Die uitspraak van klanke gaan gewoonlik gepaard met ‘n assosiasie – a vir appel – en verskil van skool tot skool en van juffrou tot juffrou.  Party skole gebruik Klanke Kalante – ‘n reeks wat prentjies op of om die klanke teken.  Ander juffrouens gebruik geen spesifieke assosiasie nie.  Hoe dit ookal sy – klanke en hul uitspraak is baie belangrik.  Elke letter van die alfabet het ‘n naam en ‘n klank.  Die naam vir “a” is A (“aa”).  Die klank is die eerste klank en is die eerste geluid wat die stem maak wanneer die woord “appel” geuiter word (“a”).  (Dink byvoorbeeld aan k-a-t = kat teenoor K-A-T.  Ook: k-a-t = kat in plaas van kih-aah-tih.)

Wanneer jy die klanke sê moet jy dit baie saggies doen om die “uh” of “i” aan die einde te vermy.  Die klank vir “k” is baie kort – net soos dit klink aan die einde van “rok”.  Probeer om te vermy dat die klank na “ki” of “kuh” klink.  Om die “i” of “uh” te vermy:

1.  Sê die klank baie sag.

2.  Stop byna onmiddellik nadat jy die klank begin uiter het.

Dit is baie belangrik dat jy die klanke reg sê – min of meer só:

a soos die begin van appel

b soos in rob

c word in Engels uitgespreek C

d soos in dak

e soos in ek

f soos in fiets

g soos in gom

h soos in hoed

i soos in is

j soos in jas

k soos in kat

l soos in lepel

m soos in muis

 

n soos in hen

o soos in ot

 

p soos in pot

q soos die naam Q

r soos in roos

s soos in son

t soos in tand

u soos in rug

v soos in vis

w soos in water

x soos die naam X

y soos in ys

z soos in zet