rugby

Lewer kommentaar

‘n Mens kan amper nie glo dat die Rugby Wêreldbeker alweer een van die dae gaan begin nie.  Hiermee dan so ‘n paar idees om met die kleingoed te deel.

As jy ‘n bietjie meer oor die Springbokke wil leer, kan jy na die Bokke se webtuiste gaan.  SA Rugby verduidelik daar hoe die rugby reëls werk. Dalk kan die klas hul eie “bok-reëls” opstel en toekennings kry vir goeie gedrag, hulpvaardigheid en dies meer.

Die Wêreldbeker bied die geleentheid om aan aspekte soos sportmansgees, nasietrots en spangees te werk.  Bokkie is ‘n oulike karakter om by sulke lesse te betrek en leer jou selfs hoe om die spel te speel.

Kyk na die verskillende lande wat deelneem en hoe hulle in elke afdeling vorder.  Suid-Afrika speel in afdeling D. Druk die kleurvolle kaartjies uit en maak julle eie muurkaart om die punte aan te dui en te sien wie gaan wen. Speel ‘n speletjie waar die deelnemende lande se vlae en name gepas kan word. As jy twee stelle vlae druk, kan julle snap of ‘n geheuespel daarmee speel.  Leer meer oor die Wêreldbeker-gasheer, Nieu-Seeland. Daar is besonder baie inligting beskikbaar.

Dan is daar pragtige inkleurprente oor rugby (vir meisies en seuns) beskikbaar.  Daar is natuurlik meer ingewikkelde werksvelle en aktiwiteitspakkies oor rugby beskikbaar.  Julle kan julle eie rugbyballe of -hemde ontwerp.  Hou ‘n vasvra of ‘n kompetisie waar die wenner ‘n Springbokserp of Bokkie-beddegoed wen.  Ek is seker die manne sal woeker vir so ‘n prys.

Loer ook na inskrywings oor die sokker- en krieket-wêreldbekers vir nog idees.

burt books

Lewer kommentaar

Coreen Burt het ‘n splinternuwe webtuiste vir onderwysers en ouers begin.  Sy is ‘n oud-Suid-Afrikaner wat in Engeland woon en is al jare lank ‘n opvoeder.  Sy het verskeie boeke geskryf – wat syferkundigheid en taal in sluit.  Dit bevat baie oulike lesmateriaal en werksvelle.  Dit is ideaal vir outjies wat Engels moet leer skryf, lees en spel.  Gaan loer gerus in.

werkswinkel

2 Kommentaar

Making Sense of Senses in the Classroom:

‘n Werkswinkel vir opvoeders, ouers en betrokkenes.  Die dag sal fokus op sensoriese integrasie en sensoriese probleemareas.  Die opvoeder sal idees kry om die “out of sync” leerder te akkomodeer in die klas.  As jy met Grondslagfase-kinders werk – sal hierdie inligting beslis handig te pas kom.

Aangebied deur arbeidsterapeute van die ET AL Terapie- en Leersentrum

Datum:  20 Augustus 2011 (08:00 – 13:00)

Waar?  Somerset-Wes

Koste:  R150 (sluit uitdeelstukke en ‘n eetdingetjie in)

Kontak ASAP: 021 852 0845 / etal@webafrica.co.za

weer

6 Kommentaar

Ek het reeds ‘n paar inskrywings oor die seisoene gemaak, maar nog nie oor die weer nie.  Hiermee dan ‘n paar idees vir weerkaarte.

Die meeste Grondslagfaseklasse het ‘n kalender- en weerbord iewers waar die dag, datum en weerstoestande aangedui word. ‘n Weerkaart is iets wat nie slegs by die skool gevolg word nie.  Jy kan dit ook by die huis volg.  Dit help ons almal om na die weerstoestande te kyk en om die regte klere vir die dag te kies.  ‘n Bewustheid van die weer en die verandering daarvan, skep ook ‘n bewustheid vir seisoene en tydsverandering…

  • Druk ‘n kalender uit en afhangende van die outjies se ouderdom, kan hulle beskrywende naamwoorde (sonnig, bewolk, reën, wind…) inskryf of die prente teken.
  • As die outjies nog klein is sal ek nie te veel prente of beskrywings betrek nie.  Kies slegs ‘n paar prentjies om te gebruik.
  • Om die keuses makliker te maak, kan jy die verskillende weerstoestande met prente en bewoording eenkant op plak. Die outjie besluit dan op die mees geskikte beskrywing om te kopieer.
  • Vir klasse met ‘n rekenaar en groot (witbord) skerm: As jy self mooi foto’s kan neem, kan jy die kinders met die dag se lugruim in die agtergrond afneem. Digitale foto’s laai maklik af en dus sal jy elke dag se weerstoestand kan “noteer” in dagboekvorm. Aan die einde van die week of maand kan julle deur die foto’s kyk om die veranderinge te bestudeer.
  • In plaas van ‘n kalenderformaat, kan jy ‘n sirkeldiagram maak – met prentjies – sodat jy ‘n pyltjie na die gepaste weerstoestande kan draai.
  • Vir ouer outjies (Graad 2 en ouer) sal ek ‘n eenvoudige boekie saamstel waarin hulle elke dag ‘n beskrywende sin of twee kan skryf.  Bv.  Dit is vandag koud en winderig.  Dit is sonnig en warm.  Die wind waai sterk en dit kan dalk later reën.  Dit kan dalk aanvullend tot die daaglikse of weeklikse “nuus” wees.  As jy ‘n tipe dagboek het vir die nuuswaardighede, kan jy ‘n aanvullende weerblad invoeg. (weer) (maande met prente: kalender)
  • Kleurvolle weer-banier.
  • Kleurvolle seisoen-prente.
  • Interaktiewe weerspeletjie.

