, 2012 @ 05:26:52
Baie dankie hiervoor, dis voorwaar baie oulike raad! Ons gaan dit onmiddelik probeeer. Dankie nogmaals vir briljante idees.
Jan 22, 2012 @ 07:54:21
Dis ‘n plesier, Sonia
Feb 07, 2012 @ 05:41:21
hallo ek is `n kleuterskool juffrou, ek het `n linkshandige seuntjie in my klassie hy word 5. sy ouers wil hê ek moet hom leer regs skryf. help asb????
Feb 07, 2012 @ 18:53:36
Middag, Heletje
Dit was nogal algemeen om jare gelede hiervan te hoor, maar deesdae is linkshandigheid weer algemeen. Lees ‘n bietjie hierdie skakels en probeer om die saak op ‘n baie taktvolle manier aan te spreek. Dit bly die ouers se keuse, maar ek sou bang wees vir toekomstige komplikasies soos omkerings (b / p / d / 9). Dit sou egter met arbeidsterapie behandel kon word. Handdominansie is ‘n ingebore besef of begrip…Dit bly die ouers se keuse, maar ‘n mense sou hulle tog oor die voor- en nadele van gedwonge dominansie wou inlig. Sterkte
Feb 16, 2012 @ 14:17:09
baie dankie ek gaan definitief kyk na die inligting! dankie dat jy so oulik is om raad te gee x
Feb 16, 2012 @ 16:06:52
Feb 12, 2012 @ 20:14:48
Juffer
Ek het voorheen al raad gevra, en nou is ek weer in die knyp, my dogtertjie is nou in graad 3, en sy is links, so hul het laasjaar begin vas skryf. Haar handskrif was nooit baie netjies nie, maar almal het maar gesê dit is oor sy links is, dit sal nog regkom, maar nou met die vaste skrif, lyk dit nog erger, is daar enige oefeninge of ietsie wat ons met haar kan doen.
Dankie vir die hulp
Christelle
Feb 14, 2012 @ 16:47:20
Middag, Christelle
Ek hoop dit gaan nog goed.
Jou dogtertjie moet basies die potlood “stoot” terwyl regshandiges dit oor die bladsy “trek”. ‘n Mens moet onthou dat sy haar postuur sal verander om te loer waar sy skryf, want die linkerhand maak haar skrif toe tydens die skryfaksie.
‘n Mens moet haar steeds aan die basiese herinner soos om aan die lyne te raak en om die letters duidelik en leesbaar genoeg te skryf. Sy sal moet fokus en skat waar die lyne is om haar letters te laat pas. Ek sou vir haar ekstra skrif oefeninge wou gee en indien die skrif nie teen die einde van die maand meer egalig begin lyk nie, kan ‘n mens ‘n arbeidsterapeut kontak om ‘n tuisprogram te volg. Kyk gerus ook hier aan die regterkant na die skakels onder skrif.