Hier is ‘n paar idees om tydens klankvaslegging te gebruik. Doen dit alles in ‘n werkboek of op los blaaie. Beloon goeie werk en spog ‘n bietjie by die ander gesinslede.
- Enkelklanke:
- Skryf die klank (bv. t) op Grootman se rug of in sy handpalm. Hy moet dit dan identifiseer.
- Vra Grootman om ‘n woord te noem wat daarmee begin. Indien die woord ‘n rymwoord het, kan julle probeer om oulike rymwoorde te vind. Bv. tas, das, mas, las, pas, kas…
- Skryf die aanvanklike woord bo-aan die bladsy neer en vra Grootman om die ander woorde onder hierdie woord te lys. Bespreek die woorde om te verseker dat hy verstaan wat elkeen beteken. Teken prente langs die woorde of skryf ‘n sin daarby.
- Grootman moet nou aan ‘n woord dink wat eindig op die gegewe klank (bv. kat).
- Knip ‘n kolom uit ‘n ou tydskrif-artikel (bv. Huisgenoot). Vra dat Grootman die klank soek en omkring. Tel die klanke. (Dalk kruip daar nog weg.)
- Grootman moet die klank groot op ‘n bladsy neerskryf. Maak seker dat hy op die regte plekke begin. Hy kan nou aan vier of vyf items of diere dink wat daarmee begin en dit rondom die klank teken (bv. tier, tien, tande, tone, televisie…). Grootman hoef nie altyd net die klank te skryf nie. Hy kan bo-oor die letter “skryf” met gom en dan stukkies gekleurde papier daarop plak of sand daaroor strooi. Hoe meer kreatief hy raak, hoe lekker is die lees- en leerprosesse.
- Speel “name, vanne, diere, dorpe”. Kyk of julle aan ‘n naam, ‘n van, ‘n diersoort en ‘n dorp kan dink wat met die klank begin.
- Dubbel-, twee- en drieklanke:
- Gebruik dieselfde idees as by die enkelklanke, maar verseker dat Grootman weet dat die klanke nie meer as a-a of o-u geklank mag word nie. Dit is nou eenhede soos aa, ou, ui en eu.
- Knip die meegaande klanke kaartjies uit, plak ‘n breë strook kleeflint daaroor vir beskerming en bêre dit in ‘n houer. Op verveelde oomblikke kan Mamma of Pappa ‘n kaartjie trek en vir Grootman vra om dinge in die huis te soek wat daardie spesifieke klank bevat. Hy moet dit dan neerskryf en kom wys.
- Draai die klanke kaartjies om en vra vir Grootman om een te trek. Mamma of Pappa moet dan aan twee woorde dink wat die klank bevat. Ruil die rolle om en maak beurte. Skryf die woorde neer en vra Grootman om ‘n oulike sin met elkeen te skryf.
Wat van ‘n paar foto’s van julle kreatiewe werk? Stuur gerus na remediering@hotmail.com of “tag” dit op FACEBOOK. Idees uitruil is altyd ‘n wenner















Mar 10, 2010 @ 18:00:46
Ek kom loer altyd hier as ek sien jy’t iets nuuts. Dankie vir die wonderlike idees!
Mar 10, 2010 @ 18:02:31
Dis ‘n plesier
…Kom loer weer in
Mar 10, 2010 @ 21:11:37
Ek wil graag idees he wat ek by die huis kan gebruik om my twee gr1′s so bietjie kan help.
Klanke, lees, wiskunde.
Enige raad?
Baie Dankie,
Mar 11, 2010 @ 17:27:25
Hello, Christel
Aan die regterkant van die voorblad is daar ‘n “search”blokkie. Jy kan skrif, klanke, lees, wiskunde, somme, abc, Graad 1, ensovoorts daarin tik. Dit sal dan vir jou verskeie idees uitskop. Kyk gerus ook onder die hofie “Drukbare bladsye” en veral na die inskrywing oor ‘n “tuis klaskamer“.
Baie sterkte!
May 11, 2010 @ 21:18:06
Dankie vir al die inligting. Ek ervaar al die liefde wat hierin gaan.
My 3 jarige dogtertjie is met n gespleete verheemelte gebore en haar spraak is baie onduidelik.Die situasie is frustreerend vir ons albei.Sy kry tans intensiewe spraakterapie.Tog bly ek bekommerd oor toekomstige lees probleme.
