Die uitspraak van klanke gaan gewoonlik gepaard met ‘n assosiasie – a vir appel – en verskil van skool tot skool en van juffrou tot juffrou. Party skole gebruik Klanke Kalante – ‘n reeks wat prentjies op of om die klanke teken. Ander juffrouens gebruik geen spesifieke assosiasie nie. Hoe dit ookal sy – klanke en hul uitspraak is baie belangrik. Elke letter van die alfabet het ‘n naam en ‘n klank. Die naam vir “a” is A (“aa”). Die klank is die eerste klank en is die eerste geluid wat die stem maak wanneer die woord “appel” geuiter word (“a”). (Dink byvoorbeeld aan k-a-t = kat teenoor K-A-T. Ook: k-a-t = kat in plaas van kih-aah-tih.)
Wanneer jy die klanke sê moet jy dit baie saggies doen om die “uh” of “i” aan die einde te vermy. Die klank vir “k” is baie kort – net soos dit klink aan die einde van “rok”. Probeer om te vermy dat die klank na “ki” of “kuh” klink. Om die “i” of “uh” te vermy:
1. Sê die klank baie sag.
2. Stop byna onmiddellik nadat jy die klank begin uiter het.
Dit is baie belangrik dat jy die klanke reg sê – min of meer só:
a soos die begin van appel
b soos in rob
c word in Engels uitgespreek C
d soos in dak
e soos in ek
f soos in fiets
g soos in gom
h soos in hoed
i soos in is
j soos in jas
k soos in kat
l soos in lepel
m soos in muis
n soos in hen
o soos in ot
p soos in pot
q soos die naam Q
r soos in roos
s soos in son
t soos in tand
u soos in rug
v soos in vis
w soos in water
x soos die naam X
y soos in ys
z soos in zet
















Mar 26, 2009 @ 15:35:42
ek benodig einge hulp my kind begin agter raak in die klas en jufferou ras
Dec 06, 2010 @ 14:09:13
Hi julle. Ek is so bly dat ek op die webwerf afgekom het. Ons het ‘n dol jaar gehad en my arme kind het nog nie so baie skool gegaan nie…Die een skool was in Zambia waar dit op die engelse sisteem is en toe in Pta waar dit nou weer op die afrikaanse sisteem…Die laaste 3 mnde is sy nie in die skool nie en ek kan sien dit frustreer haar. Ek kyk nou maar oral waar ek haar kan goed leer. Ek het egter ‘n eiertjie te le…Ek het vir haar die Kleuterverse boek van D.J Opperman gekry…die boek is bietjie duur, maar daar is die oulikste rympies in en daar is verskillende afdelings in en daar is bv tel en alfabet daar in. Ek is baie beindruk! Dit is ‘n MOET he!
Dec 06, 2010 @ 18:47:44
Oom Opperman se boeke is beslis die prys werd
‘n Seuntjie het onlangs ‘n Huppelkind-boek ontdek en omtrent gesit en giggel vir die snaakse rympies en name. Baie sterkte met die skooldinge. Ek hoop julle het reg gekom vir 2011