As julle die weersvoorspelling vir die streek benodig, kan julle na foreca gaan.  Tik jou naaste stad of dorp se naam in en dit behoort vir jou ‘n oulike uiteensetting te gee. iWeather bied ‘n oulike uitleg en het selfs beeldmateriaal by sommige weerstasies.

Watter ander idees is daar om die weerstoestande te noteer?  Stuur gerus nog inligting…

Tik soekterme soos die onderskeie seisoene se name en “kalender” by die soekblokkie in of gaan na drukbare bladsye vir aanvullende bladsye (bv. dae van die week).

Oupa John vertel oulike stories

4 Kommentaar

Hier is ‘n CD met lekker luisterstories vir die jongspan.  Oupa John het verskeie oulike stories saam gestel – wat beslis ‘n aanwins vir die kleingoed se CD-versamelings sal wees.

“Die Afrikaanse stories is skoon, avontuurlik, sonder allerlei feetjies en drake of enige demoniese invloede. Dis vermaaklik maar met ‘n ietsie opvoedkundigs en geestelik. Ons wil stories aanbied waarmee die kind kan identifiseer, maar wat verseker met die werklikheid verband hou.”

Die cd’s kos R50 stuk plus dan die bietjie posgeld. Dit kan direk by ons bestel word by Telefoon 082 811 0669 of 072 132 0074. Ons e pos adres: leonie.goosen3@gmail.com

karnivore

3 Kommentaar

Anna het genoem dat sy ‘n kritles moet gee oor Karnivore.  Hiermee dan so ‘n paar idees om dalk te gebruik.

Wat is ‘n Karnivoor?  Dit is ‘n dier wat jag vir sy prooi, dit dood maak en dan eet.  ‘n Mens kry karnivore wat mak is en ander wat wild is.  Hulle het slagtande wat ideaal is vir hierdie jagproses. Daar is gewoonlik twee in die bo- en twee in die onderkaak.  Anders as planteters (herbivore), het karnivore skerp tande om vleis mee te skeur en te eet.  Kan jy die karnivore van die herbivore onderskei in hierdie prente?

Watter ander eienskappe sal ‘n karnivoor nodig hê om sy prooi te vang?

Hulle is dikwels goed gekamoefleer – met kolle, strepe of pelse wat spesifiek by hul omgewings pas. Waar woon die wilde karnivore?  Hierdie unieke pelse help die diere om lank genoeg weg te kruip of hulself weg te steek, sodat hulle die prooi kan bekruip.  Die karnivoor sal spesifieke bewegings hê om die prooi uit te oorlê – spring, sterk, besonderse vinnige atleet, sluip…’n Karnivoor het ook dikwels skerp kloue om die prooi mee te vang en vas te hou.

Ek sou graag wou hê dat so ‘n les ‘n opvoedkundige uitstappie moes volg of inlei, sodat die outjies met die ware jakob kan kennis maak.  Kies een spesifieke karnivoor as voorbeeld en bou die les dan rondom die spesifieke dier.  As jy byvoorbeeld toegang tot ‘n jagluiperd het en ‘n kuiertjie kan reël, sal die outjies die tande, die pels, kloue en atletiese bou kan aanskou.  As jy dalk ‘n kort video kan maak van ‘n kuiertjie by so ‘n dier, kan jy dit dalk aan die klas wys.  As jy regtig nie by ‘n wilde karnivoor kan uit kom nie, kan jy selfs makker outjies soos ‘n huiskat inroep en na die kleiner outjie kyk.

Bou dalk ‘n karnivoor uit pottebakkersklei of teken en verf die spesifieke dier as deel van ‘n kunsles.  Hersien die terminologie verbonde aan die dier as deel van Natuurwetenskappe en Huistaal (pote, kloue, slagtande, welpie, leeuwyfie, leeumannetjie, pels).  Kies ‘n paar karnivore, soek sketse van hul tande of kake en betrek dit by tel oefeninge en wiskunde somme (Watter karnivoor het die meeste / minste tande?  Hoeveel tande het die __ meer as die __?).

Kyk ook na die skrywe oor wilde diere en die volgende oulike skrywes elders.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 2 111 other followers

%d bloggers like this: