Wiskundige aspekte vir Graad 2

10 Kommentaar

teachrule

 

Die ontwikkeling van wiskundige aspekte in Graad 2

Graad 2

TEL MET BEGRIP

· Aftel in 10e tot 100 (begin met knopies, dan prentjies…)

· Tel in ene tot 104

· Aantel vanaf enige getal (oor dekades)

· Terugtel (ook oor dekades…oor 10, 20, 30…bv. 33, 32, 31, 30, 29)

· Tel in spronge (2e, 3e, 4e, 5e, 10e)

·

WERK MET GETALPATRONE

· Ontdek getalpatrone

1, 2, 3, 4, 5

10, 20, 30, 40, 50

· + en – van 10 (konkreet)

· Ontdek getalpatrone

1 + 2 = 3 10 + 20 = 30

· Verdubbeling van tientalle

1 + 1 = 2 10 + 10 = 20

· Halvering van tientalle

· Tel onewe getal by ‘n onewe getal

· Tel ‘n ewe getal by ‘n onewe getal

· Patrone t.o.v. veelvoude as voorloper vir x en ÷ (herhaalde + en -)

LEER KEN DIE GETAL

· Soos Graad 1

· Kenmerke van die getal

· Tiendelige ontbinding: 13 = 10 + 3

· Ander ontbindings: 13 = 9 + 4

· Getal 10

· Getalle 11 – 20

· Tientalle 10 – 100

· Getalname tot 20, getalsimbole tot minstens 104)

POSISIE VAN DIE GETAL

· Ordening en vergelyking

· Herrangskik ongeordende getalle (van klein na groot, groot na klein)

· Brei getallelyn uit

DIE VIER HOOFBEWERKINGS

· +

· Sonder oordrag (sonder om ‘n tweesyfer of driesyfer antwoord te kry…2 + 7 + 9)

· Ronde getalle (10 + 20)

· Tweesyfer met eensyfer (28 + 1)

· Tweesyfer met tweesyfer (24 + 23)

· Verdubbelings / naby-verdubbelings

14 + 15 = (12 + 12) + 3 = 24 + 3

· -

· Sonder ontbinding

· Eensyfer van tweesyfer

· Tweesyfer van tweesyfer

· Halvering / naby-halverings

28 – 17 = (28- 14) – 3 = 14 – 3

· X

· Sonder oordrag

· Eensyfer met eensyfer (tafels)

· Tweesyfer met eensyfer

· ÷

GETALFEITE

· + en – tot 19

· x en ÷

· Voorbereidende werk (5x, 4x, 3x)

· Versnelde aantelling (het 6…8, 10, 12, 14…)

· Herhaalde optelling (4 + 4 + 4 = 12)

· Invoer van x en ÷ simbole (begin gebruik)

· Verdubbeling en halvering

· Mondelinge tafelfeite (2x, 10x) (÷2, ÷10)

Tel in veelvoude Interaktiewe telwerk (tel in veelvoude en vorm ‘n prentjie)

vorms

10 Kommentaar

Ek het gemerk dat ouers soms inligting oor vorms soek. Ek het ‘n paar oulike webwerwe ontdek wat oor vorms praat. Ongelukkig is die taakkaarte in Engels en sal ‘n mens maar moet knip, spoeg en plak om jou eie werkvel daaruit te bou.

Die eerste vorms wat ‘n kind gewoonlik leer ken is die driehoek, vierkant en sirkel. Reghoeke, diamante, vlieërs en harte volg gewoonlik – tesame met die ovaal. Behandel die vorms een-een. Dit is belangrik om die eienskappe van elkeen te noem. Byvoorbeeld:

Twee dimensioneel

Sirkel Dit is rond soos ‘n ring. Dit is plat. Dit het geen hoeke nie.

Vierkant Dit het vier sye of kante. Die sye is ewe lank. Dit het vier hoeke.

Driehoek Dit het drie hoeke en drie sye.

Reghoek Dit het vier hoeke. Twee sye is lank en twee is kort.

Ovaal Dit lyk amper soos ‘n sirkel wat ‘n bietjie teen die kante gedruk is. Dit lyk soos ‘n eier.

