lopende skrif » hoofletters

hoofletters

Posted on Tuesday, February 17th, 2009 at 6:39 nm at 723 × 1040

Respond  | Trackback URL  |

10 Kommentaar (+add yours?)

  1. hannelie
    Sep 15, 2010 @ 15:55:32

    BAIE DANKIE … EK KRY AL MY INLIGTING WAT EK NODIG HET OP JOU WEB BLAD…..DIS PUIK.

    MY DOGTERTJIE IS NOU IN GRAAD 2 EN ONS SUKKEL MAAR MET DIE WISKUNDE.

    NOGMAALS DANKIE

    Reply

    • juffer
      Sep 15, 2010 @ 19:47:31

      Hello, Hannelie…Ek is bly as dit kan help. Jy moet laat weet wat spesifiek lol by die wiskunde (dalk kan die klasjuffrou ‘n paar dinge noem) sodat ek aan ‘n paar idees kan dink :wink:

      Reply

  2. hannelie
    Sep 16, 2010 @ 16:44:33

    Juffrou sê haar konsentrasie is baie swak by die wiskunde… sy kan glad nie haar tafels onthou waaraan ons elke dag oefen nie. sy sukkel baie met die woordsomme. Haar gemiddelde punt vir wiskunde is 2 ( nie goed nie) haar gemiddellde klas punt is tussen 3 en 4. sy lees baie goed, maar kan glad nie spel nie, Sy skryf ook baie lelik, haar potloot greep is verkeerd, ek het vir haar die dingetjie wat voor op die punt kom gekoop, maar haar juffrou sê sy mag dit nie gebruik nie…. het jy raad. dit sal baie help.

    Reply

    • juffer
      Sep 16, 2010 @ 19:02:47

      Middag, Hannelie :wink:
      Ek gee jou solank skakels na woordprobleme, veelvoude en maaltafels. Soos met ‘n motor kan ‘n mens ‘n laer rat probeer as die bult te steil raak. Wys vir jou dogtertjie hoe 2 + 2 = 4 en dan 2 2′e dus 4 is (kyk na die stukkie oor maaltafels en veelvoude)…Indien sy deurmekaar raak met die vermenigvuldigingsteken, kan sy in veelvoude tel. ‘n Mens kan ekstra werkboeke soos die geletterdheidsboeke van die CLEVER-reeks (verkrygbaar by PNA) of die ALLES-IN-EEN reekse (verkrygbaar by CNA of die GRAFFITTI boekwinkel. Die skrif en die spelgoggas laat my nou wonder…Dra jy of jou man bril? Is poplap se ogies al getoets? Soms lê die probleem by die ogies wat worstel om korrek te fokus, maar nou lees sy oulik…’n Mens kan die ogies gratis by ‘n Specsavers laat toets (kinders onder 12).
      ‘n Ander aspek is die skrif. ‘n Mens kan verskeie handspier oefeninge daaglikse doen om die handspiere “skryf fiks” te kry. (Die wagwoord is jou e-pos adres.) Tik ook woorde soos skrif, skryf, abc…by die search-blokkie aan die regterkant in.
      Ek kan half verstaan dat die juffrou nie van die grepie hou nie. Dalk trek dit die aandag af…aan die anderkant is dit ‘n goeie “kruk” om die vingers korrek te plaas en om die skryfaksies te verbeter.
      Gesien in die lig dat jou dogtertjie in Graad 2 is en met skrif en haar potloodgreep probleme ervaar, kan ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapie dalk help om die bogenoemde oefeninge na ‘n hoër vlak te neem. ‘n Evaluasie sal ‘n deeglike verslag tot gevolg hê, waarin spesifieke aanbevelings vir die huis en klaskamer gemaak word. Dalk kan dit jou help. Baie sterkte!

      Reply

  3. hannelie
    Sep 20, 2010 @ 14:27:23

    Baie dankie, ek sal jou laat weet hoe dit gaan.

    Reply

  4. Chantelle
    Oct 11, 2010 @ 14:40:23

    Hi My dogtertjie is ook in Graad 2 en ons sukkel met die lopende skrif. Ek het nou die lopende skrif hierbo uitgeprint en gaan laat sy oefen. Saam met die letters watter patrone kan ek haar laat doen.
    Dan ook tafels. shoe. Dit gaan maar sukkel sukkel. Weet jy van ‘n makliker manier om 1-5 X en 10 X in daardie klein koppie in te kry. Dankie vir die web blad dit help baie.

    Reply

    • juffer
      Oct 11, 2010 @ 15:53:26

      Hello, Chantelle :wink:
      Gits jong…Hier by ons word die lopende skrif eers in Graad 3 aangeleer. Jy kan ook onder die hofie oor “drukbare bladsye” snuffel vir voorbeelde van lopende skrif. Patrone is gewoonlik redelik universeel vir skrif. Kyk ook onder die algemene hofie op die drukbare bladsye-bladsy vir verdere skrif-voorbeelde.
      Maaltafels het so ‘n eie afdelinkie en dan kan jy ook onder die “blogroll” aan die regterkant loer vir skakels na wiskunde- en maaltafel-werwe. Baie sterkte!

      Reply

  5. wilma barnard
    Oct 10, 2011 @ 19:17:05

    Hallo Juffrou

    Ek was so bly toe ek nou op hierdie oefeninge op jou weblad afkom ek sukkel met my gr2 seun, hy is ADHD en raak gou gefrustreerd met hierdie lopende skrif, so ek het al my eie pogings probeer maar nie sukses behaal nie, uit radeloosheid en moedeloosheid het ek gaan search op die net. baie dankie vir hierdie oefeninge ek gaan dit beslis gebruik. groete wilma

    Reply

    • juffer
      Oct 13, 2011 @ 21:09:39

      Hallo, Wilma :wink:
      Probeer gerus ook soekterme (bruin blokke aan die regterkant) soos skrif, skryf, fynspier, handspier, patrone…As die skryfproses regtig probleme veroorsaak kan julle dalk ‘n arbeidsterapeut nader om idees te bekom. Dikwels help ‘n tuisprogram. Kyk ook na The Happy Handwriter se boeke wat ‘n mens dalk tussen vriendinne kan uitruil :wink:

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 818 other followers