Kan jy my bemoedig?
dankie
May 12, 2010 @ 17:55:42
Middag, Arien

Die spraakterapie behoort wondere te verrig vir “eendag”. Hou egter aan met die terapie en die oefeninge en praat maar aspris duidelik en oordrewe. Die kleintjies doen hul ouers en grootmense na as hulle sien hoe ander praat. So sien ons soms kleintjies wat mompel , omdat ‘n pappa of “belangrike persoon” in sy lewe dit doen. Jou dogtertjie het gesplete verhemelte wat met ‘n dokter se hulp verbeter kan word. As sy sien en ervaar hoe klanke uitgespreek word, behoort sy te verstaan dat die klanke wat sy maak anders by ander mense gevorm word. Ek dink nie dat sy sommer in terme van afleiding en begrip probleme sal hê nie. Gaan voort met baie praatwerk, gesprekke, stories, rympies en liedjies. Praat met die terapeut oor speletjies en voorwerpe om die mondspiertjies te ontwikkel. (Ek weet dat baie terapeute borrels blaas aanbeveel – ook “blow koki’s”, fluit blaas, ens.) Intussen sal ons ons ore oophou vir verdere raad. Baie sterkte en ‘n stywe druk vir poplap
(Loer ook hierna: http://www.cleftline.org/publications/speech, http://www.linguisystems.com/itemdetail.php?id=10589)
May 19, 2010 @ 04:32:05
Dankie vir die wonderlike idees!
May 19, 2010 @ 16:39:16
Dis ‘n plesier
Loer gerus weer in.
May 24, 2010 @ 15:41:47
Baie oulike webtuiste – help baie met my voorskoolse kinders! Baie dankie!
Ek wens daar was vir hoerskool kinders ook aangesien ek opsoek is na ou vraestelle vir my graad 8 dogter om deur te werk!
dankie ulrike
May 24, 2010 @ 17:04:20
Jul 28, 2010 @ 12:33:43
Juffer, ek het toevallig op jou web afgekom omrede my Gr1 seun vreeslik sukkel met lees en wiskunde. Ek wil net sê jy is wonderlik!!!!!!! Mag ons liewe Vader jou oorvloediglik seën vir hierdie fantastiese werk wat jy doen. Ek is nou skoon opgewonde en dink by myself dat ek nou die ander maaitjies wat sukkel in die klas dalk ook kan help. Dankie dankie dankie. Hoe kry ek jou op FB?
Jul 28, 2010 @ 18:29:40
Welkom, Tygerpoort!
Ek is Juffer Juffrou op FB.
Sep 01, 2011 @ 17:49:56
Kan iemand my asb help met oefeninge in Afrikaans vir b/d verwarring?
Sep 01, 2011 @ 18:13:56
Middag, MS
Loer gerus onder die drukbare bladsye en kyk ook na die hofie oor b en d verwarrings.
Feb 10, 2012 @ 22:37:15
Hi Juffrou
Ek het hulp nodig my kind is in graad 1 en ek as ouer het hulp nodig om hom te help met huiswerk wat kan jy voorstel hoe kan ek hom help wan die juffrou se hy is ADHD ook so ek het regtig hulp nodig sal dit waardeer as jy my kan hep
Feb 14, 2012 @ 16:34:10
Middag, Rita
Ons voel die klankie op verskillende teksture, luister daarna, kyk daarna, soek dit in die storieboek, proe iets wat daarmee begin of “skryf” dit met die tong in iets soos versiersuiker / Jellie.
Jong, as die juffrou vermoed dat die outjie aandagafleibaar is sou ek voorstel dat sy hom vir sowat ‘n week lank monitor aan die hand van ‘n Conners-vraelys. Dit is iets wat dan met ‘n pediater gedeel word. Die pediater begin dan gewoonlik om eers aanpassings in die outjie se dieet en roetine voor te stel en gee dikwels raad met dinge soos vitamienaanvullings. Na ‘n paar weke word die vraelys weer ingevul en aan die dokter gestuur. (Ons stuur die vorm per faks.) Die dokter monitor dus die vordering en maak aanpassings indien nodig.
In my geval sien ek baie outjies met aandagafleibaarheid. Hulle vorder en reageer beter in individuele situasies. Dit beteken stilte om hulle – tensy jy rustige musiek speel (klassiek van aard). [Sommige outjies fokus beter met groot oorfone.]