Diamant Dit het vier sye en vier hoeke, MAAR staan op ‘n hoek…of dit is ‘n vierkant wat skeef staan.

Drie dimensioneel (“vet vorms”)

Sfeer Dit is ‘n ronde vorm en lyk soos ‘n bal.

Prisma Dit lyk soos ‘n piramide.

Kubus Dit lyk soos ‘n vierkantige blokkie.

Keël Dit lyk soos ‘n roomyshorinkie.

Hoe kan ek by die huis help om die vorms vas te lê?

Gebruik weer die sintuie:

eers twee dimensioneel en later drie dimensioneel (Graad 2 af op)

  • Voel om die rand van die vorm.
  • Gooi verskillende karton vorms in ‘n sak of kussingsloop.  Die kind steek dan sy hand in en haal die regte een uit.  Vra byvoorbeeld:  “Haal asseblief ‘n driehoek uit.”
  • Teken die vorm in sand (met ‘n vinger).
  • Teken die spesifieke vorm met gom en strooi sand, meel, kraletjies… daaroor.  Voel nou bo-oor die droë vorm.  NB:  Dit help nie om die vorms nou weg te steek nie.  Skryf die vorm se naam onder aan en plak dit teen die muur of teen die yskasdeur vas.
  • Knip vorms uit en bou ‘n prentjie soos ‘n huis, stokkielekker, ens.
  • Opdrag:  soek ‘n spesifieke vorm in ‘n tydskrif (bv. sirkel), knip uit en plak op ‘n mini-plakaat (A4).
  • Kyk of jy die vorm met jou lyf kan vorm.
  • Soek items in die huis wat ‘n sirkel, vierkant, driehoek…in het (horlosie, oond, stoofplate…).  Teken die items op ‘n bladsy:  Al die sirkels op ‘n bladsy, al die reghoeke op ‘n bladsy…
  • Tel hoeveel van elke vorm daar is.  Watter vorm kry ons die meeste in die kombuis, badkamer, slaapkamer?  Watter vorm kry ons die minste in die vertrekke?
  • Maak dominoes waar die kind net eenderse vorms bymekaar moet pas.
  • Maak dominoes waar die kaartjie ‘n vorm aan die een kant en ‘n item aan die ander kant het.  Hy moet dus die vorm in ‘n alledaagse voorwerp (‘n driehoekige, halwe toebroodjie, die son, ‘n bal) kan raaksien en die assosiasie maak.
  • Gee ‘n patroonkaart en los vorms.  Die kind moet nou die patroon naboots en pak (rooi driehoek, geel driehoek, blou sirkel, groen sirkel).

vorms

  • Strooi versiersuiker op ‘n skoon skinkbord.  Die kind doop nou sy vinger in ‘n bietjie water en teken die vorm in die suiker (en lek dan die vinger af).
  • Speletjies soos Brainy Blocks en Pattern Play maak gebruik van vorms.
  • Sodra drie dimensionele vorms in die klas behandel word, kan jy items soos tandepastabokkies, roomyshorinkies, rubik cubes en balle begin nader trek en bekyk.
  • As julle in die winkel of in die straat stap – vra sommer so terloops watter vorms die kleinding raak sien.  “Watter vorm is die wiel?  Watter vorm is die padteken?”

Só maak jy…
‘n reghoekige prisma
‘n kubus
‘n piramide

star polisher

2 Kommentaar

The Star Polisher (Leah Becks)

I have a great job in the universe of occupations.

What do I do?

I’m a “star polisher”.

I have a very important job.

If you want to know how important

Just go out at night and look at the stars.

Twinkling and sparkling.

You see, I’m a teacher.

The stars are the children in my class.

My job is to take them in-

In whatever shape they’re in-

And shine and buff them and send them out to take

Their places as bright little twinkling beacons in the sky.

They come in my room in all shapes and sizes.

Sometimes they’re bent, tarnished, dirty, crinkly, and broken.

Some stars are cuddly, soft, and sweet.

Some stars are prickly and thorny.

I tell them that the world cannot do without them.

I tell them they can do anything they set their minds to do.

I tell them they can be the brightest, shiniest stars in the sky

and the world will be a better place because of them.

