Sommige kinders sukkel om netjies, vloeiend en vinnig te skryf. Dikwels worstel dié outjies daarmee om ‘n potlood reg vas te hou. Hulle klou as’t ware die potlood en het min beheer oor die skryfaksie. Wanneer die vingers korrek geplaas word, is daar meer beheer oor die handspiere en dus ook oor skrif. Só ‘n outjie sy fynspiere is nog onderontwikkeld. (Kyk gerus na die idees om die fynspiere te ontwikkel onder ‘n vorige inskrywing.)
Soms veroorsaak ‘n stywe, gespanne greep ‘n toestand waar die handspiere nie meer so beweeglik of beheerbaar is nie – carpal tunnel syndrome.
Ek vertel gewoonlik ‘n storie waar die duim en wysvinger die kake van ‘n krokodil is. Hy het net een kaak bo en een onder – daarom mag net hierdie twee vingers op die potlood rus. Die res van die hand is soos ‘n skilpad se dop. ‘n Skilpad kan nie sien waar hy loop as die dop oor sy oë hang nie – daarom lig ons die dop (hand) so ‘n bietjie op. Die potlood word net bokant die verflagie vas gehou – sodat die skilpad se “nek” met gemak kan beweeg. Die ringvinger en pinkie word ingekrul en die middelvinger dien as ‘n kussinkie vir die skilpad se moeë nek. Elke juffrou het ‘n ander storie. Vind gerus uit watter een jou kind se juffrou verkies. Indien jou kind sukkel om die vingers op die korrekte plekke te hou, kan ‘n grepie aangeskaf word. Dis gewoonlik rubberstukkies wat bo-oor die potlood geskuif word met merkies daarop.
Net ‘n laaste gedagte: Onthou dat die skryfstyl verskil van boek-tot-boek en van skool-tot-skool. Vra asseblief jou kind se juffrou om die korrekte letterformasies aan jou te verduidelik (die wyse waarop die letters gemaak word), sodat die kind nie verwar word nie…en as jou kleinding steeds met skrif sukkel, sal ‘n besoek aan ‘n arbeidsterapeut van groot waarde wees. Hulle kyk uit ‘n mediese en kliniese oogpunt na spierbeheer en is regtig waardevol.
‘n paar oepse
- die korrekte grepe























Sep 25, 2008 @ 14:18:48
Ek was nogal verbaas toe ek sien hoeveel studente op universiteit nie hulle penne en potlode op die regte manier vashou nie. Dis veral ander kulture waar die probleme voorkom.
Sep 25, 2008 @ 20:26:49
ah..ja. Daar is verskeie interessante grepe. Die klou, die tee-drink-pinkie-in-die-lug, pen tussen die wys- en middelvinger deur en allerhande dingetjies. Vreemd genoeg hou baie arbeidsterapeute die potlood anders vas – dié met wie ek al gewerk het.
‘n Kollega het weer ‘n spierprobleem in haar 30′s opgetel omdat sy te netjies en presies wou skryf. Die spanning het veroorsaak dat sy beheer in sekere spiere in haar hand en gewrig-area begin verloor het. Sy moet nou vreeslik hard druk as sy skryf om die pen te beheer. Dis natuurlik dinge waaraan ‘n mens nooit sou kon dink nie! Dat netjiese werk ‘n pyn in die hand moet wees!
ABC’s - skryf « My klaskamer
Oct 24, 2008 @ 19:32:13
lopende skrif « My klaskamer
Feb 19, 2009 @ 22:58:31
Oct 20, 2010 @ 13:23:46
My seuntjie is 9 en in Gr3. Die juffrou het my laat in kom want hy skryf baie stadig en verloor vinnig konsentrasie. Mamma se medies is teen Oktober lieflik uitgeput maar ek moet iets doen om hom te help. Soos die juffrou sê op die ou end kan hy lelik skryf hy moet net sy projekte voltooi. Ek weet nie meer wat om te doen nie.
Oct 20, 2010 @ 17:59:27
Middag, Anja
en visie-probleme gepaard. Is jou seun se ogies al deur ‘n optometrist getoets vir sig en oogbewegings? Dit kan dalk ‘n rol speel in die fokus op werk, skryf-aksie koördinasies en werkspoed.
Baie sterkte!
Baie keer gaan ‘n “doktershandskrif”
Het julle al na sy spiertonus laat kyk? Sukkel hy soms om vir lang tye regop te sit? Lees gerus die stukkie oor spiertonus…Dan is dit ook moontlik dat die outjie se aandagspan fluktueer, maar dan sou die vorige juffrouens dalk voorheen melding gemaak het oor probleme met dagdromery en taakvoltooiing. ‘n Konsultasie met ‘n arbeidsterapeut kan baie waardevol wees om na die outjie se spierbeheer te kyk en om te bepaal of dit die oorsaak is van die “afdwalery”. Indien jou skool of plaaslike gimnastiekklub meer bekostigbaar is, kan gimnastiek ook ideaal wees vir die versterking van spiere. Kindergym het onlangs ‘n skakel aan gestuur. Dalk woon jy naby…Hoe lyk sy dieet? Dit het ook somtyds ‘n aandeel…Dit is die einde van ‘n fase so dit sal belangrik wees om nou werk te maak van die uitvalle. Indien julle voel dat julle die aandagspan wil aanspreek, kan die skool met die plaaslike OBOS/MEED/Skoolkliniek se skooldokter kontak maak om ‘n gratis pediatriese konsultasie te probeer reël. Doen gerus navrae
Jul 27, 2011 @ 11:45:45
Goeie dag Juffer,
As moontlik kan U asb. vir my die regte “Fond” e-pos vir gr.1 ek dink dit is “teachers pet” ek kry dit nerens.
Baie Dankie,
Cindy.
Jul 27, 2011 @ 18:30:10
Gestuur