Ek probeer al die sintuie betrek om die leerproses te vergemaklik, want hierdie outjies is nogal kreatief
Jy kan verskillende idees op hierdie blog kry. Tik bloot soekterme soos abc, klanke, skryf, skrif, patroon, vorm, syfer, middellyn, posisie, graad R, Graad 1, spiertonus by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Dan kan jy ook na die “drukbare” hofie kyk vir uitdrukbare takies, rympies en dies meer.
Mar 06, 2012 @ 09:54:12
Dag se juffrou
Ek wil hoor wat ek kan doen my seuntjie is baie ongelukig in die skool waar hy tans is die juffrou se hy ken nie sy klanke nie maar hy spel vir jou die woord maar as hy dit moe skryf kan hy nie wat kan ek doen om hom te help want hy se as hulle toets skryf se die juffrou voor die klas hy het sleg gedoen en dit pla hom baie want hy wil nie meer skool gaan nie ek het regtig hulp nodig
dankie
Mar 06, 2012 @ 17:55:17
Middag, Rita
Ek sou iemand gesoek het om op ‘n heeltemal objektiewe manier na jou seuntjie te kyk. Is daar ‘n opvoedkundige hulpsentrum naby jou? Kyk of jy ‘n remediërende opvoeder kan kry om jou seuntjie te toets en werk van daar af. Soms is die outjies gespanne in die groter klaskamer en funksioneer hulle beter op ‘n een-tot-een vlak. Die RO sal dan verdere verwysings kan maak indien nodig en ekstra klasse kan aanbied. Indien jy voel dat die klaskamer situasie spanning by hom veroorsaak, kan ‘n mens dalk eerder na ‘n opvoedkundige sielkundige gaan. Dit is heelwat duurder, maar ‘n toetsing fokus op ‘n baie wyer veld. Hulle kyk na emosionele welvaard, moontlike lees-, spel- en wiskunde probleme, omkerings, omruilings, konsentrasie…So ‘n kundige sal vir julle spesifieke raad kan gee 
Die gedagte is om van die huis se kant af te wys dat julle probeer help en dat julle jul deel doen. Dit mag dalk die situasie in die klas verbeter. Indien nie, kan ‘n mens die juffrou en later haar senior (die Hoof van die Grondslagfase) spreek, sodat almal saam kan gesels oor oplossings.
Baie sterkte
May 31, 2012 @ 20:58:37
baie goeie idees wees verseker dit word opreg wardeer want ek sukkel gaan maar moeilik in die begin as j vir die eerste keer graad 1 onderrig nd j ht begin by Graad R toe graad 2.
Jun 02, 2012 @ 18:04:49
Feb 04, 2013 @ 15:34:18
Ek het dringend uu woorde nodig .Enige idees ?
Feb 04, 2013 @ 15:47:51
Middag, Bianca
Loer gerus na die inskrywing oor dubbelklanke en ook na die “drukbare bladsye“-hofie
Feb 09, 2013 @ 12:21:26
Hi, ek tuisonderrig my 3 kinders, gr.3, gr. 2 en enetjie is 5. Die seuntjie van 5 lyk of hy gereed is om met klankerkenning en lees te begin. Sal dit help as ons een letter op ‘n slag behandel bv. a en daarmee aanhou tot hy dit kan erken en skryf? Elke kind leer mos anders, die seuntjie is woelig en hou van praktiese goed. So ek probeer als so prakties moontlik maak vir hom.
Feb 09, 2013 @ 12:32:37
Môre, Linda
Volgens die nuwe Suid-Afrikaanse kurrikulum leer die juffrouens die Graad R-outjies reeds van klanke (vorming en uitspraak). Daar word ook baie ouditiewe, visuele aktiwiteite en taalaspekte (bv. storie lees, rympies, liedjies…) in gespan. Hou dit eenvoudig en leer speel-speel.
Kyk of dit vir julle gaan werk
May 13, 2013 @ 19:09:28
hi daar ek kry nie die search blokkie op die voorblad nie help my asb moet eeu woorde vir my graad 2 dogter kry vir more 14 mei.
May 14, 2013 @ 17:06:00
O, gits, Cobus
Jy kan soekterme soos klanke, dubbelklank, hersien en drieklank probeer vir nog idees.
Ek is nou laat. Daar is eeu-woorde op die “drukbare bladsye” en onder die flitswoorde. Loer gerus daar in die toekoms.
Die soekblokkie sit aan die regterkant onder die lysie skakels