Each night as I look at the sky,

I’m reminded of my very important job and awesome responsibility.

I go and get my soft buffing cloth and my bottle of polish

in preparation for tomorrow and for my class of little stars.

Idees vir die “tuis” klaskamer

2 Kommentaar

Runel het vir my foto’s van haar kinders se huiswerkkamer gestuur. Dit is waar hulle elke dag ‘n spesifieke tydjie inruim om aandag aan die dag se huiswerk te skenk en om saam te leer.  Dit is baie belangrik om ‘n spesifieke hoekie in die huis te kry waar kinders hul huiswerk kan doen.  Maak seker dat die tafel genoeg (verkieslik natuurlike) lig kry en dat daar nie steurnisse soos ‘n televisie is nie.  Ek en Runel het so ‘n bietjie gesels oor al die idees wat ‘n mens vir die klaskamer tuis (huiswerk hoekie) kan gebruik.  Die gedagte is om sakpas apparaat te maak wat jou nie bankrot sal maak nie.

Ek het gewonder of Runel nie gaan moeilikheid kry met al die wondergom teen die mure nie. ‘n Mens kan ‘n  slootjiekaart probeer. Ons gebruik gewoonlik ‘n een kleurige karton, waarop plastiek gevou word om rakkies / slootjies te maak. Ek rol die hele rolletjie (boek oortrek plastiek) oop en kram die een breedte vas. Dan vou jy ‘n lus en kram dit op die kante vas. Die proses word herhaal totdat die plastiek óf die karton se lengte op is. Jy kan dalk ‘n ou papboks op sy las oopmaak en oopvou hiervoor. Knip net die flappies af. As jy die kaart klaar het, kan jy ‘n ou hanger aan die bopunt vas maak en die hanger aan ‘n hak, vensterknip of agter die deur ophang. Nou kan jy die flitskaarte in die slootjies sit en skoon hou agter die plastiek. Sodra die Graad eentjie begin sinne bou, kan die sinne binne-in die slootjies gebou en uitgestal word. (Dan kan daar later by pappa gespog word.)

‘n Ander “bewaringsgedagte” is om ‘n rol breë, deursigtige kleeflint (amper soos dié waarmee kartondose geseël word) by die supermark te koop (kos so R5 – R8). Nou hoef jy net die regte lengtes te knip om jou flitskaarte oor te trek. Weereens hou die flitskaarte langer en maak dit makliker skoon.

Al die flitskaarte of woorde kan ‘n ‘n lêer of in ou venstertjiekoeverte gestoor word vir jonger boeties en sussies of om later hersien te word.  (Dan kom daar darem iets positiefs uit die orige koeverte!) ‘n Mens kan altyd later terug gaan na die argief vir ‘n lekker vasvra speletjie.

Runel vertel dat hulle klanke op die muur skryf en dan later mag aflek (gekleurde versiersuiker, suiker of sout werk goed). ‘n Groot stuk plastiek teen die muur kan die lekker lek oefeninge minder moeite te maak. ‘n Mens kan die plastiek net skoonvee met ‘n lappie. Gewone oortrekplastiek of ‘n plastiek tafeldoek (die dunnetjies is in verskillende kleure by die piekniek afdeling van supermarkte verkrygbaar) behoort lig genoeg te wees om op te plak.  Die plastiek kan ook as ‘n skryfbord gebruik word as jy met ‘n witbord veselpen daarop skryf. Vee ekstra lekker skoon met ‘n dettollappie.

Saterdag-oggend was daar ‘n insetsel op Nigella se kookprogram oor koekies bak. Dalk kan ‘n mens klanke uit koekiedeeg rol of sny. Die kinders kan dit dan met gekleurde versiersel versier en later eet. Sny byvoorbeeld ‘n “p” en verf dit pienk of pers, ‘n “r” kan rooi geverf word en “g” geel of groen. Hierdie aktiwiteit integreer sommer die proe-, voel- en sien-aspekte! (…en natuurlik die heerlike reuk van vars gebak…)

Stuur asseblief julle idees.  Dis lekker om te sien hoe kreatief ‘n mens kan wees…


Oog- en fokus oefeninge

Lewer kommentaar

Jammer vir die Engels.  Ek het dit vir ‘n kollega vertaal.  Kyk gerus ook na die Brain Gym oefeninge op YouTube en lees oor die impak van die “lui 8“-simbool.

cutecolorsschool1a

NB:Keep the head still.Writing movements should be done from the shoulder (arm relatively straight).

