redenaars

Lewer kommentaar

Ek is nie ‘n kundige op die gebied van redenaars nie.  Redenaars.co.za bied egter heelwat raakvat riglyne op die gebied en is selfs op YOUTUBE beskikbaar.

anna emm

Lewer kommentaar

Anna Emm se webtuiste bied ‘n verskeidenheid produkte – kinderstories op CD, boekies, DVDs, ens. vir gebruik in die grondslagfase klaskamer.  Hulle hanteer posbestellings regoor die land.

herwin potlode so

4 Kommentaar

As die potlood korter as jou langste vinger raak, kan jy dit herwin!  Maak juweliersware, fotorame, kandelare of lampskerms.  So maklik soos dit!

potloodgreep

8 Kommentaar

Sukkel jou kind om ‘n potlood reg vas te hou?  Knoop ‘n sagte, handdoekstofrekkie in die vorm van ‘n 8.  Trek die  groter deel losserige oor die gewrig en steek die potlood deur die kleiner ring.  Dít help om die potlood te lig sodat dit meer korrek in die webspasie tussen die wysvinger en duim lê.

Staan die vingers in die lug?  Knoop ‘n oulike kraletjie aan die groter ring – wat die outjie dan onder die pinkie en ringvinger moet vasknyp.  Andersins werk ‘n los kraletjie, muntstuk, klei of wondergom ook goed.

As al die fynspier (handspier) oefeninge nie help nie, sal dit voordelig wees om ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut te reël om raakvat idees te kry.

potloodreëls

CAPS – nuwe kurrikulum

6 Kommentaar

Die CAPS-kurrikulum is aanlyn beskikbaar.  Jy kan ook die departementele werkboeke vir gesyferdheid en geletterdheid aflaai.  Vir ekstra vaslegging of vir huiswerk idees, kan jy gerus na die riglyne vir Graad R, Graad 1, Graad 2 en Graad 3 kyk.  Dit word gereeld aangevul.

Ons het gemerk dat die dokumente ingewikkelde terme rakende skrif gebruik…”arkade” en “guirlande” patrone.  Ek verstaan dit as volg:

Garlands/Guirlande is die rondings soos in ‘n “apieswaai patroon”.  Dit sinspeel op die “Garlands”, tinselof kersversierings wat ‘n mens kan drapeer.   Die Arkade patrone is die hoppies van ‘n “hasiehop” patroon (“arches”).

Het iemand dalk ander inligting beskikbaar?

Skrifdag

2 Kommentaar

Amerika vier op 23 Januarie Nasionale Skrifdag en doen dit nes die Amerikaners kan.  Die groot vraag wat geopper word is of skrif (met die hand) nog relevant is in die moderne en tegnologiese gemeenskap.  Is dit dalk ‘n kunsvorm wat op sy geskuif sal word?  Volgens sommige studies stimuleer skrifoefening juis breinwerking en verbeter dit denkprosesse (kognitiewe werking).  Loer gerus hier na ‘n navorsingstuk oor die vroeë ontwikkeling van skrif.

www.ameshistoricalsociety.org

Nou ja, wat kan ons doen om die konsep – SKRIF – te vier?

  1. Maak voorblaaie vir die skrifboeke:  As jy ‘n gelinieerde bladsy met donker lyne onder ‘n blanko vel inskuif, skyn dit deur.  Laat die kleingoed dan hul name oor en oor skryf, patrone trek of ‘n skrifles afskryf.  Dit werk goed as hulle eers in potlood skryf en bo-oor skryf met ‘n skerp uitdraaikryt (dubbele oefening!).  Verf ‘n lagie voedselkleursel bo-oor (effens verdun as jy verkies) en daar het jy sommer ‘n voorblad en ‘n skrifles in een!
  2. Kennisgewings:  Ouer kinders kan voorbeelde van goeie en netjiese skrif gebruik om plakate vir die Grondslagfasegang te maak.  Slagspreuke en sinne sal ‘n oulike uitstalling van die spesifieke benodigdhede en toelaatbare skryfbehoeftes afrond.
  3. Ligte:  Laat die ouer kinders groot letters op blokke dik karton (gesny uit verpakkingsdose) trek.  Druk dan gate eweredig al op die lyn langs (soos dot-to-dot).  Hang dié skerms oor of onder gloeilampe vir ‘n spesiale effek.
  4. Skrifpaaie:  Verander los letters in unieke paaie en ry daarop met kryte of klein motortjies.  (Sien “drukbares” vir voorbeelde van sulke los letters.)
  5. Kuns:  Gebruik skrif in kunswerke.
  6. Verf die alfabet (in Graad 1-skrif) op die speelgrond se teerblad.  Dui die beginpunte met ‘n groen kol en die eindpunte met ‘n rooi kol aan.  Nou kan die Graad 1′s en 2′s lekker daaroor loop en oefen.  (Sien “robotkaarte” onder die “drukbares” hierbo.)
  7. Skryfhoekie:  Rig ‘n spesiale skryfhoekie in waar verskillende potlode, kryte en papier reg lê vir oefening.  Voeg ook potloodgrepies of kort opdragte by sodat die outjies self hul fynspiere kan stimuleer.
  8. Op ‘n stasie:  Maak verskillende oefeningstasies waar die outjies op verskillende soorte papier en met verskillende kryte kan oefen.  As jy spesifieke verwarrings soos b en d in jou klas kry, kan jy vir elke klank ‘n unieke stasie skep.  Selfs syfers , patrone en vorms kan betrek word.  Stel ‘n egg timer of ‘n ander wekkertjie om na elke 10 of 15 minute te wek – sodat die groepe kan wissel.

Vir nog idees kan jy gerus soekterme soos skryf, skrif, patroon, potloodgreep, fynmotoriek…by die soekblokkie in tik.  Lekker skryf!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 818 other followers