Janeen het onlangs gevra hoe ‘n mens kleintjies kan help om syfers korrek te skryf (veral syfers soos 2 en 3)…
![]()
Dis belangrik dat ‘n mens van die begin af die regte voorbeeld voorhou. Doen dieselfde aktiwiteite as wanneer jy letters aanleer – baie visuele diskriminasie, visuele geheue, posisie in die ruimte en lateraliteits oefeninge.
Maak ook assosiasies op…’n kollega gebruik ‘n swaan vir 2, ‘n beertjie wat sit vir 3 (die boonste krul is die kop en die onderste vorm die lyf en voete wat alles van die kant af gesien word)…Druk die syfers in die regte font en teken dan die prente om die swart syfer sodat dit nie toegeteken word nie.
Maak ook groot robotkaarte van die syfers: Druk die syfer groot in swart. Plak ‘n groen kol waar ons begin skryf en ‘n rooie waar ons stop. Trek dit oor met plastiek of lamineer die bladsy. Die kind kan nou na hartelus met die karretjie (vinger) hieroor “ry”.
Skryf die syfer met die vinger in los sand, in meel, in suiker (en lek sommer die soetigheid af), met ‘n nat kwas op sement, teer, ‘n skryfbord…
Skryf die syfer met gom en strooi poeier, sand, blinkertjies, poeierverf…daaroor.
Skryf die syfer liggies (of druk in grys of ‘n ligte kleur). Die kind kan nou die lyn met
- stempeltjies druk of vol plakkertjies plak.
- waterverf en ‘n dun kwassie / vinger volg (verf).
- ‘n dik vetkryt, pastel volg en met verdunde voedselkleursel verf.
Dis belangrik dat die kind nie net die syfer kan skryf nie, maar ook kan verstaan. As hy byvoorbeeld 2 skryf, moet hy 2 prentjies by teken. As hy 5 skryf, moet hy 5 prentjies byteken.
Doen slegs een syfer of getal per keer en moenie syfers wat byna eenders is direk na mekaar aanleer nie. 6 / 9, 4 / 7, 5 / 2 en 3 / 8 kan verwarring skep.
Die internet is vol taakkaarte, maar ‘n mens moet ook versigtig wees dat die syfers nie “verkeerd” is nie. Teachers Pet se skrif is die naaste aan korrek.
Hier is nog ‘n paar oulike taakkaarte…knip en plak gerus die korrekte dele uit…
http://www.kidzone.ws/math/ocean/k-2eel.htm
http://www.kidzone.ws/math/ocean/k-3whales.htm
http://www.kidzone.ws/math/kindergarten.htm
http://akidsheart.com/threer/numcolor.htm
http://www.tlsbooks.com/preschoolnumberandpremathworksheets.htm
http://www.toolsforeducators.com/numbers.php















Mar 30, 2009 @ 21:03:42
hi Juffer, het jy my email gekry met dr Rassie se nommer? Net gewonder of ek die email-adres reg het!
Mar 30, 2009 @ 22:21:54
Nee, Ongelukkig nie.
remediering@hotmail.com
Mar 30, 2009 @ 22:29:30
Ok! ek maak so, ek het hom na die gmail gestuur wat ek op my blog gekry het, kyk uit vir dit binne ‘n paar minute
Apr 02, 2009 @ 12:27:56
Jy het huiswerk daar by my!
Apr 02, 2009 @ 18:00:49
Apr 02, 2009 @ 12:58:59
Hallo Juffer!
Oulik beskryf jou nie! My kinders wil net altyd weet wanneer ons die Juffrou in die Kaap se “speletjies” gaan speel. Hulle geniet al jou werkies wat jy vir hulle gee! Baie dankie.
Weet jy dalk waar ek Teachers Pet kan aflaai? Ek het my al flou gesoek, maar kry dit nie!
Mooi bly en lekker dag verder!
Groete
Runel
Apr 02, 2009 @ 18:02:15
Ronel, ek gaan kyk of ek vir jou iets kan kry
Oct 06, 2009 @ 11:21:56
Liewe Juffer,
Ek sal ook baie graag wil weet waar om Teacher’s Pet te vind, asseblief.
Baie dankie,
van Tanya
Oct 06, 2009 @ 16:52:45
Ek stuur
Nov 30, 2009 @ 20:27:44
Liewe Juffer ek is ñ Graad 3 juffrou wat by Gr 1 moet begin skoolhou. Ek wil so graag ñ uitstekende Gr1 juf wees. Het jy dalk v my ñ paar kreatiewe idees en ñ paar pointers hoe ek die kinders kan leer lees, skryf en somme maak?
Dec 01, 2009 @ 12:09:39
Gats patats…Weet jy…ek het verskeie inskrywings gemaak onder verskillende hofies. Jy kan teen die regterkant van die voorblad loer vir so ‘n reghoekie. “Search” gerus vir spesifieke terme soos “skrif, skryf, graad, lees, klanke, woorde, sigwoorde, somme, wiskunde, ens.”. Dan kan jy ook onder die “blogroll” grawe vir skakels na oulike webwerke. Onthou om soveel sintuie as moontlik te betrek (voel die klankie, luister na die klankie, kyk daarna, skryf…) en om dit visueel interessant en stimulerend te hou. Vra gerus as jy sukkel om ‘n spesifieke aspek te beplan.
Gelukkig is die nuwe Foundations for learning sommer maklik om te volg
Baie sterkte!
May 18, 2010 @ 17:44:08
Hallo Juffrou
ek is dringend opsoek na ‘n wiskunde boek of program met probleem somme (woordsomme)
Lekker aand!
May 18, 2010 @ 18:59:39
Hello, Anneke
Ek het hierdie skakel gekry, maar kan dit nie op die oomblik aflaai nie – bietjie groot. Probeer ook hierdie en CNX (tik woordsomme en graad _ in die soekblokkie in)….Boek gewys sal ek voorstel dat jy na die CLEVER reeks kyk. Dit is verkrygbaar by die meeste PNA’s of CNA’s. Ek sal my oë oophou vir ander boeke en webwerwe
Jan 25, 2011 @ 11:30:39
Ek het die teachers pet font, maar kry ‘n mens dalk een wat “dotted” is? Om te gebruik om af te trek sodat kinders hul skrif kan oefen?
Jan 25, 2011 @ 16:20:41
Hello, Nikki
Probeer gerus hierdie outjies:
http://www.fontspace.com/kids-fonts/trace
http://www.fontspace.com/blue-vinyl/learning-curve-bv
Print clearly
http://www.fontspace.com/p-j-cassel/trace-font-for-kids
http://www.fontspace.com/richard-douglas/penmanship-print
http://www.searchfreefonts.com/free/trace-font-for-kids.htm
Ongelukkig kan ek nie die skool se font aflaai nie
Feb 08, 2012 @ 23:57:40
Ek is asseblief op soek na die regte Teacher’s Pet font.
Feb 09, 2012 @ 16:53:06
Ek stuur vir jou
Feb 21, 2012 @ 17:23:27
Ek soek asb ook die regte Teacher’s Pet font
Feb 21, 2012 @ 17:36:25