Integrated or coordinated eye movements

One eye or both.Arm movements (rotations) should be done “from the shoulder”.Head is kept still and upright.

1.Stand in front of writing board* and keep the eye focused on the tip of the chalk whilst making 5 crosses with the right and left hand.

2.Repeat the above-mentioned exercise – drawing shapes such as triangles, squares, rectangles and “lazy eights” ().

Left or right eye separately

Cover one eye with a pirate eye patch or with an old envelope.

1.Cover the left eye whilst drawing 5 big circles with the right hand on the board.Keep the eye focused on the tip of the chalk.Repeat with the right eye.

2.Repeat the exercise – drawing different shapes.

3.Draw two lines parallel to each other – to use as writing guides.Cover the left eye – drawing waves (rounded zigzag pattern) between the lines and touching the lines at the top and bottom.Repeat with the right eye.Try other patterns as well.

Crossing the middle

1.Cover the right eye.Draw 5 big circles with the right hand on the left side (approximately opposite the left shoulder).The head should be facing the board and the eye should be kept on the tip of the chalk.

2.Do the same exercise as above.Cross the one leg in front of the other.E.g. if the right hand is writing, the right foot is doing the crossing.The body should be kept upright.

-JAP Nel, 1999 [Visuele geskiktheid en doeltreffendheid, Tygerberg Kollege]

* gebruik ‘n stuk plastiek wat teen die muur opgeplak word en skryf met ‘n skoon (nat) kwas of

met ‘n witbord koki

* use a plastic square to write on – using a clean (wet) paint brush or a whiteboard koki

lopende skrif

25 Kommentaar

Hiermee ‘n voorbeeld van lopende skrif se letterformasies.  Lekker oefen!

Sien ook die ABC’s van skryf, patrone, Hand- of vingeroefeninge as deel van ‘n skrifles, stadige skrif en die aspekte van perseptuele ontwikkeling.

Begin eers aan die einde van Graad 2 of in Graad 3…

Patrone

13 Kommentaar

Patrone is ‘n belangrike opwarmingsproses vir skrif en kan gerus daagliks gedoen of geoefen word.

 

Patrone kan van die kantlyn tot aan die einde van ‘n bladsy gemaak word of in korter stukkies (bv. raak drie keer bo, drie hoppe, ens.). Onthou dat dit ‘n ritmiese aksies is en dat die hoppies daarom ewe wyd en ewe groot moet wees.

 

 

Die perdjiespring- of wolfpatroon is een van die eerste patrone wat kleintjies kan maak. Dit is die voorloper vir drukskrifletters soos “w” en “v”. Begin bo en beweeg skuins af na regs, skuins op na regs, ensovoorts. Dit is belangrik om bo en onder aan die lyne te raak en om die tande of spronge ewe wyd te spasieer. Eindig weer bo.

 

Die hasie hoppatroon is die voorloper vir drukskrifklanke soos “m”, “n” en “r”. Begin bo, beweeg reguit af en op dieselfde lyn op. ‘n Derde of ‘n kwart van die boonste lyn af weg, begin die draai na regs, af en op en oor, af en op en oor. Die hasie “spring” oor die klippies en eindig weer onder (“want ‘n haas kan nie in die lug hang nie”).

 

Die swaai- of “Tarzan”patroon is die voorloper vir klanke soos “u” en “y”. Begin bo en beweeg of tot so ongeveer ¾ van die spasie en swaai na regs en beweeg reguit op. Beweeg op dieselfde lyn af en draai op dieselfde plek na regs. Herhaal die swaai-aksie en eindig deur die lyn af te beweeg tot teen die lyn (soos ‘n “u”).

 

Die brander- of seepatroon is al ‘n groot stap in die rigting van lopende skrif. Dit word gebruik tydens die aanleer van klanke soos “c”, “o”, “a”, “e”, “s” en “d”. Begin onder en trek die lyn skuins op (teen ‘n hoek van ongeveer 45°) tot net voor die boonste lyn en begin draai. Stop die ronding daar waar die twee-uur op ‘n horlosie se gesig sal wees en keer op dieselfde lyn terug om die “c”-ronding teen die onderste lyn te vorm. Herhaal en stop deur die skuins-op lyn tot teen die boonste lyn te verleng.

 

Oefen die patrone:

  • In gekleurde styselpap op ‘n skinkbord.
  • In gekleurde styselpap op ongedrukte koerantpapier (trek later bv. visstensils daarop af en maak visse).
  • Teken ‘n groot wolf met ‘n oop bek en vra die kind om die wolf se tand in te teken (patron).
  • Teken groot seepatrone op ‘n A3-papier. Teken en knip ‘n seilbootjie uit en heg ‘n skuifspeld aan die mas. Die kind hou dan ‘n magneet onder die papier en skuif die boot in die “skryfaksie” van die patroon van links na regs.
  • Maak verskeie kolletjiepatrone (dot-to-dot) wat die kind kan natrek (rol ‘n klomp af vir later).

 

Handwriting in the Junior Primary Classes, MC Grové en HMAM Hauptfleisch, is ‘n stok-ou boek wat ook die volgende assosiasies gee:

  • Die sig-sag patroon (wolf-) is ‘n groot horlosie wat tik-tok klop.
  • Die hasie kan met ‘n padda vervang word.
  • Die Tarzanpatroon kan die frilletjies onder-aan ‘n dogtertjie se rok wees.
  • As die lopende skrif se “e” en “l” geoefen word, kan dit rook wees wat bo by ‘n trein se skoorsteen uit borrel.

 

Lekker oefen!

(patrone)

ouditiewe tuisprogram

4 Kommentaar

Hiermee ‘n paar gehoor-oefeninge vir ekstra oefening…

puzzleboy

Oë toe. Ma maak geluide en kinders identifiseer dit. (nies, hoes, lag, maak ‘n ritssluiter oop)

Oë toe.  Luister na geluide in die huis en identifiseer of dit ver of naby is.

Speelgoeddiere: Leerders maak telkens die geluide van die diere hardop na. (Ma of Pa wys)

Kyk na prente van bv. voertuie, diere, ens.  Maak telkens die geluide na.

Nonsens-opdragte: Voer realistiese opdragte uit.  Sit stil indien opdrag onrealisities is. (Soos Simple Simon)

Voer een opdrag uit. (Maak seker dat boeta luister:  “Maak die deur toe”)

Voer meertallige opdragte uit (Gee tot drie opdragte op een slag:  “Maak die deur toe, skink ‘n glas water en neem dit vir Pappa”).

Klap ‘n eenvoudige ritme en die kinders volg dit na. (** –, *-*–***)

Leer ‘n twee-reël liedjie met die eggo-metode aan.  Bv. ‘n Groetliedjie. (Goeie môre, Jana. Dit is ‘n lekker dag. Goeie môre, Mamma. Dit is ‘n lekker dag…)

Noem een woord.  Kinders herhaal die woord.

Noem twee of drie woorde.  Kinders herhaal die woorde. (pap, appel, tafel, tone)

Absurditeite:  As opdrag uitvoerbaar is, klap die kinders hande.  Indien nie, sit hulle stil.

Vrae:  Wat is dieselfde aan ‘n storie- en ‘n inkleurboek?

Vrae:  Wat verskil tussen ‘n storie- en ‘n inkleurboek?

Konsepvorming:  Wat het ek alles nodig om my tande te borsel / koffie te maak?

Konsepvorming:  Waarom kan mense nie vlieg nie? (Lei deur vraagstelling.)

Wys ‘n prent van ‘n hond.  Sê “hon” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “hond”.

Wys ‘n prent van ‘n kat.  Sê “at” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “kat”.

Sê die eerste reël van ‘n kinderversie bv. “Hompie kedompie” en laat die laaste woord uit.  Die kind voltooi.

Sing die eerste reël van ‘n bekende kinderliedjie bv. “Hansie slim” en laat die laaste woord uit.  Die kind voltooi.

Samestellings:  Wys prent van ‘n roomys.  Sê “roomy” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “roomys”.

tuis oefeninge (C)

10 Kommentaar

lcpdanceyellow

Hiermee ‘n paar oefeninge vir Graad R, 1 en 2 outjies.  Lekker speel!

Liggaamsbeeld:
1. Laat die kind sy/haar groot liggaamsbewegings oefen. Demonstreer ‘n liggaamsbeweging en laat die kind dit nadoen. Gebruik eers beide teenoorstaande liggaamsdele saam en dan net een liggaamsdeel. Daarná kan die kante van die liggaam afwisselend gebruik word. (Maak dit ‘n na-aper speletjie en kyk of julle mekaar kan uitvang.)
2. Ná bogenoemde aktiwiteite kan liggaamsbewegings met apparaat gedoen word. Die kind kan byvoorbeeld ‘n hoepel net om een arm swaai, terwyl hy/sy die ander arm stil hou…doen sommer snaakse en lawwe goed.
3. Laat die kind op een been staan en aanvanklik met die nie-dominante hand teen die muur staan. Die kind moet dan met die teenoorgestelde hand ‘n bal bons of hop en vang.
4. Laat die kind soos bo staan, maar die muur los en met sy/haar nie-dominante hand agter die rug staan, terwyl hy/sy ‘n bal hop en vang. (‘n gewone 25cm – 30cm bal is reg)
5. Laat die kind op een been staan, met die nie-dominante hand agter die rug. Die kind moet die bal nou ± 30 cm in die lug op gooi en vang.
6. ‘n Ou kussing of slaansak kan uit die dak uit gehang word. Die kind moet nou die slaansak met die dominante hand slaan, terwyl die ander hand in die sy gehou word.
7. Wanneer bogenoemde opdrag maklik uitgevoer word, kan die dominante en nie-dominante hand om die beurt gebruik word om die slaansak mee te slaan.

picture1

8. ‘n Links-regs pyltjiekaart. Gee ‘n opdrag, bv. “hop op hierdie been”. Wys na ‘n pyltjie wat in die verlangde rigting wys. Bv. na regs of na links
9. Gebruik weer die pyltjiekaart en volg weer bogenoemde speletjie. Kombineer egter nou net die opdragte. Bv. “Hop op hierdie been” “na hierdie kant toe” .
10. Voer groot bewegings op die skryfbord (of  ‘n groot stuk koerant teen die muur of deur) uit. Laat die kind met lateraliteitsprobleme die skryfbord met groot hale van links na regs met sy/haar dominante hand vee. Hou die nie-dominante hand agter die rug.
11. Voer groot bewegings op die skryfbord uit. Laat die kind met lateraliteitsprobleme die skryfbord met groot hale van links na regs met sy/haar dominante hand vee. Hou die nie-dominante hand langs die sy.
12. Laat die kind groot sirkels op die skryfbord maak met die dominante hand, terwyl die nie-dominante hand agter die rug is.
13. Laat die kind groot sirkels op die skryfbord maak met die dominante hand, terwyl die nie-dominante hand langs die sy is.

Visuele geheue:
1. Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en dan word dit geskommel. Die kind moet dit weer in die regte volgorde pak.
2. Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en dan word dit bedek. Die kind moet sê / noem wat hy gesien het.

3. Skryf ‘n klank of syfer neer. Tel tot drie en hou toe. Die kind moet dit herroep en skryf.

4. Voeg telkens ‘n klank by totdat die hele naam geskryf word.

Visuele diskriminasie:
1. Speel met enige tipe domino.
2. Teken ‘n klomp prente van verskillende tema’s op ‘n bladsy. Die kind moet nou bv. al die kosprente omkring, ens. Dieselfde kan met klankies (kleinletters) gedoen word.
3. Skryf ‘n klomp klanke rond en bont op ‘n bladsy neer. Die kind kan nou klanke soek wat in sy naam voor kom.

Lateraliteit (kennis van links en regs):
Belangrik: Moenie van “dom hand” of “slim hand” praat nie.
1. Indien daar trappe by die huis is, kan julle “Klippieskool” speel. Die kind sit op die onderste trap terwyl u ‘n klippie of muntstuk agter die rug hou. Die kind raai dan in watter hand die klip is deur mondelings die regte hand te kies. ‘n Verkeerde keuse beteken dat die kind op die trappie bly. Dié speletjie verskaf groot pret as die hele gesin saam speel.
2. As u kind in die bad sit, kan u hom vra om sekere liggaamsdele te was en ook klem lê op links en regs. Bv. “Was jou linkerarm en dan jou regterarm…en nou jou linkerkieliebak en dan die regterkieliebak. Was tussen jou tone aan jou linkervoet en dan tussen jou tone aan die regtervoet, ens.” Gebruik soortgelyke opdragte wanneer die kind homself aan- en uittrek.

Middellynkruising:
1. Speel ‘n lekker op-en-wakker liedjie waarop julle kan dans. Neem die kind by die hand en laat hom in die rondte tol – eers na die een kant toe en dan na die ander kant toe. (“jive”!)
2. Dans saam met u kind en doen sommer enige lawwe beweging waar u oorkruis aan u knieë, skouers, enkels, ens. raak. Dit is belangrik dat u kind dit probeer nadoen.
3. Speel ook “Follow the leader” en doen oorkruis bewegings soos bo. Laat u kind ook toe om nou en dan die leier te wees.

Posisie in die ruimte:
1. Wys na ‘n pyltjiekaart. Die kind moet met sy arms in daardie rigting wys en sê waarheen hy wys (links of regs).
2. As u in die motor ry, kan u vir u kind vra waarheen die rigtingwysers / padtekens wys.
3. Rigtingwoorde soos bo, onder, agter, voor, bo-op, tussen, ens. is hier ter sprake. Gebruik dit eerder as hier en daar.

Hand- of vingeroefeninge as deel van ‘n skrifles

7 Kommentaar

new-index_12

Ek het hier onder vir jou skakels geplaas waar daar “skrifferige” dinge bespreek word. Afhangend van die ouderdomsgroep kan jy ook die volgende doen as alternatiewe of as deel van die skrifles:

Oefen skrif op groot ongedrukte koerantpapier – in gekleurde styselpap. Die kinders smeer die papier met ‘n dun lagie stysel en doen die patrone en skryfwerk met ‘n wysvinger. As dit droog is, kan dit teen die muur op geplak word. …of jy kan na aanleiding van jou tema (bv. Die see) groot vorms (bv. visse, seesterre…) op x-straalplate afteken en uitknip.  Die kinders kan dan op dag 2 die vorms op hul droë stysel-oefening aftrek en uitknip! Maak een groot muur collage teen die einde van die week van almal se skrif!

Verf met ‘n skoon kwas en water op die bord of plaveisel om die letterformasies te oefen (Gr. 1).

Skeur blaaie uit ‘n ou telefoongids en plaas twee voor elke kind. Hy moet dan eers die een hand in die middel sit, terwyl die voorarm plat op die tafel lê. Dan word net die handspiere en vingers gebruik om die papier nader te trek en te frommel in ‘n balletjie. As die balletjie gereed is, mag die outjie vanaf ‘n gegewe punt “doel skiet” na die drom. Doen met beide hande as opwarmingsoefening.

Speel kamma klavier in die lug, op die maat langsaan se rug, op die tafel, ens. Gebruik spesifieke opgeruimde musiek om almal gefokus te hou op ‘n ritme – anders is dit nag

Druk ‘n groot letter alleen op die bladsy. Sit ‘n magneet onder die papier en ‘n metaalskyfie bo-op. Die kind moet dat die letter “oefen” deur die skyfie rond te skuif met die magneet. Dit help ook met die aandagspan en hand-oog koördinasie.

Knip die letters uit gekleurde karton en druk gaatjies reg rondom (mooi gespasieerd). Laat die kind ‘n veter daardeur ryg om die klankie te versier.

http://juffer.wordpress.com/2008/09/13/perseptuele-ontwikkeling/

http://juffer.wordpress.com/2008/10/24/abcs-skryf/

http://juffer.wordpress.com/2008/09/21/my-kind-skryf-stadig/

Older Entries

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 818 other followers